1. Home
  2. Bybel Onderwerpe
  3. In Doeke Toegedraai

In Doeke Toegedraai

IN DOEKE TOEGEDRAAI

Skriftuur: Lukas 2:1-7

Watter gedagtes kom by jy op wanneer jy aan kerksfees dink?

Ek onthou nog die kous wat ons op kersnag langs ons bed opgegehang het.

Baie vroeg op kersdag het ons dan in ons kouse gaan kyk om te sien wat Chrismis Vader vir ons gebring het.

Ons het regtig gedink daar was so iemand wat presente bring totdat ek een kersnag gesien het hy my pa die presente in die koes kom sit het.

Mettertyd het my gedagtes rondom kersfees gegroei.

Een donker nag het ons Hemelse Kersvader ook vir ons die Grootste Geskenk van alle geskenke in die kous van ons verwagting kom neersit.

Kom ona lees weer die Skriftuurlesing saam:

Lukas 2:1-8 EN in daardie dae het daar ’n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.2 Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.4 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was. En terwvl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.8 EN daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.

Verse 9-11 En meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

Verse 12-14 En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.13 En skielik was daar saam met die engel ’n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ’n welbehae!

Verse 15-17 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die Kindjie wat in die krip lê.17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.

Baie gedagtes en vrae maal deur ‘n mens se kop wanneer jy die herdersvelde in Betlehem besoek.

Vanwaar het die Kindjie oorsponklik gekom?

Filippense 5 -7 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;

Watter afstand moes die Tweede Persoon van die Godheid aflê om by ons uit te kom?

Christ, at an infinite cost, by a painful process, mysterious to angels as well as to men, assumed humanity. Hiding His divinity, laying aside His glory, He was born a babe in Bethlehem. (MS 29, 1899).

Waarom het die engele die herdersvelde met die pragtige koormusiek van die Messias gevul?

Hulle aanskou die grootste wonder in die geskiedenis van die kosmos.

Die Magtige Skepper van die heelal word tot ‘n sperm gerusideer.

Van goddelike ruimtes, lig en vryheid na ‘n baarmoeder van menslike noutes, duisternis en gebondenheid

How wide is the contrast between the divinity of Christ and the helpless infant in Bethlehem’s manger! How can we span the distance between the mighty God and a helpless child? Far higher than any of the angels, equal with the Father in dignity and glory, and yet wearing the garb of humanity! Divinity and humanity were mysteriously combined, and man and God became one. FLB 48

Wat was die teken waarna die herders by die pasgebore Messias moes soek?

Lukas 2:12 En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

Wat sê die argeologie? Wat was die doeke waarin Jesus toegedraai is?

Wanneer mens na Egiptiese mummies kyk, sien jy dat hulle in doeke toegedraai is. Waar kom die doeke vandaan?

In Jesus se dag het mense grafdoeke saamgeneem wanneer hulle op reis gegaan het

Wat was boodskap van die grafdoeke waarin Jesus toegedraai is?

Wie gaan sterf? Jesus of Maria? Wie gaan leef, Jesus of Maria?

Lukas 2:12 En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is.

Het die herders die teken verstaan? En ons? Dis goeie nuus!

Die herders was geskok toe hulle die teken van die klere begryp.

Die Messias het nie vir Homself kom leef nie. Die Messias het vir sondaars kom sterf.

Is daar ‘n lelik in my wat moet sterf?

Wat was die tweede teken waarna die herders en ons moet soek?

Lukas 2:12 En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

Kan die argeologie ons meer aangaande ‘n krip verduidelik?

Die ontdekking van‘n voerkrip by Megiddo herinner aan ‘n sarkofaag

Wie was destyds in sarkofae begrawe?

Wat is die verskil tussen ‘n voerkrip en ‘n sarkofaag?

Die een het ‘n deksel en die ander een nie.

Het die tipiese doodskleed van Jesus by Sy geboorte ‘n antitiepe by Sy dood?

Het die krip wat aan ‘n koninklike graf herinner ‘n antitiepe by Jesus se dood?

Lukas 23:50-54 EN daar was ’n man met die naam van Josef, ’n lid van die Raad, ’n goeie en regverdige man51 – hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie – van Arimathéa, ’n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.52 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in ’n graf wat uit ’n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.

Lukas 23:38 En daar was ook ’n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY is DIE KONING VAN DIE JODE.

Waarmee was Jesus geklee net voor Sy geboorte?

Die God van glans het Sy kleed van glorie uitgetrek toe Hy in die wêreld gekom het. Hy het naak na ons gekom.

Waarmee was Jesus 33 jaar later net voor Sy dood geklee?

Met die naakdheid my skande

Met die naaktheid van my seer verwerping

Met die naaktheid van verlorenheid

Lukas 2:12 En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

Bet legem

Wat beteken die naam?

Huis van brood.

Is jy honger vir brood van vergifnis?

Het jy ‘n honger na sinvolle aanvaarding?

Het jy ‘n honger na ‘n dieper verhouding met God?

Kom tydens kersfees na die voerbak van die Vader se genade.

Kom geniet die hongerbevredifende Brood van Sy Seun wat Hy vir ons kom neersit het.

’n Engel het dit self gebring,
die vreugde-boodskap – en jy het
’n lofsang tot Gods eer gesing,
Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei
en bure-agterdog jou pla,
het jy kon dink eenmaal sou hý
die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met ’n glimlag langs
jou liggaam stryk … die stilte instaar …
wis jy met hoeveel liefde en angs
sou hý sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal – geeneen
om in jou nood by jou te staan –
het jy geweet dat hy alléén
Getsemane sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom
om nederig hulde te betoon,
wis jy hoe die soldate hom
tot koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê,
sy mondjie teen jou volle bors,
het jy geweet dat hy sou sê,
toe dit te laat was: Ek het dors!

Toe dit verby was en jy met
sy vriend Johannes huis toe gaan –
Maria, vrou van smarte, het
jy tóé die boodskap goed verstaan?

Elisabeth Eybers (geb. 1915)

 

Was this article helpful?

Related Articles