1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. 1. AäRON – DINGE WAAROOR EK BAIE SPYT IS

1. AäRON – DINGE WAAROOR EK BAIE SPYT IS

Voordat ek oor die dinge praat waaroor ek baie spyt is, moet ek net eers vir jou vertel waar ek vandaan kom.

Ek is in Egipte gebore. My pa se naam was Amram en my ma se naam was Jogebed. Sy was die dogter van die stamvader met die naam van Levi.

Net so ietsie van my oupa Levi. Dis nie goeie nuus nie. Ek lees vir jou wat my broer Moses van oupagrootjie en my oupa Levi in ‘n boek met die naam van Genesis geskryf het:

Gen 49:5  Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld. 

Gen 49:6  Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink. 

Gen 49:7  Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel. 

Jakob my oupagrootjie het nie eers moeite gedoen om my oupa Levi en broer Simeon te seen nie. Hy het sommer hulle oorgespring en vir Josef geseën.

Gen 49:8  Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig. 

Gen 49:9  Juda is ‘n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ‘n leeu en soos ‘n leeuin; wie sal hom opjaag? 

Gen 49:10  Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees. 

LEVI DIE SWARTSKAAP

Ongelukkig het ons die swartskape geword. Maar mens hoe nie ‘n swartskaap te bly nie. Daar stigma kan ook verdwyn.

Jy wonder seker waarom oupagrootjie so streng teen my oupa Levi opgetree het. Ek lees vir jou wat my kleinboet Moses oor hom geskryf het:

Gen 34:1  En Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken. 

Gen 34:2  Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer. 

Gen 34:3  En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter gespreek. 

Gen 34:4  Sigem het ook met sy vader Hemor gespreek en gesê: Neem daardie dogter vir my as vrou. 

Gen 34:5  Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het. 

Gen 34:6  En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob uitgegaan om met hom te spreek. 

Gen 34:7  En die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en baie kwaad, omdat hy ‘n skanddaad in Israel begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te hou: so iets mag nie gebeur het nie. 

Gen 34:8  Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou 

Gen 34:9  en verswaer julle met ons: gee aan ons julle dogters, en neem vir julle ons dogters. 

Gen 34:10  Bly maar by ons woon, en die land sal voor julle oop lê; woon en trek rond daarin en verwerf vaste besittings daarin. 

Gen 34:11  En Sigem sê vir haar vader en haar broers: Laat my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee. 

Gen 34:12  Vra my ‘n baie groot koopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou. 

Gen 34:13  Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog—hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het— 

Gen 34:14  en sê vir hulle: Ons kan dit nie doen om ons suster aan ‘n man te gee wat die voorhuid het nie, want dit sou ‘n skande vir ons wees. 

Gen 34:15  Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word. 

Gen 34:16  Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word. 

Gen 34:17  Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg. 

Gen 34:18  En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, die seun van Hemor. 

Gen 34:19  En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader. 

Gen 34:20  Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê: 

Gen 34:21  Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom, laat hulle in die land woon en daarin rondtrek: die land lê mos alkante toe wyd voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons dogters aan hulle gee. 

Gen 34:22  Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik is onder ons, besny word soos hulle besny is. 

Gen 34:23  Hulle vee en hulle besittings en al hulle diere—sal dit nie ons s’n wees nie? Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan bly woon. 

Gen 34:24  En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het. 

Gen 34:25  Maar op die derde dag, toe hulle in die pyn was, neem die twee seuns van Jakob, Símeon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was. 

Gen 34:26  Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek. 

Gen 34:27  Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster onteer het. 

Gen 34:28  Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels—wat in die stad en in die veld was—het hulle weggeneem. 

Gen 34:29  En al hulle goed en al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes weggevoer en as buit, en ook alles wat in die huise was. 

Gen 34:30  Toe sê Jakob vir Símeon en Levi: Julle het my ontroer dat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die land, die Kanaäniete en Feresiete, terwyl ek ‘n klein klompie is. As hulle hul teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ek sal verdelg word, ek en my huis. 

Gen 34:31  Toe antwoord hulle: Hoe durf hy dan ons suster as ‘n hoer behandel! 

MY SUSTER MIRIAM EN MY BROER MOSES

Die eerste kind wat in my ouers se huis gebore was, was Miriam. Drie jaar later het ek in die wêreld gekom. En drie jaar later het Moses, die kleinboed sy verskyning gemaak.

Ons het omtrent daardie ou babakie opgevreet. Hy was ‘n baie kind. Ek het farao se doodsdekreet om alle babaseuntjies in die Nyl te gooi, net net vrygespring, maar kleinboed Moses was nie so gelukkig nie.

ERNSTIGE GEBED

Pappa Amram het ons bymekaargeroep en vir ons vertel dat ons ons bababoetie kan verloor.

Farao Tutmoses 1 het gevrees dat ons te vinnig aanwas en besluit dat kleinboet Moses saam duisende ander babaseuntjies sterf.

Ek lees vir julle wat my broer Moses later hieroor geskryf het:

Exo 1:22  Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe. 

My pa Amram het besluit dat alles in ons vermoë gaan doen om Boetie se lewe te red.

DIE VERHAAL

Kon ek lees wat toe gebeur het:

Exo 2:1  En ‘n man uit die huis van Levi het gegaan en ‘n dogter van Levi geneem. 

Exo 2:2  En die vrou het swanger geword en ‘n seun gebaar. En toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek. 

Exo 2:3  Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom ‘n mandjie van biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die riete aan die kant van die Nyl gesit. 

Exo 2:4  En sy suster het op ‘n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur. 

Exo 2:5  En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om ‘n bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan die kant van die Nyl heen en weer geloop het. Toe sien sy die mandjie tussen die riete en stuur haar slavin en laat dit haal. 

Exo 2:6  Nadat sy dit oopgemaak het, sien sy die kind, en kyk, dit was ‘n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs. 

Exo 2:7  Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u ‘n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog? 

Exo 2:8  En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep. 

Exo 2:9  Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog. 

Exo 2:10  En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moses genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek. 

MIRIAM, MOSES EN DIE PRINSES

Ek is ‘n baie nuuskierige, saggeaarde mens. Ek wou elke aand wanneer sy by die huis aankom uitvra hoe dit met boetie gaan. Ek wil weet om daar al van farao se polisie by die Nyl na babaseuntjies kom soek nie.

Dit was vir verskriklik hartverskeurend wanneer ek sien hoe die lykies van die seuntjie wat in die Nyl gegooi is op die water sien dryf het.

Ons arm boetie was meer in sy bootjie as by ons huis. Miriam moes hom so mooi oppas. Wanneer hy gehuil het moes sy in die water na hom stap om vir moedersmelk te gee.

PRINSES HATSJEPSUT

Dit was ‘n baie opgewonde oomblik toe Miriam daar aand vir ons die ongelooflike verhaal vertel van hoe die Here boetie Moses se lewe gespaar het.

Volgende keer gaan na hierdie opwindende verhaal luister.

Was this article helpful?

Related Articles