Skriftuur: Markus 15:6-15
My laaste dag op aarde het aangebreek. Enige oomblik kan die laksman my kom haal en teregstel. Ek hoor hoe iemand na my dodesel in maksimum sekuriteit aangestap kom.
My lewe flits vinnig by my verby. Ek is so skaam oor alles wat ek aangevang het. Daar is bloed aan my hande want ek het moord gepleeg.
Met ‘n krasgeluid sluit die Romeinse wag my seldeur oop. AKom saam met my.@ Ons stap deur die vesting van Antonio na die geregsaal van Pilatus. Dis snaaks. Die goewerneur het my alreeds tot die dood veroordeel waarom moet ek teruggaan. Die plek van die teregstelling lê in die teenoorgestelde rigting.
Die Romeinse soldaat neem my tot langs Pilatus en stap toe >n tree of wat agteruit. Daar is drie dinge wat my aandag trek. Die verwoede skare Jode in die verhoorsaal. Die mense gaan soos demone tekere.
Dan kyk ek na Pilatus wat my >n rukkie van te vore tot die dood veroordeel het. Hy lyk baie onseker van homself. Daar lê diep fronse oor sy Romeinse voorkop.
Maar dit wat my aandag die meeste trek, is die Man wat aan die anderkant van Pilatus staan. Sy bolyf is in repies soos die katshoue sy vleis uitgeruk het. Bo op sy kop, dit lyk baie snaaks, is daar >n klomp gedraaide doringtakke. Mens kry die idee dat iemand met Hom die spot wou dryf want die doringtakke het amper soos >n kroon gelyk.
By elke plek waar hierdie dorings in sy vel insteek het, het daar >n straaljie bloed uitgevloei. Orals op sy gesig was daar rooi strepies bloed wat in Sy baard verdwyn het.
Pilatus hou sy hand in die lug en die gepeupel raak stil. Hy praat met >n harde formele stem.
ALangs my staan Barabas. Hy is die nr. Een misdadiger, opstoker, aanrander, rower en moordenaar. Hy is >n rukkie gelede die doodstraf opgelê en word vanmiddag om drie uur op Golgotha aan >n kruis tereggestel. Die samelewing is baie beter af sonder hierdie vuilgoed@
Sonde het my hard en lelik gemaak en die mense kyk met afsku na my.
Pilatus wag so >n rukkie dat almal goed na my kyk. Daar is >n gedempte gemompel onder die gepeupel. Pilatus begin weer te praat.
AEn nou vestig ek julle aandag op Jesus, die koning van die Jode.
Nog nooit het ek Iemand so rein en so onskuldig soos Hy gesien nie. Ek het Hom deeglik ondersoek en vind nie geringste kwaad in Hom nie. Ek het Hom laat gesel. Julle geestelike leiers het Hom bespoeg en met die vuis deur die gesig geslaan maar Hy het Homself soos >n waardige Koning gedra.@
Ons almal se oë draai na Jesus. Alhoewel Jesus se gesig met vuishoue vermink is en deur bloed bevlek is, het Hy >n goddelike skoonheid openbaar.
Terwyl ek na Hom kyk, draai Hy om en kyk my in die oë. Ek het nog nooit in my hele lewe so >n uitdrukking van liefde en deernis in iemand se oë gesien nie. Pleks dat Hy soos al die ander mense met verwyt en afsku na my kyk, kyk Hy met pleitende oë na my. Asof Hy my vir my wil sê dat Hy plekke met my wil ruil.
Sy oë sê vir my: ABarabbas gee My jou skuld en dan gee ek jou My onskuld.
