1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Jonatan
  4. DIE KEER TOE EK DAWID GAAN OPSPOOR HET
  1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. DIE KEER TOE EK DAWID GAAN OPSPOOR HET

DIE KEER TOE EK DAWID GAAN OPSPOOR HET

Julle het geen idee oor hoe ek na Dawid verlang het nie. Het jy al die ondervinding gehad waar jy baie graag net nog eenkeer by jou ware vriend kon uitkom? ‘n Mens het baie vriende maar jy weet nie altyd of jy op hulle in jou benoudheid kan staatmaak nie.

Dit was nie die geval met ek en Dawid nie. Ek sou my lewe vir hom gegee het en hy sou sy lewe vir my gegee het. Kom ons gaan aan waar ons verlede keer gestop het:

Toe vra Dawid: “Sal die regeerders van Keïla my en my manne aan Saul uitlewer?” Die Here het hom geantwoord: “Ja.” Arme Dawid was magteloos. Saul was meëdoënloos. Kan jy jouself indink hoe daardie klomp rowwe manne die heel tyd saam met hulle leier moes vlug.

“Ag nee Dawid. Hoe lank sal ons in hierdie woestyn rondgejaag word? Kan ons nie ‘n plan maak om vir Saul vir ‘n slag rond te jaag nie?” Kom ons hoor net weer ‘n keer waarheen my arme vriend heen gevlug het:

Dawid en sy manne, ongeveer ses honderd man, het klaargemaak, uit Keïla uitgegaan en heen en weer rondgetrek. Daar is ook aan Saul vertel dat Dawid uit Keïla ontsnap het en Saul het sy agtervolging gestaak. Daarna het Dawid in die woestyn in bergskuilings gaan woon. Hy het in die berge in die Sifwoestyn gewoon. Saul het hom die hele tyd gesoek, maar God het hom nie in Saul se mag oorgegee nie. Toe Dawid vir die hoeveelste keer besef dat Saul steeds daarop uit is om hom dood te maak, is hy na Goresa toe in die Sifwoestyn. 

My liewe vriend was jy al by die plek waar jy totaal uitgeput was? Hoe dink jy het David op hierdie stadium gevoel? Samuel het hom gesalf en vir hom gesê hy gaan koning word. Wat ‘n grap. Hierdie sit hy met die 600 baie interessante manne wat ook deur die krediteure en die gereg gesoek word. Dawid sê vir homself: “Koning word? Wat ‘n grap.”

Ons vriend sit in hierdie dorre woestyn en hy weet nie of hy die moed het om langer vir my pa te vlug nie. As my pa weer op hom gaan afstorm om hom dood te maak dan moet hy maar doen wat hy moet doen. Was jy al op moedverlore se vlakte? Was jy al so deur die lewe geteister dat jy nie meer kans gesien het om aan te gaan nie?

Ek het net ‘n aanvoeling gehad om my ou vriend te gaan opsoek en ek het gegaan. Wat ‘n oomblik toe ek hom uiteindelik in die hande kry. En hy was regtig op moedverlore se vlakte. Die eerste iets wat ek gedoen het, was om hom vir heerlike kos te gee en om daarna te bemoedig. Om tenspyte van ‘n droomlose toekoms, nog steeds op God te vertrou.

“Jonatan dink jy regtig die Here weet nog van my? Jonatan jou pa gaan my doodmaak. Ek het geen twyfel daaroor nie.”

“Ag Dawid,” het ek vir hom gesê, “ek het gekom om vir jou te sê die Here weet van jou swaarkry, van jou puin en jou neerslagtigheid. Maar die Here wat jou uit al jou vorige benoudheid verlos het, Dawid, gaan jou nie verlaat nie. Asseblief Dawid, hou moed. Die Heilige Gees het my beïdruk om jou kom opsoek.

My arme vriend het net in trane uitgebars en gehuil en gehuil. Toe snikke ophou, sê ek vir Dawid: “Moenie bang wees nie, want my pa sal jou nie in die hande kry nie. Dawid ek kan met die grootste vrymoedigheid vir jou sê dat jy koning oor Israel sal word en ek onder jou sal staan. Selfs my pa weet dat dit so is.” 

