1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Abraham
  4. Abraham Se Groot Toets

Abraham Se Groot Toets

23. Ek kyk na die reuse piramides en ek dink aan Abram en die gemors waarin hy homself laat beland het.

Die groot verlossingsplan van God was in die gedrang. Wat sou van die belofte van ‘n groot nasie word?

7. Wanneer dit in die Midde Ooste reent, is daar baie weiding. Maar as die reent wegbly, het die veeboere probleme. En dis presies wat met Abram gebeur het.

8. Genesis 12:10 Daar was hongersnood in die land, ‘n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar ‘n heenkome te vind.

9. Die Here beloof om vir Abram na die beloofde land te neem en nou is daar hongersnood. Dis belangrik om te besef dat die beloofde land nie noodwendig altyd ‘n plek van oorvloed is nie, maar eerder ‘n plek waar ons uitgedaag word om die Here onvoorwaardelik te vertrou.

10. Ons kan nie al die plekke besoek waar Abram rondgetrek het nie, maar ek moet net vinnig vir u die Negev wys.

11. Wanneer ek hier besoek, gryp die woestynskoonheid my  geweldig aan. Dit was in hierdie wêreld dat Isak die seun van die belofte gebore is.

18. Abram was ‘n 100 jaar oud en Sara 90 toe hierdie wonderwerk gebeur het. 25 jaar lank het hulle vir hierdie kind gewag. Isak was die grootste vreugde in hulle lewens.

19. Een sterbelaaide nag in Berseba het die Here aan Abram verskyn en met hom oor ‘n baie teer saak gepraat. Volgens sommige Bybelkommentators was Isak teen hierdie ‘n jongman van ongeveer 20 jaar.

ABRAHAM SE GROOTSTE TOETS

1. Genesis 22:1,2 ‘n Ruk na die vorige gebeurtenisse het God vir Abraham op die proef gestel en vir hom gesê: “Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.”

2. Indien Abram vir Isak sou offer sou dit in daardie spesifieke kulturele milieu nie aanstoot gegee nie.

3. Terwyl ek die residensiële gebied by Ur besoek, besef ek dat die opdrag om Isak te offer die grootste geloofstoets was wat nog ooit na ‘n gelowige mens gekom het.

4. Toe hy Ur met al sy geriewe verlaat het, het hy nie die vaagste benul van hierdie toets gehad nie. Hoe kon die Here toelaat dat Isak wat uiteindelik ‘n groot nasie sou word, nou geoffer word?

5. 2 Kronieke 3:1 sê vir ons dat die berg Moria die plek was waar die tempel later in Jerusalem gebou is. Wat het alles in Abram se gemoed omgegaan terwyl hy en sy enigste seun teen hierdie heuwel uitgestap het? “Pa” vra Isak, terwyl hulle na die offerplek stap. “Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer?” Vers 7.

6. Genesis 22:8 Abraham het geantwoord: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” Daarna het hulle twee saam verder gestap.

7. Ek het hierdie interessante ram met sy kop tussen takke wat by Ur ontdek is in die Britse museum raakgeloop. Dit my gedagtes na die toneel op die berg Moria geneem.

8. Genesis 22:9-12 Toe hulle aankom by die plek waar God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar ‘n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout. Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag, roep die Engel van die Here uit die hemel na hom: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet ek Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.”

9. Vers 13. Toe Abraham weer kyk, sien hy agter hom ‘n skaapram wat aan sy horings in ‘n bos vasgevang is. Hy het die ram gaan vat en hom in die plek van sy seun as brandoffer geoffer.

10. Ongeveer 2000 laat later was daar weer ‘n Vader en ‘n Seun in hierdie omgewing. Maar hierdie keer was daar nie ‘n plaasvervanger nie. Op Golgota het God die Vader Sy Seun  vir ons sondes geoffer.

11. In Johannes 8:56 sê Jesus dat Abraham Sy dag, m.a.w.  die kruisgebeure gesien het, en hom daarin verbly het. Het jy, het ek, net soos Abraham destyds die verlossing raakgesien wat God vir ons op Golgota verkry het?

TOEKOMSTIGE LESINGS

1. U mag nie die volgende lesing misloop nie. U gaan kennis maak met Jakob en sy seun Josef wat hierdie einste rivier oorgesteek het. Die Arabiese naam is “Nahr ez Zerqa” blou rivier.

2. U kyk hier na die plek waar Jakob een nag met die Engel van God geworstel het en dis ook hier waar hy ‘n nuwe naam ontvang het. Kan u nog die naam onthou? Israel.

3. En dan vir die groot opwinding. Ons lees in die Bybel van Josef. Ek het vir hierdie mense die stad Soan of Tanis gaan wys, soos dit vandag genoem word. Josef was hier.

4. Moenie hierdie lesing misloop nie. Van die grootste en belangrikste Bybelgeskiedenis het hier afgespeel.

5. U gaan Josef in ‘n nuwe lig sien en hom baie meer waardeer. Die lesse wat u uit die geskiedenis van sy lewe gaan leer, gaan u lewe verryk.

6. My gebed is dat hierdie argeologiese reeks vir u ‘n nuwe  dinamiese waardering vir die Bybel sal gee. En mag u nuwe dimensies van die Outeur, Jesus Christus, se optelliefde vir u self ontdek.

Abraham’s unquestioning obedience was one of the most striking instances of faith and reliance upon God to be found in the Sacred Record. With only the naked promise that his descendants should possess Canaan, without the least outward evidence, he followed on where God should lead, fully and sincerely complying with the conditions on his part, and confident that the Lord would faithfully perform His word. The patriarch went wherever God indicated his duty; he passed through wildernesses without terror; he went among idolatrous nations, with the one thought: “God has spoken; I am obeying His voice; He will guide, He will protect me.” {RC 324.3}[1]

During Abraham’s time occurred the military campaigns described in Gen 14. None of the kings mentioned in the narrative can be identified with monarchs known from secular sources (see Chedorlaomer; Amraphel; Arioch; Tidal); however, archeological evidence confirms the narrative. The explorations of Albright and Glueck have brought to light evidence that a flourishing culture and many cities in Transjordan were destroyed in the 20th or 19th cent. b.c., and that the country remained almost entirely uninhabited for several centuries afterward. There is also some evidence that Sodom and Gomorrah, which presumably lay at the southern end of the Dead Sea, were destroyed at that time (see Sodom). The cities Sodom and Gomorrah are mentioned in a cuneiform text from *Ebla of the prepatriarchal period.

Early sojourn in Canaan. During the 25 years that elapsed

As the years went by at Mamre without the birth of an heir, Abraham took matters into his own hands and married Hagar, his wife’s Egyptian maid, who presented him with his first son, Ishmael (ch 16:1–4). This ill-advised marriage brought discord into the home which culminated in the eventual banishment of Hagar and Ishmael from the home (chs 16:5–16; 21:9–21).

During this residence at Mamre the Lord renewed His covenant with Abraham, and instructed him to institute the rite of circumcision as a token of the covenant (Gen 17). Later, the Lord appeared in the form of a wayfarer and renewed the promise of a son and heir, and upon the same occasion warned Abraham of the imminent destruction of Sodom and its sister cities, which took place the following day (chs 18; 19). Soon after this event the patriarchal family moved to Gerar, where Abraham again pretended that Sarah was not his wife (ch 20), but only his sister.

With Isaac in the southland. Not long after the move to Gerar, Isaac was born (Gen 21:1–7). Soon friction arose between Sarah and Hagar, doubtless over the matter of whose son should be heir to Abraham, with the result that Hagar and her son were banished from the home forever (vs 8–21). Abraham remained in the vicinity of Gerar and Beer-sheba until Isaac reached manhood (vs 22–34). It was while the patriarchal home was at Beer-sheba that God tested Abraham’s faith by calling upon him to offer his son as a sacrifice. God’s promises that the land was to belong to him and to his descendants were as yet unfulfilled after nearly half a century of residence in the land of Canaan, yet, with repeated tests to his faith, that faith now rose in majesty to the supreme test and triumphed (ch 22). The writer of Hebrews devotes nearly a third of his comment on evidences of faithfulness in the lives of the ancient worthies to incidents in the life of Abraham that tested and proved his faith (Heb 11:8–19). Toward the close of this period of his sojourn in Canaan, Abraham apparently returned to Hebron, where, at the age of 127 years, Sarah died (Gen 23:1, 2). By purchase from a local Hittite, Abraham came into possession of the first portion of Canaan that he could call his own—the Cave of Machpelah and the field in which it was located—and it was there he buried his beloved wife (vs 3–20).

Later life and old age. With the passing of Sarah, Abraham realized that his own life might soon end. Though Isaac was nearly 40 years of age he was yet unmarried, and the patriarch felt constrained to make provision for the perpetuation of the family line concerning which the promises had been made. Accordingly, he sent his trusted servant Eliezer to Mesopotamia, where his kinsmen (Gen 22:20–24) lived, to arrange for a wife for Isaac who might be expected to understand and appreciate the covenant privileges and responsibilities (ch 24:1–9). The mission was successful, and in due time Eliezer returned to Canaan with Rebekah, a daughter of Bethuel, Abraham’s nephew, a son of his brother Nahor (vs 10–67). Love cemented the union thus arranged, and some 20 years later the first children were born (ch 25:20–26). For about 35 years after his marriage, Isaac shared the ancestral home with his father Abraham, who married again and reared several children born to him by his wife Keturah (vs 1–4).

