Ek en my pa Aäron en my oom Moses het saam teen steiltes van die berg Hor uitgeklim. Ons het stadig geklim want dit was die laaste keer wat ons drie saam gestap het. Dit was ‘n hartseer stap want ek en oom Moses was op pad om na my pa se begrafnis te stap. Maar voordat ek verder oor die hartseerste, die mees troumatiese gebeurtenis in my hele lewe gesels, wil ek myself eers aan jou voorstel.
My pa se naam was Amram en my Jogebed. Sy was ‘n dogter ons voorvader Levi.
Ek wil net noem dat ons voorvader Levi gestigmatiseer is om hy en sy broer Simeon mense skandelik vermoor het.
My voorvader Levi was ook nie in die seëninge genoem toe Jakob sy kinders net voor sy dood byeengeroep het en sy hande op hulle gelê het nie. My pa se naam was Aäron en my ma Eliseba.
My pa se naam was Aäron en my ma Eliseba. My twee ouer broers se name was Nadab, Abihu, ek was die derde seun en Itamar die jongste.
DIE GESKIEDENIS VAN DIE STAM VAN LEVI
Daar is soveel juwele in die geskiedenis van ons stam, en ek sal dit graag met julle wil deel.
Toe Lea geboorte aan haar derde seun gegee het, het sy gesê: “Na hierdie keer sal my man aan my gebind wees, want ek het nou al drie seuns vir hom in die wêreld gebring.” Daarom het sy die seun Levi genoem.
Ek neem jou nou na die begin waar die naam van Levi in Haran vir die eerste keer genoem word.
Min het oumagrootjie besef, wat na die liefde van haar man verlang het, om haar aan hom te bind, dat Levi se naam groter inpak sal hê as wat sy ooit kon droom.
Onthou, die naam Levi beteken om te bind, om bymdkaar te bring. Hier kry ons ‘n pragtige voorbeeld van tipologie. Die stam van Levi sou eendag die kinders van Israel aan ‘n ander, ‘n groter bruidegom bind, nl. die Skepper van die heelal.
Die naam Levi, saambind, sou vorentoe deur die priesterskap met sy pragtige verlossingssimbole, mense aan die verlossingsboodskap bind.
Toe Jakop voor sy dood bymekaargeroep het, het hy profeties gesien hoe die Leviete tussen die stamme versprei sou word.
Gen 49:7 Die straf van God sal hulle tref oor hulle geweldpleging, hulle onbeteuelde drif: hulle sal uitmekaar gejaag word in Jakob, versprei word tussen die stamme van Israel.
My voorwader Levi is gestigmatiseer omdat hy ‘n klomp mense koelbloedig vermeer is. Maar die vloek is in ‘n seen verander verander toe die Here my oom Moses, my tannie Mirjam en my Pa Aäron geroep is om die grootste verlossingsdaad in die geskiedenis van die mensdom te kom doen. Israel is uit die magtige militêre greep van Egipte verlos. Sy mag is op ongelooflike wyse vertoon.
Ek as jong seun het deur die hartseer geskiedenis van die goue kalf aanbidding geleef. Toe die Here op die punt gestaan het om ons almal om die lewe te bring, het ons, die Leviete ons getrouheid aan die Here geopenbaar.
Toe my oom Moses van die berg afgeklim het en hy sien die verskriklike sonde wat gepleeg is, het hy uitgeroep:
“Wie vir die Here is, kom hier na my toe!” Al die Leviete het om hom bymekaargekom. Moses sê toe vir hulle: “So sê die Here die God van Israel: Elkeen moet sy swaard vat, kruis en dwars deur die kamp gaan en doodmaak, ongeag of dit familie, vriende of bure is.”
Die Leviete het gedoen wat Moses gesê het, en daardie dag is sowat drie duisend om die lewe gebring. Toe het Moses vir die Leviete gesê: “Vandag is julle gewy vir diens aan die Here, want julle het selfs teen seuns en broers opgetree. Om hierdie rede gee die Here vandag aan julle hierdie besondere voorreg.” Eksodus 32:26-29
Voorheen was die pa die priester van die huishouding maar by Sinai het ons as Leviete daardie voorreg ontvang. Die saak van die Here het vir ons kosbaarder as die nouste vriendebande geword.
What Reuben deur ontrouheid verloor het, het ons deur getrouheid aan God bekom.
Op oupagrotjie Jakob se sterfbed het hy hom sterk teen oup Levi uitgespreek, maar in my oom Moses se afseidswoorde het hy die volgende oor ons geskryf:
Deu 33:8 Oor Levi het Moses gesê: “U tummim en u urim is toevertrou aan u troue dienaar, U het hom by Massa op die proef gestel, U het ‘n saak teen hom gehad by die Meribawaters.
