1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Die Velamde Man By Betesda

Die Velamde Man By Betesda

Die grootste ondervinding van my hele lewe, het een Sabbatoggend plaasgevind.
Ek het op my opvoubedjie by die bad van Betesda gelê. Die naam beteken “Huis van Genade”. Ek sou die plek ‘n ander naam gegee het: “Pleks waar mens tevergeefs na genade soek.”
Die siek mense het geglo dat as daar ‘n roering in die water was, was daar genesing.
Die sieke wat dan die eerste in die water spring, sou dan gesond word.
38 JAAR
Van al die siek mense wat by Betesda op die roering van die water gewag het, was ek die oudste en die siekste. Ek het oor die jare gesien hoe mense om my doodgaan.
Daar was ook gevalle van mense wat tydens die roering van die water net tot by die water gekom het, en dan gesterf het.
SABBATSREIS
Daar was goeie mense wat vir my gedurende die week kos gebring het, maar nie op die Sabbat nie. Die rede was dat hulle ‘n paar kilometers van Betesda gewoon het.
Een van die honderde wette wat die Jode gemaak het, was dat jy nie verder as 1 kilometer op ‘n Sabbat mag gestap het nie.
WIL JY GESOND WORD?
Ek was klaar met die lewe. Ek kon enige oomblik doodgaan end an so hulle my ‘n arm-mansbegrafnis gee. Dit was een van daardie oomblikke wat ek met nostalgie na die lewe teruggekyk het.
Ek was ‘n sondige mens en my siekte was die gevolg van ‘n verkeerde leefstyl.
‘n Vriendelike stem vol omgee en simpatie,
kanselleer my gedagtes oor die dood.
“Wie jy gesond word?” My hart klop ‘n bietjie vinniger toe ek daardie mooi woord van ‘n baie mooi stem hoor.
Maar dan sink my moed weer in my skoene as ek terugdink hoeveel keer ek al probeer het om by die roering van die water uit te kom. Elke liewe keer het iemand my verbygegaan.
Ek sê toe vir hierdie man dat ek 38 jaar al probeer het maar sonder enige sukses.
STAAN OP
Hy begin weer te praat: ”Staan op, neem jou bed en loop.”
Wat dink julle het ek gedoen? Pleks dat ek vir hom sê dis onmoontlik want ek is in albei bene verlam, besluit ek om op te staan.
Met een enkele sprong staan ek op twee splinter nuwe bene. Ek voel of daar kuite is, ek kyk of ek kan buk en weer kan opstaan.
En vir die eerste keer in baie jare staan ek weer op my voete. Ek kan nie vir julle sê hoe dit gevoel het om weer te kon loop nie.
Dis asof ‘n bonatuurlike energie van my hele wese besit neem.
JY MAG NIE JOU BED DRA NIE
Ek is skaars hier met die pad af na die tempel toe, toe ‘n priester op my skreeu. “Haai. Dis Sabbat. Jy mag nie jou bed dra nie.”
Ek sê toe vir hom dat ek vir 38 jaar kreupel was en dat iemand wat ek nie eers ken nie, vir my gesê het ek moet my bed optel en loop.
Hy sê toe vir my: “Man ek gee nie om of jy ‘n honderdjaar kreupel was nie, die belangrikste is die onderhouding van die Sabbat.”
Terwyl ek tempeltoe stap staan ek verstom. Gee hulle nie vir ‘n mens om nie? Is hulle nie saam met my bly dat genees is nie.”
Sjoe. Ek wil net loop en loop en loop. Dis so lekker om te stap en by plekke uit te kom waar jy wil wees.
By die tempel kom iemand na my toe. Ag dit was so lekker om weer ‘n vriendelik gesig te sien.
Hy sê toe vir my Sy Naam is Jesus en dit is Hy wat my genees het.
Ek is vat Hom sommer om Sy lyf en gee Hom ‘n drukkie. Hy sê toe vir my:
“Jy moet nie weer sondig nie. Bly weg van die verkeerde sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.”
DIE REDE VAN SABBATSGENESING
Eers later het ek uitgevind waarom Jesus my op ‘n Sabbat genees het.
Die Jode het soveel mensgemaakte Sabbatwette gemaak dat dit nie meer ‘n plesier was om die Sabbat te vier nie.
Soos wat Jesus my op die Sabbat genees het, en weer op my voete gesit het, so het Jesus ook met die Sabbat gemaak.
Hulle het die Sabbat soos ‘n verlamde mens sonder vreugde gemaak.
Soos ek op daardie Sabbat ongelooflike vreugde en Vryheid geniet het so het Jesus gekom om weer die Sabbat ‘n verlustiging te noem.
Dis ‘n dag waarop Jesus met ons wil kom kuier, rustig kuier en vir ons vra of ons gesond wil word.
En as ons vir Hom sê ja, maar ons het al probeer maar ons kan nie, gaan Hy vir ons sê: “Staan op. Jy is vergewe en stap die lewe in met nuwe energie en dankbaarheid in jou hart.”
MENUSJA
Die word vir Sabbatsrus in Hebreeus is so mooi. Psalm 23 omskryf dit: na waters van rus lei Hy my heen, hy verkwik my siel.
SIMBOOL VAN VERLOSSING
Jesus het my gebruik om vir die Jode te vertel dat die Sabbat ‘n simbool van verlossing is.
As ons op die Sabbat ‘n eensame mens van eensaamheid kan verlos deur ‘n vriendelike besoekie, het ons dit ‘n verlustiging vir onsself en vir daardie mens gebring.
Die Sabbat is nie soseer ‘n dag vol reels nie, maar ‘n dag vol mooi verhoudings.
‘n Dag wanneer ons vir ons lewensmaats ons liefdevolle aandag kan gee.
‘n Dag waarop ons kinders kan agterkom dat pappa en mamma nie van hulle vergeet het nie.
Soos wat Jesus my daardie Sabbatdag kom genees het, so het Hy ook die wettiesheid van die Sabbat van sy verlamming kom genees.
Ek kan nie wag vir die volgende Sabbat om my ou kollegas by Batesde van die mooi verlossende boodskap van die Sabbat gaan vertel nie.

Was this article helpful?

Related Articles