Kom ek stel myself aan julle bekend. Dis baie belangrik want ek wil julle van die ongelooflike opstanding van Jesus vertel.
Toe Lucifer in die hemel geval het, was daar oorlog tussen Hom en Jesus. Jesus was die wenner en die duiwel en sy engele is op die aarde neergewerp.
Dis hy wat Adam en Eva se val in die paradys veroorsaak het. Hy vir Jesus en elkeen wat Jesus aangeneem het. Dit was vir my ‘n hartseer oomblik toe Jesus die hemel verlaat het om die duiwel as mens te kom weerstaan het.
Toe Jesus in Getsemane begin bloed sweet het toe hy die mensdom se sondes op Homself geneem het, het die Vader my gestuur om Hom te versterk.
Jesus het uitgeput op die grond gelê en ek het Hom opgelig. Versigtig het ek sy bloedbevlekte gesig teen my bors gedruk. Ek het Hom van Sy Vader se liefde verseker. En toe het ek Jesus aangemoedig om die beker van die mensdom se sondes te drink en eendag die vreugde te sien wanneer kosbare siele vir ewig in die hemel gaan wees. Terwyl ek vir Jesus vasgehou het, het Hy besluit om die beker van die mensdom se sondes lees te drink.
Die ander opdrag wat die Vader my gegee het, was baie aangenamer. Ek moes die Sondagoggend baie vroeg Jesus gaan roep om uit die graf op te staan.
Die donkerste gedeelte van die nag, net voor dagbreek het aangebreek. Jesus was nog steeds ij Josef van Arimatea se
graf. Die reuse steen en die Romeinse seël was in plek. Toe ek daar aankom was die Romeinse wag op hulle epos. Maar wil jy raai wat ek nog daar gesien het. Lucifer en ‘n magdom van sy bose engele. Hoe lank dink jy wou hulle Jesus in daardie verseëlde graf gehou het?
Maar teenoor die bose engele was daar ook magtige engele wat gewag het om die Prins van Lewe te verwelkom wanneer Hy opgewek sou word.
Toe ek by die graf aankom, was daar ‘n verskriklike aardbewing. Die glans wat my omring het, het die duisternis in ‘n helder lig omskep. Die arme Romeinse soldate, die sterkste en die beste in die hele land, begin die bewe en val soos dooies op die grond.
Satan en sy engele vlug soos papbroeke toe aarde onder hulle bewe en die glans hulle verskrik.
Ek daardie klip van etlike tonne wat die graf bewaak het, net so ‘n tikkie met my vinger gegee en die graf was oop. Ek het toe met ‘n groot stem geroep: “Jesus, Seun van God, U Vader roep U!”
Intussen het die dapper Romeinse soldate weer regop gekom en gesien hoe die Jesus wat hulle gekruisig het, uit die graf uit kom.
Hulle hoor Sy stem, helder en duidelik: “Ek is die Opstanding en die Lewe.” Die engele wat by Sy geboorte gesing het, het nou weer gesing. Hulle het in eerbied neergbuig terwyl hulle met die mooiste engele stemme Hom met lof verwelkom het.
Daarwas ‘n aardbewing toe Jesus gesterf het en ‘n aardbewing toe Hy opgestaan het.
Dit was ‘n aangrypende toneel toe Jesus die dood verslaan het en as Oorwinnaar uit die graf gestap het. Die aarde het gebewe, en die weerlig het geblits.
Ek gaan julle later vertel wat gebeur het toe Jesus 40 dae later vanaf die Olyfberg opgevaar het.
Kan ek julle ‘n groot geheim vertel. Ons maak tans gereed om weer neer te daal na hierdie aarde. Dit vind plaas wanneer God die Vader, God die Seun en al die engele in hulle volle glorie gaan kom om die gelowiges hemel toe te neem.
Probeer jouself die glans- en magsmanifestasie indink. Die lig wat my omring het was verblindend. My glans het die aarde geskud.
Dink net aan die goddelike glans en klank wanneer die hemelse armade deur die kosmos na hierdie planeet gaan beweeg? In een enkele oomblik sal ‘n globale aardbewig die planeet in totale rommel omskep.
Alhoewel die glans al die goddeloses in ‘n oomblik laat disintegreer, sal dieselfde glans mense wat Jesus aangeneneem het, in ‘n oogwink van sterflikheid na onsterflikheid verander.
Jy gaan ‘n liggaam soos die van Jesus na Sy opstanding ontvang. Ons gaan Hom in die lug ontmoet en saam met Hom hemel toe vaar.
Het jy al gedink hoe die hemel gaan wees? Daar gaan nie konflik wees nie. Kan jy jouself in so ‘n situasie indink? In die hemel is daar nie onrus nie. In die hemel is daar vrede wat deur niks verstoor kan word nie.
In die hemel is daar nie misverstande nie. Hoe klink dit? In die hemel is daar siekte of teleurstellings nie. Wat sê jy daarvan?
In die hemel is daar nie lykswaens en lykshuise nie. Dink het daaraan. Jy sal nooit weer ‘n begrafnis bywoon nie.
En dan ‘n laaste ongelooflike wonder. Julle gaan sien wat ek elke dag sien. God die Vader. Ek is seker jy gaan vir Hom dankie sê dat Hy jou so lief gehad het dat Hy Jesus vir ons sondes en redding aan die kruis laat sterf het. Sodat elkeen wat in Hom glo, nooit verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal beërwe.
Deur die ewigheid gaan ons ‘n studie van God se liefde maak. Vertrou dat ek jou binnekort tydens die wederkoms sal sien.”