Prior to his death, at the age of 175 years, Abraham arranged for the transfer of all his property, with the rights and privileges appertaining to it, to Isaac as heir to the covenant promises (Gen 25:5), while to his other sons he gave substantial gifts—consisting doubtless of cattle and herds—and sent them away to the eastward (v 6). Ishmael and Isaac buried their father in the Cave of Machpelah, the place where Sarah had been buried some time earlier (vs 8–10).

In spite of the frailties that are common to man, Abraham persevered in his life-long purpose to follow wherever God should lead, whether it be on the long trek from Ur to Canaan or to Mount Moriah to offer his only son, the son of the promise. Through the fires of trial, delay, and disappointment, his faith was perfected, so that he became “the Friend of God” (Jas 2:23). The high esteem in which his descendants rightfully held him eventually degenerated almost to the point where they honored him above God. But the luster of his faith and long life of devotion to the will of God shine forth undimmed for all generations.

[2]

Psalm 110 toon dat die troonsbestyging van die koning in latere tye verbind is met hierdie gebeurtenis. Toe Dawid koning word, het hy Jerusalem (wat toe ’n Jebusitiese stad was) verower, dit sy hoofstad gemaak en ook die heiligdom daarheen verskuif. Daardeur het hy, soos Melgisedek, sowel staatkundig as godsdienstig die leiding geneem. Daarby bestaan daar heelwat parallelle tussen Dawid en Abram. Op hierdie manier kon hy die lojaliteit van sowel Israeliete as die Jebusiete behou. Geen wonder nie dat Genesis 14 mettertyd ’n belangrike funksie begin vervul het. Die feit dat dit via Psalm 110 ook in die Nuwe Testament op Jesus as die priesterkoning toegepas is, beklemtoon die belangrikheid van die gebeurtenis vir die nageslagte.

Geloof ten spyte van

Lees Genesis 15:1–21

Abram is ontnugter. Toe God hom destyds geroep het, het hy twee beloftes ontvang: ’n nageslag en ’n land. Dis al baie jare gelede en nog sien hy geen teken van die vervulling nie. Hoe kan ’n mens aanhou glo as jy geen aanduiding kry dat God nog saam met jou op koers is nie?

15:1–6 Geloof ten spyte van kinderloosheid. Abram het sy deel nagekom. Maar waar is God? Hoekom kom Hy nie sý deel na nie? Dalk het hy God verkeerd verstaan. Dalk het hy iets verkeerd gedoen. Soos die jare verbygaan, maal dié gedagtes deur sy kop. Dit word ’n frustrasie, ’n ontnugtering. Hoe lank moet ’n mens bly glo? Sal Eliëser uiteindelik al sy besittings kry, ’n slaaf sy erfgenaam word? Die spanning is te groot vir hom: U het nie vir my ’n nageslag gegee nie … Die druk het deur die jare opgebou. Nou bars dit oop. God het nie sy beloftes nagekom nie! En hy sê dit vir die Here.

Wat doen God? Veroordeel Hy hom? Verwyt Hy? Nee! God ken die mens. Hy weet lankal van die frustrasie en teleurstelling, selfs van die woede. Hy is groter as die mens. Hy het empatie met mense. Daarom hoor Abram woorde soos: Moenie bang wees nie … Daardie een sal nie jou erfgenaam wees nie … tel die sterre … So baie sal jou nageslag wees … Die grote God maak ruimte selfs vir die een wat Hom blameer (vgl Jer 20:15).

Die woord wat in 15:6 met geglo vertaal is, hou verband met die woord “amen” en dui op vastigheid, sekerheid en vertroue. In hierdie vers kan ’n mens dit omskryf met: “Abram was vol vertroue op die Here … ”

15:6 Abram se teleurstelling oor sy kinderloosheid en sy ontnugtering oor die onvervulde belofte het oorgegaan in vertroue. Wanneer hy die vader van die gelowiges genoem word (vgl Gal 3:7 en Rom 4:3), dui dit nie op ’n geloof wat volmaak en sonder onsekerheid was nie. Dit dui eerder op ’n geloof wat ten spyte van ontnugtering kon oorgaan in vertroue. Daarmee is Abram tipies mens en kan ons hom in onsself herken: gelowiges wat glo, maar tog baie keer twyfel. Tog het die Here dit goedgevind.

15:7–21 Geloof ten spyte van landloosheid. Dis nou alles goed en wel dat Abram verseker is dat hy ’n eie kind sal hê. Maar wat help dit hy kry ’n nageslag en hulle bly vreemdelinge sonder ’n eie land? Die manier waarop die Here ook hierdie belofte bevestig, is bedoel om dit onuitwisbaar te maak. Dit neem die vorm aan van ’n offerritueel, ’n herhaling van die belofte, afgesluit met ’n verbondsluiting wat die omvang van die land aandui. Nou is dit nie net woorde nie, maar dade wat Abram moet bemoedig ten spyte daarvan dat hyself nooit die land sal besit nie.

Die ritueel met die diere waarvan sommige deurgesny is, kan nie met sekerheid verklaar word nie. Sommige kenners verklaar dit op grond van destydse handelinge waarmee ooreenkomste bevestig is en waardeur gesê word: “Mag die een van ons wat hierdie ooreenkoms breek, so deurgesny word.” Tog is geen presiese parallel in die antieke Nabye-Ooste bekend nie. Selfs die byna gelykluidende Jeremia 34:18–19 (vgl Rig 19:11–20:48; 1 Sam 11:1–10) is geen presiese parallel nie. Dit moet eerder moet dit gesien word as ’n ritueel uit die offerpraktyke met die funksie om ’n ooreenkoms (verbond) te bevestig.

Die letterlike vertaling van ’n verbond sluit is “’n verbond sny”. Die deursny van die diere kan dus verwys na die “sny” van die verbond.

Dis duidelik dat hierdie vertelling antieke elemente vertoon, maar dat dit ook die wêreldbeeld van latere vertellers weerspieël. Die beskrywing van die lotgevalle van Abram se nageslag (15:13–16) is ’n verwysing na die Egiptiese slawerny en die besetting van die land. Die beskrywing van die land en die lys volkere (15:18–21) verwys na die grense tydens Salomo se bewind. Hierdie vertelling het dus in latere tye, en wel tydens die ballingskap, Israel bemoedig met die herinnering dat God se beloftes tog vervul is.

God Sien

Lees Genesis 16:1–16

Om te bly glo teen alle menslike moontlikhede in, bring spanning. Dalk het jý die geesteskrag om te kan wag. Maar wat van ander mense naby jou? Hoe gaan jy die frustrasie van hierdie ander betrokkenes hanteer? Wanneer die verhaal van Abram voortgesit word, val die klem op menslike intriges wat hieruit voortspruit. Uiteindelik lei dit tot ’n nuwe begrip van God.

Die samelewing van destyds het ’n vrou beoordeel volgens die aantal kinders wat sy het. Daarom is jong bruide geseën met ’n bede vir baie kinders (vgl Gen 24:60).

16:1–6 Spanning wat uitkring. Abram het nou wel bevestiging ontvang dat God se beloftes mettertyd vervul sal word, maar wat van Sarai? Sien God haar? Dis reeds tien jaar dat sy op die vervulling wag. Dis nog langer dat sy die verguising van kinderloosheid moes verduur. Hoe lank moet sy nog wag? Dalk het sy die saak misverstaan. Sarai verpersoonlik die gelowige met die rug teen die muur, maar wat ten einde raad nou self die inisiatief neem. Wat van surrogaatmoederskap? Destyds was dit tog die gebruik dat ’n kinderlose vrou ’n slavin aan haar man as vrou kon gee om ’n kind by haar te verwek. So ’n kind word dan aangeneem as die eerste vrou se eie kind.

Selfs Abram kon geen fout met hierdie plan vind nie. Maar skaars was Hagar swanger of ’n onverwagte intrige skeur Abram se huishouding. Hagar het haar nuwe status aangegryp en Sarai geminag. Vir Sarai was hierdie situasie nog erger as die vroeëre verleentheid. Een duiwel het twee geword. Uit pure desperaatheid blameer sy vir Abram.

