1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Josef Is Toe Nie Dood Nie

Josef Is Toe Nie Dood Nie

JOSEF IS TOE NIE DOOD NIE
Een van die plekke wat ek graag in Israel besoek, is Hebron. Dis hier waar Jakob gewoon het.
Dis hier waar Jakob geknak het.
Waarom het Jakob wat God geken het, hier by Hebron geknak?
Waarom knak goeie mense wat in die Here glo?
Waarom het jy op ‘n keer geknak?
Ek sê vir my kind hier by Hebron dat dit vir my lyk dat ons eintlik net vir goeie nuus ontwerp is.
Dit was nooit in die Here se oorspronklike plan dat ons skokkende nuus moes hoor wat ons harte sou breek nie.
“In elke mens se lewe kom daar oomblikke van totale verplettering en uiterste moedeloosheid – dae wanneer pyn ons so oorweldig dat dit baie moeilik is om te glo dat God goed is nog vir Sy aardse kinders omgee.
“Daar kom tye wanneer die beproewings so erg is dat ons wens ons kan liewer sterf. Dit is dan wanneer baie mense hulle greep op God laat vaar.
“As ons tog maar net in hierdie tye God se liefdevolle voorsienigheid kon raaksien. Deur Sy engele probeer Hy ons te red van onsself. Hy probeer om ons voete op ‘n vaster fondasie as die eweige berge te plaas. As ons dit kan raaksien, sal nuwe geloof, en nuwe lewe in ons wese ontspring. {CC 213.3}
Dit was miskien hier naby die Terpenteinboom by Mamre in Hebron dat Jakob op ‘n dag die skokkendste nuus van sy hele lewe ontvang het.
Hoe het Jakob op die nuus “Jou kind is dood!” gereageer?
Genesis 37:31-33 Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ’n bok en steek die rok in die bloed, en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie. En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! ’n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!

Verse 34,35 Toe skeur Jakob sy klere en trek ’n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank. En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween.
SKADELIKE EFFEK VAN KRONIESE HARTSEER
Sit jy met kroniese hartseer? Wat sê die Bybel? Vir hoe lank mag ons treur?
Prediker 3:4 ‘n Tyd om te ween, en ‘n tyd om te lag
Jakob het besluit om nie op te hou huil oor die dood van Josef nie. Sy trane het vir 22 jaar lank gevloei
En nou tref ‘n tweede ramp hom. ‘n Verskriklike droogte tref hom en hy en sy huis staar hongersnood in die gesig.
Jakob stuur sy seuns om kos in Egipte te gaan koop. Toe hulle by die huis kom, moes die pa hoor dat die regeerder van Egipte vir Simeon in die trunk gestop het.
En Jakob huil oor ‘n tweede kind wat hy miskien nooit weer sal sien nie.
Maar dis nie al nie. “Pa. Die regeerder sê ons mag nooit weer kom kos kan koop tensy ons nie Benjamin saam bring nie.
En nou begin Jakob te huil oor die moontlikheid dat hy nog ‘n derde seun mag verloor.
Kom ons luister na een van die hartverskeurendste uitroepe in die hele Bybel:
Genesis 42:36: Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my!
VISUELE DISTORSIE
Wanneer jou oë vol trane is, ervaar jy visuele distorsie.
Dis onmoontlik om te fokus wanneer jou oë vol trane is.
My kind se plastiese poppie het op ‘n keer onder die verwarmer deurgeloop. Toe sy wakker word en sien hoe die ou gesiggie misvormd was, het sy begin huil. En hoe meer sy huil hoe slegter het sy gesien en hoe leliker het die pop gelyk.

