Hierdie gebeure het in die veertigste jaar na die uittog plaasgevind. Na die volk vir byna 39 jaar geswerf het, het hulle die woestyn van Sin aangekom en Kades kamp opgeslaan. Die hoofstuk begin met die dood van Mirjam en eindig met diepe rou oor die dood van Aäron.
Die hoofstuk beskryf die hartverskeuring van Moses. Behalwe vir die dood van Mirjam, die gekla van die Israeliete, die dood van die tien verkenners. Die hoofstuk vertel hoe Moses en Aaron op hulle gesigte voor die Here neergeval het.
Num 20:1 En toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.
Kan jy onthou in watter gemoedstoestand jy was toe een van broers of susters afgesterwe het?
Dood bly maar ‘n verskriklike troumatiese skok. Moses het net ‘n kortlike genoem dat sy suster Mirjam in Kades gesterf het. Maar ons twee het baie oor ons ousus gesels. Hoe sy vir Moses vir die eerste 12 jaar by ons ouers gehelp grootmaak het. Ek kan jou verseker sy was mal oor hierdie klein boetie wat by ons kom intrek het.
In ons herinneringe hoor ons nog steeds die melodie van daardie pragtige lied wat sy en haar een miljoen dames gesing het.
“Boetie Aäron,” sê Moses vir my, “Ousus is weg. Ons gaan haar mooi musikale stem nooit weer hoor nie.”
Ons wil nie oor haar vreeslike sonde en daardie skrikwekkende melaatse toestand praat nie.
Maar terwyl ons in Kades oor haar gerou het, het ons ‘n sonde gepleeg wat baie erger as jalousie was. ‘n Oortreding wat ons dood veroorsaak het, en wat ons verhoed het om saam met die volk Israel binne te gaan.
Ons het etlike maande by Kades gekamp. Deels oor Mirjam se afsterwe en deels omdat daar goeie weiding vir ons vee was. Moses het die volgende tragiese nota gemaak:
Num 20:2 En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.
Die water wat vir veertig jaar lank uit rotse gevloei het, het skielik opgedroog. Dit was deur die mag van God se Woord dat water vir al hierdie jare so vrylik gevloei het.
Jesaja 48:21 Sy volk het nie dors gekry toe Hy hulle deur ‘n droë wêreld gelei het nie. Hy het vir hulle water uit ‘n rots laat stroom, Hy het die rots gekloof en daar het water uitgestroom.
Psa 105:41 Hy het ‘n rots oopgebreek en daar het water uitgestroom wat soos ‘n rivier deur die dorre gebied gevloei het.
Soos wat ons deur die woestyn getrek het, het ek dikwels gaan stilstaan om te kyk hoe daar hierdie magtige strome uit die rotse gebars het en tussen die laer ingespoel het. Wonderwerke op wonderwerke.
Ons was so opgewonde. Uiteindelik het ons vir die tweede keer op die grens van die grens van die beloofde land genader. Ons was net so ‘n kort endjie van Edom af. Ons sou deur hulle grondgebied na Kaänan stap. Die Here het vir ons gesê dat ons vir ons water by hulle kan koop.
Ai tog die volk het so tekere gegaan, pleks om bly te wees. Hulle wou sommer teruggaan na Egipte. Ons het ‘n verskriklike krisis in die gesig gestaar.
Num 20:3 En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!
Num 20:4 En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?
Num 20:5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie. Die klomp het soos besetenes te kere gegaan.
Ons het vir ons lewens gevrees. En dan was daar ook ‘n verskriklike ontsteltenis. Die emosie van Mirjam was ook daar om te hanteer.
Ek maak nie verskoning vir dit wat ons ‘n rukkie later gedoen het nie, maar ek gee net vir julle so ‘n bietjie agtergrond. Ons het toe padgegee en by die Here gaan hulp soek. Moses het die volgende paar lyntjies vir die nageslag neergeskryf:
Num 20:6 Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle.
Dis al wat ons kon doen. Ons pols was hoog. Ons gesigte was bleek van skok. Ons was klaar, regtig ons was klaar. Dis nou al vir 40 jaar wat ons so met hierdie onvernoegde klomp mense sukkel en sukkel en sukkel.
Maar toe kom die Here ons te hulp.
Num 20:7 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Num 20:8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
Jy moet onthou dat ons twee ou mans was. Miriam het hier Kades op die ouderdom van 132 jaar gesterf. Ek was 123 jaar oud en Moses 120 jaar. Ons het nog steeds van ontsteltenis gebewe. Hierdie was ‘n dramatiese en gevaarlike oomblikke.
Ons stap weer terug na die ontstelde rebelle. Ons is woedend, vernederd, stukkend. Ek kyk na Moses met die staf van God in sy hand. Ek het hom nog nog nooit in hierdie veertig jaar so gesien nie.
AäRON SE OPTREDE
Wat dink jy moes ek in hier krisis situasie doen? Wat was die regte ding om te doen? Moes ek die volgende met hom bespreek het?