Oppervlakkig beskou, is Sarai verkeerd. Sy het tog self met die voorstel gekom! Maar die verhaal sê iets anders. Dit sê Abram is verantwoordelik, miskien nie soos Sarai dit in haar frustrasie gestel het nie, maar eerder volgens die model van die tragedie destyds in die tuin van Eden. Toe het die vrou die situasie oorweeg, sy het die vrug gepluk, dit vir haar man gegee en hy het dit geëet (Gen 3:6). Daarop het God die mens veroordeel omdat hy na die vrou geluister het (Gen 3:17). Dis ook die patroon wat in Abram se huis gevolg is. Die vrou van Abram het Hagar gevat, vir Abram gegee en hy het by haar gaan slaap

Maar Adam moes beter geweet het; en Abram moes ook beter geweet het. Het God dan nie self met hom gepraat nie (vgl ook Gen 2–3)? Het hy dan nie die tekens van God se beloftes gesien nie? Vasgevang tussen twee vroue, swig Abram en luister na sy vrou. Hy sal Hagar weer tot slavin degradeer. Moedeloos het sy weggeloop. Abram se versuim om van die begin af die regte leiding in sy huis te gee, het ook sý hele nageslag in ellende gedompel. Die gevolg van hierdie gebeurtenis het in ’n groter intrige ontwikkel wat eeue daarna sou voortduur, naamlik ’n spanning tussen Israel en die nasate van Hagar.

16:7–16 ’n Persoonlike ontmoeting met God. Hagar het koers gekies na haar geboorteland, Egipte—’n eensame, swanger vrou op pad deur ’n dorre wildernis. Dit is selfmoord. Sy sal Egipte nooit bereik nie. En Abram het haar laat gaan! Goed, Hagar het haar eie ondergang geskep. Maar is daar niemand wat hom oor haar ontferm nie?

16:9 Die woord onderwerp is net ’n ander vorm van dieselfde Hebreeuse woord wat in 16:6 met sleg behandel vertaal word en dui dus op woordspel.

16:7–9 Op pad na Sur toe kry sy ’n vreemdeling by ’n fontein. Twee doodonskuldige vrae: Vanwaar? en Waarheen? Die eerste is maklik om te antwoord, die tweede nie. Waarheen sál sy gaan? Maar dan: die vreemdeling weet nie net baie van haar “vanwaar” nie, maar weet ook presies “waarheen” sy moet gaan. Dan besef sy die vreemdeling is ’n Engel* van die Here! Sy moet teruggaan, sê hy, en haar ook onderwerp.

Daarmee lê die Bybel ’n verband tussen Sarai se optrede (sleg behandel) en Hagar se opdrag (onderwerp). Die tussenkoms van die Here red haar lewe, maar gaan haar nie red van die gevolge van haar eie meerderwaardige optrede nie. Sy moet gaan regmaak wat sy verbrou het deur haar te gaan verneder voor Sarai se swak behandeling. Haar toekoms is gekoppel aan Abram se huis, hoe moeilik dit ook mag wees.

16:10–16 Wanneer die Engel weer praat, klink dit soos die woorde van God self! Nou is die onderwerp egter nie meer Hagar en haar optrede nie, maar God en wat Hy is en doen. Die drie name maak dit duidelik.

Hagar sal ’n seun hê en sy moet hom Ismael noem. Dit beteken “God hoor”. Wanneer magte buite jou beheer jou in swaarkry en ellende dompel, hoor God as ’n mens roep. Dan tree Hy in. Hy versterk Hagar met ’n belofte. Die belofte aan Abram van ’n groot nageslag sal nou ook vir haar seun geld—hy is immers ook kind van Abram. Net: hy sal nie die beloofde land kry nie. God sal op ’n ander manier vir hom in die wildernis ’n ruimte maak. God het nie resepte nie. Hy werk met elke mens op ’n unieke wyse. Dikwels is dit moeilik om te verstaan. Daarmee sê die Bybel dat God nie verklaar kan word nie, maar vertrou moet word.

Hagar reageer en noem die Here “’n God wat my sien”. Sy is ’n slavin, ’n voortvlugtende wég van Sarai se slegte behandeling—en tog sien God haar raak! Dis nie net die Abrams wat God raaksien nie. Hy sien elke mens raak, juis elkeen wat in nood en droefheid is. Hy is die Een wat nader kom wanneer ander wegstoot. Hy verstaan selfs wanneer ’n mens ’n dwase ding doen, soos Hagar wat die wildernis ingeloop het. Al sien ek Hom nie, Hy sien my. En in sy betrokkenheid met my sien ek Hom ook.

’n Mens het dikwels iets konkreets nodig om jou aan God se optrede te herinner. Dis die rol wat die fontein vervul. Op hierdie plek het ’n mens Hom van naderby leer ken. Daarom is die naam Lagai-Roï-fontein, want dit beteken “Fontein van die Lewende Een wat my sien”. Hagar kon nou omdraai en teruggaan na ’n situasie van vernedering, want sy het Abram se God ontmoet.

Die Tekens van die Geloofsgemeenskap

Lees Genesis 17:1–27

17:1–8 ’n Vader van baie nasies. Dis dertien jaar sedert Ismael se geboorte. Abram het hom reeds daarmee versoen dat die belofte nou in Ismael vervul sal word (17:18). Maar dit kan nie, want God het iets anders in gedagte. Dit is nie maar net ’n normale nageslag nie, want dan sou dit niks kon bydra tot die verandering van die mensdom nie.

God die Almagtige is ’n vertaling van “El-Sjaddai”, wat in die Bybel baie min as Godsnaam gebruik word. Dit is meestal gekoppel aan ’n uitspraak oor vrugbaarheid, waardeur bevestig word dat God vrugbaar maak.

Om ’n verskil aan die mensdom te maak, moet ’n nuwe mensheid geskep word. Dit moet sonder twyfel herken word as God se ingryping in menslike gebeurtenisse. Die uitstel van die vervulling van die beloftes is dus nie ’n bomenslike toetsing van die geduld en geloof van Abram nie. Dit wil die onmoontlikheid van ’n gewone bevrugting en geboorte beklemtoon. Daarom word die Godsnaam wat aan vrugbaarheid herinner, gebruik. Hierdie onmoontlikheid skep die ruimte waarin dit duidelik word dat ons met ’n nuwe skepping te doen het. Om dit verder te beklemtoon, word van skeppingsterminologie gebruik gemaak (vgl 17:6 met wees vrugbaar en word baie in 1:22, 28). ’n Geloofsgemeenskap is nie ’n natuurlike ontwikkeling onder mense nie, maar die herskeppende werking van God. Geen menslike beplanning, organisering of indoktrinering kan dit bewerk nie. Dis ’n werk van God en sy Gees.

Hierdie nuwe gemeenskap kan net effektief wees indien dit ’n spesifieke lewenswyse handhaaf. En dit moet reeds by Abram begin. ’n Oortuiging moet hande en voete kry in gebeurtenisse. Daarom word die woorde lewe naby My en wees opreg gebruik. Dit herinner aan die rolmodelle van Henog (5:22) en Noag (6:9), wat ook naby God geleef het. So ’n lewe is nie ’n sondelose een nie. In so ’n lewe is elke tree op die lewenspad ’n opkyk na God en elke dag se gebeurtenisse ’n belewenis saam met die Here.

Die nuwe gemeenskap word nie gekenmerk deur ’n wettiese nakom van sekere reëls of ’n formele beoefening van sekere rituele nie. Hierdie gemeenskap staan in ’n bepaalde verhouding met God. Dit word ’n verbond genoem. In so ’n verhouding gaan dit om ’n lojaliteit, ’n toegeneentheid, ’n prysgawe, ’n vertroue. Daarom hoor ons die weerklank van die begin van die ou verbondsformule (Lev 26:12) in die aankondiging: Ek sal jou God wees … Hieruit vloei die belofte van die land voort. Op hierdie manier is verbond en land nóú gekoppel, want getrouheid aan die verbond verseker besit van die land; verbreking van die verbond impliseer verlies van die land.

Die naam Abram is ’n ou Wes-Semitiese naam wat “verhewe vader” kan beteken en dus op vername afkoms dui. Die naam Abraham is bloot ’n dialektiese variasie met dieselfde betekenis. Daar bestaan klankooreenkomste met die Hebreeuse woord “abhamoon”, wat “vader van baie” beteken.

Daarmee het ’n nuwe tydperk aangebreek. ’n Nuwe fase in ’n mens se lewe vra ’n nuwe naam (vgl Josef, Gen 41:45–46; Daniël, Dan 1:7; Petrus, Matt 16:17–18). Die nuwe naam Abraham sal hom en sy nageslag daaraan herinner dat hulle draers van ’n nuwe lewe is.

17:9–15 Die teken van die nuwe gemeenskap.

Die besnydenis was ’n baie algemene gebruik in die ou Nabye-Ooste. Die Filistyne was een van die uitsonderings. Daar word verskeie redes vir hierdie gebruik aangevoer. Dit het meestal te doen met die oorgang na volwassenheid en die toelating as volwaardige lid van ’n gemeenskap. In ou-Israel het die gebruik ook sosiale funksies gehad, maar die feit dat ’n baba op die agste dag al besny is, toon dat dit eerder godsdienstige betekenis inhou.

’n Groep mense vorm ’n gemeenskap op grond van verskillende dinge wat hulle aanmekaar bind. Dit word meestal in een of meer tekens versinnebeeld. Dit geld ook die gemeenskap wat met Abraham begin het. Een van die tekens is die besnydenis. Alhoewel die gebruik nie uniek was nie, het dit ’n unieke, tweërlei funksie vervul: dit moes God aan sy beloftes herinner, maar dit moes ook die verbondsmense daaraan herinner dat hulle op ’n bepaalde manier voor God moet lewe. Godsdienstige rituele alleen is egter waardeloos. Dit moet gepaard gaan met geloof en ’n lewe gekenmerk deur liefhê met hart en siel (Deut 30:6).

