1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Die Seuntjie Van Die 5 Brode En 2 Vissies

Die Seuntjie Van Die 5 Brode En 2 Vissies

Ek is vandag ‘n ou man maar ek wil vir julle ‘n ongelooflike iets vertel wat met my gebeur het toe ek nog ‘n jong seuntjie was.

Ek het oom Filipus geken wat ook van my tuisdorp Betsaida afkomstig was. Oom Petrus en sy broer Andreas het ook hier gewoon.

Op ‘n dag het Jesus na ons dorp toe gekom en hierdie drie ooms – Filipus, Petrus en Andreas het toe Sy dissipels geword. Ek onthou dit nog asof dit gister gebeur het.

Baie van die ooms en tannies van ons dorp Betsaida het gedink die drie ooms maak ‘n groot fout.

Op ‘n dag het Jesus ons dorp weer ‘n keer besoek.  Een van die ooms van ons dorp was blind en Jesus het hom genees en hy kon toe sien.

Ek was by en het dit met my eie oë gesien.

Ek het huis toe gehardloop en vir my ma vertel wat ek gesien het.

“Mamma oom Levi wat blind was kan nou weer sien. Jesus het van sy spoeg op sy oë gesmeer en toe kon oom Levi weer sien. Ek het hom toe gevra hoe dit voel om nou te kan sien? Hy sê toe vir my dit was ongelooflik.”

Ek onthou nog hoe daar ‘n brandende begeerte in my hart gekom het om hierdie Jesus weer eendag te kon sien. Hy praat so mooi  en ‘n mens kry Hom sommer lief.

Ek sou so graag eendag iets vir Hom gedoen het maar ek het nie geweet wat dit sou wees nie.

JESUS VOED DIE SKARE

Ek sal die dag nooit vergeet toe Jesus hier na Betsaida gekom het nie. Hoe die mense gehoor het dat Hy hier by ons was, weet ek nie.

Die mense net bly aankom en aankom en aankom. Toe ek later groot was het ek by oom Filipus gehoor dat die ooms alleen 5000 was. Dis behalwe die tannies en die kinders.

Met groot opgewonderheid het ek vir my gevra of ek na Jesus kan gaan luister.

“Natuurlik my kind. Ek so bly jy wil meer van Jesus gaan leer. Vat tog net vir jou vyf van die ou plat garsbroodjies saam wat mamma gebak het en neem sommer twee gedroogte vissies saam. Jy kan nie die brood so droog eet nie.

Ek is daar weg en het so naby aan Jesus gekom as wat ek kon. Hy het die heel dag gepreek. Sjoe Hy kan darem mooi preek. Dit was nie so eentonig soos ons priester in die Sinagoge nie.

Het het alles soos ‘n storie vertel. Hy het van ‘n saaier vertel wat saad gaan saai het. Hy het ook van ‘n pa vertel wat twee seuns gehad het.

Oë dit was mooi preke. Ons het nie eers agtergekom dat die tyd so gevlieg het. So ‘n ruk voor die son gesak het, het Jesus vir oom Filipus gevra waar hulle kan brood koop vir die mense.

Die oom het vir Jesus gesê dis onmoonlik om vir so baie mense te kan kos nie. Om Judas het ook gesê dis begroting laat dit nie toe nie.

Oom Andreas, Petrus se broer sê toe vir Jesus dat ek vyf garsbrode en twee vissies het maar dis natuurlik nie genoeg om almal mee te voet nie.

Ek sal Jesus se woorde nooit vergeet nie. Hy het vir die dissipels gesê hulle moet die mens op die gras gaan laat sit. Party groepe moes 50 wees en ander weer ‘n 100.

Hulle moes so gemaklik op hulle arms gaan leun soos hulle gewoond was om by hulle huise te gaan eet.

In die middel moes daar ‘n oop kol wees want dis waar die dissipels die kos moes gaan neersit.

Ek het my kossies na Jesus geneem: “Ou seun” sê Jesus, ”Is jy seker dat oom Jesus kan hierdie kry?”

Ek het vir Hom gesê dat al van lankal die begeerte gehad het om iets vir Hom te doen.

Ek toe vat hy alles wat ek vir Hom gegee het; Hy bid vir kos en toe begin Hy die brood breek.

Sjoe dit was vir jou ‘n ding. Die 12 dissipels het met groot mandjies aangekom en Jesus die brode en visse gebreek en in die groot mandjies gegooi.

Daardie ou kossies wat ek gebring het, het nie opgehou nie. Sodra die dissipels die kos vir die klomp mense op die gras gebring het, het hulle met die leë mandjies terug gehardloop en Jesus het dit volgemaak.

Sjoe. Julle moes Jesus se hande gesien het. My mond het oopgehang. Jesus kyk nie my: “Dankie ou grote dat jy alles wat jy gehad vir My gegee het. Kyk net hoe My hemelse Vader dit vermeerder.”

Kort kort het ek vir die mense gekyk wat geëet het. Hulle kon nie genoeg oor die wonderwerk garsbrood en vissies praat nie.

Nadat die mense hulle self trommeldik geëet het, want hulle was baie honger, het daar nog ‘n klomp kos oorgebly.

Nou dat ek aan daardie dag terugdink, besef ek wat se ongelooflike Evangelis Jesus was.

Die dissipels moes daardie klomp kos bymekaarmaak en dit vir die mense gegee om huis toe te neem en vir hulle vriende en familie van die wonderwerkbrood neem.

Wat dink julle het hulle vir die mense gaan vertel?

Dieselfde wat ek vir my ma gaan vertel het.

Toe ek by die huis aankom vra my ma vir my: “My kind jy is met ‘n klein mandjie kos hier weg. Waar kom jy aan hierdie grote met die klomp kos daarin?

“Mamma ek my kos vir Jesus gegee. Hy het daaroor gebid en dit het toe begin vermeerder. Meer as tienduisend mense het van ma se kos geëet.”

Dis die verhaal uit my kinderdae wat by my vasgesteek het.

Noudat ek grootgeword het het ek herontdek wat ek as ‘n seuntjie ontdek het.

Toe ek vir Jesus alles gegee het wat ek gehad het hy duisende mense daarmee gevoed.

Later in my lewe het ek ook gedurigdeur alles aan Jesus gegee en Hy het baie mense deur my toewyding se lewens aangeraak.

Ek nooi jou om te probeer doen was ek as kind en ook as grootmens gedoen het.

Gee HOM alles wat Hy van jou vra, al is dit ook hoe min, en kyk het hoe Hy dit gaan  gebruik om die lewens van baie ander mense aan te raak

Was this article helpful?

Related Articles