Deu 33:9 Hy het van sy pa en ma gesê: ‘Ek hou nie rekening met hulle nie.’ Hy het sy broers nie erken nie, sy seuns nie as familie beskou nie. Die mense van Levi is gehoorsaam aan u bevele, hulle eerbiedig u verbond.
Deu 33:10 Hulle sal vir Jakob in u bepalings onderrig, vir Israel in u wet. Hulle sal wierookoffers voor U kom neersit, brandoffers op u altaar.
Die tabernakel was die simbool van die onsienlike Koning en ons, die Leviete was die koninklike wag wanneer ons kampopgeslaan het, het ons oor die heilige ark gewaak. Wanneer ons beweeg het, was ons die draers van die items van die tabernakel.
Toe die volk die beloofde land binnegegaan het moes ons, die Leviete nie al ons tyd met die verbouing van die grond en diere besig hou nie, ons moes ons krag aan die geestelike behoeftes van Israel wy.
Ons het 48 stede ontvang wat op strategiese plekke geleë was. Dit was ‘n vervulling van die profesie van oupagrootjie Jakob dat ons “versprei word tussen die stamme van Israel.”
DIE GOUE KALF
Ek en my broers was saam met my pa op Sinai waar ons die skouspel van die gedaante van God gesien. Ons is toe terug na die kamp om hierdie manifiestasie te oorpeins.
Moses het vir 40 dae in die berg in die teenwoordigheid van die Here gebly. Hy het al die inligting oor die bou van die tempel in daardie tyd ontvang.
Maar iets onheilig het in die kamp sy kop uitgesteek. Van die gemengde bevolking aan die uitbeelding van hulle kon kyk, het die afwesigheid van Moses gemis. Hulle wou hom meermale sien. Uiteindelike het die gemis aan die leier so groot geword dat hulle my pa gevra het om iets daaromtrent te doen.
Dit was ‘n lelike iets. My pa dink toe dat as hy vra om hulle goud en ander juwele vir hom sou gee, dit hulle sou afsit dat hy vir hulle ‘n god moes maak. My arm pa het onder die druk geknak en ‘n goue kalf vir hulle gemaak.
Toe Moses hom agterna aanspreek oor die groot sonde wat hy die volk gepleeg het, het hy so ‘n belaglike verskong gemaak, dat ek dit nie eers wil oorvertel nie.
Het jou ouers jou al teleurgestel? Dis nie maklik om hierdie goed te hanteer nie.
Dis tydens hierdie selfde tragiese gebeurtenis dat ons as Leviete amptelik as die priesters van die volk aangestel is. Moses het tussen ons kom staan en gevra wie is daar wat hulle by hom en God wou skaar. Soos een man het ons stam by hom kom staan. Die vroeër priesterskap van die hoof van ‘n gesin is toe beëindig en ons was nou die geestelike leiers van die volk en bedienaars van die tabernakel.
Moses het ons deeglik opgelei hoe en wanneer ons ons offers na die tabernakel moet bring. Hy het ons ook opgelei om die betekenis van die die verskillende offers aan die volk moes verduidelik.
Dit was ‘n groot dag toe ons amptelik as priesters aangestel is. Ek wil net hartseer grepie met jou deel.
My broers, Nadab en Abihu het eerste by die deur van die tabernakel ingestap. Ek kon my oë nie glo toe ek hulle waggel. Wat gaan aan? Is hulle senuweeagtig? En toe is daar skielik ‘n oogverblindende glans in die tabernakel en die volgende oomblik lê altwee my broers op die vloer. Die glans van die Here het hulle verteer.
Ek kan nie vir vertel hoe dit gevoel het toe mense die tabernakel binnegestap en hulle lyke buitekant die lae uitgedra het nie.
Die ramp wat my pa Aäron getref het toe my twee besope broers, Nabad en Ebihu in die tabenakel gesterf het, was ontstellend troumaties. Hy is verbied om openlik oor my twee broers te rou.
Maar dis nie al nie. Oom Moses het vir my en my broer ook aangespreek:
“Moenie rou deur julle hare onversorg te laat en julle klere te skeur nie. As julle rou, sal julle sterwe, en sal die Here toornig wees op die hele gemeente. Maar julle volksgenote, al die Israeliete, mag rou oor hierdie vuurdood wat van die Here gekom het.
