1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Johannes Die Geliefde Apostel

Johannes Die Geliefde Apostel

My naam is Johannes. Op my oudag woon ek hier op Efese. Maria, die vrou wat Jesus in die wêreld gebring het, se graf is hier naby.
By die kruis van Golgota het Jesus gesê: vrou daar is jou seun. Johannes daar is jou ma.
Deur die jare het ek my bes gedoen om ou moedertjie Maria so goed as moontlik te versorg.
Dit was nogal ‘n hartseer dag toe ons haar begrawe het. Voor haar dood het sy net oor een ding gesels – Jesus haar ou babatjie, Jesus haar jong seun en jongman. En dan het Sy van die enkel kere gepraat nadat Jesus met Sy bediening begin het.
Op haar sterfbed het sy vir my gevra: “Johannes gaan ek Jesus weer sien wanneer die basuine tydens die wederkoms geblaas gaan word.”
Dan het net elke keer vir haar gesë: “Moedertjie. Op Golgota het Jesus vir ons almal gesterf. En omdat ons glo dat Hy vir ons almal se sondes gesterf het, sal ons Hom sien wanneer Hy op die wolke gaan kom.”
Ek is al oor die negentig en ek loop nie meer so maklik nie. Maar met die hulp van dierbare mense kom ek nog elke Sabbat in die kerk.
Elke Sabbat vra hulle vir my of ek iets wil sê. Dan sê ek vir hulle: ”Laat ons mekaar liefhê want die liefde is uit God.”
My einde is baie naby maar voordat ek sterf, wil ek tog net ‘n paar gedagtes met julle deel.
Ek het so ‘n ruk gelede van die eiland van Patmos hier by Efese aangekom. Die Romeine het my na hierdie strafkolonie gestuur, maar uiteindelik my vrygelaat.
Voor dit was ek in Rome waar Petrus gekruisig is en Paulus onthoof is.
Vir ‘n verandering het hulle hierdie boodskapper van kruis in ‘n pot kokende olie gegooi. Hulle het gehoop my lyk sal soos ‘n stuk kaing lyk maar dit het nie gebeur nie.
Net soos Jesus die drie vriende van Daniël uit verterende vlamme gered het, so het hy my uit die kookolie gered.
Ek sien uit om binnekort met daardie drie dapper mans oor hulle ondervinding gaan gesels.
MY BEGIN
Ek was het na Johannes die Doper by die Jordaanrivier gaan luister.

Ek en Petrus en sy broer Andreas was die eerstes van Johannes se dissiepels wat Jesus gevolg het.

Ek het ‘n paar dae later saam met Jesus die na troue in Kana in Galilea gegaan.

Nog nooit in my lewe het ek sulke heerlike druiwesap geproe nie. Dit was Jesus se eerste wonderwerk waar Hy gewone water in druiwesap verander het.

Dit was ook tydens die geleentheid dat ek Sy maan, tannie Maria ontmoet het.

Ek was aan en af saam met Jesus toe Hy in Judea gewerk het. Wanneer ek ‘n kans gekry het, het ek saam met my pa en broer visgevang.

Maar toe Jesus in Galilea kom werk het, het hy vir my en my broer genooi om Hom voltyds te volg.

Ek was sommer ‘n selfsugtige robbies. G’n wonder ek is die seun van donder genoem nie. Maar blootstelling aan die ongelooflike, sondelose, onselfstugtie Jesus het my lelike karakter meer en meer soos Sy karakter geword.

Tydens die instelling van die nagmaal het ek en Judas langs Jesus gesit.

Jesus het gebuk en Judas se voete eerste gewas. Ek het eers later tot my grootste skok ontdek dat Judas Hom daardie nag sou verrai.

Ek was die laaste een wat Jesus se voete gewas het. Ek so onwaardig gevoel maar selfdertyd so dankbaar. Ek kan julle nie vertel hoe lief ek Jesus gekry het nie.

Ek sien nog vir Judas het die groot skare wat Jesus in Getsemane kom arresteer het. Asgevolg van kontakte wat ek met die mense van die hoëpriester gehad het, is ek by Jesus se verhoor toegelaat.

Vroeg die sondagoggend het Maria Magdalene vir ons kom vertel dat Jesus opgewek is. Ek en Petrus het na die graf gehardloop en gesien die graf was leeg. Hy het selfs Sy grafklere mooi weggepak.

Daardie Sondagaand het Jesus aan ons verskyn. Dit was ‘n ongelooflike ondervinding.

Om te dink Hy het die prys vir ons sondes betaal, Hy het gesterf en weer opgestaan.

Ek nooi jou om die verhaal van Jesus in die Evangelie te lees wat ek geskryf het.

En nooi ek jou om ook die boek Openbaring te lees wat ek op die eiland van Patmos geskryf het.

Net ‘n slot gedagte. Dit was op ‘n ballinge eiland dat Jesus aan my verskyn het. Daar het Hy vir my die mooiste visoene van die hemel gegee.

Lees veral die laaste drie hoofstukke wat van die hemel praat.

Het jy geweet, my liefde pyngeteisterde vriend dat ons in die hemel nooit weer gaan seerkry nie?

Het jy geweet daar gaan nie krissise wees. Jy ervaar miskien op hierdie stadium ‘n ontsettende krisis. Hierdie goed is binne kort iets van die verlede.

Het jy geweet dat daar geen dood in die hemel gaan wees nie. Nie net letterlike dood nie, maar ook die dood van mooi vriendekskappe. Niemand gaan vir jou kwaad wees nie, en jy gaan vir niemand kwaad wees nie.

In die boek Openbaring sluit ek met hierdie gedagte af:

Die Gees en die bruid sê kom. Met ander woorde die Heilige Gees nooi jou om Hom in jou lewe in te nooi.

En dan sê dit ook dat die Bruid, die Here se kerk, jou nooi om te kom aansluit.

 

Was this article helpful?

Related Articles