1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Die Verlamde Man Wat Deur Die Dak Gekom Het

Die Verlamde Man Wat Deur Die Dak Gekom Het

Ek was vir ‘n lang ruk verlam. Ek kon omtrent niks vir myself gedoen het nie.
Sonde mag vir die oomblik lekker smaak maar die skade wat dit maak is lewenslank.
Asgevolg van my onkuise lewe het my vrou my gelos. Ongelukkig het ek nie opgehou met my los lewe nie en toe tel ek ‘n verlamende siekte op.
Die vrou met wie ek saamgeleef het, het my gelos. Al wat ek oorgehou het, al wat ek besit het, was my skuldgevoelens.
Selfverwyt het my opgevreet. Daar was net een iets waarna ek verlang het voordat ek sterf end it was God se vergifnis.
Ek het by Fariseërs en skrifgeleerdes vir hulp met sy geestelike en fisiese pyn gaan aanklop. Maar dit was ‘n ramp.
Hulle het met ‘n hoogmoedige kilheid vir my gesê ek is terminal. En boonop vir my gesê dat torn van God op my rus.
Hoe sou jy dit hanteer het? Ek het handdoek ingegooi en in ‘n diepe depressie beland.
En toe op ‘n dag het van my sondaarsmaats my hom kom besoek.
“Haai ou maat” skreeu hulle “Hou moed. Daar is iemand van drommels soos ons omgee. Sy Naam is Jesus.
“Ons ken toevallig van die mense wat by Hom kom vergifnis soek het. Hy het hulle vergewe en ook van hulle fisiese siektes genees. Daar was selfs ‘n ou wat melaats was. Ons het met ons eie oë gesien hoe Hy die ou in Sy arms neem en genees. Sy vel was weer mooi soos voorheen.”

“Ag manne. Kan julle nie asseblief by hierdie Jesus uitbring nie. Julle weet hoe goddeloos ek was en ek wil graag hê Hy moet my vergewe. Ek sal dankbaar wees as Hy my ook kan genees.”
“Hoor hier ou Pal. More oggend moet jy gereed wees. Ons sal jou na die plek toe dra waar hy tans tuis is. Iemand het vir ons gesê dis by ou Petrus se huis.”

Die volgende oggend toe my maats my kom haal, het my moed weer in my skoene gesak want dit was my sondes wat my so siek gemaak het. Ek was bevrees dat die rein Geneesheer my nie sal toelaat om in Sy spasie te kom nie.
“Kêrels as hierdie Jesus waarvan julle praat my net van hierdie sondelas kon genees, sal ek so dankbaar wees. Dan kan ek maar sterwe.”
“Hou moed ou maat” sê hulle vir my. Ons was net so boos soos jy en Hy het ons vergewe.”
Toe ons naby Petrus se huis kom was daar ‘n skare mense binne en buite. My dierbare vriende doen hulle bes om deur die klomp mense te kom, maar niemand wil ons laat verbykom nie.
Ek het so gewens ek kon net sy stem hoor. En dan het die klomp Fariseërs skrifgeleerdes ons ook nog sulke vuil kyke gegee.
Ek sê toe vir my maats of hulle my nie op die huis se dak kan kry nie. Die ouens was so gaaf om my met ‘n groot gesukkel op die dak te kry.
Hoor hier. Daai ouens het van die dakteëls verwyder twee toue in die hande gekry en my tot voor Jesus se voete laat afsak.
Toe ek in Sy oë kyk het Hy gesien wat ek begeer – die genesing van my sondige toestand.
Toe ek in daardie dierbare liefdevolle van Jesus kyk, het ek geweet Hy lees my diepste verlange vir genesing.
Ek nog nooit in sulke goddelike oë vol liefde en vergifnis gekyk nie.
Ek kan nie vir julle vertel wat op daardie oomblik gebeur het nie.
En toe hoor ek die mooiste woorde wat soos hemelse musiek my siel begin streel.
“My ou seun hou goeie moed. Jou sondes is vergewe.”
Dit was soos ‘n swaar berg wat van my afgerol het.
My vriende kon die stralende vreugde wat vergifis bring op my gesig sien. O dit was so lekker om van my geestelike en fisiese pyn genees te wees.
Ek het net daar op my draagbaar gelê en Jesus se woorde van vergifnis kinderlik aanvaar. Die lig van die hemel het my gesig verlig en die mense het met verbasing na my gekyk.
Die rabbies wat my soos ‘n hond behandel het hou die gebeure fyn dop. In hulle harte dink hulled at Jesus laster omdat Hy gesê het my sondes is vergewe want net God kan dit doen.
Toe Jesus na hulle kyk het hulle agteruit gestaan. Hy sê toe vir hulle: “Waarom koester julle bose gedagtes. Wat is die maklikste om te sê: jou sondes is vergewe of staan op en loop.
“Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om sondes te vergewe, sê Hy vir my: Staan op, neem jou bed en gaan huis toe.”
Hoor hier. Ek spring toe van die draagbaar af en loop soos wafferse jongman daar weg. Die doodskleur maak plek vir ‘n gesonde kleur en elke orgaan in my liggaam is vol aksie.
Then he who had been borne on a litter to Jesus rises to his
Die mense is so verbaas. Party van hulle sê dat hulle in hulle dag des lewens nog nie so iets gesien het nie.
Hoe dink julle het my huismense gereageer toe die sterwende ek met ‘n nuwe liggaam daar aankom.
My dierbare vriend miskien sit jy ook met sondeskuld. Miskien het jy ook verwyte.
Daar is net een plek waar jy vergifnis kan kry en dis by Jesus.
Soek Hom op soos wat ek Hom opgesoek het. Het het nog nooit ‘n soekende sondaar weggewys nie.
Hy wag dat jy jou skuldgevoelens vir Hom moet gee, sodat Hy vir jou Sy hemelse liefde, vergifnis en vrede kan gee.

Was this article helpful?

Related Articles