Die Christelike geloofsgemeenskap het hierdie erfenis voortgesit en erken die doop en die nagmaal as die kenmerkende Christelike tekens. In alle tradisies is die doop, groot of klein, ’n teken van die toetrede tot die geloofsgemeenskap. Paulus beklemtoon dat hetsy Jood, hetsy Christen, dit nie die uiterlike besnydenis is wat tel nie, maar die besnedenheid wat in die hart gedoen is deur die Gees … (Rom 2:28–29). Andersyds is die nagmaal ook ’n teken van die nuwe verbond met sy waarborge en verpligtings (vgl 1 Kor 11:23–32).

In pas met die verbondsopvattings van destyds kon Abraham se nasate nie hierdie verbond eensydig ophef nie. Net die senior vennoot in die verbondsverhouding kon dit doen. Hulle kan dit verbreek, maar nie beëindig nie. Verbreking het egter slegte gevolge, want die verbond is ’n verbintenis wat die goeie wil bewerk. Israel se verbreking daarvan het tot die ballingskap gelei. Net so kan die nuwe verbond ook nie eensydig deur Christene opgehef word nie. Ons kan dit tot ons eie nadeel verbreek, maar nie beëindig nie. Dit is die troos van die verbond.

17:15–22 ’n Moeder van nasies. Die geloofsgemeenskap is ’n werk van God. Daarom sal die draer nie Ismael wees nie. Die tyd het aangebreek om dit duidelik vir Abraham te sê dat Sarai, die onvrugbare, die moeder van nasies en konings sal word. Omdat sy dus ’n sleutelrol in die totstandkoming van die nuwe era speel, kry sy ook ’n nuwe naam, Sara. Dit moet die nageslag daaraan herinner dat hulle ontstaan het as gevolg van ’n wonder van God wat ’n bejaarde, onvrugbare vrou ’n moeder gemaak het.

Sarai is ’n argaïese vorm van Sara en albei beteken “prinses”.

Hierdie aankondiging is vir Abraham iets ongeloofliks. Hy lag. Tog berispe God hom nie. God weet dis ’n lag wat lê tussen ongeloof en geloof. Die seun se naam, Isak, sal Abraham hieraan herinner. Hý sal die beloftedraer word. Maar omdat Ismael ook ’n kind van Abraham is, ontvang hy ook ’n seën van God.

17:23–27 Die teken van die nuwe gemeenskap ingestel.

Om by bepaalde krisisgeleenthede ’n keerpunt aan te dui, word daar in Hebreeus ’n bepaalde uitdrukking gebruik. In die vertaling gaan hierdie herhaling verlore. In die NAV kry ons dit by die vloedverhaal as Dit was die dag waarop (Gen 7:13); by die Abrahamverhaal as op daardie selfde dag (Gen 17:23); en by die uittogverhaal as dié dag (Eks 12:17).

Wanneer Abraham oorgaan tot aksie en die teken van die verbond aan homself en aan elke manlike lid van sy gevolg aanbring, verteenwoordig dit ’n keerpunt in God se betrokkenheid met die mensdom. Die nuwe gemeenskap van gelowiges het tot stand gekom. Daarom word die woorde op daardie selfde dag gebruik. Die volgende groot keerpunt in die geskiedenis is die dood en opstanding van Christus. Telkens wanneer die tekens van die nuwe verbond in die doop en nagmaal herhaal word, word hierdie keerpunt herbevestig as die begin van die nuwe geloofsgemeenskap.

Is Iets Onmoontlik vir die Here?

Lees Genesis 18:1–15

18:1–10 Die besoekers. Wat ’n vreemde tyd om by mense op te daag! Op die warmste tyd van die dag het mense destyds in die skadu gerus, nie rondgeloop nie. Hiermee begin ’n reeks gebeurtenisse waaromheen misterie soos ’n miswolk hang. Wie is hulle? Waarvandaan is hulle en waarheen gaan hulle? Abraham se versoek dat hulle ’n stukkie brood moet eet, word ’n feesmaal, te veel vir drie. Die vreemdelinge word nie bekend gestel nie. Tog ken hulle Sara se naam, weet dat sy kinderloos is, is bewus van haar gedagtes. Die toneel word geskep vir iets buitengewoons.

18:11 Die vertaling verby die ouderdom van kinders in die wêreld bring is letterlik “dit het opgehou vir Sara [naamlik] die reël vir vroue”. ’n Soortgelyke uitdrukking in 31:35 word vertaal met: soos dit maar elke maand met ’n vrou gaan. 18:11 kan dus vertaal word met “Sara was in die post-menopousale fase”.

18:11–12 Die aankondiging. By herhaling word daar beklemtoon dat Sara en Abraham baie oud is. Trouens, Sara is reeds in haar post-menopousale jare. Van kinders is daar absoluut geen sprake nie. Daarom was die aankondiging dat sy binne ’n jaar ’n seun sou hê iets ongeloofliks. Sara se gelag weerspieël hierdie onmoontlikheid. Maar die vertelling gaan nie net om Sara en Abraham nie. Sara en Abraham weerspieël iets van mense uit alle tye. In Sara se gelag klink die mens se verbaasde belewenis van die onmoontlike. Ja, ons hoor en lees van mense wat ongelooflike ervarings gehad het. Maar dat dit ooit met mý sou gebeur … ?

18:13–15 Die vreemdeling. Dan word dit duidelik: die een vreemdeling is die Here self! Wanneer Hy op Sara se gelag reageer, doen die Here dit met deernis. Hy ken die mens. Hy weet wat agter so ’n belewenis skuil. Daarom versag Hy die woorde van Sara en herhaal net die feit dat sy oud is. Dan volg een van die belangrikste uitsprake in die Bybel: Is iets te buitengewoon vir die Here?

Hy is die onpeilbare, die Een wat op misterieuse wyse werk, die Een wat Hom daarin verheug om die verrassende, die onmoontlike te doen (vgl bv Jer 32:27; Sag 8:6; Luk 1:37). Dís die God wat die Bybel verkondig. Dís hoe die geslagte God duisende jare lank al leer ken het. En dís die God wat ons ook dien, ’n God wat juis doen wat ons nie verwag nie. Ons kan maar op Hom vertrou. Ons kan maar die onmoontlike van Hom verwag, want Hy is waarlik God.

Is God Regverdig?

Lees Genesis 18:16–33

18:16–22 Die tweeledige doel. Die besoek van die vreemdelinge het ’n dubbele doel: vir Sara gaan dit oor lewe; vir Sodom oor dood. Daarmee word die drama van menswees in ’n neutedop verpak, want dis die twee pole waartussen die mens beweeg. En of dit lewe is of dood, God is deurgaans betrokke. Die vraag is net: Hoe is God betrokke, veral by dood? Hoe rym ’n mens God se betrokkenheid by vernietiging met sy regverdigheid, genade en liefde?

Hierdie saak is vir God só belangrik dat Hy Abraham in sy vertroue neem. Abraham sal tog ’n groot en sterk nasie word. Sy nageslag sal ’n deurslaggewende rol in die lewe van die mensheid speel. As draers van die nuwe geloofsgemeenskap moet daar by hulle geen twyfel wees oor die regverdigheid van God se optrede nie. Daarom word Abraham ingetrek in hierdie Goddelike optrede. Trouens, God verwag dat hy sy kinders en nageslag sal onderrig oor wat goed en reg is (vgl ook bv Deut 6:6–9). Mense verstaan nie God se optrede nie. Dikwels lyk dit onverstaanbaar en selfs onregverdig. Abraham se nageslag moet vir die mensdom ’n antwoord op hierdie kernvraag oor God kan gee.

18:21 Die woorde Ek wil gaan kyk is letterlik “Ek wil afgaan en kyk”, wat feitlik presies dieselfde bewoording is as in Gen 11:5 (vgl ook Eks 3:8).

Allereers moet die mense weet dat God nie willekeurig optree nie. Hy werk met feite. Die verskriklike oordeel is die gevolg van verskriklike dade. Die mense van Sodom en Gomorra is soos die mense van die toring van Babel. Hierdie mense in Sodom en Gomorra is net so boos soos daardie mense. En net soos in Genesis 11:5 daal die alwetende, alsiende God af om Hom te vergewis van die boosheid. Met hierdie menslike beeld sê die Bybel dat God moeite doen om seker te maak van die ware feite alvorens Hy optree. Sy optrede dus op goeie grond.

18:23–33 Die voorspraak. Maar Abraham is nog bekommerd: Sal U die regverdiges saam met die goddeloses vernietig? Skeer God getroues en ontroues oor dieselfde kam? Dan begin Abraham met ’n aftelgesprek. Is daar dalk vyftig regverdiges? Dalk vyf en veertig, of veertig, dertig, twintig? Dit word vir hom al moeiliker, die pleitgrond al kleiner, sy waagmoed brand al laer. Wanneer dit duidelik word dat daar selfs nie eers tien sulke mense in die twee stede is nie, gee hy die saak gewonne.

