Noem my Hajjir. Ek is die seun van die weduwee van Sarfat.
Dis by ons waar die profeet Elia vir ruk kom tuisgaan het.
Ek het sopas verneem dat Elia iewers naby die Jordaanrivier lewendig opgeneem is in die hemel.
Ek wil net graag vir jou vertel hoe hierdie godsman ons lewe geraak het.
Ek was nog ‘n baie klein seuntjie toe my pa skielik oorlede is. My ma het baie swaar gekry. Die bure en die vriende was nie oorgretig om hierdie weduwee te help nie.
Ons het ook nie by mense gaan kuier waar die man en die vrou nog albei gelewe het nie, want, nou ja.
Ek is saam met haar hierdie een dag toe ons met ons laaste geldjies meel en olyfolie gaan koop het.
“Hajjir” het my ma gesê, “Dis die einde hierdie. Ons sal die volgende paar dae versigtig aan die ou kossies moet eet. As dit klaar is, weet ek nie wat gebeur nie.”
Ek sal daardie spesifieke dag nooit vergeet nie. Dit was so snaaks.
Elia het doodmoeg hier by ons aangekom. Hy was nie van ons nasie nie. Ons is Kanaäniete en hy is ‘n Israeliet.
Waarom hy spesifiek na ons toe gekom het, het ons eers uitgevind.
Die eerste iets wat hy vir my ma gevra het toe hy by ons in Sarfat aankom was water. Toe my ma die water gaan haal, sê sy vir my:
“Hajjir. Ek kan vir die mooi water gee. Ek hoop net nie hy vra ook vir kos nie want ons het net genoeg meel en olie om vanaand ons laaste bietjie kos te eet.
My arme ma. Sy het dit skaars gesê of Elia roep uit: “Bring ook sommer vir my ‘n broodjie saam. Ek is dood van die honger.”
Net waarvoor my ma gevrees het, het gebeur.
My ma sê toe vir hom dat sy besig is om houtjies bymekaar te maak sodat sy vir ons die laaste meel en olie kan gebruik. As ons dit klaar geëet het, gaan ons sterf.
Dis asof hy hom nie daaraan gesteur het nie. Hy sê vir haar dat sy nie moet bang wees nie. Sy moet eers vir hom iets te ete maak, en dan kan sy vir ons ‘n ete maak.
Ek sal nooit my ma se ontsteltenis vergeet nie. Sy wil Elia baie graag help maar dis asof hy nie mooi verstaan nie.
Sy sê toe vir hom. Meneer die vreemdeling, jy verstaan nie mooi nie. Ek het nie genoeg kos vir jou en vir ons nie. As ek eers vir jou moet gee het ek en my kind niks oor om kos mee te maak nie.
Ek kan net vir een van ons kos maak.
Die woorde van Elia sal ek nooit vergeet nie. Hy sê vir haar: “So sê die Here, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, totdat die Here dit op die aarde sal laat reent nie.
My kind hoor jy wat hy sê. Ons kos sal nie opraak solank hierdie droogte voort duur nie. Moet ons hom glo? Wat dink jy?
Ek het vir haar gesê: Ag my liewe ma ons gaan tog buitendien sterf. Ons kan gerus maar vir die oom ons laaste bietjie kos gee. Miskien kom sy voorspelling tog waar. Miskien sal die meel in die pot en die olie n die kruik nie minder word nie.
Ek was saam met my in ons ou kombusie. Sy het die laaste bietjie kos geneem en vir hom ‘n brood gebak.
Ons het dit hom geneem en hy het tog te lekker geëet.
My ma het hom huistoe genooi om by ons te kom bly.
Nadat die oom hom gewas het, het hy doodmoeg in die bed geklim en gaan slaap.
Ons is toe kombuis toe om te kyk hoe dit in die pot en kruik lyk. Ons kon ons oë nie glo nie. Daar was genoeg om vir ons ‘n ete te maak.
Mamma het net daar en dan op haar knieë geval en die God van Israel geloof vir die wonderwerk wat gebeur het.
MY DOOD
Op ‘n dag het ek ‘n verskriklike hoofpyn gekry. My ma het alles probeer om my hoë koors af te kry, maar niks het gehelp. Ek sien haar nog langs my ou bedjie bid.
“O God van Elia. U wat al soveel wonderwerke in ons lewens verrig het, doen nog ‘n wonderwerk en genees vir klein Hajjir.
Dit was so ‘n snaakse gevoel toe ek gesterf het. Dis net soos wat dit is wanneer ek gaan slaap het.
LEWENDIG GEWORD
Ek weet natuurlik nie wat alles na my dood gebeur het nie, maar my ma het my later alles vertel.
In haar histeriese smart het Elia verwyt dat ek dood is. Sy het vir hom gesê dis hoe hy haar sondes kom straf het. Elia het stilgebly en my uit my ma se arms geneem en my op my bedjie gaan neersit.
Hy het my drie keer in sy arms geneem en ernstig tot die Here gebid. Die derde keer het ek my oë oopgemaak.
Die trane het van Elia se oë gerol. Hy het my opgetel en na my ma geneem.
Ek weet nie hoe sterk jou verbeelding is nie. Maar kan jy jouself indink hoe my ma gereageer het toe sy my uit Elia se arms in haar arms geneem het.
Sy huil van blydskap. Sy soen my amper papnat van blydskap.
Hajjir my kind. Jy was dood en nou leef jy.
En druk en soen sy my net weer ‘n keer.
En nou is Elia nie meer by ons op aarde nie. Hy is hemel toe.
In die hemel sal daar nie meer mammas wees wat huil omdat hulle kinders dood is nie.
Ek wil eendag in so ‘n plek bly. Wat van jou?