Die Samaritaan

Ek is ‘n Jood. Maar iets verskrikliks het met my gebeur. My eie mense het my aangerand en byna dood geslaan.

Ek was op pad van Jerusalem na Jerigo. Dis ‘n pad met steil afdraendes. Dis in hierdie omgewing dat die rowers weggekruip het en my dopgehou het. Ek het hulle nie gesien nie.

Ewe skielik het hulle op my toegesak. Ek probeer nog om myself te verdedig toe lê op die grond. Hulle ruk my klere van my lyf af skop ‘n paar van my ribbes af.

Die gebreekte ribbes laat my sukkel asem te haal. Dis net boed waar jy kyk.

Terwyl ek daar lê bid ek: “Ag Here stuur asb. ‘n priester om my lewe te kom red.”

Ek het skaars klaar gebid of ek sien hierdie man van God aangestap kom. Oor sy voorkop sien ek die goue band met die woorde “Heilig aan die Here.”

Ek kan nie glo die Here het my gebed so vinnig beantwoord nie. Maar tot my grootste ontsteltenis loop hy verby. Ek roep hom: “Priester kom help my asb. Ek is besig om my dood te bly.”

Toe hy teen die afdraende verdwyn het ek oor my lewe gedink. Hoe gaan my vrou en kinders reageer as hulle die nuus van my dood ontvang.

Terwyl ek teen die wal met die vreeslikste pyn hygend na my asem snak, sien ek ‘n Leviet aankom. Ek is seker hy het in Levitikus die opsomming van die wet gelees: jy moet die Here jou liefhê met jou hele hart en jou naaste soos jouself.

Ag ek hoop tog so dat hierdie Leviet wat aan die Here toegewy is, en wat die wet uit sy kop ken, lief is vir Here.

Ek het amper nie krag gehad om te huil toe hy ook verbystap. Miskien het hy gedink ek is ‘n Samaritaan. Nee dink ek, dan sou hy my kom skop het en op my kom spoeg het.

Het jy al by die dood omgedraai? Was jy al hulpeloos, sterwende langs die pad gelê en bloei?

Dit het vir my gevoel asof ek enige tgyd my bewussyn gaan verloor toe ek ek ‘n man met ‘n donkie sien aankom.

“Ag nee,” sê ek vir myself, “dis ‘n Samaritaan. Dis verby met my.”

Ons haat hulle en sal nie toelaat dat hulle skaduwee op ons val nie.

Maar hierdie man stop by my. Hy praat met my.

“Meneer. Verskoon my. Maar sê vir my. Wat het hier gebeur?”

My haat vir die Samaritane staan vir ‘n oomblik terug vir my dankbaarheid dat hy simpatiek met my in my nood kom gesels.

‘n Rukkie later het hy sy klere geskeur om my bloeding te stop en my wonde met olie te behandel. Toe sit hy my op sy donkie en neem my na die naaste (karaan sarai). Dis ‘n plek waar mens met jou kameel of donkie kon oornag en sommer voer vir jou dier koop.

Ek was so bly toe ons daar aangekom het. Maar ek het niks gehad om te betaal nie. Die rowers het alles gevat.

Hierdie vreemdeling, hierdie Samaritaan op wie ons afgekyk het, het die volle rekening betaal vir die nag se verblyf betaal.

Hy was kort kort by my om te sien of ek bystan nodig het. Die wyn en olie het baie vir my wonde gedoen.

Die volgende dag was ek nog baie siek en die eienaar wou weet wie gaan die rekening betaal as ek langer moet bly.

Weet jy wat doen daardie Samaritaan? Hy gee vir die einaar ‘n lompsom en sê vir hom as dit nie genoeg is nie, sal hy met sy terugkoms verdere uitgawe dek.

JESUS VERTEL DIE STORIE

Nou wil ek julle nog iets vertel. Ek was by gewees toe ‘n wetsgeleerde vir Jesus gevra het wie ons naaste is. In daardie selfde gehoor het ek die priester en die Leviet herken wat by my verbygeloop het.

Jesus het toe vir die wetsgeleerde my verhaal en vir hom gevra wie dink hy was die naaste van die drie mense in die verhaal.

Die onsekerheid oor wie ons naaste is, is vir altyd opgelos. Dis die een wat deur rowers aangeval en van sy besittings gestroop is.

Die Jode het Jesus ‘n Samaritaan genoem. Daar was nie ‘n groter belediging nie.

Vir my was Jesus die Goeie Samaritaan wat my langs die lewenspad kom red het. Jesus was vir my die Goeie Samaritaan wat vir my genesing kom betaal het.

My liewe vriend. Ek nooi jou uit om hierdie Jesus te leer ken. Hy is die een wat mense wat verwond is weer kan verbind en na die hospitaal vir siekes kan neem.

En as jy Hom as jou Saligmaker aangeneem het en Sy ontsettende groot liefde vir verminkte sondaars ontdek het, sal jy Hom liefkry met jou hele hart. Maar dis nie al nie. Jy sal jou naaste, die mens wat langs die lewenspad lê en bloei, sal jy liefkry soos wat jy jouself liefhet.

Kom ek en jy tel die mense op wat deur die vyand vermink is en help hulle liefdevol op. Kom ons verbind hulle wonde met ons omgeeliefde

Was this article helpful?

Related Articles