Daniël

DANIëL

Ek het aan die einde van ‘n baie lang lewe gekom. Ek was maar 17 jaar oud toe ek hier in Babilon aangekom en nou is ek ampter 90 jaar oud.

Ek het sopas my laaste visioen ban die eindtyd gehad. Dit gaan ‘n verskriklike tyd van benoudheid wees, maar Migael of te wel Jesus, gaan optree en ons beskerm. Soos Hy my drie vriende uit ‘n gewisse dood uit die vuuroond gered het, en vir my uit die leeukuil gered het, so gaan Hy almal red wie se name in die boek van die lewe geskrywe staan.

VERSEKERING

Maar dis nie al wat die Here aan my geopenbaar het nie. Hy het vir my vertel dat ek gaan sterwe. Dit het ek natuurlik ook self geweet. Maar ek was nie seker van my opstanding nie. As julle my boek lees, sal julle sien hoe ek as boetvaardige sondaar vir my en my volk by die Here vir redding gaan smeek het.

Maar hier kom die Here en Hy sê dat ek gaan sterf – en dan volg die baie baie baie goeie nuus. Wanneer Hy om die dooies op te wek, gaan ek opstaan. Ek weet nie van ‘n beter geskenk as juis dit nie.

KONINGS WAT EK ONTMOET HET

Die eerste koning met wie ek kennis gemaak het, was koning Josia. Wat ‘n godsman. As een van die prinse van Juda was dit my voorreg om hom dikwels te sien en met hom te praat. Sy godvresende lewe het ‘n baie groot indruk op my gemaak. Hy was ook instrumenteel dat ek my hele lewe aan die saak van die Here oorgegee het.

JOAHAS

Ek was 14 jaar oud toe ek die tragiese nuus van sy dood ontvang het. Ek onthou nog hoe my profeet Jeremia oor koning Josia geween het. Hy het self die liriek van ‘n treurliedgeskryf wat die gemengde kore in Jersalem gesing het. Ek het so gehuil op sy begrafnis.

Sy seun Joahas het hom opgevolg maar na net drie maande is hy deur farao Neko ontroon en sy broer Jehoiakim het in sy plek koning geword.

JEHOIAKIM

Ek het nie baie groot respek vir hom gehad nie want hy het nie die Here gedien soos sy pa Josia nie. Drie jaar later het Nebukadnesar Jerusalem aangeval en Jehoiakim het ‘n vassal van Babilon geword.

As een van die jong prinse was ek teenwoordig toe die hierdie verdrag geteken is.

NEBUKADNESAR

Dit was da nook by hierdie geleentheid dat ek Nebukadnesar vir die eerste keer ontmoet het. Ek het nooit gedroom dat ek so ‘n lang pad saam met hom sou stap nie. Dit was ‘n hartseer oomblik toe ek by sy sterfbed gestaan nie. Maar saam met die hartseer was daar ook ‘n groot blyskap want hy het sy hart aan die Here gegee voordat hy dood is.

Hy het my saam met die room van koninklikes na Babilon geneem.

JOJAGIN

Agt jaar later het koning Jehoiakokin as gevangene in Babilon aangekom. Hy was die seun van Jehoiakim. Wat dink jy ek vir hom gesê toe hy daar aangekom het?

SEDEKIA

Op ‘n keer het Nebukadnesar al die staatsmanne van sy ryk opdrag gegee om Babilon toe te kom. Hulle moes hulle trou aan Babilon bewys deur voor die goue beeld neer te buig wat die koning opgerig het.

Wat ‘n swakkeling. Hy het saam met die groot massa neergebuig, Bel Marduk as god erken.

Ek was so hartseer. Ag dit was net so ‘n rukkie toe verbreek hy sy belofte en gaan heul met Egipte.

Toe Nebukadnesar Jerusalem finaal verwoes het, het hierdie ou lafhaard probeer vlug. Hulle het hom egter in Jerigo gevang en na Ribla in Sirië geneem. Daar het die koning sy seuns voor sy oë doodgemaak en toe sy oë uitgesteek.

