1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Die Besetene Van Gadara

Die Besetene Van Gadara

DIE BESETENE VAN GADARA

Miskien het jy al my verhaal in die Bybel gelees. Dis ‘n aangrypende drama wat Jesus vir die grootste sondaars kan doen.

Ek staan nou hier in die omgewing van Gadara. Dis ‘n Griekse heidense gebied aan die oostekant van die See van Galilea.

Jesus was so pas vir drie dae hier gewees. Vandag het Hy dieselfde wonderwerk verrig as wat Hy ‘n paar maande tevore in die omgewing van Betsaide verrig het.

En staan hier en kyk hoe die mense met brood en vis wat Jesus vermeerder het, met dankbare na hulle huise stap.

Jesus het nie net wonderwerke vir die Jode verrig nie, maar ook vir ons.

MY ONVERSKILLIGE LEWE

As jongman was ek baie roekeloos. Al die sondes wat jy kan pleeg, het ek gepleeg. Ek wil dit nie eers vir jou noem nie.

Geleidelik het die Duiwel sy houvas op my gekry en ek het net al erger geword. Op ‘n dag was ek heeltemaal duiwelbesete.

Die mense het my uit Gadara verdryf en ek en ‘n ander malle het in die donker grafte van die omgewing gaan woon. Mense het ons met kettings probeer boei maar met die krag van die duiwel het ons dit afgeruk.

Een oggend toe ons wakker word en by die graf uitkyk, sien ons dertien mans uit ‘n boodjie aan land stap. Die duiwels in ons het ‘n boosheid in ons opgewek op hierdie mense te gaan verwoes.

Poedel nakend het ons op hulle afgestorm. Twaalf het weggekom en net een het bly staan en ons ingewag. Toe ons voor Hom kom, is daar ‘n mag wag ons aangryp sodat ons voor Sy voete neerval.

Die duiwel hier in my binneste het begin skreeu: “Jesus Seun van God ek smeek U moet my nie pynig nie.”

En toe gebeur die wonderlikste ding in my hele lewe met my. Jesus raak my aan en vedryf die bose geeste.

Die bose geeste het Jesus gesmeek om hulle asb tog in die varke te laat vaar. Dit het toe gebeur.

DIE VERSOEK

Wat dink julle het ek vir Jesus gevra nadat Hy my van die bose geeste verlos het?

Hy het my nie toegelaat om saam met Hom in die bootjie te klim nie, maar huis toe te gaan en vir die mense te vertel hoe Jesus hom genees het.

Maar Jesus het my beloof Hy gaan weer terugkom.

EVANGELIE VERKONDIG

Dit was die beste raad wat Jesus my gegee het. Die mense kon nie glo dat die Messias van die Jode die slegste ou heidense Griek kom genees het nie.

Ek het nie net vir my mense daarvan vertel nie, maar vir die mense van die Dekapolis, die heidense stede in ons omgewing.

Dit was so lekker om hierdie goeie nuus vir hulle te kon vertel het. Ek het ook vir hulle gesê dat Jesus geloof het om weer ‘n keer vir ons te kom besoek.

JESUS SE TWEEDE BESOEK

Op ‘n dag het Jesus en Sy dissipels my my huis kom aanklop.

“Alex”, sê Hy vir my, “ek het gekom om jou mense met die goeie nuus te kom bedien.”

Soos ‘n blits het ek die boodskap na die omliggende stede uitgestuur dat Jesus, die Messias wat my genees het, opgedaag het.

Die opgewonde mense het hulle kos ingepak en na Jesus kom luister.

Ek wens jy kon die gesigte van daardie mense gesien het toe Jesus vir hulle vertel het dat die velossing nie net tot die Jode beperk was nie.

Die volgende dag het hulle weer gekom en die hele dag geluister.

Die derde dag het Jesus nog aangehou preek. Die mense kon nie genoeg van die grootste Prediker van alle tye kry nie.

Die mense wat net kos vir ‘n dag of twee gebring het, was daardie derde dag so honger.

Ek was by toe Jesus vir Sy dissipels sê hoe innig jammer hy vir die skare mense is wat nou al drie dae na Hom luister en hulle net niks om te eet nie.

Hy vra toe hoeveel brood daar beskikbaar was. Gelukkig kon hulle 7 garsbroodtjies en ‘n paar klein vissies in die hande te kry.

JESUS BID

Hy het vir die mense gesê hulle moet op die grond gaan sit. Hy het vir die kos gebid en toe vir die dissipels gevra om dit uit te deel.

Daardie 4000 mans, behalwe die vrouens en kinders het almal van die wonderwerk kos geëet. Daar het nog sewe groot mandjies oorgebly wat die mense huistoe geneem het.

Hier staan ou Alex en kyk hoe die mense vir Jesus kom bedank vir Sy verlossingsboodskappe en vir die heerlike ete.

Ek sien hulle met nuwe hoop in hulle harte wegstap. Jesus het vir hulle vertel dat Hy gekom het om sondaars te red.

DANKBAAR

Ek is so dankbaar dat ek na Jesus geluister het nadat Hy my genees het en vir mense gaan vertel het wat Hy vir my gedoen het.

Asgevolg van my gehoorsaamheid het meer as 8000 mense die voorreg gehad om na Hom persoonlik te kom luister het.

UITDAGING

As die Here vir jou goed was, moet dit nie vir jouself hou nie. Gaan vertel vir iemand daarvan.

Miskien het jy nog die ondervinding gehad wat ek gehad het. Die ondervinding van ‘n ontmoeting met Jesus wat al my sondes vergewe het nie.

Soos wag Hy my spesiaal kom besoek het, gaan Hy jou ook spesiaal kom besoek. Hy wil jou sondes vergewe en die ou bose uit jou lewe verdryf.

As Hy dit gedoen het, nooi ek jou uit om dit aan mense te gaan vertel. Dis die grootste guns wat jy hulle kan doen.

Was this article helpful?

Related Articles