My naam is Filuppus, dis eintlik ‘n Griekse naam. Dit was een Dinsdag lank gelede tydens Jesus se heel laaste besoek aan die tempel. Hy sou Vrydag, drie dae later gekruisig word.
‘n Baie interessante insident het daardie dag gebeur. ‘n Klompie Grieke het by die tempel kom aanbid. Hulle was net toegelaat om in die gedeelte van heidene te kom aanbid.
Ek het toevallig daar deurgestap toe die Grieke my voorkeur en vir my vra of dit moontlik is dat ek vir hulle ‘n onderhoud met Jesus kan reël?
Ek het toe vir hulle gesê dat ek met Andreas sal gaan praat, hy het ook ‘n Griekse naam, en ons sal hulle laat weet.
Weet julle hoekom ek die versoek met Andreas gaan deel het? Met die vermedering van die brood en vis by Betsaide het Jesus vir my gevra waar gaan ons brood koop vir die honger mense. Ek het toe vir Jesus gesê dat ons nie genoeg geld het om die skare toe voed nie. Dis toe dat Andreas met ‘n plan vorendag gekom het en die seuntjie met die vyf brode en die twee vissie gekry het en hom na Jesus toe gebring het.
Ek het Andreas gevra om my te help want hy is ‘n baie meer praktiese mens as ek.
JESUS SE GEMOED
Kom ek vertel jou net ietsie van Jesus se gemoedstoestand op hierdie oomblik. Het het by die plek gekom dat Hy besef het dat die priesters en die Farsieërs Hom finaal as die Messias verwerp het. Sy hart was seer. Ek kon dit op Sy gesig gesien het.
En dan moet jy ook onthou dat Jesus in die skaduwee van die kruis gestaan het.
Hoe dink jy het Hy gereageer toe ons vir Hom van die Grieke vertel wat Hom bitter wou sien?
Ag siestog. Ek sal dit nooit vergeet nie. Oor daardie hartseer gesig het ‘n nuwe blydskap gekom.
Hy het die plek in die tempel verlaat waar net Jode mag wees, en na die Grieke in die buitehof gestap. Ag hulle was so opgewonde toe hulle Hom sien. Hulle het so baie van Hom gehoor en nou is hulle by Hom.
Met nuwe energie het Hy vir ons en die Grieke gesê dat die uur het gekom dat Hy verheerlik moes word. Al die ander kere het Hy gesê dat Sy uur nog nie gekom het nie.
Maar nou het die uur van Sy kruisiging aangebreek.
En toe verduidelik Hy vir ons daar as ‘n koringkorrel nie sterf nie, met ander woorde nie in die grond geplant word nie, sal daar geen resultate wees nie.
Maar as dit geplant word en sterf, kom daar ‘n korintjie op wat uiteindelik sommer ‘n klomp saad voortbring.
Dit was so ‘n mooi verduidelik van die boodskap van Sy kruisiging. As Hy nie sou sterf nie, sou daar nie ‘n geredde oes eendag wees nie.
Terwyl ek na die Grieke kyk wat na Jesus kom soek het, besef ek hulle kom uit die weste. By Sy geboorte het wyse manne uit die Ooste gekom.
Die Grieke het die baie nasies oor die hele wêreld voorgestel wat Jesus se soendood op die kruis gaan aanneem.
Skielik het Jesus weer stil geword. Dis asof die verlossingsplan wat in die hemel vasgelê was, tot hier net voor Sy dood voor Hom afgespeel het.
Hy praat met ons en sê dat Hy diep ontsteld is. En dan begin Hy te bid dat die Vader Hom asseblief met die oog op Getsemane en die kruisdood moet help.
En dan besef Hy onderwerp Hy Homself aan die Vader se
Hy bid dat die Vader se Naam verheerlik moet word. En toe gebeur iets ongeloofliks.
Ons hoor die stem van die Vader: “Ek het My Naam verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.” Dit het soos ‘n donderslag geklink.
Jesus se verheerliking was natuurlik ‘n verwysing na Sy dood aan die kruis.
Tegelyke tyd het ‘n wolk Jesus kom toevou. Dis asof Hy Sy arms soos ‘n muur van vuur om Jesus geslaan het.
GOD SE STEM
Kan jy aan ander kere dink toe die stem van die Vader gehoor is?
Die eerste keer was dit tydens Jesus se doop in die Jordaanrivier.
Die tweede keer op die berg van Saligsprekinge en die derde keer terwyl die Grieke dit ook gehoor het.
Ek wil afsluit met die laaste woorde wat Jesus vir ons en die Grieke gesê het:
“Maar Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.”
‘n Paar dae later het ek gesien hoe Jesus van die aarde verhoog is. Ons het Hom verwerp. En toe Hy daar tussen die hemel en die aarde hang, het Hy uitgeroep: “My God My God, waarom het U my verlaat.”
Verwerp deur die aarde en verwerp deur die hemel.
Maar op daardie kruis waar Jesus gesterf het, het Hy en die Vader vir my Filuppis kom demonstreer hoe lief Hulle vir ons is.
Jesus het my sonde op Hom geneem en die Vader het Hom die doodsvonnis daarvoor gegee.
My liewe vriend. Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy my op ‘n wonderbaarlike wyse na Hom getrek.
Mag ek jou uitnooi om ook na Jesus se kruisiging te kyk en te waardeer dat Hy vir al jou sondes gesterf het.
Soos dit my na Hom getrek het, sal dit jou ook na Hom toe trek.
The ac