Alexander Die Grote

Ek het ontsettend baie om van myself te vertel, maar gun my om net ietsie van die Joodse profeet Daniël en die Joodse profeet Esegiël te vertel.

Die jaar toe Nebukadnesar Jerusalem verwoes het, 586, het hy Tirus beleër. Eers na 13 jaar kon hy daarin slaag om die stad te verwoes. Die profeet Esegiël het voorspel dat die puin van die stad in die see gegooi sou word.

Dit het nie destyds gebeur nie, en die puin van hierdie eens magtige stad het die profesie van Esegiël bespotlike gemaak.

Toe ek en my weermag die Dardanellas oorgesteek het, het ek die weermag van Darius III met my 10 soldate by Granikus verslaan. Dit was ‘n bonatuurlike wonderwerk.

Net daarna het die Perse ook by Issus verslaan.

Die res van die levant, die Midde-Ooste het besluit om nie in ‘n militêre konfrontasie met my te tree nie.

Behalwe die nuwe Tirus wat op ‘n eiland sowat ‘n kilometer van die vasteland gebou is.

VERWOESTING VAN NUWE TIRUS

Ek het my weermag naby Tirus by Eskandurana ontplooi.

Na 7 maande se geveg met die eilandinwoners, is hulle stad verwoes.

Dit het so gebeur. Ek het my soldate opdrag gegee om die puin van die ou Tirus te neem en daarmee ‘n brug na die eiland te bou.

Ek het nie net die rebelse stad verwoes nie, ek het ook ‘n profesie van meer as 250 jaar van te vore vervul.

Op pad om Jerusalem aan te val, het iets eienaardigs gebeur.

Die hoëpriester Jaddua en die ander priesters het in hulle priesterlike gewaad na my aangestap gekom.

Saam met hulle was nog ‘n groep mense in wit gekleed.

Iets eienaardigs het daardie dag gebeur. Toe ek Jaddua die hoëpriester sien, het ek hom herken as die persoon wat ek in ‘n droom gesien het toe ek in Dios in Masedonië was.

In daardie droom het hy vir my gesê ek moet die waters oorsteek en die Perse kom verslaan.

PROFESIE VERWYS NA ALEXANDER DIE GROTE

Maar dit wat my die meeste verstom het, was die feit dat hy vir my uit die profetiese boek Daniël gelees het.

Daarin het hy vir my gelees hoedat die profeet ongeveer 200 jaar vantevore voorspel het dat ek die Perse sou verslaan en die volgende wêreldheerser gaan word.

My liewe dierbare vriende lees gerus die profetiese boek van Daniël. As die boek jare voor die tyd oor my geprofeteer het, is ek seker julle sal ook dinge daarin vind wat van julle gaan getuig.

 

Was this article helpful?

Related Articles