Salmon 1 – Sy Verhaal

SALMON – DEEL 1 SY VERHAAL

Ek brand om my verhaal met jou te deel. Net so ‘n bietjie agtergrond voor ek begin. Ek kom uit die stam van Juda. My ouers het albei in die woestyn gesterf nadat hulle uit Egipte onder leiding van Moses uit Egipte verlos is.

23000

Ons het sopas ‘n verskriklike skokkende ramp beleef. Die skelm, afvallige Bileam het van ons mense na sy fees genooi. Party het uit nuuskierigheid die uitnodiging aangeneem; ander weer het gedink die uitnodiging kom van ‘n profeet van die Here.

Ek het nie bygewoon nie want Moses het ons nie beveel om dit te doen nie.

Asgevolg van drank, onsedelike godsdienstige praktye en toe die aanbidding van afgode het 23,000 mense gesterf. Eers geestelik en toe fisies.

DEUR DIE JORDAAN

Dit was ‘n groot oomblik toe ons uiteindelik kamp opgeslaan het en deur die Jordaanrivier na Kanaän oorgetrek het. Uiteindelik na 40 jaar het ons die Beloofde Land binnegegaan.

Maar voor dit kon gebeur het Moses vir my en ‘n vriend gevra om die land te gaan bespied.

Toe ons naby Jerigo kom, het ons ‘n bodeel gesien wat in die muur gebou was. Omdat baie mense hier besoek het, het ons gedink om ook herberg hier te soek. Ons wou nie so opsigtelike lyk nie.

Die eienares van die bordeel het ons uitgevra waar ons vandaan was en ons het haar alles vertel.

Tot ons verbasing vertel sy vir ons hoe nasies 40 jaar van te vore van ons deurtog deur die Rooi See getrek het. Dit het ‘n vrees vir ons God by hierdie mense wakker gemaak. Sy het gehoor hoe ons God twee miljoen mense van water en voedsel voorsien het.

Maar die jongste gebeure het addisionele vrese by die Kanaäniete laat onstaan. Die oorlog teen die magtige Amoriete en hulle koning, Sihon en die reus Og van Basan.

VATBAAR

Ek het vir Ragab gesê dat ons God nie eksklusief was nie en dat enige persoon wat ‘n behoefte voel om hierdie God te dien, met ope arms ontvang sou word.

Dit was haar begeerte dat nie net sy deel van God se familie wou word nie, maar ook haar hele familie.

OORLEEF

Ons het aan haar ‘n voorstel gemaak dat as sy en haar mense almal in haar woning sou vergader en ‘n rooi tou uit haar venster sal hang, sal hulle almal se lewens gespaar word.

Hierdie dierbare mens het ons gehelp om te ontsnap want die koning het van ons teenwoordigheid te kenne gekom.

Ons moes vir ‘n paar dae in die berge gaan wegkruip en dan na ons kamp toe terugsluip.

DEUR DIE JORDAAN

Kom ons lees vir jou wat gebeur het toe ons veilig by Josua uitgekom het:

Jos 3:1  Daarop het Josua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van Israel het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.

Jos 3:2  En aan die einde van drie dae het die opsigters die laer deurgegaan

Jos 3:3  en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van die HERE julle God sien en die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.

Jos 3:4  Maar laat daar ‘n afstand van omtrent twee duisend el tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle langs moet trek; want gister en eergister het julle nie met dié pad getrek nie.

Jos 3:5  Verder het Josua aan die volk gesê: Heilig julle; want môre sal die HERE wonders onder julle doen.

Jos 3:6  En Josua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek.

Jos 3:7  Daarop sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.

Jos 3:8  Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan.

Jos 3:9  Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van die HERE julle God.

Jos 3:10  Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar ‘n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:

Jos 3:11  Kyk, die verbondsark van die HERE van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in.

Jos 3:12  Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, een man uit elke stam;

Jos 3:13  en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word—die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.

Jos 3:14  En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat die verbondsark dra, op die voorpunt van die volk,

Jos 3:15  en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes,

Jos 3:16  bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.

Jos 3:17  Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.

TONEEL

Kan jy jouself in hierdie ongelooflike toneel indink? Kan jy jouself voorstel hoe dit gaan wees wanneer die Here ons na die Hemelse Kanaän gaan kom haal? Ek dink dit gaan skouspelagtig wees.

Ek gaan verder uit die boek van Josua vir jou lees oor dit wat ons net daarna beleef het:

Jos 4:1  En toe die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het, het die HERE met Josua gespreek en gesê:

Jos 4:2  Neem vir julle uit die volk twaalf manne, uit elke stam een man,

Jos 4:3  en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly.

Jos 4:4  Toe het Josua die twaalf man geroep wat hy uit die kinders van Israel, uit elke stam een man, aangestel het,

Jos 4:5  en Josua het vir hulle gesê: Trek uit voor die ark van die HERE julle God tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle ‘n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel,

Jos 4:6  sodat dit ‘n teken onder julle kan wees. As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?

Jos 4:7  moet julle vir hulle sê: Omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die verbondsark van die HERE by sy deurtog deur die Jordaan—die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as ‘n aandenking vir die kinders van Israel vir altyd.

Jos 4:8  Die kinders van Israel het toe so gedoen soos Josua beveel het: hulle het twaalf klippe uit die middel van die Jordaan op— getel soos die HERE met Josua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel; en hulle het dit saam met hulle deurgebring na die slaapplek toe en dit daar neergesit.

Jos 4:9  Josua het ook twaalf klippe opgerig in die middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters, die draers van die verbondsark, gestaan het; en dit is daar tot vandag toe.

