Dit was ‘n grootse oomblik toe ek en my seuns teen die steiltes van die berg Sinai, saam met Moses, na ‘n onbeskryflike ondervinding geklim het.
Kom lees wat Moses hieroor geskryf het:
Exo 24:9 Moses, Aäron, Nadab, Abihu en sewentig leiers van Israel het toe die berg uitgeklim.
Exo 24:10 Hulle het die God van Israel gesien: onder sy voete was ‘n plaveisel soos saffiersteen, so blou soos die hemel self.
Dit was vir ons ‘n onbeskryflike heerlike oomblik. Is die Here nie goed vir mense soos ek en jy nie? Hy openbaar dikwels soos vir ons so ‘n greintjie van Sy oneindige majesteit.
Ons sou nie volgende manifestasie oorleef het nie. Maar die vertoon van God se krag het ons tot plegtige bekering gelei. Ons het Sy glorie, Sy reinheid en Sy genade oorpeins totdat ons Hom kon nader wat die allesoorheersende onderwerp van ons bepeinsing was.
DIE SKOK
Maar nou vir die skokkende skok. Ons het so naby die Here gekom. Dis asof ons in die hemel was. En so wrintiewaar ek val die grootste skandelike val tot dusver.
Kom ek vertel jou wat gebeur het. Die gemengde bevolking was gewoond om hulle Egiptiese gode op ‘n daaglikse basis te kon sien. Hulle was orals in die piramiedes en grafkelderkelders en die tempels geparadeer.
Nou kom hulle onder leiding van Moses uit die afgodiese miljeu en hulle sien hulle leiers daagliks. Hulle kan nie wag om Moses na hierdie glansryke vertoning van God se krag weer te sien nie. Maar hy bly weg en weg en weg. Die volgende dag, die volgende week, die volgende maand.
Nee nee. Hulle kan nie so aangaan nie. Luister wat Moses neergeskryf het:
Exo 32:1 Toe die volk sien dat Moses talm en nie van die berg af kom nie, het hulle om Aäron saamgedrom en vir hom gesê: “Kom maak vir ons ‘n god dat hy ons kan lei. Hierdie man Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.”
Exo 32:2 Aäron het hulle geantwoord: “Haal die goue oorringe van julle vrouens, julle seuns en julle dogters se ore af en bring dit vir my.”
Exo 32:3 Die hele volk het toe die goue ringe van hulle ore afgehaal en dit vir Aäron gebring.
Exo 32:4 Hy het dit van hulle ontvang, dit verwerk en daarvan ‘n beeld in die vorm van ‘n bulkalf gemaak. Toe sê die volk: “Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel!”
Exo 32:5 Toe Aäron dit hoor, het hy ‘n altaar voor die beeld gebou en uitgeroep: “Môre is daar fees vir die Here!”
Exo 32:6 Vroeg die volgende môre het die volk brandoffers en maaltydoffers geoffer. Daarna het die volk begin feesvier en losbandig te kere gegaan.
Ek het al voorheen gesê dat ek ‘n “pleaser” is. Ek wou die mense nie afsit nie. My slim plannetjies van juwele afhaal het nie gehelp nie. En toe knak ek onder die druk en ek pleeg die grootste sonde van my lewe.
Ek het geweet Moses sou my kom aanspreek het. Het ek maar op daardie oomblik gesterf sou dit nie so vreeslik gewees het nie. Luister na die sieklike slordige verskoning wat ek gemaak het:
Exo 32:21 Moses het vir Aäron gesê: “Wat het hierdie volk jou aangedoen dat jy hulle hierdie groot sonde laat doen het?”
Exo 32:22 Maar Aäron antwoord: “U moenie kwaad wees nie. U weet self hoe sleg die volk is.
Exo 32:23 Hulle het vir my gesê: ‘Maak vir ons ‘n god dat hy ons kan lei. Hierdie Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.’
Exo 32:24 Toe sê ek vir hulle: ‘Dié wat goud aan hulle het, moet dit afhaal en vir my gee.’ Ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie bulkalf het daaruit gekom.”
Hoe dink jy, behalwe vir Moses, was ook nog oor my grootste sonde ontsteld? Ek haal aan oor wat Moses neergeskryf het:
Deu 9:20 Ook was die HERE baie toornig op Aäron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid.
Wat ‘n wonderbaarlike goeie broer was Moses nie vir my nie. Alhoewel hy so ontsteld en teleurgesteld in my was, het my kleinboet my in sy arms geneem en vir my begin bid. “Ag my dierbare genadige hemelse Vader. Ek weet my ouboet moet met die dood gestraf word. Maar mag ek U vra om asseblieftog sy lewe te spaar. Herstel hom asseblief weer in U guns.”
Sjoe! Ek het lank gehuil. My trane het vrylik gevloei.
