My ma vertel my van hoe hulle vasgestel het dat ek blind gebore was.
Toe ek begin loop het, het ek teen die meubels vasgeloop en geval.
Hulle het my toe na die dokter toe geneem om baie seker te maak dat dit wel die geval was en of daar ‘n moontlikheid bestaan dat ek eendag sal kan sien.
Toe ek groter geword het, het ek voel voel deur die lewe gegaan. Toe ek groter geword het kon ek nie werk kry nie. Al wat oor was, was om te gaan bedel.
Een Sabbatoggend het ek naby die tempel gaan sit. Dit was ‘n baie goeie plek vir ‘n blinde bedelaar want daar was meer voete op ‘n Sabbat as op ander dae.
Terwyl ek daar sit en bid dat iemand vir my ‘n geldjie moet gee, luister ek na ‘n baie interessante gesprek.
“Jesus,” sê ‘n stem, “wie het gesondig. Hierdie blinde bedelaar of sy ouers dat hierdie straf oor hom gekom het?”
Dit was vir my baie interessant want die Skrifgeleerdes het vir my ma’hulle gesê dat hulle ‘n vreeslike sonde moes gedoen het dat God hulle met ‘n blinde kind moes straf.
Dit met my bang gemaak vir God. Dis moes onregverdig dat ek vir my ouers se sondes met blindheid gestaan moet word.
Op hierdie man se vraag oor die oorsaak van my blindheid het ‘n man in die geselskap iets gesê wat my vir my ongelooflik baie beteken het:
“Hy het nie gesondig nie en sy ouers het ook nie gesondig nie.”
O ek het sy bly gevoel want ek het gewonder wat my ouers aangevang het dat blindheid my moes tref.
Dis die mooiste stem en die mooiste vertroostende boodskap wat ek in my hele lewe gehoor gehoor het. My skuldgevoelens het van my afgerol.
En toe sê die man met die mooi stem nog iets meer verstommends:
”Julle gaan sien watter wonderwerk God in sy lewe gaan doen.”
Sjoe. Ek het gewonder wat nou sou gebeur.
Die man met die vriendelik stem kom sit Sy hand op my skouer. Dis nie iets wat mense met my gedoen het nie.
“My dierbare ou vriend ek gaan op die grond spuug en ‘n kleinmengsel maak en dit op jou oë smeer.”
Ek was so bly toe ek dit hoor. My pa het my vertel dat die spoeg van belangrike mense medisinale waarde het. En aan die stem van hierdie man het ek besef dis ‘n baie belangrike Persoon wat met my praat.
Ek voel hoe sy vingers die kleinmengsel oor my oë smeer. Ag daar was soveel liefde en teerheid in hierdie behandeling. Ek het gewens Hy wou dit die hele dag lank doen.
Toe toe help Hy my op my voete en sê vir my ek moet my oë in die poel van Siloam gaan was.
Maar nou moet ek julle net iets anders vertel. Die plek waar ek by die tempel gesit was aan die een kant van Jerusalem en die plek waar Hy wou hê ek my oë moes gaan afwas, was aan die anderkant van die stad.
Dit het beteken dat ek voor al die mense met my witkierie moet aansukkel tot ek by Siloam uitkom.
Maar weet jy. Dit het nie vir my saak gemaak nie. Ek het geweet die mense gaan vir hierdie spektakel lag. Ek moes seker sonder die modder op my oë snaak gelyk het maar nou met die modder op daardie oogholtes moes dit lagwekkend snaak gelyk het.
Ek hoor hoe een van die mans saggies sê: “Maar Jesus kan nie sommer net ‘n woord spreek sodat hierdie man dadelik kan sien nie? U het dit met die ander blinders gedoen.”
Terwyl ek daar wegstap hoor ek hoe mense praat:
“Siestog. Wat wil hierdie arme blinde vir ons vertel? Wil hy hê ons moet lag of wil hy hê ons moet huil.”
‘n Seuntjie begin te lag. “Mammie kyk daardie snaakse oom. Wat het hy op sy oë smeer. Dit lyk so snaaks.”
Daar het nog ander mense ook opmerkings gemaak. Op ‘n stadium het ek gewonder of hierdie Jesus nie die gek met my geskeer het nie.
Sal die waters van Siloam met regtig laat sien as ek die modder afwas?
Ek sal daardie oomblik nooit vergeet toe ek uiteindelik by Siloam uitkom nie. My hart het van pure senuweeagtigheid begin klop soos hy nog nooit van te vore geklop het nie.
Ek het sommer altwee oë gelyk gewas en toe gebeur die wonderwerk.
Kan jy jouself indink toe ek skielik sien hoe mooi alles om my lyk? Vir jare het ek net donkerte gesien en nou was daar lig.
Ek het gekyk en gekyk en gekyk en in trane uitgebars.
“Ek kan sien. Ek kan sien. Ek kan sien.”
Ek wil tog net vir jou sê dat Jesus nie net fisiese blindheid kan genees nie. As jy iemand haat is jy ook blind. Jy kan nie meer die mooie dinge raaksien nie.
Soos wat Jesus my fisiese sig gegee het, kan Hy ook vir geestelik sig gee sodat jy Sy liefde kan waardeer en die mense wat jou blind van woede gemaak het, kan vergewe.