Die beeld van Sodom en Gomorra het verkrummel, maar die beeld van God het ’n nuwe dimensie gekry. Dit is nou duidelik. God maak ’n verskil tussen opregtes en goddeloses. Nog meer: Hy is ook bereid om bose mense genadig te wees ter wille van die gelowiges. Gelowiges het ’n rol, ’n baie belangrike rol om in die samelewing te speel. Hulle is nie net getuies van ’n alternatiewe geloofsgemeenskap nie. Hulle het ook ’n verantwoordelikheid teenoor ander, ongelowige mense. Hulle is die sout vir die aarde (Matt 5:13).

Selfs al sou daar bitter min gelowiges wees sodat God nie meer die baie ter wille van die min genadig kan wees nie, onderskei Hy tog en ontferm Hy Hom oor diegene wat op Hom vertrou (vgl bv Eseg 14:12–23). Hy kan die twee stede nie spaar nie, maar Hy sal Lot tog red. God is regverdig. Dit kan Abraham sy nageslag leer en dit kan ons ook aan ons kinders bevestig.

Soos ’n Tweede Sondvloed

Lees Genesis 19:1–38

Die stadspoort was destyds die openbare vergaderplek van die stad. Dit was strategies geleë omdat almal daardeur moes beweeg om buite by die landerye uit te kom. Daarom was dit die geskikste plek om onder meer transaksies en ooreenkomste te beklink (vgl Rut 4:1–12) en hofsake te beslis (vgl Deut 21:18–21). Die oudstes van die stad het daar gesit om hierdie soort funksies te verrig.

19:1–9 Lot in Sodom. Lot was ’n immigrant, maar ’n goeie inwoner van Sodom. Hy was opreg en gasvry. Hy was ’n gesiene persoon wat saam met die oudstes in die poort gesit het en uitsprake gelewer het. As regter was hy in ’n posisie om verkeerde dinge uit te wys en skuldiges te oordeel. Hy moes dus leiding gee, regspreek en waardes handhaaf.

Wanneer twee vreemdelinge by die stad opdaag, verwelkom hy hulle en bied hulle, volgens die algemene Oosterse gebruik, slaapplek aan. Was hy dalk al begaan oor hulle veiligheid? Later die aand dring die inwoners daarop aan dat hy die vreemdelinge aan hulle uitlewer sodat hulle die twee homoseksueel kon misbruik. Maar hy beskerm die vreemdelinge. Trouens, hy pleit by sy medeburgers as vriende dat hulle nie so ’n verkeerde ding moet doen nie. Hy gaan selfs sover om sy twee dogters aan die opruiers beskikbaar te stel (vgl die ooreenkomste met Rig 19).

In Israel is homoseksuele bedrywighede streng afgewys (bv Lev 20:13, vgl ook Rom 1:26–27). Dis onseker wat die opvatting buite Israel was. Al sou dit dalk toelaatbaar gewees het, sou homoseksuele verkragting egter in stryd wees met die waardes van Oosterse gasvryheid.

Daarmee het Lot sekere lewenswyses van sy medeburgers afgewys, maar tog verkies om by hulle te woon. Hy word die toonbeeld van mense wat bepaalde beginsels het, maar nie kans sien om die prys vir die handhawing daarvan te betaal nie. Hy sal homoseksualiteit beveg, maar sy eie dogters vir seksuele misbruik beskikbaar stel. Volg hy hierdie selektiewe moraliteit omdat hy enersyds sy gewete wil sus en andersyds die Sodomiete wil paai? Mense wat soos hy die pakket van sekuriteit en gemak plus die risiko van boosheid verkies, is meestal reeds verbind tot ’n skewe waardesisteem. Lot kon nie die stad beïnvloed nie; die stad het hom beïnvloed. Is dit waarom hy talm om te vlug (19:16)?

19:10–22 Die redding van Lot. In menslike intriges kan die rolle omkeer. Ook hierdie keer word die vredemaker (Lot) die prooi en die prooi (die vreemdelinge) verander in die redders. Wat presies met blindheid bedoel word, is nie duidelik nie, aangesien gewone blindheid mense nie sal keer om ’n deur te kry nie en hulle sekerlik tot besinning sou bring. (Vgl 2 Kon 6:18 waar Elisa ook die soldate met “blindheid” slaan.) Op ’n misterieuse wyse red die vreemdelinge Lot uit die hande van sy stadsgenote.

Dit het egter nie Lot se oë oopgemaak vir die gevaar waarin hy verkeer nie. Nou moet hy die volle waarheid hoor: God gaan die streek verdelg. Hierdie woord herinner aan Genesis 6:13 en die sondvloed. Dit sê dat Sodom net so boos is soos die mense in die tyd van die sondvloed. Soos Noag destyds, wil God Lot en sy gesin red. Hy kan egter net sy vrou en twee dogters by hom oortuig om te vlug. Hyself talm ook om te gaan. Hoe kan hy al sy besittings (vgl Gen 13) net so agterlaat? Dan onderhandel hy nog om tog maar na Soartoe te vlug. Ook dit word hom toegestaan. God luister in deernis na mense.

19:23–29 Die dood van Sodom. Wanneer die swael en vuur … uit die hemel … reën, word die hele landstreek verwoes. Geen wonder dat die tradisie Sodom in die dorre verlate suide van die Dooie See plaas nie. Sodom het gesterf. Die verwoesting van Sodom en omstreke word in terme van die sondvloed beskryf: die mense was ook boos; dis ’n groot ramp; ’n enkele persoon en sy gesin ontsnap; hierdie persoon word dronk; ’n gesinskande vind plaas. Deur dit te doen, beskryf die Bybel die ware karakter van hierdie gebeurtenis. Dit belig die totale verdorwenheid waartoe die mens kan daal en die afsku wat God aan boosheid het, maar ook die genade wat God vir ’n mens het.

Het die gasse en as van die verwoesting Lot se vrou ingehaal omdat sy nie net omgekyk het nie, maar ook daardeur agtergeraak het? Wat ook al gebeur het, ’n soutpilaar het die nageslag herinner aan ’n persoon wat God se waarskuwing nie ernstig genoeg opgeneem het nie en toe die gevolge moes dra.

Abraham het van die platorand af met kommer oor Lot die verwoesting aanskou. Maar soos in die geval van Noag het God aan Abraham gedink (vgl bespreking by 8:1). Aan Abraham, en nie soseer aan Lot nie. Dis ter wille van Abraham dat Hy red.

Die ramp van Sodom word nou ’n paradigma* van God se oordeel vir die daaropvolgende geslagte. Enige gemeenskap wat God se standaarde verontagsaam en sy roep tot bekering ignoreer, kan sulke oordeel verwag (vgl bv Jer 23:14 en Matt 10:15).

Die naam Moab beteken “van die vader” en Ben-Ammi beteken “seun van my bloedverwant”.

19:30–38 Die herlewing van Sodom. Sodom is dood, maar iets van Sodom het in Lot en sy dogters voortgeleef. Lot was bereid om sy dogters as seksuele prooi aan ’n gepeupel te gee; nou het sy dogters hom as seksuele prooi gebruik. Die name van die seuns dien as ’n simbool van die herlewing van Sodom in die mensdom. Dis ’n simbool wat getuig dat boosheid nie deur verwoesting uitgewis kan word nie. Uitwissing kom deur ’n hartsverandering. Maar ’n hartsverandering vind net plaas as die mens van binne af nuut gemaak, herskep word. En dit is ’n werk van God self. Oor hierdie nuwe lewe sê die res van die Bybel nog baie meer (vgl bv Ef 4:17–6:20).

Tog nie al Weer nie, Abraham?

Lees Genesis 20:1–18

Dit is met verbasing dat ’n mens lees dat Abraham vir ’n tweede keer in ’n soortgelyke situasie beland as voorheen tydens sy besoek aan Egipte (12:10–20). So baie dinge kom ooreen. Tog is daar ook heelwat verskille. Daar is dus ’n bepaalde doel agter hierdie “al weer” wat vir gelowiges van alle tye geld.

Abimelek neem Sara in sy harem op. Wanneer God homin ’n droom waarsku, word net een rede gegee: Sy is al getroud. Die grond vir die oordeel is dus nie dat sy die beloftemoeder is nie, maar dat hy owerspel sou pleeg. Hoe daar ook al oor buite-egtelike verhoudings gerasionaliseer word, die Bybel is baie uitgesproke daaroor: dit is vir God ontoelaatbaar. Trouens, dit was in ou-Israel met die dood strafbaar (vgl Lev 20:10 en Deut 22:22). Die vertelling oor Abimelek is ’n herbevestiging dat dit sonde is. Dit gaan selfs nog verder. Dit impliseer dat alle mense, nie net gelowiges nie, daaroor aan God verantwoording verskuldig is.

Maar hoe regverdig is God? Hoe oordeel Hy tussen ’n skuldige verbondsmens en ’n onskuldige mens buite die verbond? Die blote feit dat God in ’n droom vir Abimelek waarsku, stel mense gerus: God het nie witbroodjies nie. Hy gaan selfs so ver om Abimelek daarvan te weerhou om owerspel te pleeg. Daarmee sê die Bybel dat God se genade baie wyer strek as net oor toegewyde gelowiges. Elke mens mag sy/haar saak by God stel.