Kom ek neem jou na die tweede ramp wat my getref het. ‘n Ramp omdat ek my seuns bederf het:
AäRON – PRIESTERSKAP
Voor my tyd was die pa van ‘n gesin die priester. Hy moes sy kinders in die vrese van die Here grootmaak. Maar nou het die priesterskap na ons, die Leviete oorgegaan. Moses het my as die Hoëpriester aangestel en my seuns as priesters.
Toe ons by Sinai aangekom het, moes ons ‘n tabernakel bou. Dit sou die teenwoordigheid van die Here voorstel. Dit was ook bedoel om die verlossingsplan van hoe sondaars gered word, duideliker voor te stel.
Kom ek lees eers vir wat Moses oor die dood van my twee oudste seuns geskryf het, en dan verduidelik ek dit net ‘n bietjie meer.
Ek wil net vir jou sê: As jy een kind op ‘n keer verloor het, weet jy van ‘n pyn wat sy verblyf permanent by jou kom maak het. Het jy miskien twee kinders op een slag verloor? Die dood van my kinders was skielik onverwags en hulle lewens was nie reg om te gaan nie. En dan die skuldgevoelens wat ek moet dra want ek was gedeeltelik die oorsaak van hulle dood.
Lev 10:1 En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.
Lev 10:2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.
Hierdie verskriklik straf het voor my oë afgespeel. Kan jy dink hoe dit my geruk het?
Sou jy in harde gehuil uitgebars het? Moses keer my om dit wat natuurlik is te doen. Hy spreek my aan en ek bly stil.
Lev 10:3 Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
Die volgende gebeurtenis het my net so vreeslik geruk.
Lev 10:4 En Moses het Mísael en Élsafan, die seuns van Ussíël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.
Lev 10:5 Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.
Weet jy wat dit beteken om buitekant die laer begrawe te word. My kinders is vir ewig verlore.
Ek sal daardie prentjie nooit uit my kop uitkry toe die twee lyke weggedra is nie.
Maar daar het nog ‘n smeltkroes vir my gewag:
Lev 10:6 Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns Eleásar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.
Die pyn van die dood van my twee seuns wil verbale uiting aan my verdriet gee. Dit was die gebruik in ons dag, maar nou mag ek nie eers oor my twee seuns huil nie. Kan jy my hartverskeurdheid waardeer?
Ek brand om na die begrafnis van my seuns te gaan bywoon. Ek wil daar gaan snik. En nou is daar nog ‘n beperking op my gelê:
Lev 10:7 Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.
Omdat my twee seuns besope was toe hulle in die tabernakel gaan diens doen het, het hulle nie oordeelsvermoë gehad nie. Die Here het my aangespreek:
Lev 10:8 En die HERE het met Aäron gespreek en gesê:
Lev 10:9 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; ‘n ewige insetting is dit vir julle geslagte;
Lev 10:10 en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
Lev 10:11 en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat die HERE deur die diens van Moses aan hulle verkondig het.
WAAROM MOES EK NIE UITING AAN MY HARTSEER GEE NIE?
Ek moes nie die indruk skep dat ek ongelukkig is met die straf wat die Here uitgedeel het nie. Ek mag nie deur my gedrag die volk aanhits om hulle mismoë met die Here uit te lok nie.
ANDER OORSAKE VAN MY KINDERS SE DOOD
My twee seuns Nadab en Abihu sou nooit hierdie fatale doodsonde gepleeg het as hulle nie gedrink was nie. Hulle het geweet dat die plegtige voorbereiding voorafgegaan het voordat hulle in die teenwoordigheid van ‘n heilige God moes verskyn.
Maar drank het hulle vir hulle heilige amp gediskwalifiseer. Dit het hulle denke benewil en hulle seedlike waardes verdof. Hulle kon eenvoudig nie tussen alledaagse en die heilige onderskei nie.
Ek is tot die dood spyt dat ek in hulle opvoeding gefaal. Ek het nooit gewoontes van selfbeheersing geleer. Ek het my seuns bederf en hulle nooit getugtig nie. Hulle kon net eet en doen waarvoor hulle lus was.
Hierdie jare lange patroon van selfbevrediging was so sterk dat selfs die gedagte van die verantwoordelikheid van hulle heilige amp, dit nie kon gebreek het nie. Ek het nagelaat om hulle te leer om my gesag te respekteer. Gevolglik het hulle ook nie besef gekoester dat streng gehoorsaam heidaan God se voorskrifte nodig was nie.
My toegewendheid het daartoe gelei dat hulle die slagoffers van goddelike oordeel geword het.
Hierdie pyn verlaat my nie. Hierdie pyn het ‘n onwelkome metgesel te word.
Volgende keer gaan ek my laaste sonde met jou te deel. Dit was die direkte oorsaak van my dood.