1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. JOSEF VERTEL SY VERHAAL  –  DEEL 2

JOSEF VERTEL SY VERHAAL  –  DEEL 2

Baie gedagtes het deur my kop gemaal toe ons met die handelsroete na Egipte beweeg het. Ek kyk vir oulaas na Sigem waar ons vir ‘n ruk gelede gewoon het. Ek dink aan Dina my sussie wat deur Sigem die seun van Hemor verkrag is. Ek wonder wat met haar gaan gebeur?

Na die volgende lang pad het ons by Hebron aangekom. Die Midianiete moes aankope doen voor ons verder gereis het.

Dis hier waar my pa se vier vrouens gedurig onder mekaar getwis het. Dit was hier vanaf Hebron dat my pa my met daardie klomp kos na my broers gestuur het. Ek onthou nog toe hy my in sy arms geneem en vir my veiligheid op die pad gebid het.

Ek het sommer weer van vooraf begin huil. Nie net ‘n gewone sagte gehuil nie, maar ‘n hartstogtelike gehuil. Die Midianiete het gewonder waarom ek juis hier by Hebron so vreeslik moes huil.

Dis in die tent van my pa dat hy my van die God van my oupagrotjie Abraham vertel het. Dis ook in sy tent waar hy my van oupa Isak en ouma Rebekka vertel het. Hy het my aangemoedig om in hierdie patriarge se voetstappe te volg. En dis nog steeds my begeerte.

Die nag toe ons iewers naby Betseba gaan slaap het, het ek lank met die Here gepraat. Ek het hom dankie gesê dat Hy my van ‘n gewisse dood van my broers gered het. Ek het opnuut gebid dat die Here my sal help om aan Hom gehoorsaam te bly tot die dood my wegneem.

Ek het vir myself gesê: “Josef bly getrou aan die God van jou voorvaders. Loop die pad van gehoorsaamheid. Leef ‘n skoon rein lewe waar jy nou tussen afgodedienaars gaan woon. Mag hulle sien wie jy aanbid en waarom.”

DIE SLAWE VANDUSIE

Ek het my verwonder toe ons uiteindelik in Egipte aankom. Die groot Piramiedes, die tempels en die paleise. Die baie gode wat die mense aanbid het. Ek het my aan hierdie besondere land vergaap. Die mense en die diere en die Nylrivier.

Soos mense diere na vendusies stuur, so is ons as slawe ook na ‘n slawevendusie gestuur. Terwyl mense oor my gebie het, het vir die Here gevra om my na iemand te lei waar ek my lig kan laat skyn.

Die man aan wie die bod toegeslaan is, se naam was Potifar. Hy was ook in beheer van die tronk.

Ek moes die nuwe taal en die nuwe skrif baie vinnig aanleer. Die werk wat my nuwe eienaar my gegee het om te doen, het ek met al my mag en krag gedoen.

Ek kon natuurlik opstroppelis gewees het. Geweier het om my slawe vernedering te aanvaar, maar ek het nie. Met die hulp van die Here het ek al die ander slawe uitgestof. Potifar het baie gou agtergekom dat ek betroubaar en deeglik was, en hy het my aangestel om oor sy hele huis verantwoordelikheid te neem.

Omdat die Here in my hart was het ek hom uitgestraal. Die ou duiwel hou nie van mense wat ‘n skoon rein lewe wil ly nie, en ek het dit baie gou agtergekom. Sy vrou se stralende gesig wanneer sy na my kyk, het my bang gemaak.

Saans as ek gaan slaap, het ek die Here gevra om my te help om rein voor hom en voor Potifaar te leef. Na 13 jaar se bid in Potifaar se reuse huis dat die Here my moet help, het die bom gebars. Die tannie het my by haar man gaan beskuldig dat ek by haar aangelê het.

Was sy al vals beskuldig? Hoe het jy dit hanteer? Het die mense jou geglo dat jy onskuldig was? Potifar my baas het nie sy vrou se storie geglo nie maar omdat sy dit oral versprei het, was hy verplig om my tronk toe te stuur.

Ek was 27 jaar oud toe dit gebeur het. Ek moes besluit het wat die ergste was: toe my broers my in die put gegooi het, of toe Potifar my in die Egiptiese tronk gegooi het? Ek was in die maksisaal.

Dit was pikdonkernag. My voete was in houtblokke vasgemaak en my lyf met kettings.

Dis ‘n seer wat mens nie sommer vinnig kan hanteer nie. Jy is nie verbitterd nie maar die verwerpingspyn is vernietigind. Dis soos ‘n hond wat mens skop en voetsek sê. Ek het baie baie baie lank in daardie fisiese en geestelike duisernis gebid.

Toe hulle vir my kos en water gebring het, het ek die vriendelikste gesig en vriendelikste woorde van dankbaarheid vertoon. En toe gebeur die wonderwerk. Ek is na ‘n ander saal verplaas waar ek tussen ander tronkvoëls beland het. Daar was geen bitterheid of verwyte by my 070nie. Wat ek vir hierdie armes kon gedoen het, het ek gedoen.