“Moses my liewe kleinboet ek is deeglik daarvan bewus dat jy op breekpunt staan. Kom ons bid saam dat die Here vir jou en vir my kalmte sal gee. Mag Hy ons help om met kalmte, soos in die verlede, die Here se karakter uit te leef.”
Ek moes maar ek nie. Ek het geweet wat die regte ding was om te doen maar ek het niks daaromtrent gedoen.
Inteendeel, ek was net soos hy verskriklik ontstel.
Num 20:9 Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die HERE weg soos Hy hom beveel het.
Num 20:10 En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?
Op hierdie stadium moes ek Moses tereggewys het. Ek moet die rebelle gevra het om net so ‘n oomblikkie te gewag het en verduidelik het dat hy baie gestref was.
Maar weet julle wat? Ek het hom in sy optrede gesteun. Jy moes my lyftaal gesien het. Ek hoef nie ‘n woord gesê het.
Num 20:11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.
Hulle probleem was opgelos, maar ons probleem het in volle blom gestaan.
Asof ons nie genoeg stress en trauma deurgemaak het nie, die heel grootste nou gekom. Iets waarmee ons sou graf toe gaan.
Num 20:12 Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.
HOE DINK JY HET DIE HERE OOR ONS OPTREDE GEVOEL
God se beskuldiging teen ons is die feit dat ons Hom nie vertrou het ook nie voor die volk geëer het nie. Die ironie van die saak is dat ons gevra het om met die rots te praat en nie met die mense nie.
Het ons dan nie ore gehad om te luister nie. Ons is gewasarsku om nie die rots te slaan nie, en toe slaan Moses die rots en ek sê met my lyftaal. “Goed so kleinboet, slaan die Rots en skreu op die rebelle. Sit hulle op hulle plek. Hulle kan mos vir ewig kla en tekere gaan nie.”
Jy mag miskien wonder wat was verkeerd om die rots twee keer te slaan? Hoekom het die Here my ook by gekry? Ek het ‘n woord gepraat nie.
Num 20:24 Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van Mériba. In watter opsig was ek wederstrewig?
Soos ek voorheen gesê. As priester en profeet was dit my heilige plig om met rots te praat. Die heilige en verhewe aard van my as hoëpriester, was ‘n tipe van die die tipe van die Antitiese Hoëpriester wat later sou verskyn. Ek het hopeloos en skandelik op hierdie gebied geval.
Num 20:8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
Dit was my plig as Hoëpriester om met die rots te gepraat het. As ek dit gedoen het, sou Moses miskien nie die rots geslaan het nie.
Ek het stil gebly en my stilte het na ‘n ander stilte gelei, dit stilte van die graf. Ag het ek maar gepraat!
MOSES EN DIE ROTS
Moses en ek, sy arme broer is toegang tot die Beloofde Land geweier omdat hy die beeld van verlossing skade aan gedoen het.
Toe hy die rots vir die eerste keer geslaan het, was dit simbolies van die komende Messias wat soos die offerlam gesterf, so ook sal Hy eendag kom en in ons plek sterf. Hy sal al ons sondes vergewe.
Van daardie dag het Moses net met die rots gepraat en die waters het soos riviere uit die rots begin loop. Toe Moses die rots by Kades tweemaal geslaan het, het Hy die verlossingsboodskap groot skade aan gedoen. Dit was nie nodig dat die Messias drie maal vir ons te kom sterf nie.
SLAAPLOOS
Die volgende oggend het ek vir Moses gevra of hy daardie nag kon slaap. Jy besef seker hoe twee stukkende mense die heelnag deur gehuil het. Hoe kon ons ons droom van die Beloofde Land in een optrede verwoes het. Veertig jaar se daaglikse krississe van rebellie, beskuldigings was toe nie die moeite werd nie.
My liewe vriend jy het nie die vaagste benul waardeur ek en my broer by Kades deurgemaak het nie.
O die oordeel wat oor ons gevel is was bitter en so verpletterand vernederant: “Omdat julle My nie erken het en My, die Heilige, nie voor die Israeliete gehoorsaam was nie, sal julle hierdie volk nie inlei in die land wat Ek aan hulle gee nie.”
Maar die God wat ons gedien het, is so ontsettend genadig. As ek en Moses eersoekers was of ons opgeruk het toe Here ons bestraf het, sou ons sonde baie groter gewees het. Ons het nie doelbewuste sonde gepleeg nie. ‘n Skielike versoeking het ons oorval maar ons was onmiddellik hartgebroke berouvol.
Die God van genade en liefde het ons diepe berou en bekering aanvaar. Maar asgevolg van die skade wat ons die volk aangedoen het, kon die Here nie die straf herroep nie.
My dierbare vriend as jy geval het, kan jy verseker wees dat die Here sal vergewe as jy jou sonde aan Hom bely. Moenie met jou skuldgevoelens deur die lewe loop nie. Daar wag vergifnis en tonne liefde as jy na die Here toe gaan om ‘n nuwe begin te maak.