1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. 2. BOETIE MOSES GAAN PALEIS TOE

2. BOETIE MOSES GAAN PALEIS TOE

Ons vyf het daardie aand vir die Here baie dankie gesê. Mamma Jogebet het klein Moses styf vasgehou. Pa Amram se oë was vol trane. Jy moes vir my sussie Miriam gesien het. Sy was so trots want toe prinses Hatshepsut klein Moses uit die mandjie tel, was sy daar om vir haar te sê dat sy ‘n vrou kan kry om boetie Moses te voed. Ek sal daardie aand in ons ou slawehuisie nooit vergeet. Ons boetie se lewe is gespaar.

NA DIE PALEIS GENEEM

Vir die eerste 12 jaar was ek Moses se baas en toe is hy na die paleis toe. My broer het soveel invloed by die farao gehad dat hy hom sy opvolger wou maak. Maar my broer wou ons deur ‘n staatsgreep verlos maar dit het geflop. My boetie was veertig jaar oud toe hy uit Egipte moes vlug. Ons eie mense het hom by die farao gaan aankla om hy moord gepleeg het.

Veertig jaar later het ons weer kontak gemaak. Dit was nadat die Here vir Moses opdrag gegee het om ons volk uit die Egiptiese mag te kom verlos. Hy het baie verskonings gehad want al sy selfvertroue was weg omdat hy vroeër op sy eie krag staatgemaak het.

Ek lees wat Moses in Eksodus 4:14-17 geskryf het:

Exo 4:14  Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart. 

Ek sal daardie dag nooit vergeet nie. Die Here se stem was baie duidelik. Dit was die eerste keer dat ek Sy stem so duidelik gehoor het. Ek het vir my vrou en my kinders gegroet. My oudste seun was Nadab, daarna Abíhu, Eleásar en Itamar. 

Ek sal jou later van die tragiese dood van Nadab en Abihu vertel. Ek was skuldig aan hulle dood omdat ek my seuns die gedisiplineer het nie. Ek wou altyd mense tevrede stel en dit was my groot swakpunt.

Dit was iets soos 500 kilometers wat ek deur die woestyn moes aflê om na my kleinboet by die berg Sinai te ontmoet.

Kan jouself voorstel toe ons mekaar uiteindelik ontmoet het. Ek was weer die ouboet soos in ons kinderdae.

Daardie baie lang pad terug na Egipte het ons baie tyd gehad om te gesels. Moses het my vertel wat alles gedurende daardie 40 jaar met hom gebeur het.

Exo 4:28  Daarop vertel Moses aan Aäron al die woorde van die HERE waarmee Hy hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het. 

Toe ons in die land Goosen in die oostelike Delta aangekom het, het ons met leiers van die volk samesprekings gehou. Ons het vir hulle die goeie nuus gebring dat die Here op die punt staan om hulle te kom verlos.

Omdat Moses so lank van Egipte afwesig was en die taal tot ‘n mate met gesukkel te praat, het ek sy spreekbuis geword.

Moses het dit opgeteken en ek lees dit vir jou.

Exo 4:30  en Aäron het al die woorde gespreek wat die HERE aan Moses gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk. 

Exo 4:31  En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat die HERE op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig. 

Ons was baie dankbaar dat hulle so ‘n mooi gesindheid opebaar het. Ons tweede taak was ‘n bietjie moeiliker. Ons moes vir farao die nuus gaan breek dat hy die volk moes laat trek.

Dit was ‘n wonderwerk dat ons uiteindelik deur al die sekuriteitwagte kon ko men uiteindelik voor die magtigste regeerder op aarde kon verskyn. Dis net die Here wat dit vir ons kon regkry. Hier het ek ‘n les geleer. As Hy ons vra om iets te doen, gee Hy ook vir ons die krag om dit uit te voer.

DIE OUDIëNSIE

Ek het baie geintimineerd gevoel om die man in die oë te kyk, maar die Here het my gehelp. In my beste Agtiende-eeuse taal het ek hom geantwoord nadat hy wou weet waaroor ons hom lastig val.

Exo 5:1  Daarna het Moses en Aäron na die farao toe gegaan en gesê: “So sê die Here die God van Israel: Laat my volk gaan om tot my eer ‘n fees in die woestyn te vier.” 

Jy moes sy lyftaal op daardie oomblik sien. Hy kyk na ons asof ons vuilgoed was.

Exo 5:2  Maar die farao het geantwoord: “En wie is die Here nogal dat ek na Hom sal luister om Israel te laat gaan? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!”

Ek sal daardie oomblik nie vergeet nie. As hy maar geweet wie die God was wat ons gedien het. As hy maar geweet het dat sy panteon van gode binne die volgende paar weke hom gaan teleurstel, sou hy anders opgetree het.

As hy maar geweet het die tien plae wat ons God op Egipte sou bring hom ekonomies op sy knieë so bring, sou hy anders opgetree.