Abimelek se pleidooi was dat hy nie geweet het nie. Abraham en Sara het hom mislei. Maar selfs sulke sondes in onkunde bly nog sondes. Die ou Israeliete het selfs voorgeskrewe offers hiervoor gehad (vgl Lev 5:14–16). Sulke sondes vereis opklaring en regstelling. Daar moet reguit aan Abraham gesê word:Wat het jou besiel … ? Abraham moet ’n geleentheid kry om te antwoord: Ek het gedink … Maar dan moet daar nog versoening plaasvind. Abimelek moet die fout regstel deur Sara terug te gee en Abraham moet vir hom voorbidding doen. Volgens die gebruik van destyds gaan Abimelek nog verder en gee vir Abraham allerlei geskenke as skadevergoeding om te wys alles is in orde.

Daar bestaan Assiriese voorskrifte uit ongeveer die 15de tot die 12de eeu vC oor moontlike misbruik van ’n ander man se vrou. Byvoorbeeld, as jy iemand anders se vrou maar net saam met jou op reis neem, onwetend dat sy getroud is, moet jy eers onder eed verklaar dat jy onbewus daarvan was. Daarna moet jy ’n bepaalde vergoeding aan haar man betaal.

Die hoofsaak in hierdie vertelling is egter om te illustreer hoe die Abraham van ná die verbond nog baie soos die Abraham van vóór die verbond optree. Abraham is glad geen heilige soos ’n mens sou dink nie. Soos alle gelowiges, het hy ook swakhede en morele tekortkomings. Om deel van die verbond te wees maak nog nie van ’n mens ’n volmaakte persoon nie. Die Bybel is vol voorbeelde dat God se menslike instrumente feilbare persone is wat dikwels optree asof hulle nog nie deel van die nuwe geloofsgemeenskap is nie.

Selfs in die Nuwe Testament vind ons hierdie verskynsel. In 1 Korintiërs 1:2 verwys Paulus na die gemeente in Korinte as mense wat afgesonder is vir Christus, maar tog onheilige dinge doen. Dit is dieselfde mense wat hy ernstig moet vermaan oor sondes van verdeeldheid, onsedelikheid, huweliksprobleme en afgodery.

Die verbond, oud en nuut, maak nie van ’n mens ’n sondelose persoon nie. Dit beloof ’n nuwe hart en ’n nuwe gees (Eseg 36:26), maar dit eis van jou om daarvolgens vrywillig anders te leef. Jy is geen outomaat dat die verbond jou asof met ’n towerstaf verander nie. Die keuse lê nog by jou, want die verbond is ’n persoonlike verhouding.

Vreugde vir Een, Droefheid vir ’n Ander

Lees Genesis 21:1–21

21:1–7 Die groot vreugde. Met die uiteindelike geboorte van Isak word die aanvanklike belofte aan Abraham ’n werklikheid. Maar dit was nie Abraham se verdienste nie. Inteendeel, hy het talle kere getwyfel en selfs probeer om self die belofte waar te maak. Met hierdie vertellings oor Abraham sê die Bybel dat ons moet bly glo, maak nie saak hoe weersprekend omstandighede mag wees nie.

Daarmee val die klem minder op die twyfelende mens en meer op die geloofwaardigheid van God. Die vertellings wil dus vir ons iets sê oor God. Dit wil Hom bekend stel as die Een wat aan sy woord getrou is, wat die swakheid van mense ken en selfs ten spyte van ons twyfel sy doel bereik. Hy is die een wat ons behoeftes en verlangens ken en dit wil gebruik vir iets groter as wat onsself is. Maar in Abraham moet ons ook iets van onsself herken en in God se handelinge met Abraham moet ons iets van God se werking met onsself raaksien.

Daarom kom die inligting oor God en sy optrede teenoor mense nie in die vorm van stellings nie, maar in die vorm van vertellings. Stellings is dood; vertellings wys die warm hartklop van die lewe. Só moet ons God leer ken en vertrou: in die warm hartklop van elke lewensdag.

Die beklemtoning van Abraham se hoë ouderdom onderstreep dat hierdie geboorte ’n bonatuurlike gebeurtenis is. Sy nageslag moet weet dat die ontstaan van die geloofsgemeenskap nie mensewerk was nie. Daaraan moet die verbondsteken hulle ook bly herinner. Daarom ontvang Isak, en almal wat daarna in die geloofsgemeenskap gebore word, as klein baba die verbondsteken. As baba, want om verbondsmens te wees, is God se werk. Van nou af sal sy naam (“hy het gelag”) eerder herinner aan God se betroubaarheid as aan sy ouers se ongeloof.

21:6 Die Hebreeuse woorde vertaal as vir my lag kan ook met “met my lag” vertaal word. Die NAV se keuse het ’n negatiewe konnotasie. In die lig van die positiewe klank van die volgende vers, volg hierdie bespreking liewer die alternatiewe moontlikheid “met my lag”.

Waar Sara se gelag ’n jaar vantevore verbasing en selfs ongeloof weerspieël (18:12), is hierdie gelag een van blydskap. Isak (“hy het gelag”) bring nou vreugde in Sara se huis. Ook ander mense deel hierdie vreugde en lag saam met haar, want dit wat onmoontlik was, het werklikheid geword.

Destyds is kindertjies eers gespeen as hulle ongeveer drie jaar oud was. Met die hoë sterftesyfer onder babas was dit sekerlik iets om te vier.

21:8–11 Die droefheid. Die vreugde het skielik ’n skadukant gekry. Die aanleiding daartoe was die optrede van Ismael. Daar staan Sara het hom sien lag. Wat presies daarmee bedoel word, is onseker. Kenners dink aan spot, speel, misbruik, of selfs dat Ismael homself met die kleine Isak gelykgestel het. In die vertellings is hierdie woord reeds op verskillende maniere gebruik. Dalk is dit met opset so gekies om ’n woordspel met Isak se naam te wees. Dus, Isak bring vreugde én droefheid. ’n Gelag het dikwels dié twee kante.

Volgens ou geskrifte (bv die Kodeks Hammurabi) het ’n kind van ’n slavin destyds ’n wetlike reg op ’n deel van sy pa se erfporsie gehad. Verder was daar ook voorskrifte dat ’n man haar vryheid aan ’n slavin kan gee as sy vir hom kinders in die lewe gebring het, maar dat die kinders dan hulle reg op die erfporsie verbeur.

21:10–13 Ismael se (dalk onskuldige) gelag het Sara egter aan Isak laat dink en die gevaar dat Ismael mede-erfgenaam kan wees. Onmiddellik het die harde, onverdraagsame Sara na vore gekom. Of was dit dalk die moeder wat alles moontlik vir haar kind wou opeis? Sy eis van Abraham om Hagar en Ismael te verdryf. Maar Abraham huiwer. Ismael is tog sy seun! ’n Goddelike gerusstelling oortuig hom, maar hy jaag haar nie weg soos Sara geëis het nie. Deur die woorde weggestuur te gebruik, word die optrede ietwat versag.

Daar bestaan meningsverskil oor die ouderdom van Ismael tydens hierdie gebeurtenis. Dit lyk of die vertelling ’n klein seuntjie in gedagte het: Abraham het die kos saam met die kind op haar rug gesit (21:14); sy het hom onder die bos neergesit (21:15); die kind het gehuil (21:17); die opdrag tel die kind op (21:18). Berekenings na aanleiding van 12:4, 16:3 en 21:5 toon egter dat Ismael reeds 14 of 15 jaar oud moes gewees het. Die Hebreeuse teks leen hom ook tot ander vertalings wat nie noodwendig op ’n klein seuntjie dui nie.

21:14–21 Die beeld van Hagar in die woestyn is dié van ’n vrou wat verontreg is en nou aan die einde van haar middele en moed gekom het. Die kind by Abraham is tog nie háár skuld nie. Dit was Sara wat wou hê dat sy ’n kind vir Abraham in die wêreld moes bring. Waarom moet sy nou die prys betaal? Terwyl sy huil oor hulle lot, hoor die Here die kind waar hy lê. Dan hoor sy van God se plan met Ismael. En so het die buurvolk, die Ismaeliete, ontstaan.

God is by Abraham

Lees Genesis 21:22–34

Die eerste belofte is nou vervul. Die tweede, ’n land, is nog maar ’n toekomsdroom. Hierdie episode beklemtoon dit, want Abraham het nie eens die vrye gebruik van ’n waterput vir sy vee nie. Hierdie verleentheid word God se geleentheid om te toon hoedat Hy in die gewone gang van die lewe steeds betrokke is met sy gelowiges. Goddelike verskynings en inspirerende drome is eintlik die uitsondering. God se algemene werkswyse is deur middel van die alledaagse.

