Kom ek stel myself aan jou bekend. Ek is ‘n inwoner van Kapernaum en staan in diens van koning Herodus Antipas.
Die hele omgewing is aan die praat oor ‘n sekere Jesus wat die tempel in Jerusalem gaan skoonmaak het. Hy het die handelaars verdryf en vir hulle gesê dit is sy Vader se huis.
Mense wat die paasfees bygewoon het, het geen twyfel dat Hy die langverwagte Messias is nie.
Nadat ek na soveel mense geluister het wat die paasfees bygewoon het, het ek begin wonder of dit nie tog die Messias is.
Hulle het ook van die wonderwerke gepraat. Nog nooit het daar so iets in die geskiedenis van Israel gebeur.
JESUS SE BESOEK AAN KANA EN MY SEUN SE SIEKTE
Twee groot dinge het gelyktydig in my lewe plaasgevind. My seun het sieker en sieker en sieker geword. Ons het alles prober maar niks het gehelp nie.
En toe hoor ek dat Jesus op is na Kana. Ek het besluit om dadelik met Hom te gaan kontak maak.
“Tatta my ou groot seun. Pappa gaan vir Jesus vra om hierheen te kom en om jou gesond te maak.”
Met sy dowwe omet Hom te gaan kontak maak.
“Tatta my ou groot seun. Pappa gaan vir Jesus vra om hierheen te kom en om jou gesond te maak.”
Met sy dowwe oë en flou stem het hy net gesê, “Dankie Pappa.”
HOOGTE BO SEëSIEëL
Hier by Galilea lê ons so ongeveer 208 meters onder seëspieël en Kana sowat 244 meters bo seëspieël.
Ek was gereed om die 412 meters opdraende na Kana te stap om my sterwende kind se lewe hopelik te red.
Terwyk ek die steiltes uitstap was ek nie heeltemaal oortuig dat Jesus die Messias was nie.
Ek het besluit dat as Hy my seun genees, dit vir my die bewys sal wees dat Hy waarlik die Messias was.
AANKOMS
My hart het in my binneste geklop toe ek uiteindelik by Jesus uitkom. Hy was omring met skare mense.
Ek moes my weg met moeite baan om uiteindelik by Hom te kon uitkom.
Ag tog die oomblik toe ek Hom sien, het my moed in my skoene gesak. Jy moes gesien het wat se klere hy gedra het. Sy sandale het baie kilometers afgelê. Hy was nie hierdie indrukwekkende fisiese man wat ek verwag het nie.
Ek het getwyfel om Hy my souk on help.
Elk geval ek was nou daar en uiteindelik kon ek my versoek aan Hom rig.
Hy het ‘n begeerte in Sy hart vir my gehad en ek het ‘n verwagting van Hom gekoester.
Hy wou nie net my seun genees nie, hy wou ook my en my gesin die geskenk van verlossing skenk. Hy wou ook gehad het dat ons die goeie nuus van verlossing aan die inwoners van Galilea moes vertel.
Maar ek moes eers my behoefte aan die genade van Jesus voel. Ek moes Hom nie met selfsugtige motiewe nader nie.
Terwyl ek in spanning vir ‘n antwoord gewag het, het Jesus iets gesê wat my baie getref het:
“As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie.”
Ek dink Jesus het my ongeloof met die geloof van die Samaritane vergelyk. Alhoewel Hy geen wonderwerke onder hulle verrig het nie, het hulle nogtans as die Verlosser aangeneem.
Ek het besluit ek wil eers sien voordat ek glo; Jesus wou eers sien ek glo voordat Hy genees.
Hy het geweet wat in my gedagtes aangaan. Hy was reg. Ek het baie sleg gevoel. Daar was oorgenoeg bewyse dat Hy die Messias was, waarom wou ek nog meer bewyse gehad het.
My sterwende kind maal in my gedagtes. My twyfel kan daartoe lei dat my kind sterf.
Jesus het gesien dat ek ‘n mate van geloof gehad het want ek het gekom om die skynbare grootste seën van alle seëning te kom vra-die genesing van my kind.
Maar Jesus het ’n groter seën in gedagte gehad-die seën van verlossing. Hy wou gehad het dat ek hierdie seën met die mense van Kapernaum gaan deel.
Soos ‘n weerligstraal tref dit my dat ek in die teenwoordigheid van die Seun van God was. Ek val voor Sy voete neer en roep uit.
“Ag Here kom asb dadelik saam met my voordat my kind sterf.”
Soos Jakob van ouds het my geloof Hom vasgegryp. Ek het uitgeroep “Ek sal U nie laat gaan tensy U my seën nie.”
Jesus kyk my in my oë. Wat ‘n ondervinding. Ek kyk in die liefdevolle oë van die groot Geneesheer. In Sy oë sien ek waardering en vergifnis.
DUBBELE VREUGDE
“My dierbare vriend. Jy kan maar huistoe gaan. Jou kind lewe.”
Ek kan nie vir jou my vreugde beskryf nie. Eerstens was dit die ongelooflike vreugde toe ek Jesus as my Verlosser aangeneem het.
Die voëltjies het vir my mooier gesing as ooit van die vore. ‘n Vreugde het in my binneste geborrel wat nie einde gekry het nie.
En tweedens ek het sonder twyfel geglo my kind is genees. Ek het nie meer bewyse gesoek nie, geloof was voldoende.
DIE VOLGENDE DAG
Ek het nie dadelik huis toe gegaan nie. Die res van die dag het ek na Jesus se preke geluister. Eers die volgende dag is ek terug na Kapernaum.
BY DIE HUIS
My vrou en die res van die familie het my vertel wat 1300 daardie dag gebeur het. My ou seun se koors het gebreek. Hy het aan die slap geraak en toe hy wakker word moes hulle vir hom ‘n groot bord kos bring.
Dit was so lekker toe ek ou Boeta weer sien. Hy sou gesterf het, maa Jesus het hom gered.
Ek kon geestelik gesterf het, maar Jesus het my gered.
Ek wil Hom graag by jou aanbeveel. Moenie maak soos ek gemaak het nie. Ek wou eers ‘n wonderwerk sien voordat ek sou glo.
Hy wou eers sien dat ek glo voordat Hy die wonderwerk sou doen.
Glo Hom, neem Hom aan sonder om te sien. En jy sal ontvang, meer as wat jy ooit verwag het – die ewige lewe.