Dis ‘n werk wat ek graag vir jou wil gee. Wanneer dit baie sleg met jou gaan, kyk watter troos jy vir ander kan bring. Moenie kla nie, niemand wil eintlik na ‘n klakous se gesanig luister nie. Luister na hulle ellende. En daar stop jy.

DROOM UITLEGGING

Op ‘n dag het die farao se skinker en bakker hier by my beland. Toe ek hulle op ‘n keer besoek het, het hulle gelyk. Ek vra hulle toe wat verkeerd was. Die die hoof van die skinkers vertel van sy droom waar hy ‘n wingerdstok met drie lote gesien het. “Dit het kwalik gebot of daar was al blomme, en toe is die trosse druiwe ryp. Ek het die farao se beker in my hand gehad en ek het die druiwe gepluk en daarin uitgedruk. Toe gee ek die beker vir die farao.” 

Ek sê toe vir hom: “Dit is die uitleg: die drie lote is drie dae.  Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee en jou in jou amp herstel. Jy sal weer vir die farao sy beker aangee soos vroeër toe jy sy skinker was.  Maar wanneer dit goed gaan met jou, moet jy aan my dink en moet jy my ‘n guns bewys. Jy moet my saak vir hom stel en sorg dat ek uit hierdie plek uitkom.”  

Ek vertel om toe dat ek uit die land van die Hebreërs gesteel is en ook hier het ek niks gedoen waaroor hulle my in hierdie gat kon gooi nie.” 

 Toe die hoof van die bakkers die gunstige uitleg hoor wat ek gegee het, sê hy vir my: “En nou ek! In my droom was daar drie mandjies met brood op my kop.  In die boonste mandjie was daar ‘n geurige baksel vir die farao. Maar die voëls het dit so uit die mandjie uit op my kop kom opvreet.” 

Dit was vir my verskriklik moeilik om vir die uitleg te gee: “Dit is die uitleg: die drie mandjies is drie dae.  Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee, maar vir jóú sal hy aan ‘n paal laat ophang en die voëls sal jou vleis van jou afvreet.” 

Ag tog. Die arme man was so geskok en sommer dadelik begin huil.  Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag en hy het al sy amptenare op ‘n groot ete onthaal. Daar voor sy amptenare het hy aandag aan die saak van die skinker en die bakker gegee.  Hy het die hoof van die skinkers in sy amp as skinker herstel, en die skinker het weer vir die farao sy beker aangegee,  maar hy het die hoof van die bakkers laat ophang. Dit alles het gebeur soos wat ek vir die twee hulle drome uitgelê het. 

Hierdie ondervinding was vir my baie treffend. Dis nie ek wat die uitleg gegee het, dit was die Here. Om te dink Hy het nog nie van my vergeet nie. Die weke, maande en die jare het baie stadig verbygesleep. Partykeer het ek gedink die Here het skoon van my vergeet. Maar dan dink ek hoe Hy my gehelp het om die drome perfek uitgelê het.

Ek moes geleer het dat die Here se tyd nie ons tyd is nie. Partykeer stel Hy verlossing so ‘n bietjie uit om ons te help om Hom net meer en meer te vertrou.

Maar nou dat ek terugkyk op my lewe het ek gesien hoe perfek die Here se plan vir Sy kinders is.

Volgende keer gaan ek jou vertel van die droom wat die farao gehad het. Ek kan die Here nie genoeg dankie sê vir die presiese tyd van my verlossing nie.

Mag ek ‘n gedagte by jou los. Ek weet nie hoe lank jy nou oor ‘n saak bid nie. Jy voel miskien jy moes al lankal ‘n Antwoord op jou gebede gekry het. Jy kan nie verstaan waarom die Here so traag is om jou noodkreet te hoor nie. Jy is tog Sy kind en jy wil graag Sy wil doen.

My liewe vriend mag die Here jou baie nabystaan in hierdie moeilik tyd. Anderkant jou loutering gaan jy jubel omdat die Here jou op die regte verlossing gebring het.

Ek was 17 jaar toe my grootste pyn, my grootste verwerping en my grootste waaroms my begin tyster het. Maar daardie 13 jaar van louter hel was die beste ding wat met my gebeur het. Ek het ondervind hoe die Here my die genade geskenk het om ‘n mooi mens te bly het. Ek geleer om nie mense wat my te na gekom het, te verwyt nie.

Ek het geleer daar is net twee keuses wat ‘n mens in die smeltkroes van die lewe kan maak. Of jy word bitter bitter bitter. Of jy besluit jy gaan deur die genade beter en beter en beter word. Ek het laasgenoemde gekies. Wil jy nie ook laasgenoemde kies nie. Die mensdom wil sien hoe jy net mooier en mooien mooiword en nie slegter en slegter nie.

Was this article helpful?

Related Articles