Dit kom Abraham agter wanneer Abimelek en sy bevelvoerder met hom oor ’n onderlinge ooreenkoms kom praat. Hulle het opgemerk God is by hom. Dit is die moeite werd om met so ’n persoon ’n goeie verstandhouding te hê, was hulle politiek. Met hierdie opmerking hoor ons vir die eerste keer ’n baie belangrike uitspraak, die begin van die Immanuel (“God-is-by-ons”) gedagte (vgl by 28:16–22 en ook by Jes 7:14). Om God by jou te hê is meer werd as ’n bevelvoerder met sy leër, of die besit van ’n land en baie materiële dinge. Mettertyd toon die Bybel hoedat dit meer werd is as enigiets anders waaraan ons kan dink.

Hierdie vertelling is geweef om die spel met sekere woorde wat in Hebreeus met mekaar verband hou of dieselfde klink. Die woorde beloof (21:24) en eed (21:31) is dieselfde woord en klink baie soos sewe (21:28) en die “-seba” van Berseba (21:31). Verder is waterput in Hebreeus “be’er”, wat terselfdertyd die eerste deel van die pleknaam Ber-seba is. Die naam van die waterput is dus ’n blywende herinnering aan die ooreenkoms.

Abraham gebruik die geleentheid van die vredesverdrag om ’n doodgewone daaglikse probleem op te los. Trouens, dis die eerste toets vir die verdrag. Hy sukkel nou al lank om die waterput-probleem opgelos te kry. In daardie dorre streek is dit ’n lewensbelangrike besitting. As deel van die verdragsluiting gee Abraham kleinvee en grootvee, maar daarby gee hy ook nog sewe skaaplammers (lett: ooilammers). Wanneer Abimelek hierdie geskenk neem, is dit ’n bewys dat dit Abraham se eiendom is. Met hierdie ooreenkoms gesluit, het Abraham minstens al ’n waterput as sy wettige besitting in die land wat aan hom beloof is.

In ’n skynbaar heel normale verloop van daaglikse gebeurtenisse beleef Abraham God se hand in sy lewe. Om dit te gedenk, plant Abraham ’n tamarisk en noem God by die naam die Here, die ewige God. Hy kan nou bome plant, want daar is vir hom ’n toekoms omdat die God wat hy dien, vir altyd daar is en vertrou kan word.

God Voorsien

Lees Genesis 22:1–19

22:1–2 Die Goddelike bevel gee ’n mens rillings. Hoe kan God dit eis? Of, sou ’n mens kon vra, hoe kan God dit aan ’n mens doen? Eers gee Hy, nou wil Hy neem! Maar reeds die manier waarop die bevel kom, toon dat God baie goed weet watter skok dit sou bring. Daar is ’n geleidelike ontwikkeling in die opdrag van die algemene, bekende (jou seun) na die meer persoonlike (enigste), die intieme (wat jy liefhet) tot by die kritieke saak (as brandoffer). Dis ’n weerklank van Abraham se roeping destyds uit die drie kringe van sekuriteit (12:1). Deur dieselfde patroon te herhaal, is dit asof God Abraham herinner: Onthou jy nog die vorige keer toe Ek jou gevra het om saam met My ’n risiko te loop? Sien jy wat die gevolg was? Kom, doen dit weer!

Kinderoffers was destyds ’n bekende praktyk in die Midde-Ooste. Dit was kenmerkend van die verering van Molek (vgl Lev 18:21; 20:1–5) en by die Moabiete (2 Kon 3:27). Dalk is Jefta se dogter (Rig 11:30–40) spore daarvan in ou-Israel. Die streng verbod daarteen (Lev 20:1–5; Deut 18:9–14) wys dit was ’n gevaar vir Israel. In Abraham se tyd kon dit dus nog ’n aanvaarbare praktyk onder die inwoners van die land gewees het.

Die kern van hierdie vertelling is die vraag: Tot hoe ’n mate is ’n mens bereid om God te gehoorsaam? Waarom glo mense? Is dit net ter wille van bepaalde voordele, of gaan dit om God en Hom alleen? Geloof kan soms duur wees. Dit kan soms eise stel wat ’n mens nie verwag nie. Op stuk van sake is ’n goedkoop offer haas nie ’n offer nie. Wat jy bereid is om prys te gee, is meestal ’n barometer van die erns van jou geloof.

Die nageslag het Moria met die tempelberg Sion in Jerusalem gelykgestel (vgl 2 Kron 3:1) alhoewel die Sionsberg nie uit die verte gesienkan word (22:4) nie.

22:3–10 Met groot teerheid word die aangrypende verhaal vertel. Abraham kap self die hout en gaan sonder die twee slawe die berg op om die pynlike opdrag uit te voer. Wetende wat hy moes gaan doen, sê hy vir die slawe dan kom ons terug … Op Isak se vraag gee hy ’n dubbelsinnige antwoord. Waarom sê hy vir Isak God sal sy eie offerlam voorsien? Wil hy die vonnis versag? Is dit hoop of is dit ware geloof? Deur bepaalde woorde te kies, is die verteller besig om ons voor te berei vir die eintlike saak wat die episode vir die nageslag beklemtoon: Dit gaan om die woord “sien”. Van ver af het Abraham die berg gesien. God sal die offerdier voorsien.

Soos ’n mens se mond droog word van spanning, so het die gesprek tussen pa en seun intussen opgedroog. Natuurlik moes Isak teen hierdie tyd vermoed het wat aan die gang was. Natuurlik kon hy probeer om dit te ontsnap. Die verteller sê niks hieroor nie. Daar is baie vrae wat ons aan die verteller sou wou vra. Maar dalk is dit juis die bedoeling om so min as moontlik te sê sodat elke leser en hoorder hulle in die gebeurtenis kan inleef. Dit gaan immers nie om ’n pa en seun van meer as 3 000 jaar gelede nie. Dit gaan oor soortgelyke situasies waarin ek en jy ons bevind.

22:11–14 Die klimaks van die vertelling kan nie méér dramaties wees nie. Isak is vasgebind, Abraham met die mes omhoog … Dan die dringende roep: Abraham, Abraham! Hy het die toets geslaag! Maar hoe moet ons die woorde Nou weet Ek … verstaan? Is God dan nie alwetend nie? Natuurlik weet God alles. Maar Hy het egter verkies om die mens so te maak dat hy ’n eie wil het. God wil met die mens in ’n verhouding tree wat voortspruit uit ’n vrywillige keuse as antwoord op God se liefde. Dít kan net in dade duidelik word. Hieroor moet elke mens self besluit. En dit is wat God graag wil sien en weet: dat dit vir ons gaan om God en om Hom alleen.

Abraham sien die skaapram, God se oplossing vir sy probleem. Maar Abraham kom agter dat ook God sien: Hy vóórsien. Uiteindelik is dit wat hierdie perikoop wil sê: Die Here voorsien. Met die latere identifisering van die tempelberg met Moria, het die offer van Isak uit die private godsdienstige ervaring van ’n individu beweeg na die gemeenskaplike aanbidding en belewing van God in die tempel. Daar voorsien God ook in die behoeftes van die geloofsgemeenskap (vgl talle psalms). Maar mettertyd het dit ook van die gryse verlede na die tydlose beweeg (vgl ook Rom 8:32). Dit het geword ’n versekering vir elkeen wat die Here as hulle Heer aanvaar. Daar is nie ’n blyer boodskap as hierdie nie. Elke mens in angs en nood moet weet dat Hy sien en voorsien.

22:15–19 Die spanningsdrama het ’n nadraai: die beloftes van vroeër word uitvoerig herhaal. Dit doen God met ’n eed. Dis op hierdie eed wat Israel hulle later telkens beroep het (vgl 1 Kron 16:16; Luk 1:73). Teen die einde word die verhaal nie regtig voltooi nie. Daar hang nog baie vrae in die lug. Dis juis hierdie oop einde wat maak dat ’n mens jou daarmee kan vereenselwig, of dit nou Abraham of Isak is wat jou leefwêreld betree.

’n Nuwe Fase

Lees Genesis 22:20–24

Alhoewel Nahor se nageslag reeds gevestig is, hang Abraham s’n aan ’n draadjie wat byna gebreek het. Die spanning van geloof word dus voortgesit. Daar is één ligpunt: Nahor se dogter Rebekka. Daarmee word die toneel voorberei vir die volgende fase in die reeks vertellings oor die wording van die geloofsgemeenskap.

Uiteindelik ’n Eie Stukkie Grond

Lees Genesis 23:1–20

Abraham se besluit om ’n graf vir Sara te koop simboliseer sy verbondenheid aan die land. Hy sou haar in Haran, waar sy bloedverwante woon, kon begrawe. Maar dit sou dui op ’n terugloop op sy lewenspad. En vir Abraham is die toekoms in Kanaän. Die hele saak raak ook egter sy status. Hy beskryf homself as ’n vreemdeling, ’n bywoner. Dis die ironie. Die land is aan hom belowe, maar hy het net bewonerstatus.

Die onderhandelings verloop op tipies Oosterse manier. Heel gasvry bied hulle aan dat Sara in een van hulle grafte begrawe word. Maar dis nie wat hy wil hê nie. Daarom sê hy dat hy die Makpelagrot wat aan Efron behoort, wil koop. Efron bied dit as ’n geskenk aan, maar Abraham weier, want grond gegee is grond geleen—dit plaas die ontvanger onder bepaalde verpligtings wat Abraham wil vermy. Hy wil eerder ’n grondeienaar wees met die gepaardgaande regte.

