1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. 4. DIE GEVOLG VAN EK EN MIRJAM SE JALOESIE.

4. DIE GEVOLG VAN EK EN MIRJAM SE JALOESIE.

Twee jaar nadat ons uit Egipte weg is, het ons by ‘n plek met die naam van Kades-Barnea aangekom. Ons was op die grens van die Beloofde Land. Die volk was opgewonde. En ek en Moses was opgewonde.

Verkenners is daar weg om die land te gaan verken en vir ons terugvoering te gee. Eers spog hulle oor die wonders van hierdie plek en toe begin hulle met die woord ‘‘maar‘’ en dit was naar. Nee sê hulle vir ons, vergeet dit. Daardie ouens is reuse en ons is dwergies.

Twee van die 12 verkenners het gesê dat ons met die hulp van die Here die land lag-lag hierdie reuse in dwergies omskep.

‘n Rebellie breek uit. Hulle verwerp Moses, vir my en vir Miram die leiers. En vir die volgende 38 jaar slinger hulle van die een rebellie na die ander. Twee miljoen skelette van kroniese foutvinders en rebelle ontsier die landskap van Sinai. Wat ‘n hartseer verhaal van kosbare mense wat geweier het om te glo wat die Here hulle beloof het.

Miskien is hier ‘n les vir ons almal.

JALOESIE – MY EN MIRJAM SE SONDE

Ag tog. Asof Moses nie genoeg hooi op sy vurk gehad nie, het ek en Mirjam nog ‘n vrag aaklige jalosie op hom gestort.

Soos jy weet het ek en sy geërde leierskapsposisie onder die volk beklee. Ons het albei ‘n profetiese gawe besit. Ons was deur God aangestel om Moses met die verlossing van die volk uit Egipte te lei.

My ousus het van kleinsaf sterk leierskap hoedanighede gehad toe sy boetie Moses in die mandjie op die Nyl moes oppas. Deur haar selfbeheersing en takt het God haar ‘n werktuig gemaak om Moses se lewe te spaar..

My ousus het soos ‘n nagtegaal gesing en lirieke met die mooiste melodië gekomponeer. Dink maar aan die keer toe sy as derigent langs die oewer van die Rooisee opgetree het. Om die stemme van ‘n miljoen dogters en hulle mammas te hoor sing, sal ek nooit vergeet nie.

En terwyl van daar af verder deur die Sinai geploeter het, het sy ons swaarkry met die pragtigste musiek verlig.

Sy het ‘n spesiale geliefde plek in die harte van die volk beklee en naas ek en Moses was sy die uitblinker. Maar nou die tragiese nuus. Ag dit het my hart gebreek. Ons was so na aanmekaar as kinders.

Maar dieselfde wanklanke wat die atmosfeer in die hemel begin het, het ook in haar hart kom woon. Haar mooi musikale karakter het nou lelike klanke gemaak. En haar afguns op Moses het ‘n string simpatiseerdes gelok. Dis vreeslike dinge wat ek jou vertel. En nou nog meer skokkende nuus. Ek het ook een van haar simpatiseerdes geword. Kom ek skets die agtergrond wat tot ons altwee sal val gelei het.

Kyk nou hoe dit met my en Mirjam begin het. Met die aanstelling van die 70 oudstes is daar nie met ons gekonselteer nie, en ons het toegelaat dat jalousie  ‘n vastrap plek in ons harte kon inneem het. En hoe langer ons daaroor getop het, hoe mislukker het ons gevoel. Ag as ek vir jou kan raad gee sal ek dankbaar bly wees as jy dit sal toepas.

Ons gevaarlikste subtiele versoeking is die een wat met ons selfsug te doen het. Die belangrike “ek” moet tog nie deur ander mense misgekyk word nie. En dan daardie subtiele trots. Met tye voel ons tog so belangrik en as mense ons oor die hoof sien, voel ons gekrenk.