Op hierdie stadium toe ‘n geestelike donkerte oor my vriend Dawid gekom het, het my onverwagte besoek hom weer opgebeur. Ag dit was sulke spesiale oomblikke toe ons weer in mekaar se geselskap kon vereer. Ons het oor die mooi dae gesels wat ons saam in die verlede ervaar het.

Die Here het my gebruik om Dawid weer moed in te praat.  Ag my ou agtervolgde vlugtelingvriend het weer moed geskep. Ons twee het toe ‘n verbond voor die Here gesluit. Dawid het in Goresa gebly, en ek Jonatan het huis toe gegaan. 

Wat dink jy het gebeur toe ons vir oulaas mekaar omhels het,  en ek agter die laaste bultjie verdwyn het?

David het geestelik so herstel dat hy homself verder met ‘n lied van lof bemoediging het. Hy het sy harp geneem en die volgende lied met woord en melodie oor die klowe laat weergalm. Luister na pragtige lirieke:

Psa 11:1  Vir die koorleier. Van Dawid. Ek skuil by die Here. Hoe durf julle vir my sê: “Vlug na die berge toe soos ‘n voël! 

Die psalm van my vriend Dawid begin met absolute vertroue en eindig ook daarmee.

Ek is so dankbaar dat my besoek aan hom  ‘n nuwe  lied voortgebring het. En weet jy my liewe vriend, daar is baie moedelose Dawids wat vroeër geestelike hoogtes bereik het, maar nou moedeloos en musiekloos is. Besoek hulle en luister soos ek na die pragtige musiek wat uit my die moedelose Dawids gaan kom. Ons is daar om mekaar met nuwe moed te besiel.

Eers wou hy soos ‘n voël na berge van verlatenheid vlug, maar nou plaas hy sy vertroue op die Here.

Die musiek het verdof maar die lirieke leef Voort.

Psa 11:2  Kyk, die goddeloses span hulle boë, en hulle lê aan met die pyl op die snaar; hulle staan reg om uit die donker die opregtes van hart te tref. 

Psa 11:3  As die fondamente ondermyn word, wat kan die regverdige daaraan doen?” 

Wat gebeur wanneer die fondasies van reg en geregtigheid deur die goddelose vernietig word en die regverdiges se lewens bedreig word? Die moedelose Dawids sing dan ‘n nuwe pragtige lied:

Psa 11:4  Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders. 

Solank as wat ons oë op die Here in Sy heilige tempel gevestig is, is ons veilig. Hy hou gedurigdeur die wag oor ons.

Psa 11:5  Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose. Wie geweld liefhet, haat Hy. (Hy het ‘n weersin in hulle).

Die Here toets elke mens ten einde vas te stel of ons goddeloos of regverdig is. Maar hierdie ondersoekende oordeel op aarde gaan uiteindelik in die hemel met groot gejubel afgehandel word.

 Psa 11:6  Hy laat vuur en swael reën op die goddeloses, ‘n skroeiende wind: dit is die beker wat hulle sal drink. 

Dawid gebruik die lot van die verwoesting van Sodom en Gomoro is ‘n voorbeeld van die uiteindelike reiniging van alles wat sleg en vuil en sondig is. Daar gaan  binnekort ‘n nuwe dag vir die kinders van die Here aanbreek.

Psa 11:7  Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees. 

Die vaste vertrou waarvan Dawid in die eerste vers geopenbaar het, word in die laaste vers herhaal. “Hy sal by hulle wees.” Watter groter troos is daar nie vir die mens wat tans met die seer en die onregverdigheid van die lewe worstel nie!

1Sa 23:18  Hulle twee het toe ‘n verbond voor die Here gesluit. Dawid het in Goresa gebly, en Jonatan het huis toe gegaan. 

SAUL SE VERVOLGING DUUR VOORT

Kort na my besoek aan Dawid in die woestyn, het my pa weer probeer om Dawid om die lewe te bring. Maar hierdie keer was Dawid geestelike opgebou en kon die aanslag hanteer. En weer het die Here vir my vriend ingetree en hom van my pa se woede verlos.