As hy maar geweet het dat hy oor ‘n paar weke saam met sy magtige weermag in die Rooi See gaan verdrink, sou hy anders opgetree het.

DEURTOG

Die nag toe die farao se oudste sterf, het hy gesê ons moet oppak en trek. Na drie dae het die wolkkolom ons by Rooisee uitgebring. Hoe nou gemaak? Aan ons regterkant het die bergreeks tot in die water gestaan.

Een oggend toe ons wakker word, het ons groot geskrik want die farao en sy weermag  was op ons hakke. Maar toe gebeur die grootste magsvertoning van ons God waarvan ek weet. Skielik skuif die waters links en aan die anderkant skuif die waters regs. Daar is ‘n oorverdowende geraas terwyl waters op bevel van die Here wegskuif.

Dit het ons die hele nag geneem om van die een kant die oewer tot by die anderkant se oewer deur te loop. Wat ‘n slaag van veligting tot ons veilig in die Sinaiwoestyn uitkom.

Farao en sy magtige weermag het ons agternagesit maar die waters het weer met ‘n oorverdowende geraas teruggekom. Farao en sy magtige leër was weg.

MIRIAM

Moses en my suster Miriam het die pragtigste oorwinningslied geskryf. Die melodie kan ek nie vir jou beskryf nie, maar wel die liriek:

Exo 15:2  Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef. 

Exo 15:3  Die HERE is ‘n krygsman; HERE is sy naam. 

Exo 15:4  Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink. 

Exo 15:5  Die watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos ‘n klip. 

Kan jy jou voorstel hoe hierdie pragtige oorwinningslied deur ‘n miljoen mans en kinders gesing is.

En dan het Miriam en ‘n miljoen vrouens en dogters die pragtige lirieke met die mooiste melodie langs die Rooisee laat weerklink:

Exo 15:20  En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het ‘n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse. 

Exo 15:21  En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp. 

Na die volgende twee verse wat Moses en die mans en seuns gesing het, het Miriam en haar sangeresse dit met hulle refrein laat eindig.

TWEEMILJOEN

Terwyl die lied se eggos van die omliggende berge gehoor word, begin die wolkkolom stadig bokant ons koppe beweeg en vertrek al singende.

Orals langs die oosterse oewer van die Rooisee lê die lyke van die vyand verstrooi. Hulle lê in stilte. Hulle hoor nie die lied nie.

Ons jubel en juig want uiteindelik het die Here ons deur Sy grootste mag van die grootste vyand verlos. Ons is oppad na die Beloofde Land, die land met sy voorspoed en Vryheid. Die land van melk en heunig.

DIE LAND KAäNAN

Maar die pad na die land Kaänan is lank. Vir die eerste dag of twee het ons in die nagloed van die oorwinningslied geleef. Maar die pad is lank en ons water wat ons vir die reis saamgebring het is op.

Maar gelukkig sien die mense wat voorstap ‘n oase in die verte. Almal roep uit van vreugde. Daar is water so ‘n endjie vorentoe. Hou moed ons is amper daar. Kom ek lees vir jou wat Moses oor hierdie insident geskryf het:

Exo 15:22  Daarop het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie. 

Exo 15:23  En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara. 

Exo 15:24  Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink? 

Exo 15:25  En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ‘n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle ‘n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef.

Jy moes die mense se gesigte gesien het toe hulle met verwagting van die bitter water drink. Jy sien net hoe spoeg hulle die water uit. “Sies. Dis bitter” skreeu hulle. Dis bitter, dis bitter en ons is ook nou bitter.”

Die toets het ons nie geslaag nie. Daar sou nog ‘n paar vorentoe op ons pad lê en wag. Maar luister na die ongelooflike belofte wat die Here aan ons gemaak het:

Exo 15:26  As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak. 

Daar was baie siektes wat die Israeliete in Egipte geteister het. Hier kry hulle die voorwaarde van ‘n sieklose bestaan van daardie dag af, tot hulle dood.

Wat sou jy gedoen het as hierdie aanbod na jou toe gekom het?

DIE RAMP

Maar outboet Aäron het skokkende nuus vir jou. Van die tweemiljoen Israeliete wat Egipte verlaat het, het nie van hulle die beloofde land binnegegaan nie. Behalwe twee van geleer het om nie te kla maar die Here te vertrou.

Maar nou vir die grootste van alle skokke. Nie een van ons drie leiers, Moses, Miriam en ek het dit ook nie gemaak nie.

Volgende keer gaan ek jou meer daaroor vertel. Intussentyd nooi ek jou om nie te kla oor die toetse wat na jou te kom nie. Dit maak mens moedeloos as jy gedurig loop en kla en foutvind. Staan net vir ‘n oomblikkie stil en dan besluit jy om op die Here staat te maak.

Was this article helpful?

Related Articles