1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Josef (Deel 1) – Josef Die Skrynwerker
  1. Home
  2. Josef
  3. Josef (Deel 1) – Josef Die Skrynwerker

Josef (Deel 1) – Josef Die Skrynwerker

JOSEF DIE SKRYNWERKER

Iemand het die volgende pragtige stukkie poësie oor my geskryf en later ‘n mooi wysie by die lirieke geplaas.

As jy mooi luister sal jy weet wie ek is.

Michael Card
Chorus 1
How could it be this baby in my arms
Sleeping now, so peacefully
The Son of God, the angel said
How could it be
Lord I know He’s not my own
Not of my flesh, not of my bone
Still Father let this baby be
The son of my love
Chorus 2
Father show me where I fit into this plan of yours
How can a man be father to the Son of God
Lord for all my life I’ve been a simple carpenter
How can I raise a king, How can I raise a king
He looks so small, His face and hands so fair
And when He cries the sun just seems to disappear
But when He laughs it shines again
How could it be
Chorus 2

IDENTIFISEER MYSELF

Jy is reg. My naam is Josef. Kom ek vertel jou my strie van die heel begin af. Miskien is daar lesse wat jy uit my lewe kan leer.

Ek was getroud met ‘n vrou en ons het vier seuns en twee dogters gehad. Toe sy sterf was ‘n wewenaar wat vier seuntjies en twee meisiekinders alleen moes grootmaak.

Ek was destyds ‘n skrynwerker op ‘n dorpie met die naam van Nasaret. As gevolg van die lae stand van moraliteit is ons as die slegste klomp uitvaagsels beskou.

Daar is ‘n spreekwoord wat mense gebruik het: “Kan daar iets goeds uit Nasaret kom.

Dit was nie vir my maklik om kinders onder hierdie omstandighede groot te maak nie.

KARAKTERSKETS VAN MARIA

Maar daar was een jong meisies wat soos ‘n lelie op die donkers goddelose waters van Nasaret uitgestaan het.

Ek het in my hele lewe nog nie so ‘n mens raakgeloop nie. Haar naam is Maria en boonop is sy ook nog ‘n weeskind.

Sy met ‘n baie sterk Messiaanse verwagting gehad. Dit was waaroor sy gedurig deur gepraat het. Min het sy geweet dat die geseënde vrou gaan wees wat Hom in die wêreld gaan bring. Daar het ‘n reinheid uit haar gestraal wat ek nog in geen sterfling gesien het nie.

MY KIDNERS GROOTMAAK

Ek het gedink as ek so iemand as my lewensmaat kon kry, sal ek die heel beste ma in die hele wêreld vir my kinders hê. Maar wat van die groot ouderdomsverskil?

Ek het lank met hierdie gedagte gespook tot ek op ‘n dag met haar gaan praat het.

“Maria dis al ‘n hele ry wat ek na jou mooi skoon lewe kyk. Ek het nog nie ‘n meisie soos jy gesien nie. Kom ek vertel jou van die begeerte van my hart.”

Terwyl ek praat, sien ek ‘n frons met ‘n stuk verbasing op haar onskuldige gesig.

“Maria ek is baie ouer as jy, maar ek wil vir jou vra of ons nie net vriende kan wees nie? Jy moet maar oor die saak bid want mense mag met jou spot omdat jy met so ‘n ou man uitgaan. Ek sal ook baie bly wees as jy met my kinders kan maats raak. Maria ek sal bly wees as jy oor hierdie saak sal bid.”

DIE GROOT OOMBLIK

Nadat ons vir ‘n ruk vriende was, het ek haar gevra of ons verloof kan raak. Sy het oor die saak gaan bid. Ek sal nooit die dag vergeet toe sy vir my kom vertel dat sy na baie gebed besluit het om verloof te raak.

VERLOWING-BINDEND

Dit was ‘n groot oomblik toe ons die verloofsdokumente gaan teken het. Dit was ‘n wettige transaksie en kon net deur die hof weer ongeldig verklaar word.

