1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Die Berg Van Verheerliking

Die Berg Van Verheerliking

BERG VAN VERHEERLIKING

Die son was besig om in die weste te sak. Ons was besig om teen ‘n steil berg uit te klim.

Na ‘n ruk het die duisternis ons oorval. Uiteindelik het ons doodmoeg die kruin bereik.

My naam is Jakobus en my metgeselle was Jesus, Petrus en my jonger broer Johannes.

BELANGRIK

Ons drie was gewoonlik saam met Jesus wanneer Hy belangrike afsprake gehad het. Ons het Hom nie gevra waarheen Hy op pad was nie. Hy het dikwels die hele nag in gebed deurgebring

Ons het later uitgevind dat Jesus vir spesiale krag daardie nag kom bid het omdat die kruisgebeure net ‘n endjie vorentoe gelê. Hy was bekommerd oor ons wat Sy ontsettende lyding in Getsemane en Golgota sou sien.

Jesus het by Sy Vader gepleit dat Sy godheid wat Hy in die hemel gehad het, aan ons geopenbaar moet word en dat ons daardeur vertroos sou word.

Skielik verlig die Vader se glorie en goddelike glans alles om ons. Jesus se godheid flits deur Sy gedaante. Hy staan van Sy biddende posisie op. Sy gesig blink soos die son en Sy klere word so wit soos lig.

Nadat ons oë die verblindende lig gewoon geraak het, sien ons twee hemelse wesens by Hom.

Waaroor dink jy het Moses en Elia met Hom kom praat? Wat leer die tipologie?

Ons het so ‘n vae idee gekry van hoe Jesus gaan lyk wanneer Hy ons met die wederkoms gaan opwek of in ‘n oomblik en ‘n oogwink gaan sterflikheid na onsterflikheid gaan verander.

Ons so bly dat ons sagmoedige nederige Meester wat so onbeskof deur die mense behandel is, skielik hierdie hemelse eer ontvang.

Ons drie het gedink dat Elia gekom het om Jesus se koninkryk op aarde te kom aankondig.

Petrus wat gewoonlik gepraat het voordat hy gedink het, het hard uitgeroep: “Meester dit is baie goed dat ons hier is. Ek stel voor dat ons drie skuilings oprig; een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”

Ons wat daarvan oortuig dat Moses en Elia gestuur is om Jesus te beskerm en met die oprigting van die nuwe koninkryk to help.

Maar dit was nie waaroor Moses en Elia met Jesus kom praat het nie. Hulle het Hom kom bemoedig om die wrede kruisdood te hanteer.

Maar voor die kroon, kom die kruis.

Dit was ook die ondervinding van Moses en Elia. Die Vader het dit goed gedink om hierdie twee manne na Jesus te stuur om Hom te bemoedig.

Terwyl ons op die berg in daardie hemelse glans gestaan het, het ‘n tweede ongelooflik iets gebeur.

‘n Helder wolk het neergedaal en ‘n stem is gehoor: ”

Dit is my geliefde Seun en wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom.”

Ons het nog nooit so ‘n heerlikheid gesien nie en toe God die Vader praat, het die berg begin skud. Ons het onmiddellik op die grond neergeval.

Ons het daar gelê en ons gesigte verberg totdat Jesus se welkome stem ons vrees besweer het.

“Staan op. Wees nie bevrees nie.”

Ons het ons oë stadig oopgemaak. Die hemelse glorie het verdwyn, die blink wesens van Moses en Elia was ook nie meer daar nie.

Die sterre het hier bokant ons in hulle glorie geskitter. Ons was alleen saam met Jesus op die berg.

Wat ‘n heilige oomblik van stilte.

My liewe vriend. Jesus gaan binnekort in al die glorie verskyn waarmee Hy op die berg van verheerliking verskyn het.

Daar wag twee opsies vir jou en my. Of ons gaan lewe waneer Hy kom, en in ‘n oomblik ‘n verheerlikte liggaam kry, of ons gaan opgewek word om vir ewig saam met Jesus te wees.

As ons saak vandag met Hom reg is, het ons niks om te vrees nie.

As daar ietsie is wat jy moet regmaak, Jesus die Verlosser is gereed om jou dadelik met die probleempie te help.

 

Was this article helpful?

Related Articles