1. Home
  2. Tipologie
  3. Die Prag Van Tipologie In Die Bybel: Tipologie Elia – Johannes – Jesus

Die Prag Van Tipologie In Die Bybel: Tipologie Elia – Johannes – Jesus

1. Hoe kan ‘n mens die Out Testament en die Nuwe Testament nog beter verstaan?

2. Jesus het die sleutel vir ons in Matteus 12 gegee.

Hy sê dat al die konings, al die profete en al die priesters na Hom verwys het.

3. Tipologie neem historiese, die nou en verduidelik dat dit op ‘n groter duideliker gebeurtenis of karakter in die toekoms verwys.

DIE ELIA BOODSKAP

4. Kom ons begin by Elia.

Wat se boodskap het hy verkondig?

As hy ‘n tipe van Johannes die Doper, van Jesus en van die eindtyd Elias gaan wees, dan is dit baie belangrik om presies te weet wat hy verkondig het.

AGAB EN ELIA

5. Argeoloë het Agab se ivoorpaleis in Samaria ontdek. Die Bybelinligting oor hierdie koning is outentiek.

6. Ons lees ook van Abab op die Moabitiese steen.

7. Op die Kurk stela in die Britse museum kry mens ook inligting oor hierdie koning van Israel.

8. Kom ons lees wat die Bybel aangaande Agab skryf: 1 Konings 16:30-33 En Agab, die seun van Omri, het gedoen wat kwaad is in die oë van die HERE, meer as al sy voorgangers.31 En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, gewandel het: hy het Isébel, die dogter van Et-Baäl, die koning van die Sidoniërs, as vrou geneem, en Baäl gaan dien en voor hom neergebuig, 32 en vir Baäl ’n altaar opgerig in die huis van Baäl wat hy in Samaría gebou het.

 1 Konings 16:30-33 En Agab, die seun van Omri, het gedoen wat kwaad is in die oë van die HERE, meer as al sy voorgangers.31 En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, gewandel het: hy het Isébel, die dogter van Et-Baäl, die koning van die Sidoniërs, as vrou geneem, en Baäl gaan dien en voor hom neergebuig, 32 en vir Baäl ’n altaar opgerig in die huis van Baäl wat hy in Samaría gebou het.

9.  33 Ook het Agab die heilige boomstam gemaak, en Agab het nog meer gedoen om die HERE, die God van Israel, te terg as al die konings van Israel, sy voorgangers.

1 Konings 16:30-33 En Agab, die seun van Omri, het gedoen wat kwaad is in die oë van die HERE, meer as al sy voorgangers.31 En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, gewandel het: hy het Isébel, die dogter van Et-Baäl, die koning van die Sidoniërs, as vrou geneem, en Baäl gaan dien en voor hom neergebuig, 32 en vir Baäl ’n altaar opgerig in die huis van Baäl wat hy in Samaría gebou het.

9.  33 Ook het Agab die heilige boomstam gemaak, en Agab het nog meer gedoen om die HERE, die God van Israel, te terg as al die konings van Israel, sy voorgangers.

10. Was daar regtig ‘n afgod met die naam van Baäl?

By Tartous het ek hom gesien.

Ons kyk hier na dit wat Agab en sy vrou Isebel aanbid het.

11. Watter boodskap het Elia aan Agab gaan verkondig?

Elia die Tisbiet was ’n bywoner uit Gilead. Hy het vir Agab gesê: “So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê.”[1]

12. Omdat die Here elke mens wil red, gebruik Hy soms strawwe maatreëls.

Agab het die wet van die Here oortree, en die Here gaan hom straf.

13. Sy vrou Isebel het van Tirus gekom. Haar pa se naam was Etbaal.

Sy was grootliks daarvoor verantwoordelik dat Agab die Baals begin aanbid het.

PRINS VAN TIRUS TIPE VAN SATAN

14. Binne die verhaal van Elia en Agab, kry ons nog ‘n ander stuk tipologie.

VERDER het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ’n god, ek bewoon ’n godewoning in die hart van die seë – terwyl jy tog ’n mens is en geen god nie – en jou hart gemaak het soos die hart van ’n god;

15.   kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!

4 Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;

5 deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom;

6 daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ’n god,

7 daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.

16. .In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.

9 Sal jy werklik sê, in die aangeSig van hom wat jou doodmaak: Ek is ’n god! – terwyl jy tog ’n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?

10 Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.



17. 11 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

12 Mensekind, hef ’n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.

13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.

17. Jy was ’n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ’n heilige berg; ’n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.

15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.

16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!

18. Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.

18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ’n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.

19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ’n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

18. As mens die goddeloosheid, die waan van die prins van Tirus verstaan, help dit jou om die boosheid van die duiwel beter te verstaan.

ELIA EN DIE BAALPRIESTER OP KARMEL

19. Op die berg Karmel was daar ‘n konfrontasie tussen die priesters van Baäl en Elia.

Muraqqa beteken vuur in Arabies. Gevolglik noem hulle hierdie plek op Karmel Muraqqa

20. 1 Konings 18:17 En net toe Agab Elía sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel?

18 Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Baäls aan geloop het.

19

21. Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vierhonderd-en-vyftig profete van Baäl en die vierhonderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet.

20 En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom.

21

22. En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.

23. En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie.

30 Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was.