Ek meen ek en Mirjam is sommer deel van die volk nie, ons is die leiers. Ons kom al ‘n langpad saam met Moses op hierdie moeilike pad. Hy kon sekerlik net vir ons gevra het of ons insette kan gee oor hierdie belangrike aanstelling. Ag nee. Ons is baie ontstel. Wie dink hy is hy en wie dink hy is ons?

Is ons net sy vloerlappe?

Dan is daar nog ‘n saak. Met die besoek van sy skoonpa Jetro, wat nie eers een van ons mense was nie, het daar ook iets gebeur wat ons ontsettend ontstel het. Moses het sommer geredelik sy raad met betrekking tot die daaglikse organisasie aanvaar. Wie is hierdie ou man ter slot van sake? Wat weet hy van ons? Kon Moses nie die ordentlikheid gehad om vir Jetro aan ons voor te stel niel. Ons is darem nie sommer hierjys nie.

Ongelukkig was ek en Mirjam salig onbewus van die vrag verantwoordelikhede wat op Moses so skouers gerus het. “Aäron,” sê Mirjam vir my. “Is ons ook nie as leiers saam met hom aangestel om met die administrasie te help nie?  Moes hy ons nie net ten minste van hierdie aanstelling geraadpleeg nie? Nee wat ek is sat en moeg dat ons so geminag word.”

Eintlik het ons broer Moses die belangrikheid van die werk was aan hom toevertrou is, baie sterk op die hart gedra. Ons het geen idee daarvan gehad nie. Hy was deeglik van sy eie swakheid bewus en het die Here sy Raadgewer en konsoltant gemaak.

Ek het in my verwaandheid het ek myself as ‘n baie belangrike mens geag en my vertroue in die Here bietjjie verwaarloos. Ek het nagelaat om my eie verantwoordelikede uit te voer en hopeloos gevaar toe die volk my gevra het om vir hulle ‘n goue kalf te maak. Maar ons jalousie en ambisie het ons blind vir ons eie foute gemaak. 

Ek en my gesin was hoog geag  deur die Here met ons aanstelling in heilige priesteramp. En nou laat ek toe dat Satan my na nog meer selfverheerliking te streef.

Num 12:2  En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor. 

In ons verwaandheid het ons aageneem dat ons dieselfde guns in die oë van God gehad het wat Moses gehad het. Mirian se gees van onvergenoegdheid het aanleiding tot ‘n aanklag gegee waarin die Here self in Moses se geval gelei het.

Mirjam was ook baie ontsteld met Moses se keuse van ‘n lewensmaat. “Wat het in my broer se kop aangegaan om met ‘n vrou van ‘n ander nasie te gaan staan en trou en nie met een van ons mense nie? Hy het ‘n skande oor ons faimilie en oor ons nasie gebring.  Sy het Sipora met minagting bejeën. Sy was onbeskof met haar.

Num 12:1  En Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het ‘n Kusitiese vrou geneem. 

Alhoewel sy ‘n Kusiet genoem is, was Sipora ‘n afstammelling van Abraham. Sy was net so effens meer blas as die Hebreërs. Alhoewel sy nie ‘n Israeliet was nie, het sy die ware God aanbid.

Sy was ‘n dierbare ou mensie, beskeie, teruggetrokke, lieftallig en saggeaard. Om die lyding van mense te sien, het haar ontsettend ontstel.

Dit was die rede waarom Moses haar op pad na Egipte ingestem om haar na Midian terug te stuur. Hy wou haar die lyding van die mense spaar wat hulle tydens die tien plae moes verduur. Ek, Aäron het die hartseer afskeid aanskou en haar so jammer gekry. Ek moes my suster Mirjam tereggewys het toe sy Sipora so by my staan en beskinder het.

Toe Moses uiteindelik weer in Midian terug was en sy gesien het in watter haglike toestand hy was, het sy haar pa Jetro daarvan vertel. Hy het dadelik goeie raad gegee. Dit was nie om met my en Sipora se gesagsposisie in te meng nie, ver daarvan. Dis nie Sipora nie.

Maar hier lê die groot rede waarom Mirjam nie vir Sipora kon vat nie.  Moses ons nie in sy nuwe afwenteling van mag geken het nie.

