My naam soos julle sal onthou, is Kaleb. Ek staan hier by die plek waar ons die grootste ramp in die gesig staar. Ons het gisteraand gesien dat ons nie verder vorentoe kon gaan nie.
Aan ons regterkant wat die steil bergreeks soos jy hier kan sien, en hier voor ons die rooi see.
Ons het skaars opgestaan toe roep iemand uit: Farao se weermag kan in die verte gesien word. En nou kom die derde groot gevaar. Die magtige Egiptiese weermag, die sterkste in die wêreld gaan binne die volgende paar uur op ons afstorm.
Ek het net gebid: Ag Here ons is verlore. Ons kan nie uitkom sien nie. Wil U nie asb ingryp en ons verlos nie.
Met oorverdowende geraas skree en gaan die groot menigte tekere. Dis ‘n kwessie van tyd en ons is dood.
Moses is kalm. Hy pleit by die Here, en ons Verlosser luister na sy gebed. Die reuse wolk hier bokant ons, beweeg vinnig na die kant van die aankomende Egiptiese magtige Egiptiese weermag. Hy daal tussen hulle en ons af. Aan hulle kant word die wolkkolom swart en aan ons kant skyn hy helder.
Moses se: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie.
Exo 14:14 Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.”
Moses lig sy staf op en roep uit. Stap vorentoe. Daardie ongeveer 2 miljoen mense loop die see binne en met ‘n gedruis skeur die see oop.
Daar is ‘n sterk wind wat die bodem droog waai en ons stap na die anderkantste oewer. Toe ons ampertjies daar aankom, lig die wolk weer oor ons en die Egiptenare sien die pad en die laaste van ons wat op die anderkantse oewer uitstap.
Sonder om twee keer te dink jaag die strydwaens, die perde en die soldate binne in die oop pad. Maar toe hulle in die middel kom het die Here hulle waens laat vasval. Hulle besef te laat dat hulle nou in die moelikheid en doodsgevaar is. Moses lig daardie staf van hom vir ‘n tweede keer op en die watermassas val met ‘n donderende oorverdowende geraas op die arogante en jammerlike Egiptiese weermag neer.
Dit was so ‘n hartseer oomblik toe hulle lyke aan die anderkant van die oewer uitgespoel het. Hulle klere en wapens nog aan hulle lywe, maar hulle is dood.
Kan jy jouself indink watter vreugde ons ervaar het toe ons besef het dat ons nou uiteindelik van Egiptiese tirannie verlos is.
Seshonderdduisend mans begin die Here se lof en goedheid te besing. En dan begin 600,000 vrouens om die refrain te sing. Wat ‘n oomblik.
Volgende keer: Die pad na die bitter water.