Gee die Here om vir “tjankbalies?”
Is daar ‘n Bybelse oplossing vir kroniese pyn en depressie?
Gee Jesus om as my bange hart van weemoed en pyn wil vlug, as my laste druk en ek laag moet buk tot ek moeg en moedeloos sug?
Gee Jesus om as my bange hart van weemoed en pyn wil vlug, as my laste druk en ek laag moet buk tot ek moeg en moedeloos sug?
DIE GOEIE NUUS
Toe Jakob sy bedanking ingedien het en vir die Here gesê het “Alles is teen my”, het die Here sy trane kom afvee.
Matteus 22:32 ‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak, en die God van Jakob’? Hy is nie die God van dooies nie maar van lewendes.”
Ek is so dankbaar dat die Here ook vir die Jakobs, die tjankbalies omgee en troos.
TIPOLOGIE
Die verhaal van Jakob en Josef is tipologies. Met ander woorde Jakob stel die hartseer, moedelose mens voor. Josef stel Jesus voor wat al die trane van ons oë kan afvee.
JOSEF LEEF
Terwyl ek by Hebron besoek het, dink ek aan die dag toe Jakob sy seuns gegroet het. Hulle was op pad na Egipte om koring te gaan koop.
Die hartseer ou vader hou vir Benjamin lank aan sy bors vas. “My kind. Kom asb. Veilig terug. Pa sal dit nie kan oorleef as jy ook iets oorkom soos jou oorlede broer Josef nie.”
Die hoofstad Avaris is deur Prof. Bietak ontdek en toe weer toegemaak. Dis waar Josef se broers kom koring koop het.
Dis hier waar Josef vir Simeon in die tronk gegooi het. Dis hier waar hy Josef sy silwerbeker in Benjamin se sak gesit het.
Dis hier waar Josef vasgestel het of hulle verander het.

Die verlate sand van Avaris getuig van die mooiste tipologie.
Dis hier waar Josef homself aan sy broers voorgestel het.
Hier iewers het een van die grootste menslike dramas in die geskiedenis plaasgevind. Kom ons lees dit:
Genesis 45:1 TOE kon Josef hom nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.
Genesis 45:2-4 Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het. En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom.
Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het.
Vers 5 Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.
Die moderne Wadi Tumilat is die voormalige land Gosen.
Hier het Josef heilswoorde gespreek wat deur die eeue nog steeds weergalm.
Vers 9 Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my ’n gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie!
Terwyl ek Wadi Tumilat, die Bybelse land Gosen besoek, hoor ek Josef se woorde:
Genesis 45:10,11 En u kan in die land Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit. En ek sal u daar onderhou.
Wat staan daar in Johannes 14:1-3?
Ons hemelse Josef het ook vir ons in die hemel gaan plek voorberei. Hy kan amper nie meer wag dat ons dit moet betrek nie.
VOORSIENING VIR DIE REIS
Dis ‘n baie lang pad van Hebron tot by die land Gosen. Hoe sou Jakob die woestynpad in sy ouderdom en armoede kon behartig.

Vers 21 Josef het vir hulle waens verskaf en hulle padkos gegee vir die reis.
Is daar woestyne in jou lewe? Het die Here vir jou en my vervoer en padkos vir ons reis na die hemelse Gosen gereël?
Filipense 4:13 En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
Wanneer mens die muurprente in die grafte van die konings bestudeer, sien jy dat sommige van hulle baie goed aangetrek het.
Hoe sou arme Jakob en sy seuns met hulle ou klere in die deftige Egipte aanpas?
Vers 22 Hy het aan hulle almal, man vir man, ’n stel nuwe klere gegee.
Gaan ons klere kry om in die hemel aan te trek?
Jesaja 61:10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel – soos ’n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ’n bruid wat haar versier met haar juwele.
38. Moenie die donkies van Egipte met ons donkies vergelyk nie. Hulle is die beste in die hele wêreld.
Vers 23 En net so het hy ook aan sy vader gestuur tien esels, gelaai met die beste goed van Egipte, en tien eselinne, gelaai met koring en brood en voedsel vir sy vader op die reis.
DIE OPENBARING
39. Hier iewers in Hebron het ‘n pa wat oor sy kinders gehuil en vir hulle gebid.
“Yahweh. God van my vadere. Hou U hand oor my kinders. En ek bid veral vir klein Bennie. Bring hulle asb. tog almal veilig terug.”
40. Wat was die goeie nuus wat die broers vir pa kom vertel het?
Wat was die slegte nuus?
41. Genesis 45:26 Toe hulle hom vertel: Josef lewe nog – en dat hy regeerder is in die hele Egipteland – het sy hart beswyk, want hy het hulle nie geglo nie.

