DROSTERS

Het jy al van die woord “droster” gehoor? Wat dink jy beteken die woord?

Is jy ‘n droster?

Die ander term wat gebruik word, is geestesontvlugter. Ons kyk hier na iemand wat net een ding in sy kop het, hy of sy moet wegkom van hulle moeilike omstandighede.

Met kere beland ons in onsmaaklike omstandighede en dan voel ons geforseer om uit die situasie te kom.

DIE EERSTE DROSTERS

Kan jy aan die heel eerste droster dink?

Wie nog behalwe die duiwel het ook drosters geword?

Adam en Eva was in die hemel van onskuld en geluk. En toe dros hulle in die hel van hulle eie gevalle nature. En daardie ewigbrandevuur het nog nie opgehou brand nie.

Wat het hulle vroeër besit en wat het hulle nou gehad?

Hulle het onsterflikheid gehad en nou moes hulle begrawe word.

Van ‘n skoon gewete na ‘n skuldige een.

Van klere van lig na vye blare.

Van mak diere na wrede vyandige diere.

Van geluk na ongeluk.

HOE HET DIE HERE DIE EERSTE TWEE DROSTERS BEHANDEL

Genesis 2:16,17 En die Here God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

God se geregtigheid vereis onmiddelike geregtigheid. Maar terselfdertyd is Hy ‘n God van oneidige liefde en genade.

Hoe kan Hy reg doen aan albei hierdie goddelike karaktereienkappe?

Binne in die paradys rig Hy ‘n miniatuur Golgota op.

Adam bring die lam vir wie hy baie lief was na die Here. Die Here gee hom ‘n mes en Adam maak die lam dood. Jesus haal die vel van die Lam af en maak vir Adam en Eva klere.

Hy sê vir hulle: “Ek moet julle straf want Ek moet aan My eie karakter van geregtigheid getrou bly. Maar omdat Ek julle so liefhet kan ek dit nie oor my hart kry nie.

Iewers votentoe gaan ek ‘n mens word soos julle en dan gaan Ek in julle plek die doodstraf op Myself neem. Ek betaal die volle prys vir julle oortreding en as julle it aanneem, word julle beskou as mense wat nog nooit gesondig het nie.”

In die Paradys het God se geregtigheid en genade mekaar in beeld gesoen. Op die kruis het geregtigheid en genade mekaar, nie in beeld gesoen nie, maar in werklikheid.

DROSTER MOSES EN ELIA

Kan jy aan twee ander drosters dink wat oor dieselfde woestyn na dieselfde berg gevlug het? Albei van hulle het op hierdie selfde berg God se stem gehoor.

MOSES

Wat het Moses alles verloor nadat hy moord gepleeg het en na Sinai moes vlug?

Sy skoon gewete; sy reputasie; sy volk se vertoue.

Ek sien hom oor die sandduine van Egipte vlug. Ek probeer myself in sy posisie indink.

Hy was koningskap belowe; hy het die grootste geleerdheid in die geskiedenis van Egiptiese akademisie gehad.

Het hierdie droster op die lang woestynpad na Sinai gewens hy kon maar sterf?

Terwyl hy vlug, kom ons kyk net vlugtig na die ander droster.

WAAROM HET MOSES GEDROS?

Daar is aan hom geopenbaar dat hy sy slawevolk sou verlos. Hy raak so geleerd en so ongeduldig dat hy ‘n staatsgreep beplan. Egiptenare moet uitgewis word en Israel moet oorneem.

Hoeveel Egiptenare het hy vermoor voordat hy uit sy verhewe magsposisie uit dwang moes dros?

Wat se verhoudings het hy verwoes? Hy het sy pleegmoeder se vertroue verloor. Sy bioligiese moeder, Haar ideal en gebed vir haar seun was verpletter. Haar seun was die slawe volk moes verlos het nou as moordenaar gevlug.

VLUG

Kan jy hom dag en nag sien vlug? Ek sou graag wou weet hoe hy by die veiligheidspolisie op die grens verbygeglip het.

UITRUSTING

Hy het sy deftige Egiptiese klere uitgetrek en soos Adam met vyeblaarklere gevlug.

Hy vlug van faam na skaam.

Hoe hanteer die Here die drosters van hierdie planeet?

ELIA

Hy stap Agab se paleis onverskrokke binne en kondig ‘n drie-en-‘n-halfjaar se droogte aan.

drie-en-‘n-halfjaar later ontmoet hy kerk en staat op die berg Karmel. Hy ontmasker die Baälspriesters, vuur daal neer en koning en volk kom tot bekering en die reent begin te val.

Na die grootse Karmelondervinding slinger Elia die Negevwoestyn binne. Sy selfmoordpogings misluk.

GOD SE MODUS OPERANDI TOV VAN DROSTERS

Is jy ‘n droster? Was jy iemand en nou is jy ‘n niemand? Is jy iewers op ‘n woestyn van rigtingloosheid?

Moses het Hom nie gesien nie en Elia het Hom nie gesien nie. God kom after die twee aangehardloop met die grootste geskenke wat nog ooit aan ‘n mens gegee is.

MOORDENAAR

Ek dink een van die dinge waaroor Moses gewonder het, het oor ‘n toekomstig vrou gehandel. Sal ‘n vrou met ‘n moordenaar soos hy wou trou.