24. Elia het twee dinge gedoen. Eers wys hy die koning en die volk op hulle sondes.

Daarna bou hy ‘n altaar waar ‘n onskuldige dier op geoffer word. Hy wys hulle vooruit op die Lam van God wat eendag vir die sondes van die wêreld sou kom sterf.

EILIABOODSKAP – WET EN GENADE

Die Eliaboodskap skei nie die wet van God van Sy genade nie.

ISEBEL

25. Terwyl ek Jisreël besoek, dink ek aan die bose werk van Isebel.

Sy het Elia vervolg. Sy het ook die ander profete van die Here probeer doodmaak.

JOHANNES DIE DOPER

26. Ein Karem is die tradisionele geboorteplek van Johannes die Doper.

Het hy net soos Elia, die moed gehad om die sondes van die koning aan te spreek?

27. Matteus 14:3 Vroeër het Herodes vir Johannes laat vang, laat boei en in die tronk laat opsluit. Dit het hy gedoen oor Herodias die vrou van sy broer Filippus, 4 want Johannes het vir Herodes gesê: “U mag haar nie as vrou vat nie.” 5 Herodes wou hom daaroor doodmaak maar was tog bang vir die mense, omdat hulle hom as ’n profeet beskou het[2]

28. Mukawir

Was daar ‘n vrou van ‘n koning wat hom vervolg het?

28. Matteus 14:6-8 Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar 7 dat hy ’n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra. 8 Haar ma het haar voorgesê en sy het gevra: “Gee vir my hier in ’n skottel die kop van Johannes die Doper.” 9 Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word.

29. JOHANNES EN DIE EVANGELIE

Wadi el Kharar

30. Johannes 1:29 Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! 

31. Johannes die Doper het die moed gehad om vir Herodus Antipas te sê dat hy die wet van God oortree.

Hy is die Antitipe van Elia wat dieselfde boodskap verkondig het.

EINDTYD ELIA

32. Die eindtyd Elias moet in harmonie met die boodskappe van die historiese Elia en Johannes die Doper wees.

33. Kom ons lees in die boek Openbaring aangaande die drie-engele boodskap:

Openbaring 14:6 EN ek het ’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

Dis dieselfde evangelie wat Elia en Johannes die Doper verkondig het.

34. Vers 7 En hy het met ’n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

Wat beteken dit om God te vrees?

Prediker 12:13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.

Vrees of eerbied en respek kan nie van gehoorsaamheid aan die gebooie van God geskei word nie.

35. Deuteronomium 6:1,2 DIT is dan die gebod, die insettinge en die verordeninge wat die HERE julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;

2 dat jy die HERE jou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou – jy en jou kind en jou kindskind al die dae van lou lewe; en dat jou dae verleng kan word.

36. Die eindtyd Eliaboodskap roep mense, net soos in die dae van Elia en Johannes die Doper, om God te vrees, te gehoorsaam.

Sal die eindtyd Elias vervolg word omdat hulle beide genade en gehoorsaamheid aan God se wet verkondig?

37. Openbaring 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

ONTBLOOT

38. Beide Elia en Johannes die Doper het die moed gehad om die valse godsdiens van die dag te ontbloot.

Moet die eindtyd Elias dieselfde doen?

39. Openbaring 14:8 En ’n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.

40. Wie is Babilon en wat gaan Babilon doen omdat Babilon se ware karakter hy ontbloot is?

Openbaring 17:1 EN een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, 2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery.

Was daar slegte vrouens in die konings se lewens tydens Elia en Johannes die Doper se tyd?

41. Verse 3,4 En hy het my in die gees weggevoer na ’n woestyn, en ek het ’n vrou sien sit op ’n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings. 4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ’n goue beker gehad, vol van gruwels en die onreinheid van haar hoerery;

42. Is dit moontlik dat Babilon ‘n vrou genoem gaan word?

Verse 5,6 En op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

43. Wie was Isebel se pa? Et-Baäl.

Van wie is hierdie vors van Tirus ‘n tipe? Van die Satan.

Is duiwelsaanbidding iewers op die agenda van die vervolgers van die eindtyd Elias?

44. Openbaring 13:4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer[3]

10. The symbolic portrayal of Babylon in Revelation 17 as the great “prostitute” is covenantal language borrowed from the OT prophets. Israel’s prophets had portrayed the apostate covenant people repeatedly as the “wife” of Yahweh who had become in their time the greatest “prostitute” on earth (Isa. 1:21; Jer. 3:1–3, 8, 9; Eze. 16:15–34; Hosea 2:2, 4). Israel would not, therefore, escape its judgment, the covenant wrath of God. The OT story of Queen Jezebel and her cruel religious rule over the northern kingdom of Israel constitutes, in particular, the chosen model or type of the apostasy that would develop within the Christian church in the book of Revelation. This is the same apostasy that Paul foretold in 2Thessalonians. Specifically, the church of Thyatira is charged with tolerating “the woman Jezebel” and her deceptive teachings and false worship (Rev. 2:20–23). Revelation 17 pictures the new Babylon as a murderous prostitute queen (verses 3–6) in exact antithesis to the pure woman of God whose children are persecuted and murdered (Rev. 12). In the Apocalypse Christ thus correlates Babylon with an unfaithful, fallen church rather than with the Roman Empire.


Was this article helpful?

Related Articles