Ag as ek tog net vir Miriam op haar sonde gewys het omdat sy Moses se aanstelling deur God gekritiseer het,  sou ek ‘n ramp kon verhoed het. Pleks dat ek haar rebellie bestraf het, het ek met haar gesimpatiseer. Ek het na haar valse aantuigings geluister en haar jalousie begin deel.

Hier het ek groot les geleer. Moenie met ‘n skinderbek simpatiseer wat gewoonlik nie al die feite ken nie.

Moses het die volgende oor hierdie troumatiese gebeurtenis geskryf:

Num 12:2  En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor. 

Num 12:3  Maar die man Moses was baie sagmoedig, (anav = verdruk) meer as al die mense op die aardbodem. 

MY BROER MOSES SE OPTREDE

Siestog. Moses het ons aantuigings sonder gemurmering hanteer. Dis hierdie karaktertrekke wat hy gedurende die jare van geswoeg in Midian deurgemaak het datd hy met ons nonsens opgeskeep gesit het.  Dis hier waar hy die gees van nederigheid en lankmoedigheid ontwikkel het.

Die woestyn universiteit het hom geleer om ongeloof en  murmurering die hoof te bied. Dit het hom in staat gestel om ons twee se eiewaan en jaloesie, pleks van sy getroue helpers te wees, te kon verdra het.

Die Here het Moses aangestel en Sy Gees op hom geplaas. Ek en Mirjam het deur ons valse aantuigings nie net teenoor Moses gesondig nie maar ook teenoor God.

Ons twee opstokers is na die tabernakel ontbied waar Moses in die oë moes kyk.

HERE het in ‘n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy vir my  en Mirjam geroep, en ons twee het uitgekom. Kan jy jouself indink hoe skuldig ons moes gevoel het?

Ons aanspraak op die profetiese gawe is nie betwyfel nie. Die Here kon ook deur visioene en drome met ons gepraat het. Maar met Moses het Hy op ‘n persoonlik vlak verkeer. Hy het selfs Sy gestalte aan Moses vertoon. En toe spreek die Here  ons aan:  “Waarom was julle dan nie bang om só met my dienaar Moses te praat nie?” Sy toorn het teen ons ontvlam en Hy het van ons af weggegaan. Ek kan nie vir jou vertel watter verskriklike fobie, ‘n vrees my beetgepak het nie.

Toe die wolk van die tent af optrek het, het Mirjam se melaatsheid so wit soos sneeu gelyk. Ek en sy het gevoel ons kan in die aarde in verdwyn. Dit was onbeskryflik.

Ons moes altwee uitgewis gewees het. Ek is dit gespaar maar ek is baie ernstig deur Mirjam se melaatsheid aanspreek. Julle het geen idee hoe ek gesidder het nie.

Met my trots in die stof van skande het ek my sonde smekend voor die Here bely. Terwyl ek na my suster kyk was ek so geskok om die sien hoe die melaatsheid haar misvorm het. Siestog. Ek het haar so jammer, so baie jammer gekry. Wat het ons tog aangevang? Kon ons nie agtergekom het dat die Satan besig was om ons te mislei nie?

Ek het die Here so gesmeek dat Mirjam tog nie in hierdie haglike toestand moet sterf nie. Moses het haar by die Here ingetree en die melaatsheid het verdwyn. My liewe vriend. Ek wil net vir jou sê ons dien ‘n baie  genadige liefdevolle genesende en verlossende God.

 Maar Mirjam moes vir sewe daebuite die laer oor haar groot sondes gaan peins. Nie alvorens sy uit die laer verwyder is, het die sibool van God se guns weer op die tabernakel neergedaal.

Asgevolg van haar hoë aansien en hartseer dat sy op sodanige manier verneder en gestraf is, het die hele geselskap uit eerbied vir haar gewag totdat sy teruggekom het.

Die manifisasie van die Here se misnoë het as waarskuwing vir die hele Israel gedien.

Was this article helpful?

Related Articles