Verlengde smart maak die mens skepties.
Hier in Hebron gee hulle vir pa salvolatlie want sy hart wou gaan staan. Hulle sê hom dat Boetie Josef regtig leef, maar hy skud net sy kop.
Het pyn van die lewe jou skepties gemaak?
Wat het Jakob se gees weer lewendig gemaak?
Wat kan my gees weer lewendig maak?
Genesis 45:27 Maar toe hulle hom al die woorde van Josef te kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword.
Watter simboliek het die wa vir Jakob ingehou?
Dit was ‘n meganisme om hom uit sy armoede na die rykdom van Gosen te vervoer.
Wat kan my uit my armoede na die hemelse Gosen vervoer?
Miskien het Benjamin vir sy pa oorreed om na die wa te kom kyk:
”Pa hierdie sports koets met die mags en die Armstrongs het Josef spesiaal vir Pa gestuur om op ry.
“Pa hy kan enige draai teen 20 kilometers per uur vat sonder om om te slaan. Die Armstrong skokbrekers verhoed dat pa van die koets sal afval.”
Genesis 45:27 Maar toe hulle hom al die woorde van Josef te kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword.
Wie stel Josef in hierdie verhaal voor?
Wie stel Jakob voor?
Wat stel die wa voor? Wanneer word ons pyngeteisterde gees weer lewendig?
Genesis 45:28 En Israel het gesê: Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe. (Kan jy evangelieklanke hier hoor?)
JAKOB OP DIE WA
4Hoe sou jy vir Jakob en die wa beskryf? Ek dink Josef het die ank teken oral op die wa geskryf. Ek dink Jakob het die nuwe pak klere wat Josef vir hom gestuur het aangehad.
Ek dink hy het van die kleinkinders gevra om sy heushare en oorhare weg te sny. Ek dink hy het ‘n paar koortjies gesing en ‘n ou grappie of twee gemaak.
Ek dink hy het ‘n boks tissues op gebruik. Sy huil was ‘n huil van vreugde.
Wanneer die sondaar op die wa van Jesus se onverdiende genade klim, word sy gees weer lewendig. Sy gedrag verander.
JOSEF
Genesis 46:29 Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen.
Hoedanig was Josef se voorbereiding om sy vader te gaan ontmoet? Wat sê die tipologie?
Genesis 46:29 En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.
Wadi Tumilat (Gosen) waar Josef en Jakob na 22jaar se skeiding weer ontmoet het. Hoe was dit? Wat sê die tipologie?
Dit was die grootste vertoon van luister en liefde in die geskiedenis van Egipte.
Die ontmoeting tussen Josef en Jakob was voorstelling van wat by die wederkoms gaan gebeur.
Genesis 46:29 En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.
OMHELSING
Wat het alles tydens die omhelsing gebeur? Die pyn van verlange het verdwyn. Die pyn van waaroms het verdwyn.
Wat gaan tydens die wederkoms tussen ons en Jesus gebeur?
Nadat Jesus Homself aan onS vertoon het, gaan Hy onS vasdruk. Lank.
Ons waaroms en verlange en pyn gaan in die omhelsing verdwyn.

UITNODING
Ons word uitgenooi. Die wa van Jesus se geregtigheid wil ons uit die armoede van sonde na die oorvloed van Sy vergifnis trek.
Die wa van God se troos wil ons uit ons hartseer na ewige vreugde trek. Ek wil opklim. Wat van jou?

e-pos Navrae na questions@amazingdiscoveries.co.za

Was this article helpful?

Related Articles