1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Jona Se Gebed In Die Maag Van Die Vis

Jona Se Gebed In Die Maag Van Die Vis

JONA SE GEBED IN DIE MAAG VAN DIE VIS – DEEL III

Skriftuur: Jona 2:1-10

In ons vorige bespreking oor die lewe van Jona, het ons na sy doodsbenoudheid gekyk. Terwyl die matrose hom deur die lug gegooi het, was Jona daarvan oortuig dat hy as ongeredde in die donker branders van die see sou verdwyn.

Tot ‘n mindere mate het hy deurgemaak wat Jesus op Golgotha deurgemaak het. Jesus het die verskriking van die tweede dood gesmaak toe Hy Godverlate aan die kruis vir ons sondes gesterf het.

REDDING IN STERWENSUUR

Ek was onlangs by ‘n begrafnis van iemand wat as belydende ateïs dood is. Elkeen wat iets gesê het, het die oorledene se goeie hoedanighede opgenoem. Maar sover dit die bedroefdes aangegaan het, het hulle geweet dat hy nooit ‘n oorgawe aan die Here gemaak het nie.

Ons het almal gewonder of hy eendag in die hemel sal wees. Het die Here hom gered.

Die verhaal van Jona werp interessante lig op die feit dat die Here op die laaste oomblik nog ‘n sondaar kan red.

Toe die matrose vir Jona die water in geslinger het, was hulle seker oortuig dat Jona ‘n Christuslose dood gesterf het.

Maar die Bybel sê vir ons dat nadat Jona in die donker waters van die Middellandse see verdwyn het, die Here hom ‘n tweede kans gegee het.

Toe die dief aan die kruis in die doodsbranders van Golgotha gegooi is, het hy ‘n tweede kans gekry.

Ek sal natuurlik nie aanbeveel dat jy leef soos jy wil nie en dan op jou sterfbed die Here soek nie.

Al word jy op die laaste uur van jou lewe gered, verloor jy te veel in tussentyd. Daar is niks so heerlik as ‘n vriendskap met die Here nie.

DIE VIS

Jona 1:17 Toe stuur die Here ‘n groot vis om vir Jona n te sluk, en hy was drie dae en nagte in die vis se maag.

ONDERVINDING

Ek sien in my verbeelding hoe Jona tussen die reuse branders beland. Die water spat die lug in en toe sien die matrose net ‘n paar borreltjies en Jona is weg.

Toe Jona dink hy sterf, ervaar hy skielik ‘n suigsensasie. En net na die suigsensasie, ervaar hy ‘n gly sensasie.

Was jy al op ‘n supatube, ‘n glybaan. Jy dink nog jy sit hier bo en as jy wer sien is jy onder in die water.

Jona het nog gedink hy sit hier bo in die vis se mond, toe gly hy met die vis se keel tot onder in sy maag.

EK LEEF

Miskien het Jona eers gedink hy is in die hel maar toe onthou hy die teks in Prediker 9:5 wat sê dat die dooies glad niks weet nie.

Toe Jona besef hy leef, al is dit in die maag van ‘n vis, het hy dadelik iets begin doen. Wat was dit?

Jona 2:1,2 Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God. Jona het gesê: “In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor.”

Die gebed wat Jona in die vis se maag gebid het, het hy later opgeskryf. Persoonlik dink ek dit was toe hy weer veilig in sy tuisdorp Gat-Gefer naby Nasaret aangekom het.

Die groot vis maak ‘n vinnige draai en Jona word teen die anderkant van die vis se maag gegooi.

Kom ons vra vir Jona om vir ons sy ondervinding te beskryf voordat hy in die vis se maag beland het.

Verse 3-5 U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan. Ek het gedink ek het ui u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. Die waters het my toegevou, die groot water het my omring, seegras was om my kop gedraai.

Ek was ‘n baie klein seuntjie van omtrent vier jaar toe ek op een of ander manier in die Blesbokspruit by Heidelberg beland het. Spartel het niks gehelp nie. Ek het gesink.

Ek kan nog die borreltjies lug onthou wat uit my mond na boontoe beweeg het. Ek kan nog die benoudheid van die oomblik onthou. Jy kry geen asem nie en jy sak net dieper en dieper na die donker bodem.

En toe voel ek hoe twee arms my gryp en my uit die water lig. Wat ‘n ervaring om weer te kon asem skep.

Ek was baie klein maar daardie redding sal ek nooit vergeet nie. En die tannie wat my lewe gered het, sal altyd vir my kosbaar bly.

Jona beskryf hoe hy teen die groot golwe stoei. Maar nadat die een golg op die ander oor hom gespoel het, het hy uitgeput in die donker waters weggesink.

En toe Jona sink en dink dis alles verby, het die vis hom ingesluk.

Vers 6 “Ek het afgesak tot by die fondament van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here my God, het my van die dood gered.”

Was u al in ‘n hyser wat vinnig na onder toe afsak? Jy kry so ‘n snaakse gevoel.

En dis presies wat nou met Jona gebeur. Die vis duik af na die seebodem en Jona se kop stamp teen die boonste gedeelte van die vis se maag.

Terwyl Jona in daardie vreeslike donker benoudheid verkeer het, het dit vir hom soos ‘n ewigheid gevoel.

Daar is swaar tey wat oor ‘n mens kom en dan voel dit of dit nooit wil eindig nie. Jou pyn en angs en benoudheid voel soos ‘n ewigheid.

Maar ‘n liefdevolle God het Jona uit sy benoudheid gered. Die God van Jona se dag is nog steeds dieselfde reddende God wat mense uit hulle benoudheid verlos.

JONA SE GEBED

Kom ons lees nog ‘n deeltjie van Jona se gebed in die maag van die vis. Dit gee vir ons ‘n idee van wat hy alles deurgemaak het.

Vers 7 Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel.

Terwyl die vis onder op die bodem van die see rondswem voel dit vir Jona hy vergaan. Die teks sê dit was op hierdie oomblik dat hy aan die Here gedink het.

Ek wonder waaroor hy gedink het

Was this article helpful?

Related Articles