Uruk

In die Bybel die naam word die plek Erek genoem. Kom ons lees dit eers in Genesis en dan in Esra:
Genesis 10:10 Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar.

Nadat Nimrod Babilon klaar gebou het, het hy met Erek begin.
Esra 4,9,10 Die skrywe was in die naam van die hoofamptenaar Regum, die sekretaris Simsai en die res van hulle bondgenote, die regters, die goewerneurs, die amptenare uit Persië, Erek, Babel en Susan, dit is Elam,
en die mense van die ander volke wat deur die groot en beroemde Asenappar weggevoer is en gevestig is in die stede van Samaria en in die res van Wes-Eufraat.

Dis nie net Sargon II wat Babiloniërs na Samaria gaan vestig het nie, dit was ook volgens die Bybel Ashurbanipal. Wanneer kon dit gewees het?

Mens sien dit op reliewe teen rotse en op kleitablette. Die voorstelling van die verwoesting van Susan is baie wreed. Die mense van Susan, die Elamiete is ook na Samaria geneem.

Die strafmaatreël kon ook oor opstande gewees het soos in die geval van Sargon II en die inwoners van Kuta.

So die rebelle van Kuta en Erek het mekaar in Samaria raakgeloop.

DIE VLOEDVERHAAL
In antieke mites en literatuur lees ons van ‘n held met die naam van Gilgamesj. Sy hoofstad was Uruk. En hierdie feit het Uruk beroemd gemaak.

Die Gilgamesjepos is in Nineve ontdek en daarin lees ons van die skepping en vloed uit die oog van die Sumeriërs.

Dis natuurlik nie so duidelik en logies en geïnspireerd as die Bybelverhaal nie.

Ek vertrou dat die geskiedenis van die Bybelse Erek, antieke Uruk en die modern Warka, jou ‘n aptyd gegee het om weer ‘n keer die Bybelverhaal te lees.

Die skeppingsverhaal is die beste en veiligste verduideliking hoe alles ontstaan het. Lees dit en ervaar die inspirasie wat net die Bybel vir sy lesers kan gee.

Waarom was daar ‘n wêreldwye vloed? Watter les het Jesus vir ons gegee om daaruit te leer?

Die hartseer verhaal van antieke Uruk het uiteindelik op ruïnes uitgeloop. En gelukkig gaan die geskiedenis van planeet dieself pad loop.

Maar anders as Uruk wat in ruïnes ge-eindig het, gaan die volgelinge van Jesus in ‘n ewige lewe uitloop. Nooit weer gaan stede puinhope word nie.

Die Bybel vertel van ‘n land van geluk was progressief gaan toeneem.

Kom ons maak gereed om deel te wees van ‘n ruimtereis na daardie traanlose, siektelose en doodlose land van ewige lewe.

Was this article helpful?

Related Articles