1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Josef Deel 2 – Jakob en Josef Ontmoet Na 22 Jaar

Josef Deel 2 – Jakob en Josef Ontmoet Na 22 Jaar

Dis nou die tweede jaar van hongersnood na die 7 jaar van oorvloed.

Dis nie net Egiptenaars wat by my kom koring koop nie, daar is ook talle Asiatiese mense. Die droogte was oor baie lande.

Op ‘n dag val my oog op tien mans wat kom koring koop. Ek kyk weer. Sowaar – dis my broers. My hart klop vinniger. Die hele stories van die put waarin hulle my gegooi het, en toe later verkoop het, doem in my gees op.

Ek wonder of hulle nog so boos is. Kom ek toets hulle. Ek het deur middel van ‘n tolk met hulle Egipties gepraat.

“Wie is julle en waar kom julle vandaan? Julle lyk vir my soos spioene.”

“Ons is nie spioene nie en kom van Hebron af. Ons was 12 broers, een is dood en die ander een het by ons vader agtergebly.”

Ek glo julle nie.

Toe laat ek hulle vir drie dae in die tronk opsluit. Daarna het ek hulle laat uithaal. Kan jy dink waaroor hulle alles gesels het?

Toe ek hulle uit tronk laat kom het, het ek vir hulle gesê:

Kyk menere ek glo niks wat julle vir my sê. Daar is net een manier waarop ek kan vasstel of julle nie spioene is. Julle bring die broer waarvan julle praat hierheen.

En toe begin hulle in Hebreeus, my moedertaal, met mekaar te praat.

“Manne. Dit wat ons aan ons broer Josef gedoen het, kry ons nou terug. Ons het sy angs gesien toe hy ons gesmeek het om ons los te laat. Nou ervaar ons daardie selfde angs.”

Ruben praat: “Ek het daardie dag vir julle gesê om Josef nie skade aan te doen nie, maar julle het nie na my geluister nie. Sy dood word nou op ons gewreek.”

Toe ek na hulle gesprek luister, dit was baie erg. Ek kon nie my emosies bedwing nie en het eers my hart gaan uithuil.

Met my terugkoms sê ek:

“Een van julle stuur ek tronktoe. Julle kan hom dan kom haal wanneer julle terugkom.”

Ek het opdrag gegee dat hulle geld in hulle sakke teruggesit moet word en sommer ook vir hulle padkos ingesit.

Toe hulle oor die laaste bultjie verdwyn, het ek weer gehuil. Dis my bloedbroers.

Op pad het een sy sak oopgemaak en die geld daarin ontdek. Dit het die ander ontsettend ontstel.

BY DIE HUIS AANGEKOM

Jakob was so bly toe hy sy kinders met die koring sien. Maar die blydskap was van korte duur.

“Pa die man het ons as spioene aangesien. Hy het Simeon in die tronk toegesluit en vir ons gesê dat hy ons sal glo as ons jongste broer saambring.”

Terwyl het met hulle pa gesels maak hulle hulle sakke oop. En sowaar. Almal se geld was terug in die sakke.

‘n Ontsettende vrees het Jakob en sy seuns aangegyp en toe sê hulle pa huilend.

“Julle beroof my van kinders. Eers is die Josef is weg, toe Simoen. En nou wil julle Benjamin ook van my wegneem.”

En toe roep hy met ‘n ontsettende hartseer uit: “Alles is teen my. X 2.

Terwyl hy van sy verslae seuns wegstap, roep hy. “As iets met Benjamin gebeur sal julle die oorsaak wees dat ek met verdriet sal sterf.

Die droogte het sy tol geëis en hulle het ‘n hongerdood in die oë gestaar.

Uiteindelik het Juda sy pa oorreed om Benjamin te laat saam kom Egipte toe. Met groot hartseer het hy ingestem. Juda het beloof om as borg van Benjamin op te tree.

JOSEF EN BENJAMIN

Op ‘n dag het my broers weer kom koring koop. Ek het vir my beampte gesê hy moet hulle na my paleis bring en saam met my kom eet.

Ek kan nie vir jou sê wat op daardie oomblik alles deur my brein geflits het toe ek Benjamin by hulle sien nie. Klein Benjamin wat ek help grootmaak het, is nou self ‘n volwasse man.

Vir die eerste keer na 22 jaar praat ek weer met hom.

“My seun mag God jou genadig wees.” En toe knak ek. My gemoed het vol geskiet en ek is daar weg.

Ek het baie lank by my bed gekniel en gehuil. Toe was ek my gesig en gaan eet saam met hulle.

Hulle moes nog ‘n laaste toets slaag. Ek het my amptenaar beveel om my silwerbeker in Josef se sak te sit. Toe hulle so ‘n ent weg is, het hy hulle agterna gesit en hulle beskuldig dat een van hulle my beker gesteel het.

Hulle het hoog en laag gesweer dat hulle nie so iets sou doen nie. Hulle het sover gegaan dat hulle gesê dat die een by wie die beken gevind word, doodgemaak kan word en dat hulle die Regeerder se slawe sal word.

Ek sal die benoudheid op my broers se gesigte nooit vergeet nie. Hulle het aangebied om almal my slawe te wees.

Toe ek vir hulle sê dat net Benjamin my slaaf gaan wees, en
dat hulle kan terug gaan, het Juda met my gepraat.

Levi een van my broers het sy toespraak en sy dogter Jogebet vertel en sy het dit aan haar seun Moses oorvertel. Hy het dit te boek gestel.

Lees gerus een van die mooiste verlossingspleidooie in die letterkunde wêreld in die boek Genesis waarin dit opgeteken staan.

In kort het hy my pa se dood beskryf as Benjamin nie sou terugkom nie. En toe het hy my gevra of hy in die plek van Benjamin, my slaaf sal word.

Hier het ek net weer ‘n keer geknak. Ek het gesien my broers was nie meer die skurke wat my wou vermoor nie. Die Here het hulle liefdevolle omgee mense gemaak.

Volgende keer vertel en julle van die onthulling toe ek myself as hulle broer voorgestel het. Die wyse waarop hulle gereageer het, is aangrypend.

Ek gaan ook die klimaks vertel toe ek en my pa na 22 jaar weer gesien het.

Was this article helpful?

Related Articles