Daarvoor is hy bereid om die volle prys te betaal. Efron stem toe dat dit vir vier en ’n half kilogram silwer (lett: 400 sikkels silwer) verkoop kan word. Daarop beklink Abraham die transaksie op ’n wetlike manier in die stadspoort waar die oudstes was. Die grond word ook behoorlik beskryf: die ligging, die grot, die landgoed waarop dit was asook die bome.

In vergelyking met Abraham het Dawid byvoorbeeld maar 50 sikkels (ses honderd gram) silwer vir Arauna se grond betaal (2 Sam 24:24). Dit is dus ’n buitengewoon hoë prys. Die hoë prys pas egter by die status van ’n baie belangrike man, maar ook by die status van ’n moeder van ’n nasie. Uiteindelik is dit die dood wat eienaarskap bring. Dit word die simbool van die vervulling van die landbelofte.

God se Misterieuse Werkswyse

Lees Genesis 24:1–67

24:1–9 In Abraham se huis. Alhoewel dit nie gesê word nie, lyk dit na ’n sterfbedtoneel (vgl 47:29). Abraham kies die vernaamste slaaf, wat ook die oudste een is, om ’n vrou vir sy seun te kry. Sy streng voorskrifte is dat sy nie uit die Kanaäniete mag wees nie, maar uit sy geboorteland. (Later sou daar in Israel ook stemme opgaan teen huwelike met nie-Israeliete. Vgl ook Paulus se standpunt dat Christene met Christene behoort te trou, 1 Kor 7:39; 2 Kor 6:14–18.)

Die slaaf huiwer. Indien die dogter weier om te kom, moet Isak dan daarheen trek? Hieroor is Abraham beslis. Sy seun mag nie teruggaan nie. Daar is twee redes: God het hom uit daardie land geroep en God het met ’n eed beloof dat sy nageslag Kanaän sou erf. Daarom glo hy dat die Here sal voorsien deur sy engel vooruit te stuur (vgl 22:11).Indien sake tog skeef loop, mag Isak nogtans nie teruggaan nie. Dit stel die slaaf gerus en hy lê die eed af.

24:10–27 By die fontein. Die slaaf besluit om by die fontein buite Nahor se stad te wag, wetende dat vrouens gewoonlik laatmiddag kom water skep. Die taak op sy skouers is groot. Hoe sal hy kan oordeel? Bewus van sy tekortkomings, bid hy om leiding. Die tekens wat hy vra, hou verband met die kwaliteit meisie wat hy soek. Sy moet naamlik gasvry wees (Drink gerus) en hardwerkend (jou kamele ook).

Die eerste meisie wat kom, is mooi, jonk en ’n maagd (24:16). Boonop doen sy presies soos hy van die Here gevra het. Sy verrassing is so groot dat hy dadelik vir haar geskenke gee. Toe hy na haar ouers vra, was die verbasing nog groter om te hoor dis Abraham se familie. Wanneer hy vra om te oornag, kom haar karakter nog sterker uit: nie net slaapplek nie, maar ook kameelvoer. Oorstelp van verbasing en dank, kniel hy en dank die Here.

24:28–61 By Rebekka se huis. Rebekka se broer is beïndruk met die geskenke wat sy suster ontvang het. Hy hardloop na die slaaf toe en bied huisvesting aan. Hier is die eerste tekens van gierigheid wat later (hfst 29–30) skerper na vore kom.

Voordat hy bereid is om te eet, stel die slaaf eers die doel van sy koms. As getroue dienaar kom sy taak bó sy gemak. In sy uitgerekte toespraak herhaal hy die opdrag van Abraham en die ontmoeting by die fontein in besonderhede. Wat egter opval, is die slim manier waarop hy dit doen, sekere informasie beklemtoon en ander verswyg of ietwat anders verwoord. Sy doel is om hierdie gesin te oortuig om die dogter te laat gaan. Daarom is hy versigtig met wat hy sê.

Allereers beklemtoon hy die familiebande, dan dat Abraham ryk is, dat Sara op gevorderde leeftyd ma geword het (Isak is dus betreklik jonk!) en dat Isak die enigste erfgenaamis. Hierdie informasie moet die gesin tevrede stel oor hulle dogter se toekoms. In sy weergawe van Abraham se opdrag beklemtoon hy die opdrag dat die voorgenome bruid uit my pa se huis en my familie moet wees. Eintlik was Abraham nie so spesifiek oor sy pa se huis nie, maar hy weet dat Abraham eintlik so gehoop het. Deur hierdie sake prominent te stel, wil hy die afskeid tussen dogter en familie versag.

Dan beklemtoon hy Abraham se gedrag en lewensuitkyk: Hy leef naby die Here soos Henog van weleer (Gen 5:24). Die troefkaart is egter dat Abraham gesê het die Here sal sy engel saamstuur. Hy is versigtig genoeg om nie te sê dat Abraham hom verbied het om Isak terug te neem na Haran toe nie. Laban-hulle sou dit negatief opneem.

Die slaaf vertel ook in besonderhede wat by die fontein gebeur het, want hy wil bewys lewer dat dit eintlik God is wat agter al die gebeurtenisse werksaam is. Hulle moet saam met hom die opwinding van die oomblik beleef toe alles presies so gebeur het soos hy gevra het, en dat dit toe juis Abraham se broerskleinkind was. Die gedagtes wat hy wil plant, is: As dit nie die Here se hand is nie, hoe moet ’n mens dit dan verklaar? Maar nou maak hy weer ’n klein verstelling. Hy sê dat hy eers vir Rebekka gevra het wie haar ouers was en toe die geskenke gegee het. Daarmee wil hy die belangrikheid van die familiebande beklemtoon. Dit sou ook Laban met sy hebsug tot ’n positiewe oordeel kon beïnvloed. Met ’n laaste slim bewoording eis hy ’n antwoord sodat indien hulle weier, hy verder kan gaan soek.

Die slaaf se betoog was so oortuigend dat die hele familie die Goddelike hand agter al die gebeurtenisse herken het. Hoe sou hulle kon weier as die saak van die Here is?

Met soveel sukses kan die slaaf nie verdere kanse waag nie. Terwyl almal onder die indruk van die misterieuse gebeurtenisse is, moet hy so gou as moontlik die meisie neem en teruggaan. Dalk verander hulle van plan. Meer nog, hy wil Abraham bereik voordat hy dalk sterf. Terwyl die familie aandring op uitstel, is Rebekka egter gereed om dadelik te gaan. Haar familie groet haar met seënwense wat klop met die beloftes aan Abraham: ’n ryke nageslag en oorwinning oor die vyande (22:17). Vergesel van die vrou wat haar grootgemaak het en haar slavinne, vertrek hulle na ’n nuwe vaderland.

24:62–67 By Isak se tuiste. Die reisigers gaan nie na Abaham toe nie, maar na Isak in die Suidland. Daar word nie eens melding van Abraham gemaak nie. Het Abraham intussen gesterf? (Kyk bespreking by 25:1.) Sodra Isak in sig kom, sluier Rebekka haar gesig volgens die gebruik destyds voor ’n huwelik. Die slaaf doen aan Isak verslag (en nie aan Abraham nie). Wanneer Rebekka Sara se tent betrek, word sy die amptelike aartsmoeder in Sara se plek en ’n nuwe era breek aan.

Hierdie lang verhaal wil mense van alle tye verseker dat God in die behoeftes van sy gelowiges voorsien. Wanneer ’n mens “voor Hom lewe” (coram Dea) kan jy seker wees dat God by jou en jou behoeftes betrokke is. Nogtans moet jy dit met vernuf en toewyding doen. As jy so optree, kan jy verseker wees dat God agter die skerms besig is om jou pogings te laat slaag. Hy werk nie altyd op sigbare maniere nie. Hy maak meestal gebruik van gewone mense en doodgewone gebeurtenisse. Ons oë moet net oopgaan om sy hand daaragter raak te sien.

[3]


[1]White, Ellen Gould: Reflecting Christ. Review and Herald Publishing Association, 1985; 2002, S. 324

[2] The Seventh-day Adventist Bible Dictionary; The Seventh-day Adventist Bible Commentary, Volume 8. Review and Herald Publishing Association, 1979; 2002, S. 8

* Engel van die Here: Die benaming van ’n hemelse wese wat as boodskapper en/of gevolmagtigde van die Here optree. Hierdie wese moet onderskei word van die gerubs (Gen 3:24), serafs (Jes 6:2) en hemelwesens (Gen 6:2; Ps 82:1) wat in vertalings soms “engele” genoem word.

* Paradigma: Die breë patroon onderliggend aan ’n reeks soortgelyke verskynsels.

[3]Vosloo, W. ; van Rensburg, F. J.: Die Bybellennium Eenvolumekommentaar Die Bybel Uitgele Vir Eietydse Toepassing. Vereeniging : Christelike Uitgewersmaatskappy, 2000, c1999, S. Ge 12:1

Was this article helpful?

Related Articles