Kan jy besef hoe hierdie verbod my binneste uitmekaar geruk het. Al was my twee broers verkeerd en al was hulle ongedisiplineerd, was hulle dood vir my verskriklik skokkend, troumaties.
Maar my oom Moses het nog ‘n boodskap vir my pa en ons ander twee seuns ‘n booddkap gehad:
Lev 10:9 “Jy en jou seuns mag geen wyn of bier drink wanneer julle moet gaan diens doen in die tent van ontmoeting nie, want dan sal julle sterwe. Dit is ‘n vaste voorskrif, ook vir julle nageslag.
Lev 10:10 Daar moet duidelik onderskeid gemaak word tussen wat gewyd is en wat nie gewyd is nie, tussen wat onrein is en wat rein is.
Lev 10:11 Julle moet al die voorskrifte wat die Here deur Moses aan julle gegee het, vir die Israeliete leer.”
Jy kan verseker weet dat ek van daardie dag ver weg van drank gebly het.
My pa het het nagelaat om ons te disiplineer. Ons het omtrent alles gekry wat ons gevra het. Hy het ons nooit tee gegaan nie. en moenie ‘n fout maak nie. sommige van sy foute was baie groot eh moes met die dood gestraf gewees het. Maar gelukkig het my oom Moses elke keer vir hom ingetree en die Here het sy lewe gespaar. Maar my pa het elke keer berou gehad. Maar weet jy wat? Nog tans word hy ‘n heilige genoem.
Aäron, die heilige van die HERE. Psalm 106:16.
My liewe vriend, as jy geval het, bely en toon berou en jy word ook ‘n “Heilige van die Here” genoem.
Kom ek noem net ‘n paar gebertenisse wat my karakter gevorm het:
Die uitstort van tien op Egipte het hulle godsdiens en ekonomie verwoes. Ek staan op die strand van Rooisee en sien hoe die magtige klomp water met ‘n gedruis ‘n pad vir ons oopskeur.
Op die anderkantste oewer het ek saam met ‘n miljoen mans en seuns die oorwinningslied van Moses gesing.
Ek sal die gesig van die vuurkolom wat snags hoog teen die donkernag uitgeklim het altyd onthou. Die koue nagte van die woestyn het voor God se warmhitte padgegee.
En dan het ek in die oggende gekyk hoe die son teen uitspansel klim. Die woetynkleure het al mooier begin lyk. En as die son vir ons te warm geword het, het die Here vir ons ‘n saambreël van koelte gemaak. Daar ook so ‘n bietjie vog wat die wolkkolom vir ons afgestuur het.
MY PA SE DOOD
My grootste hartseer het gekom toe ek en my oom Moses en my pa Aäron teen die berg moes uitklim. Asgevolg van my pa se optrede saam met my oom by Kades, het hulle die skokkende nuus gehoor dat hulle nie die beloofde land kon binne gaan nie.
My tannie Mirjam is by Kades begrawe. Dit was vir my baie hartseer want ek haar dikwels gevra om vir my van haar ondervinding te vertel toe sy die klein babatjie op die Nyl opgepas het.
Nou was ek na my dierbare ou vadertjie se begrafnis oppad. Kan jy jou voorstel wat hulle alles met mekaar loop en gesels het? Maar ek loop en huil. En wanneer my pa my ‘n ou drukkie gegee het, het die trane nog oorvloediger begin vloei.
Probeer jou in my situasie indink. Jy stap saam met jou pa om te sien hoe hy gaan sterwe. Wat sou jou pa vir jou gesê het en wat sou vir hom gesê het.
Heel bo op die berg Hor staan ons almal en kyk na die woestyn wat in verte vir hulle vaarwel roep.
My pa en my oom Moses groet mekaar vir oulaas. Nou kan hulle nie praat nie. Nou huil hulle vir oulaas saam. Oom Moses roep my nader en begin om my pa se hoëpriesterklere van hom af te haal. Van al die gewyde simboliese items wat verlossingsboodskap voorstel, was die borsplaat met edelgesteentes wat ‘n voorstelling van die twaalf stamme was, vir my die aandoenlikste. Voortaan sou dit my heilige plig wees om die twaalf stamme met liefde en omgee op my hart te dra.
Ek en oom Moses het ‘n lank ruk by pappa se lyk staan en huil. Die dood is so onbeskryflik seer. Toe het ons met stilswye na die kamp toe afgeklim. Ek stap nou my pa se heilige amp binne. Ek bid:
“Ag liewe Hemelse Vader gee my ‘n stukkie van U sondaarsliefde om U volk voortaan in U weë te lei. Hou my daagliks in die holte van U hand van beskerming. Amen.