Ek vertel vlugtig vir jou die verhaal:

Daarna het Siffiete na Saul in Gibea toe gegaan en gesê: “Dawid kruip by ons weg in die skuilplekke in Goresa, op die Gakilarant suid van die onherbergsame gebied.  U Majesteit, as dit dan nou u begeerte is om op te trek, trek op en ons sal sorg dat hy aan u uitgelewer word.”  Toe antwoord Saul: “Mag die Here julle seën omdat julle saam met my voel.  Gaan dan nou, stel weer vas waar Dawid is, kyk goed en verken die plek: waar sy spore is en wie hom daar gesien het, want iemand het vir my gesê hy is baie uitgeslape. 

Gaan kyk en stel haarfyn vas waar hy oral skuil. Bring vir my sekerheid terug. Dan sal ek saamgaan. Indien hy nog in die land is, sal ek hom opspoor met al die afdelings van Juda.” Die Siffiete het klaargemaak en voor Saul uit na Sif toe gegaan. Dawid en sy manne was in die Maonwoestyn in die vlakte suid van die onherbergsame streek. Toe Saul en sy manskappe hom gaan soek, is dit aan Dawid vertel, en hy het na die kliprant toe gegaan, nog in die Maonwoestyn. Saul het dit verneem en Dawid in die Maonwoestyn agtervolg. 

Saul het aan die een kant van die berg langs gegaan, en Dawid en sy manne net aan die ander kant. En toe Dawid bang voor Saul wegvlug, terwyl Saul en sy manskappe al vir Dawid en sy manne begin omsingel om hulle te vang, kom daar ‘n boodskapper by Saul en sê: “Maak gou en kom, want die Filistyne het die land ingeval.”  Saul het opgehou om Dawid te agtervolg en het die Filistyne tegemoet gegaan. Daarom noem hulle die plek Skeidingsrant. 

DAWID SE RESPEK VIR MY PA SE LEWE

Dit was vir my en Dawid baie moeilik om my pa se buie te hanteer. Dit was vir my pynlik om te sien hoe my pa naarstiglik daarna streef om my boesem vriend te verwoes. Wat ek nou vir jou gaan vertel, gaan jou verstom om te sien met hoeveel deernis en respek Dawid teenoor my pa geopenbaar het toe hy by magte was om my pa om die lewe te bring.

Daarvandaan het Dawid in die skuilplekke by En-Gedi gaan bly.  Net toe my pa van die veldtog teen die Filistyne af terugkom, is aan hom vertel: “Dawid is in die En-Gediwoestyn.” My pa het drie afdelings manskappe wat uitgesoek is uit die hele Israel, gevat en gegaan om Dawid en sy manne in die omgewing van Klipbokrotse op te spoor.  Onderweg het my pa op skaapkrale met ‘n grot daarby afgekom. Hy het daar ingegaan om homself te ontlas, terwyl Dawid en sy manne agter in die grot sit. 

Dawid se manne fluister sê toe vir hom: “Kyk daar, vandag sê die Here vir jou: Ek gee jou vyand in jou hand en jy moet met hom maak soos jy dit goedvind.” Dawid het opgestaan en ongemerk die punt van Saul se mantel afgesny.  Maar agterna het Dawid se gewete hom gepla omdat hy Saul se mantelpunt afgesny het.  Hy het vir die manne gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek my hand teen my koning, die gesalfde van die Here, oplig, want hy is die gesalfde van die Here.” 

So het Dawid sy manne met sy woorde gekeer en hulle nie toegelaat om teen my pa op te tree nie. My pa het opgestaan en sy koers gegaan uit die grot uit.   Dawid het ook klaargemaak en uit die grot uitgegaan. Hy het agter my pa aan geroep: “U Majesteit, die Koning!” Toe my pa omkyk, het Dawid gekniel en diep gebuig.  Dawid sê toe vir my pa:

“Waarom luister u na die praatjies van mense wat sê Dawid soek u ondergang?   U sien vandag met u eie oë dat die Here u nou in die grot in my hand gegee het en as ‘t ware vir my gesê het om u dood te maak. Maar ek het u gespaar en gesê: ‘Ek sal my hand nie teen my koning oplig nie, want hy is die gesalfde van die Here.’ 