Ek sal nooit vergeet toe hulle die blinde Sedekia in Babilon aangekom het nie. Hoe hartseer. Hy het Jeremia se raad verwerp en sy koningskap, sy kinders en sy oë verloor.

EVIL MARODAG

Hy het koning geword nadat sy pa Nebukadnesar oorlede is. Ek het van hom gehou. Hy het koning Jojakin uit die gevangenis laat haal en hom sy Vryheid gegee. Sy swaer Neriglasser het hom vermoor en in sy plek koning geword.

NERIGLASSER

Skoonseun van Nebukadnesar.

NABONIDUS EN BELSASAR

Die laaste twee konings was Nabonidus en Belsasar. Slegter kon jy seker nie kry nie.

DARIUS DIE MEDER

Ek was in Babilon toe Darius die Meder en Kores die Grote Babilon een nag verower het.

Ek en Darius het sommer uit die spaanspoor van mekaar gehou. Tot my grootste verbasing het hy my tweede in bevel van die nuwe Medo-Persiese Ryk aangestel.

Deur jaloesie het ek in die leeukuil beland. Ek sal sy besorgdheid nooit vergeet nie. Terwyl ons na die honger brullende leeus gestap het, het ek hom vertel hoe God my drie vriende binne in die vuuroond ontmoet het. My God het in die gedaante van ‘n mens tussen hulle kom staan en gesels.

“Koning Darius”, sê ek vir hom “Dieselfde God wat Sy kinders in ‘n vuuroond kom besoek en gered kan dit weer doen.”

DIE SEUN VAN GOD IN DIE LEEUKUIL

Net soos wat Jesus in menslike vorm aan my drie vriende in die vuuroond verskyn het, so het Hy ook aan my verskyn. Wat ‘n oomblik toe ek daardie glimlag sien. Die leeus se bekke was gesluit terwyl ek en Jesus die hele nag lank met mekaar gesels het.

DARIUS SE DEKREET

Kom ek lees vir jou watter dekreet koning Darius uitgevaardig het:

Daniël 6:25-27 Toe het koning Daríus aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees!

Dan 6:26  (6:27) Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe.

Dan 6:27  (6:28) Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.

BEKEERD

Wat lei jy van hierdie verklaring af? Hierdie koning het die God van die hemel en die aarde aanvaar en die burgers van sy ryk aangemoedig om dieselfde toe doen.

Kort na hierdie gebeurtenis, net twee jaar nadat hy begin regeer het, is hy op 64 jarige leeftyd oorlede

KORES DIE GROTE

Toe koning Kores van die verlossing uit die leeukuil hoor, het my my kom opsoek.

Dit was ‘n aangename ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Ek het vir hom uit die boek van Jeremia gewys dat die ballingskap van 70 jaar daardie selfde jaar voleindig is.

Ek het ook vir hom gewys dat die profeet Daniël amper 200 jaar voor sy geboorte se opkoms voorspel het. Ek het die profesie oor sy lewe en wat hy alles sou vermag versigtig met hom deurgegaan.

En lees ek vir hom wat Jesaja oor sy dekreet van bevryding van die Joodse ballinge geprofeteer het. Hy sou hulle sonder enige betaling na Jerusalem terugstuur.

Esra 1:1  En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE—sodat die woord van die HERE uit die mond van Jeremía vervul sou word—die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ‘n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:

Esr 1:2  So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom ‘n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.

Esr 1:3  Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort—mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.

Esr 1:4  En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef—hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.

OPROEP

Daar is vier konings van al die konings met wie ek kontak gehad het, wat ek glo met die opstanding gaan wakker word en hemel toe geneem gaan word.

Die eerste een is Josia; die tweede een is Nebukadnesar, die derde een Darius en die vierde een is Kores die Grote.

Ek sluit af met die gedagte wat ek aan die begin genome het. Die Here het my die versekering gegee dat ek na my dood opgewek gaan word.

Wat ‘n versekering. Maar ek wil nie net vier konings by die opstanding sien nie. Wil jy nie ook besluit op daardie dag in onsterflikheid opgewek te word nie.

Breek met die sonde wat jou so ongelukkig maak en nooi die Koning van die konings om op die troon van hart re kom regeer.

Was this article helpful?

Related Articles