My naam is Filipus. Nie een van Jesus se 12 dissipels nie.
Kom ek vertel jou ietsie oor my agtergrond. Die verkondiging van die boodskap van Jesus het my aangegryp en ek het by die vroeë Christelike kerk aangesluit.
Die eerste swaar om aan hierdie kerk te behoort het, was die manier waarop die Joodse Sanhedrin ons vervolg het. Ons was gestigmatiseer en die samelewing het ons as uitgeworpenes beskou.
Almal van ons wat asgevolg van die apostels tot bekering gekom het, het ons kos en middele met mekaar gedeel. Daar was selfs van die nuwe bekeerlinge wat hulle eiendom verkoop het om die jong kerk aan die lewe te hou.
DIE GRIEKE
Maar die jong kerk was nie sonder sy uitdagings nie. Van die Griekse gelowiges het begin kla dat hulle weduwees afgeskeep word.
Ons is maar van nature meer goedgesind teenoor ons eie mense as teenoor vreemdelinge. Hierdie kwessie het baie van die apostels se tyd inbeslag geneem en toe is daar ‘n besluit geneem.
Hulle sou hulle nie langer met klagtes oor kos besig hou nie, maar eerder sewe diakens aanstel om na die ontevredenheid oor die kos en ander klagtes om te sien.
Ek en Stefanus was deel van die sewe wat aangestel is. Later sal julle van Stefanus hoor. Siestog hy was die eerste van die diakens wat gestenig is.
Maar ek wil julle net eers my verhaal vertel. Die vervolging van ons kerksmense was so erg dat ons na Samaria en Damaskus moes vlug.
Nadat die Griekse weduwees tevrede was dat hulle net soveel kos en aandag as die Joodse weduwees gekry het, is ek na Samaria toe waar ek die mooi boodskap van verlossing in Jesus gaan verkondig het.
Wat ‘n voorreg. Voorheen het ons op hierdie mense gespoeg maar Jesus het met hulle vriende gemaak en ek het die vrugte gepluk.
Ek het die vrou wat die baie mans gehad het ook ontmoet. Sy met my vertel hoe sy vir haar mense in Sigem gaan vertel het van Jesus en hoe ‘n hele klomp haar uitnodiging aanvaar het om Jesus by die put van Jakob te gaan ontmoet het.
Jy sal nie verstaan wat ‘n groot voorreg dit was om mense wat mekaar vroeër verag het, nou asgevolg van die prediking van Jesus se liefde vriende geword het. Daar is nie tyd om julle van al die wonderwerke te verdel wat die Here deur my bewerk het nie.
Ek is so bly dat Jesus vir ons die opdrag gegee het om die Samaritane te gaan evangeliseer.
DIE ETIOPIëR
Ek moet julle ook van die volgende ongelooflike ondervinding vertel. ‘n Engel van die Here het aan my verskyn en vir my gesê ek moet teen die middag na die pad toe gaan wat vanaf Jerusalem na Gasa lei.
Ek het gehoorsaam en toe ek daar aankom was daar ‘n groot prosessie Etiopiërs wat die koets van een van hulle grootkoppe vergesel het het.
Die Heilige Gees het by die Engel oorgeneem en vir my opdrag gegee om naby die rytuig van die Etiopiër te begin hardloop.
Dis so wonderlik heerlik om alles te doen wat die Heilige Gees vir ons sê. Dit was die beste hardloop wat ek in my lewe gehardloop het.
In my hardloop hier langs die koets, hoor ek hoe hierdie belangrike amptenaar uit die boekrol van Jesaja lees. Ek kon agterkom dat dit ‘n splinternuwe een was wat hy in Jerusalem gekoop het.
Maar ek sien daar is ‘n frons op sy gesig asof hy nie mooi verstaan wat hy lees nie. “U hoogheid, verstaan u wat u lees?
Ek kan nie vir jou vertel hoe bly was hy dat ek hom die vraag gevra het nie. Hy vra my toe om saam met hom op sy koets te sit.
Die gedeelte wat hy uit Jesus gelees het, het na die kruisiging van Jesus verwys.
Soos ’n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.
Dit was vir my so ‘n heerlike ondervinding om vir hom van Jesus se kruisiging te vertel. Die goeie nuus dat Iemand anders in ons plek kom sterf het sodat ons gered kan word. Ek het ook vir hom ‘n Bybelstudie oor groot doop gegee verduidelik dat dit die kruisgebeure simboliseer.
En toe verduidelik ek vir hom dat as hy met sy hele hart glo dat Jesus die Seun van God is, hy gedoop kan word.
Terwyl ons nog so voortreis het ons by water uitgekom.
“Filipus ek sien water. Filipus ek glo met my hele hart dat Jesus die Seun van God. Wat verhinder my om gedoop te word.”
Die hele prosessie het tot stilstand gekom. Ek het die hofdienaar het in die water ingestap en hom gedoop. Jy moes die vreugde op die man se gesig het.
Terwyl ons na die wal gestap het, het die Gees van die Here my na Asdod geneem. Daar het ek voorgegaan om die goeie nuus van Jesus die sondaarsvriend te verkondig.
Ek vertrou dat die personeel wat die doopsiens van die tesourier van die koningin van Etiopië bygewoon het, die stigterslede van ‘n nuwe kerk in daardie land geword het.
My liewe vriend ek wil jou uitdaag. As die Here jou roep om ‘n soekende siel te gaan besoek, dat jy net soos ek sal hardloop om dit te doen.
Daar is nie ‘n heerliker ondervinding as om iemand aan Jesus voor te stel nie.