Jos 4:10  En die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat die HERE Josua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek.

Jos 4:11  En toe die hele volk die deurtog voleindig het, het die ark van die HERE met die priesters voor die oë van die volk deurgegaan.

Jos 4:12  En die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het gewapend voor die kinders van Israel deurgetrek soos Moses aan hulle gesê het.

Jos 4:13  Omtrent veertig duisend wat vir oorlog gewapen was, het voor die aangesig van die HERE deurgetrek om te veg, na die vlaktes van Jérigo toe.

Jos 4:14  Dié dag het die HERE Josua groot gemaak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle hom gevrees het soos hulle Moses gevrees het al die dae van sy lewe.

Jos 4:15  En die HERE het met Josua gespreek en gesê:

Jos 4:16  Gee bevel aan die priesters wat die ark van die Getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan uit opklim.

Jos 4:17  Josua het daarop die priesters bevel gegee en gesê: Klim op uit die Jordaan.

Jos 4:18  En toe die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters skaars hulle voetsole gelig en die droë grond bereik, of die water van die Jordaan het na sy plek teruggekeer en soos gister en eergister op al sy walle geloop.

Jos 4:19  En die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Jordaan uit opgetrek en laer opgeslaan by Gilgal, aan die oostelike grens van Jérigo.

Jos 4:20  En daardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan geneem het, het Josua by Gilgal opgerig.

Jos 4:21  En hy het met die kinders van Israel gespreek en gesê: Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken hierdie klippe?

Jos 4:22  dan moet julle dit aan julle kinders bekend maak en sê: Op droë grond het Israel deur hierdie Jordaan getrek,

Jos 4:23  deurdat die HERE julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het;

Jos 4:24  dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees.

ASSOSIASIE

Assosiasie is ‘n  baie goeie ding. Elke keer wanneer ons  by daardie twaalf groot klippe verbygestap het, het ons aan die wonderwerk van ons verlossing gedink. En dit was die plan van die Here.

Sekere dinge wat in die verlede gebeur het, moet ons aan God liefde en verlossing dink.

Watter dinge in jou lewe laat jou aan die goedheid van die Here terugdink?

Kom ek lees vir jou verder uit die boek van Josua.

Jos 5:1  En toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat die HERE die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.

Jos 5:2  In dié tyd het die HERE vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.

Jos 5:3  Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide.

Jos 5:4  En dit is die rede dat Josua hulle besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die woestyn gesterwe, op hulle trek uit Egipte.

Jos 5:5  Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar die hele volk wat op pad in die woestyn gebore is, op hulle trek uit Egipte, het hulle nie besny nie.

Jos 5:6  Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die HERE gehoorsaam was nie; vir wie die HERE gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die HERE hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan ons te gee nie—’n land wat oorloop van melk en heuning.

Jos 5:7  Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; dié het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie.

Jos 5:8  En toe die hele volk klaar besny is, het hulle op hul plek in die laer gebly totdat hulle gesond was.

Jos 5:9  Toe het die HERE vir Josua gesê: Vandag het Ek die smaad van Egipte van julle afgewentel. Daarom het hulle dié plek Gilgal genoem tot vandag toe.

Jos 5:10  Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo.

Jos 5:11  En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.

Jos 5:12  En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaän in daardie jaar.

Jos 5:13  En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?

Jos 5:14  En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?

Jos 5:15  Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.

Ek sal die dag nooit vergeet toe Josua ons van die Leërowerste vertel het nie. Het jy al sulke heilige oomblikke ervaar? Dis dan wanneer mens oor die goedheid van die Here oorweldig word.

Dis dan wanneer mens nog meer gemotifeerd raak om jou voete op die pad gehoorsaamheid te wil laat loop.

Die volgende stukkie wat ek nou gaan lees, handel oor die verwoesting van die magtige ommuurde stad van Jerigo.

Jos 6:1  Maar Jérigo het die poort gesluit en gesluit gebly vanweë die kinders van Israel; niemand het uit— of ingegaan nie.

Jos 6:2  Toe het die HERE vir Josua gesê: Kyk, Ek gee Jérigo met sy koning en dapper helde in jou hand.

Jos 6:3  Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.

Jos 6:4  En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;

Jos 6:5  en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk ‘n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.

Jos 6:6  Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die HERE dra.

Jos 6:7  En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die ark van die HERE optrek.

Jos 6:8  En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die HERE en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die HERE agter hulle aan gaan.

Jos 6:9  Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.

Jos 6:10  En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu.

Jos 6:11  Toe het die ark van die HERE om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly.

Jos 6:12  En Josua het die môre vroeg klaargemaak, en die priesters het die ark van die HERE gedra;

Jos 6:13  en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die HERE gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die HERE aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.

Jos 6:14  So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen.

Jos 6:15  Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.

Jos 6:16  En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor.

Jos 6:17  Maar die stad met al wat daarin is, moet ‘n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het.

Jos 6:18  Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.

Jos 6:19  Maar al die silwer en goud en die koper— en ystervoorwerpe is heilig aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.

Jos 6:20  Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk ‘n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.

Jos 6:21  En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.

Jos 6:22  En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het.

Jos 6:23  Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het uitgebring—al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel laat bly.

Jos 6:24  En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper— en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die huis van die HERE gevoeg.

Jos 6:25  Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.

Jos 6:26  In dié tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.

Jos 6:27  En die HERE was met Josua, en die gerug van hom het deur die hele land gegaan.

Was this article helpful?

Related Articles