TROUE

Ek het baie na ons troudag uitgesien. Wat van jou troue? Het iets jou verwagting miskien gedemp? Weet jy wat my gebeur het?

Maria, meisie van my drome het my vertel dat sy verwagtende was. Ek wou nie eers na haar verduideliking luister nie. Ek was verpletterd.

En nou wil ek ook nie haar mooi reputasie vernietig nie. Ek wou dit stil hou en net uit haar lewe stap. Net so groot as wat my vreugde voor die tyd was, net so groot was my teleurstelling agterna. So ‘n mooi mens. Wat het verkeerd geloop.

DIE ENGEL SE BESOEK

Maar toe gebeur daar iets wat ek seker nooit sal vergeet nie. Terwyl ek met hierdie groot pyn geworstel het om die verhouding met Maria te breek, het ek aan die slaap geraak. Die Engel Gebriël het in ‘n droom aan my verskyn en verduidelik dat die Heilige Gees haar bevrug het en dat sy aan die vleesgeworde Messias geboorte sal gee.

En toe sê hy vir my dat ek moet die seuntjie die naam Jesus gee en dit beteken die Here is verlossing. Hy sal Sy volk van hulle sondes verlos.

Ag ek was so verlig en het die volgende oggend dadelike met Maria kontak gemaak. Sy het een my vertel dat die engel Gabriël helder oordag vir haar die nuus van bevrugting deur die Heilige Gees gebring.

Sy het my toe ook vertel hoe die engel helder oordag aan haar verskyn het en vir haar vertel het dat sy geboorte aan Imanuel, God met ons geboorte sal gee.

Ons het kort daarna in die huwelik getree. Ek het natuurlik naby haar gekom nie.

ONS GESPREK

Kan jy raai waaroor ons aanmekaar gepraat het? Die grootste wonderwerk van alles eeue. Die God van die sterre het ‘n saadjie in Maria geword wat met ‘n saadjie in haar verenig het.

Ons was verstom oor die wonderwerk wat plaasgevind het. En dat die Here Maria gekies het om geboorte aan Hom te gee, en vir my om as ‘n aardse vader Hom by te staan.

OP PAD NA BETLEHEM

Toe Maria nege maande swanger moes ek na Betlhem gaan om aan ‘n sensus deel te neem. Keiser Augustus het ‘n bevel uitgevaardig dat almal oor die hele wêreld daaraan moes deelneem.

Omdat Betlehem die geboorte plek van my voorouers, moes ek daar gaan regestreer.

Maar kyk nou net hoe werk die Here. Die profeet Miga het voorspel dat Jesus in Betlehem gebore sou word. Dit was nie nodig vir Maria om saam te gaan nie, maar die Heilige Gees het haar beïndruk om saam te gaan.

FINANSIES

Ek is ‘n arm man maar ek het ‘n plan gemaak om Maria saam te neem. Gelukig kon ek ‘n paar stoele verkoop wat ek gemaak het, en toe is ons weg.

Kan jy dink wat ons alles op die pad oor gesels het?

Volgende keer gaan ek vir jou vertel wat alles gebeur het toe ons by Betlehem aankom.

Ek wil net afsluit deur vir jou te sê dat die Here ook gewone mense gebruik om Sy Naam te verheerlik. Hier is ek, ‘n eenvoudige timmerman en tog het die Here dit so beskik dat ek Maria met haar bevallend moes ondersteun.

Met die ses kinders wat ek grootgemaak het, kon ek leiding  gee met opvoeding van die Jesuskind.

Die Here het ook ‘n plan met jou lewe. Maak nie saak hoe onbekwaam jy mag voel nie. Wei jou volkome aan Hom toe, en kyk hoe Hy jou gaan gebruik om ander mense se lewens te verryk.

Was this article helpful?

Related Articles