My vader, kyk tog, kyk na die punt van u mantel in my hand. Deurdat ek die punt van u mantel afgesny het, maar u nie doodgemaak het nie, kan u weet en sien dat daar geen kwaadwilligheid of opstandigheid by my is nie. Ek het nie teen u in opstand gekom nie, selfs al agtervolg u my om my lewe te neem. Die Here sal regspreek tussen my en u en die Here sal my wreek op u, maar ek sal nie teen u wees nie.  Soos die spreekwoord van die voorgeslag lui: ‘Boosheid gaan uit van die boosdoeners,’ maar ek sal nie teen u wees nie. 

Agter wie aan het die koning van Israel opgetrek? Agter wie kom u aan? Agter ‘n dooie hond aan; agter een enkele vlooi aan!  Die Here sal regter wees en Hy sal regspreek tussen ons. Hy sal sorg en my saak behartig en aan my reg verskaf teenoor u.”  Nadat Dawid dit alles vir my pa gesê het, het my pa gevra: “Is dit jy wat praat, my seun, Dawid?” Siestog. Toe begin my pa hard huil en hy sê vir Dawid: “Jy is ‘n beter man as ek, want jy het aan my goed gedoen en ek het jou kwaad aangedoen. 

Jy het so pas duidelik getoon watter weldaad jy my bewys het deurdat jy my nie doodgemaak het toe die Here my in jou hand oorgegee het nie.  Sal iemand sy vyand ongedeerd sy koers laat gaan as hy hom raakloop? Mag die Here jou met weldade beloon vir wat jy vandag aan my gedoen het.   En nou, ek weet jy sal koning word, en die koningskap oor Israel sal in jou hand bestendig wees.  Lê dan nou in die Naam van die Here ‘n eed af dat jy nie my nageslag sal uitroei nie en so in my familie aan my naam ‘n einde sal maak nie.”  Nadat Dawid vir my pa ‘n eed afgelê het, het Saul huis toe gegaan, maar Dawid en sy manne het opgegaan na die bergskuiling toe. 

My liewe vriend daar is groot lesse wat ons almal uit my verhaal kan leer. Die eerste les is om nie vergelding te gebruik nie. Die tweede les is om te vergewe en dat jy die een wat jou vervolg te respekteer en vergewe. Hy of sy is God se eiedom en ons moet hulle sodanig respekteer.

DIE DOOD VAN JONATAN EN SAUL

Dawid het toe die volgende klaaglied oor Saul en sy seun Jonatan gesing. 

Hy het opdrag gegee dat hierdie booglied aan die inwoners van Juda geleer moet word. Die lied is ook opgeteken in die Boek van die Opregte.   “Jou trots, Israel – op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde geval!  Moet dit nie in Gat vertel nie; moet dit ook nie bekend maak in Askelon se strate nie, anders sal die Filistynse meisies bly wees en die dogters van die heidene jubel.  Gilboaberge! Offerland! Nóg dou, nóg reën vir julle! Waarlik, dáár is die heldeskild besoedel. Saul se skild – dit is nie met olie ingesmeer nie  maar met bloed van gesneuweldes, met vet van helde!

Jonatan se boog – dit het pal gestaan. Saul se swaard – dit het sy werk goed gedoen.  Saul en Jonatan, geliefde en beminde mense – in lewe en sterwe nie geskei nie. Hulle was vinniger as arende, sterker as leeus. 

Israelitiese dogters, julle moet huil oor Saul! Hy het julle beklee met sierlike klere, goue sierade het hy daarop laat aanbring.  Hoe het die helde geval? In die hitte van die stryd! Jonatan lê verslaan op die hoogtes.  Ek is bedroef oor jou, my broer Jonatan. Jy was baie na aan my hart. Jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van enige vrou.  Hoe het die helde geval? Met die wapen in die hand het hulle omgekom!” 

Was this article helpful?

Related Articles