1. Home
  2. Daniël
  3. Daniel Se Kennis Van Sumer, Akkad En Aramees

Daniel Se Kennis Van Sumer, Akkad En Aramees

Dan 1:8  Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie. 

Dan 1:9  God het die hoofpaleisbeampte gunstig en simpatiek gestem teenoor Daniël. 

Dan 1:10  Maar hy het vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Hy het bepaal wat julle moet eet en drink en as hy sien julle voorkoms is nie so goed soos dié van die ander jongmanne van julle ouderdom nie, is ek oor julle in die moeilikheid by hom.” 

Dan 1:11  Toe sê Daniël vir die amptenaar wat deur die hoofpaleisbeampte aangestel is om toesig te hou oor Daniël, Gananja, Misael en Asarja: 

Dan 1:12  “Maak asseblief tien dae lank ‘n proefneming met ons en laat hulle vir ons net groente gee om te eet en water om te drink. 

Dan 1:13  Vergelyk dan ons voorkoms met dié van die jongmanne wat van die koning se kos eet, en handel dan met ons na bevind van sake.” 

Dan 1:14  Die amptenaar het toe hulle versoek toegestaan en tien dae lank ‘n proefneming met hulle gemaak. 

Dan 1:15  Ná tien dae het hulle mooier en gesonder daar uitgesien as die jongmanne wat van die koning se kos geëet het. 

Dan 1:16  Toe het die amptenaar die koning se kos en wyn vir goed van hulle af weggehou en vir hulle net groente gegee. 

Dan 1:17  God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, (allerhande geskrifte) en ook wysheid. Daniël kon enige gesig of droom uitlê. 

Dan 1:18  Op die tyd wat koning Nebukadnesar bepaal het dat die jongmanne voor hom gebring word, het die hoofpaleisbeampte dit gedoen. 

Dan 1:19  Die koning het met hulle gepraat (interviewed) en hy het onder almal niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Toe het hulle in diens van die koning getree. 

Dan 1:20  In enige saak wat wysheid en insig vereis het en waaroor die koning hulle uitgevra het, was hulle tien maal beter as al die towenaars en voorspellers in sy hele koninkryk.

SINOPSIS

Oorwinning op die slagveld van Karkemis in 605.

Daniël word ‘n balling nadat Nebadnesar Jerusalem sy vasaal gemaak het. 

Wat het hy alles verloor? Het hy rede gehad om verbitterd te word?

EERSTE KRISIS IN BABILON

Kos krisis. Reuse gehad om verbitterd te word?

Keuse. Tien dae toets.’

UITGEKIES

Daniël word deel van ‘n groep student wat geselekteer is om belangrike koninklike poste in die regering te vul.

Wat sê die Bybel? Hoe het hulle in hierdie strawwe studieprogram gevaar?

Dan 1:17  God het aan hierdie vier jongmanne verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid.

TALE VAN DESTYDS?

Die heel oudste taal was spykerskrif Sumeries.

En Daniël sit met ‘n klomp kleitablette wat hy moet ontsyfer. Dis die Enuma Elish se 7 kleitablette oor die skepping wat hy moet deurwerk.

Dan was daar die Gilgamesj tablette wat oor die sondvloed gehandel het.

Hy worstel om die verskillende wetskodes deur te lees. Hamurabi, Lipit-Isjtar, Eshnunna, Ur-Nammui, Urukagina.

Die goue eeu van Sumer wat van ‘n sondelose wêreld praat; daar was net een taal praat en toe baklei die gode en baie tale word gebore.

Naram-Sin Nebukadnesar se held.

Die ander taal wat hy moes leer was Akkadies. Die naam van die son was Sjamash en nie Utu soos die Sumeries nie.

Hy eet sy groente en hy drink sy water. Hy bid en hy kry gereeld oefening.

En Daniël word die grootste intellektuele reuse  van sy tyd.

ONDERVRAGING DEUR DIE KONING

NEB. Daniël sê my. Het jy studies oor Eridu gedoen?

DAN. U majesteit dit was vir my ontsettend interressant om te kon gelees het dat Eridu die eerste van vyf stede was wat tussen die skepping en die sondvloed bestaan het.

