Ismael

My naam is Ismael en my ma se naam is Hagar. Die naam beteken om te vlug. So tipies van my ma se lewe.

Voor my geboorte was sy ‘n slavin in Egipte. Toe Sarah in die harem van Sesostis III beland het, het sy Abraham se vrou versorg.

Dis eintlik ‘n hartseer storie want Abraham het vir die farao gesê dat sy vrou Sara sy suster is.

Gelukkig het Sara uit die paleis gekom omdat ‘n plaag van die Here die farao getref het.

Teneinde Abraham net weg te kry, het hy dit met groot rykdom reggekry. My ma Hagar was een van die baie slawe wat saam met die paartjie weggetrek het.

Die Here het vir Abraham en Sarah gesê dat hulle eendag ‘n seun gaan hê. Nadat baie jare verbygegaan het, en niks gebeur nie, het Sara met ‘n voorstel na Abraham gekom.

“My man volgens die wet van ons tyd mag ek vir Hagar my slavin vir jou as vrou gee. Dis die enigste manier waarop ons ‘n erfgenaam kan kry.

Ons is nou tien jaar in Kanaän en jy is 85 jaar oud.”

Albei van hulle het in die belofte van die Here begin twyfel en toe hull eie plan gemaak. My ma het Abraham se vrou geword

Maar toe my ma agterkom dat sy verwag het sy ‘n lelike houding teenoor Sara openbaar.

My ma het my vertel hoe Sara lelik teenoor haar opgetree het.

Wat kan men sanders verwag.

Dit was so erg dat my ma die woestyn ingevlug het.

‘n Engel het haar by ‘n op pad na Egipte gekry en haar opdrag gegee om terug te gaan en aan Sara onderdanig te wees.

Maar hier volg die goeie nuus. Die engel het vir haar gesê dat haar kind die voorvader van ‘n groot nasie gaan word.

Sy het die put ‘n baie mooi naam gegee: “Die put van die lewende Een wat my sien.”

Terug by die huis het mamma geboorte gegee aan haar seun en my Ismael genoem. Die naam beteken “Die Here hoor.”

Dis so ‘n baie paslike naam want die Here het al my ma se gebede beantwoord.

Ek wil net vir jou sê my pa Abraham was mal oor my. Van kleins af het hy my vetroetel. Hy het my as sy wettige erfgenaam beskou.

Maar toe ontstaan daar ‘n familiekrisis. Die beloofde seun is uiteindelik gebore en hulle het hom Isak genoem. Dit beteken om te lag. Toe hy gebore is het hulle van blydskap gelag.

Maar ek het ongemaklik met die koms van my halfboetie gevoel. My pa Abraham het hom al hoe meer aandag gegee en my afgeskeep. Dankie Sara was nog erger.

Dit het so aangehou totdat Isak 3 jaar oud was en ek 17.

En tannie Sara het gesê dat hy die erfgenaam gaan word en nie ek nie. Sy was verskriklik lelik teenoor my en my ma.

Toe word ek sommer ‘n stout seun en begin klein Isak afknou. Ek wil net vir jou sê dat was baie onsmaaklik in ons huis. Ons het nie meer tuisgevoel nie.

Een aand hoor ek hoe Sara met my pa Abraham raas.

“My man ek wil nie snaaks wees nie. Maar ek wil nie langer in die geselskap van Hagar en Ismael leef nie. Klein Sakkie kry al nagmerries oor sy ouboet wat hom so afknou.”

My pa het mooi met haar gepraat en gesê dit was haar voorstel gewees.

Uiteindelik het hulle albei besluit dit sal maar die beste wees as daar ‘n breuk kom.

Ek sal nooit vergeet toe my pa my lank en styf vasgehou het. Hy het soos ‘n klein kindjie gehuil.

En toe neem hy my ma in sy arms en sê net vir haar hoe jammer hy is oor alles wat gebeur het.

Ek en my ma is toe daar weg. Klein Isakkie was te klein om te besef wat aangaan.

Hy het lank vir ons gewaai. Ma pa het daar by die tent gestaan en huil tot ons oor die laaste bult verdwyn het.

Ek het my ma verskriklik jammer gekry. Kort kort hoor ek hoe sy snik.

My ma was op pad na Egipte. Maar om sake nog erger te maak, het ons in die woestyn van Berseba verdwaal.

My pa het ons met ‘n geweldige hoeveelheid kos, water en silwer voorsien. Ek het my doodgedra.

Ons het die laaste bietjie water uitgedrink.

Asgevolg van hitte uitputting het ek begin duiselig voel. My arme ma het my in die koelte van ‘n doringboom gaan neerlê.

Sy het gedink ek gaan sterf en toe so ‘n end van my af gaan sit en huil. ‘n Huil wat gepas het by ‘n ma wat haar kind aan die dood moes afgee.

En toe gebeur die wonderwerk. God het gehoor en gekom en haar getroos. Toe sy na my gekom om te kyk hoe dit gaan het die engel vir haar ‘n put gewys.

O dit was so lekker om weer water te kon drink.

God het net weer ‘n keer aan mamma gesê dat Hy ‘n groot nasie van my gaan maak.

Hy het Sy belofte gehou. My ma het vir my ‘n Egiptiese vrou gekry en sy het vir my 12 seuns in die lewe gebring. Vandag het ek so baie kleinkinders.

BEGRAFNIS

Dit was my voorreg om my pa te kon begrawe. Ek en Isak en my ma het lekker met mekaar gesels.

Ek sê toe vir Isak dat ek ‘n groot les geleer het. As ek hom so afgeknou het nie, kon ons lank lekker saamgeleef het.

Ons het eitlik gesoek om deur sy ma weggestuur te word.

My liewe vriend ons dien ‘n goeie God. My naam beteken nie verniet “Die Here hoor” nie.

Dit wat vir ons soos ‘n nag gelyk het, het ‘n pragtige dag geword.

En my ou modertjie Hagar wat se naam “Soek” beteken, het gekry waarna sy gesoek het: die Here se sorg vir verlore mense.

They lost their way in the wilderness of Beer-sheba and seemed about to perish of thirst when the angel of the Lord appeared again, directed them to a well of water, and reminded Hagar of the previous promise made to her concerning Ishmael (Gen 21:9–19). The last mention of Hagar in the OT is a reference to her choice of a native Egyptian woman as a wife for her son (v 21). In the NT she is referred to as a symbol of the old covenant (Gal 4:22–26).

 

Was this article helpful?

Related Articles