AGee my jou reputasie en dan gee ek jou My reputasie.@
Matteus 27:15 ADie goewerneur het die gewoonte gehad om elke paasfees vir die mense een gevangene van hulle eie keuse los te laat. In daardie tyd was daar >n berugte gevangene met die naam Jesus Barabbas. Aangesien die mense tog bymekaar was, het Pilatus hulle gevra: >Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat:
Jesus Barabbas of Jesus wat Christus genoem word?=@
ECCO HOMO
Wanneer >n mens met die Via Dolarosaweg in Jerusalem stap, die Lydingsweg, kan jy >n klein kapelletjie besoek. Die naam daarvan is AEcco Homo@. Dis die Latyns vir AAanskou die Mens.@ Kom ons lees die teks waar die woorde voorkom.
Johannes 19:1-5 Toe het Pilatus vir Jesus geneem en Hom laat gesel. Die soldate het >n doringkroon gevleg en dit op sy kop gesit. Hulle het vir Hom >n pers mantel aangetrek en herhaaldelik nader na Hom toe gekom en gesê: @Ons groet u, Koning van die Jode!@ En elke keer het hulle Hom geklap. Pilatus het weer buitentoe gekom en vir die Jode gesê: AKyk, ek bring hom vir julle buitentoe, sodat julle kan weet dat ek geen skuld in hom vind nie.@ Toe het Jesus buitentoe gekom, nog so met die doringkroon op en die pers mantel aan. Pilatus sê toe vir hulle: ADit is die mens!@ (Engels: Behold the Man. Latyn: Ecco Homo)
IN DIE GEREGSAAL
Terwyl Pilatus vir die skare vra wie vrygelaat moet word, wag ek in spanning om te hoor hoe hulle gaan skreeu: ALaat vir Jesus los. Kruisig vir Barabbas.@
Maar tot my grootste verbasing skreeu die skare soos een mens.
ALaat vir Barabbas los@ x 2.
Ek en Pilatus kyk altwee verdwaasd na Jesus. Wat gaan Sy reaksie wees? Wat gaan Hy sê? Tot my grootste verbasing sê Jesus presies wat die skare sê: APilatus, laat ek gekruisig word, maar laat vir Barabbas los.@
Pilatus onderteken twee dokumente. Die een bekragtig Jesus se teregstelling, die ander een bekragtig my vrylating.
WIE IS BARABBAS?
Wie is Barabbas? Wat beteken die naam. In Aramees beteken ABar@ seun en AAbba@ beteken vader. Met ander woorde Barabbas beteken die kind van een of ander vader.
Ek en jy is Barabbas. Ons is die kind van een of ander vader.
GOLGOTHA
Die Bybel sê nie vir ons of Barabbas gaan kyk het hoe Jesus gekruisig is nie. En dink hy het.
Iewers tussen daardie skare het Barabbas gestaan en kyk hoe Jesus aan die kruishout gehang het. Hy het besef dat Jesus hom van >n fisiese dood gered het. Maar Barabbas het ook besef dat Jesus hom van >n ewige dood, die tweede dood wou red. Ek wonder hoe het Barabbas op die uitnodiging van die Heilige Gees gereageer.
Tydens hierdie nagmaalsdiens staan ek en jy ook by die kruishout.
Elke Barabbas, kind van een of ander aardse vader, kyk na die kruis.
Die kruis sê vir ons dat die groot prys vir al ons sondes volledig betaal is. Die boodkskap van die kruis sê vir ons dat ons ons skuld vir Jesus se geregtigheid kan verruil.
Die kruis sê vir ons dat al was ons sondes soos skarlaken, dit kan wit word soos sneeu. Al was dit rooi soos purper, dit kan witter word as wol.
As Barabbas die skurk die verlossing van Jesus aangeneem het, het hy die kind van die Hemelse Vader geword.
As ek en jy vandag en more en gedurigdeur die verlossing van Jesus aanneem, sal ons kinders van >n ander Vader wees, >n Hemelse Vader.
Vanoggend wil hierdie Barabbas, seun van >n vader baie dankie sê. Dankie sê dat Jesus gesê het dat Hy sal sterf sodat ek kan leef.