Wat vir my baie interressant was, was die feit dat volgens die Summeriese koninglys mense voor die sondvloed baie lank geleef het, maar die sondvloed het die ouderdomme drasties geval.

U majesteit een van ons profete met die naam van Moses het presies dieselfde in Hebreeus geskryf.

NEB. Daniel wie was die eerste godin van Eridu en wat beteken haar naam?

DAN. NIN HUR SAG. Nin beteken vrou; hur beteken berg en sag beteken heilig.

NEB. Wie was die eerste mens wat na die skepping gesterf het, en hoekom?

DAN. Enki het vir Adapa gewaarsku om nie van die kos ban Anu te eet nie. Hy het nie geluister nie, en is dood.

U majesteit in ons geloof het ons dieselfde storie. Die eerste mens was Adam en sy God het hom gewaarsku om nie van een van die bome se vrugte te eet nie. Hy het nie geluister nie en hy is dood.

NEB. Daniel kan jy ‘n Sumeriese gedig oor die paradys opsê en die woorde verduidelik?

DAN. Kisj kiri gub mag sikil.

U majesteit ons glo ook in ‘n paradys wat ons God vir ons voorberei. Daar sal nie bannelinge soos ek wees nie. Daar gaan mense nie hartseer word nie, nie siek word nie en nie doodgaan nie.

GESKIEDENIS VAN UR

NEB. Daniel het jy van die kleitablette gelees wat by Uruk ontdek is?

 DAN. U majesteit dit was hier waar die ontdekking van taal begin het. 

Ek het ook gelees dat koning Asjurbanipal van Assirië die skeppingsverhaal, Enuma Elisj en die Gilgamesjepos, die vloedverhaal hier ontdek het. 

Ek het ook uitgevind dat hy hierdie kleitablette na Nineve toe geneem het. 

NEB. Kan jy vir my een woord uilig wat by Uruk ontdek is?

DAN. Die woord vir liefde ki aga. Een van ons digters  het dieselfde definisie oor liefde gegee.

NEB. Daniel hoeveel wetskodes het jy ontdek wat in Sumeries en in Akkadies geskryf is?

DAN. U majesteit die jongste was die wetskode van Hamurabi, na hom Lipit-Isjtar, dan was daar die wetskode van Eshnunna, ur-nammu en urukagina

NEB. Kan jy vir my sê hoe Hamurabi die songod Sjamasj gegroet het.

DAN. Kiri shu men. Ek dien die songod met regterhand en my asem, my gees, my lewe.

NEB. Jy is iemand wat baie belangstel in ‘n gesonde lewensteil. Kan jy vir my ‘n Sumeriese koning noem dat dieselde passie gehad het?

DAN. Sy naam was Sjugi die seun van Ur-namu. Hy het die ziggoerat voltooi wat sy pa begin het. Hy het ontsettende baie paaie gemaak en herberge gebou waar reisigers kon tuisgaan.

Hy was die eerste langafstandhardloper. Hy het die afstand tussen Ur en Nippur afgelê.

U majesteit ek wil net noem dat ons voorvader by Ur gebore is. Hy het nooit deel van die maangodsdiens geword nie. Hy was ‘n aanbidder van die onsienlike Skepper God.

Hy het nie ‘n kind in sy godsdiens geoffer nie, maar ‘n lam. Hy het mense geleer dat die God van die hemel eendag Sy seun sal stuur om in die plek van die sondaar te kom sterf.

NEB. Wat se ontdekking het jy gemaak toe jy die verskillende wetskodes bestudeer het?

DAN. Die beginsel van ‘n oog vir ‘n oog wat die heel beste by Urukagina. Daarna swakker geword: Ur-Namu, Lipit-Isjtar, Eshnunna, Hamurabi.

Die wet wat ons van Moses gekry het, is die volmaakste. Sonde en die straf is nie die klem nie. Dit wat in die hart plaasvind voor die sonde. Geen ander wet spreek dit aan nie.

Motiver  van die onderhouding van die wet is liefde – liefde vir God, liefde vir jou naaste.

BEGIN VAN ‘N LANG VRIENDSKAP WAT TOT DIE BEKERING VAN NEBUKADNSAR GELE

Was this article helpful?