My naam is Jefta. Een van die Rigters van Israel. Hier dink ons aan die persone wat Israel vir 300 jaar regeer het.
Die plek waarop ek nou staan, is Aroër. Ek gaan later meer oor hierdie beroemde slagveld gesels.
Voor ek meer van my hartseer agtergrond vertel, wil ek net vir jou ‘n vraag vra:
Wat se soort kinderjare het jy gehad? Was dit rustig of het iets troumaties destyds met jou gebeur.
Ek praag onlangs met ‘n dame wat eers na haar troue vasgestel het dat die pa wat haar grootgemaak het, nie haar biologiese pa was nie.
Toe sy uiteindelik vasgestel het wie haar regte pa was, het sy verneem dat hy net ‘n rukkie van te vore oorlede is.
BUITE EGTELIKE KIND
Toe ek alreeds ‘n jongman was, het ek uitgevind dat ek ‘n buite egtelike kind is. Die kry naam is: hoerkind.
My pa het later met ‘n dame getrou en sy het my grootgemaak.
Maar na my pa se dood, het sy my status met die ander kinders bespreek, en dit was ‘n fout. Tot op daardie stadium het ek nie geweet dat ek ‘n buite-egtelike kind was nie.
Julle sal my nie glo nie maar van daardie dag kon hulle my nie vat nie. Dit het later so erg geraak dat my familie my gevra het om die huis te verlaat.
Maar dit was nie al nie. My volksgenote het hulle ondersteun.
Kan jy jou voorstel hoe hierdie jongman moes voel. Almal het my verwerp. Het iemand jou al verwerp?
Dit was nie skuld dat my pa voor sy troue rondgeloop het nie. Hoe kan jy ‘n arm kind straf vir wat sy ouers gedoen het?
SOORT SOEK SOORT
Ek is daar weg. Maar die spreekwoord sê: soort soek soort. In die onherbergsame woesstreke het die klomp van ons geleer om die teleurstellings van die lewe die hoof te bied.
Ons was rowwe manne. Die tyk mense het van ons diens gebruik gemaak om hulle eiedom te beskerm.
As ons misdadigers moes gaan uithaal, het ons dit gedoen. Ons was naderhand gesogte mense.
MOENIE GEINTIMIDEERD WORD NIE
Moenie dat jou troumatiese kinderdae jou intimideer nie. Soek soortgelyke geselskap en besluit om ‘n sukses van die lewe te maak.
Ons maatskappy se faam: “Jeftas Sekuriteit” het oral beroemdheid verwerf.
Op ‘n dag het daar ‘n baie belangrike afvaardiging my kom besoek. Die oudstes Gilead wou by my weet of ons hulle nie kan help met die Ammonitiese gevaar nie.
Hulle het alreeds dele van transjordanië beset. Daar kon iemand gevind word om die Gileadiete te mobiliseer om die vyand uit te dryf nie. Skaam skaam wou hulle net weet of…
Ek sê toe vir hierdie belangrike afvaardiging hoe dit dan nou werk.
Eers smyt hulle my weg, en nou wil hulle weet of ek hulle kan help.
Hulle het weer ‘n keer skaam skaam om verskoning gevra.
MY KEUSE
Sê my. Wat sou jy vir hulle gesê het:
“Luister menere. Baie dankie vir die vertroue. Julle het my verwerp en ek glo nie ek stel belang om julle te help. As ek destyds nie goed genoeg gewees het, glo ek nie ek is nou vir julle goed genoeg nie.
Gelukkig het ek saam met my rowwe manne ‘n paar baie belangrike lesse in die woestyn geleer. Die lewe is swaar genoeg. Dis nie nodig dat jy met ‘n vrag bitterheid en ‘n vrag weerwraak moet voort strompel nie. Gooi hierdie gemors af en stap makliker deur die lewe.
ONDERHANDELINGE MET DIE KONING VAN DIE AMMONIETE
Op ‘n baie manier het ek vir die koning van die Ammoniete verduidelik dat ons die gebied nou al meer as drie eeue besit.
En toe verduidelik ek aan hom dat toe Moses en Israel hier deurgetrek het, die gebied aan die Ammoriete behoort het. Ons het hulle mooi gevra om net deur hulle land te trek toe hulle skielik besluit het om teen ons te kom oorlog voer.
AROëR
Met my manne en baie van die manne van Gilead het ons by hierdie plek waar ek nou staan, byeengekom.
Voor daardie groot weermag het ek ‘n eed afgelê. Ek het vir die Here gesê dat as hy vir my die oorwinning oor die Ammoniete gee, ek die een wat my die eerste by my huis gaan verwelkom, ek aan Hom as brandoffer sou offer.
ABEL-KERAMIM
Dit was ‘n ongelooflik oorwinning. Met die seën van die Here is Israel van sy vyande bevry.
My liewe vriend dit maak nie saak watter trouma en rampe in jou lewe gehad het nie. Jy kan die Here vra om jou ‘n held te maak.
‘n Held op die gebied van bitterheid en haat. ‘n Held om die drang van weerwraak te oorwin.
Ek het geweet wie sou die eerste wees wat my by die huis gaan verwelkom – Nimrod my getroue hond. Ek kan hom al hoor blaf van opgewondenheid.
Maar toe kom my kind aangehardloop om my geluk te wens met my oorwinning oor die Ammoniete.
Hoe dink julle het ek en my enigste dogter gevoel toe ek haar van my eed vertel het?
Julle moenie eers probeer dink hoe alles in my binneste gebreek het nie.
AROëR
En nou staan ek by Aroër langs die Arnonrivier om my verhaal aan julle te kom vertel het.
Twee lesse: Moenie verbitterd word nie. Moet selfs nie eers teen jouself verbitterd word nie. Vergewe jou vyande, vergewe jouself, die grootste van alles vyande.
Moenie ‘n rukkelose loos eed af lê nie.
Ek kan my indink hoe Abraham gevoel het toe hy vir Isak moes offer.
Maar ek kan my nie indink hoe God die Vader moes voel toe Hy ‘n eed geneem het dat as ons die dag sou sondig, Hy Sy Seun gaan stuur om in ons plek te kom sterf nie.
My liewe vriend die offerlam wat ons as Israeliete offer, sê vir my iets moois. God het ons so lief, so ongelooflik lief dat Hy Sy eed gaan nakom en Sy Seun in ons plek gaan laat sterf.
As jy hierdie mooi waarheid aanneem, gaan jou groot pyn in Sy onmeetlike pyn verdwyn.