En toe gee die Here vir hom ‘n vrou.

ALFABET OM DIE BYBEL MEE TE SKRYF

Gedurende Moses se eerste 40 jaar in Egipte het hy sy pleegmoeder Hatsjepsut op haar ekspedisies vergesel. Op een van die plekke, Serebit al Khadim het die argeoloë ‘n vroeë alphabet ontdek.

Moses was daarmee vertroud en hy gebruik hierdie kennis om die boek Job en Genesis te skryf, en later Eksodus, Levitikus, Numerie en Deuteronomium.

Van ‘n droster na die grootste historikus, digter, filosoof, wetgewer en generaal van ‘n weermag.

Hy word die eerste mens wat verbaal met God in gesprek tree.

Numeri 12:8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die Here

SY OPSTANDING

Na 40 jaar van selfbeheersing verloor hy sy humeur by Kades Barnea. Pleks van met die rots te praat, soos die Here hom beveel het, skreeu hy op die volk en slaan die rots tweekeer.

Hy dros weg van selfbeheersing na die woestyn van woede.

Sy straf? Kon nie die Beloofde Land binnegaan nie.

Met trane in sy oë sterf Moses ‘n baie eensame dood met niemand wat sy begrafnis bywoon nie.

GENADE TOT IN DIE DOOD

Hoe ver strek God se genade vir drosters? Net tot ons sterf of selfs tot in die dood?

Judas 1:9 Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!

Moses word ‘n tipe van Jesus wat Vrydagmiddag om 1500 op Golgota gesterf het en Sondagoggend opgewek word.

Hy word die eerste sterfling wat uit die dood opgewek word.

God beweeg deur die kosmos van Sy hemelse paleis na die Moabsvlakte waar Moses in die graf lê. Vir die eerste keer sien die heelal hoedat iemand wat gesterf het, lewendig gemaak word.

Moses die droster sien Jesus in al sy goddelike glans en glorie. Hy word die eerste mens wat opgewek word, ‘n tipe van die mense wat by die wederkoms opgewek sal word.

Van ‘n droster na ‘n paleis in die stad van God.

ELIA

Toe Elia se selfmoordpoging misluk het, ontvang hy wat ons in Engels noem, “Room service”. Gabriel bring vir ons kos wat deur die hoofchef in die hemelse kombuis voorberei is.

Dit word weer ‘n keer herhaal. Met die krag van die kos loop hy gemaklik vir 40 dae deur die woestyn na Sinai. Vir die eerste keer loop ‘n mens met die krag van hemelse kos vir so ‘n lang ruk.

Die Here is so goed vir drosters.

Dit was moontlik in dieselfde skeur van die rots waar Moses die heerlikheid van die Here aanskou het, dat Elia Sy stem gehoor.

“Ou droster. Wat maak jy hier my ou maat? Ek het nog baie werk vir jou. Gaan sien vir koning Agab reg en gaan salf Hasael van Damaskus as koning.”

Met sy mantel kloof Elia die Jordaanrivier en hy en Elisa stap op droë grond deur.

So ‘n endjie verder waar Moses begrawe en opgewek is, kom die Here vir ‘n tweede keer na die Moabsvlakte af. Met groot glans en glorie word Elia in die arms van die Here verwelkom en reis na die glans van die Nuwe Jerusalem.

Agt eeue later word Jesus by dieselfde plek gedoop waar Moses en Elia hemel toe is. Met Sy doop illustreer Hy die boodskap van Golgota.

BERG VAN VERHEERLIKING

Hier het iets besonders gebeur. Dieselfde Jesus wat Moses deur die woestyn bemoedig het, verskyn aan Jesus op die berg.

Dieselfde Jesus wat vir Elia kos gestuur het toe hy moed opgegee het, verskyn ook aan Jesus op die berg.

Waaroor praat die twee gerehabiliteerde drosters met Jesus?

Lukas 9:30,31 En daar was twee manne in gesprek met Hom; dit was Moses en Elía.31 Hulle het in heerlikheid verskyn en van sy uitgang gespreek wat Hy in Jerusalem sou volbring.

Ek staan versrom oor wat Jesus vir hierdie twee drosters gedoen het.

Ek staan verstom oor God die Vader wat hierdie twee mense na Sy Seun Jesus stuur om Hom te bemoedig.

Moses vertel miskien vir Jesus hoe moeilik dit was toe die volk hom herhaaldelik verwerp het en wou stenig het.

Moses vertel miskien vir Jesus van sy ondervinding toe hy gesterf het, en hoe Jesus hom weer opgewek het.

Elia vertel miskien vir Jesus hoe hy moedeloos geword het en in die woestyn wou sterf. Hoe hy in die Getsemanewoestyn wou moed opgee. Hoe hy deur Gabriël versterk was.

Hy bemoedig Jesus miskien om deur die komende Getsemanewroeging nie moedeloos te word nie.

OPROEP

Is jy ‘n droster? Hy jy weggehardloop na ‘n woestyn van sinloosheid?

Dieselfde God wat twee drosters lank gelede agterna gesit het en ingehaal het, gaan jou ook inhaal en vir jou ‘n nuwe plan vir jou lewe gee.

Aanvaar asb Sy vergifnis en Sy nuwe plan vir jou lewe.

Was this article helpful?

Related Articles