Nadat Juda vir my vertel het hoe my pa sal sterf as hulle sonder Benjamin daar aankom, het iets in my binneste gebreek.
Ek het al my hofdienaars gevra om die eetsaal te verlaat. Ek kon langer my identiteit verswyg nie.
“Ek is julle broer Josef wat julle verkoop het”, het ek gesnik en gesnip en uitgeroep. “Leef pa nog?”
My broers het hulle boeglam geskrik. Hulle was so bang en verbouereerd. Hier staan die broer wat hulle vir ‘n paar sjekels soos ‘n hond verkoop het voor hulle.
Dis asof hulle terugdeins.
Ek het nader gestap en hulle gevra om ook nader na my toe ge kom.
En toe hulle hier by my kom staan het, het ek dit net weer ‘n keer vir hulle gesê:
”Ek is julle broer Josef wat my verkoop het en dis hoe ek in Egipte beland het.
Maar julle moet nie bang wees en sleg voel nie want die Here het my hierheen gebring om lewens te red.
Gaan dadelik na Pa toe en sê vir hom God het my as regeerder oor die hele Egipte aangestel het. Hy moet dadelik hierheen kom want daar is nog vyf jaar hongersnood wat voorlê.”
Raai wie was die eerste een wat ek gaan omhels het? Ons het lank in mekaar se arms gestaan en huil.
Kan julle besef watter groot oomblik dit vir my was.
Ek is toe elkeen van my ander broers gesoen en by hulle gestaan en huil.
Ek het vir my Pa ‘n baie groot verrassing gehad. Toe die Hieksos Egipte verower het, het hulle ook waens vir die eerste keer hierheen gebring. En my pa so vir die eerste keer in sy lewe ‘n ryding met vir wiele sien.
Wat dink julle het ek alles saam met my broers na my dierbare ou vadertjie gestuur?
Tien donkies gepak met kosbare Egiptiese geskenke. Ek kan in my geestesoog sien hoe my pa die donkies afpak en elke item deeglik ondersoek en geniet.
Dan het ook vir my pa tien donkiemerries met die heerlikste koring en graan gestuur wat hy op pad hierheen kon geniet.
Ek het elke broer van die duurste Egiptiese feestelike klere gegee. Hoor hier. Hulle was so ingenome met daardie klere. Hulle ou klere was al vodde.
Moenie bang wees op die pad nie en moet asb nie met mekaar baklei nie.
Juda het later vir my vertel hoe dit was toe hulle by Jakob in Hebron aangekom het. Ons het almal gelyk uitgeroep. “Pa Josef leef. Hy is die regeerder in die hele Egipte.”
“Kinders wag wag. Laat ek julle eers ordentlik groet. Ek is so bly dat Benjamin en Simeon terug is. Ek het so baie vir hulle gebid. Vertel my nou mooi alles van voor af.”
Toe hy hoor dat Josef leef, het hy flou geword. Ons het hom gelaaf en hy het weer bygekom. Die nuus was vir hom te ongelooflik.
22 jaar treur hy oor sy kind en hier hoor hy dat Josef leef.
BELYDENIS
Tot Jakob se skok moes hy hoor wat sy seuns met Josef gedoen het.
Hy was nog skepties totdat Benjamin hom na die waens geneem het wat Josef gestuur het om hom na Egipte te bring. Hy het versigtig na iets gekyk wat hy nog nooit van te vore gesien het nie.
Daardie wa het sy gees weer lewendig gemaak. Dit was vir hom ‘n meganisme, ‘n manier waarop hy by sy kind kon uitkom
Kinders ons kan gaan. My seun Josef leef. Ek gaan hom sien voor ek sterf.
Sien jy daardie groot prosessie op pad na land van Goosen, die beste gedeelte in Egipte.
Kom ek vertel julle van die oomblik toe die twee prosessies uiteindelik by mekaar uitgekom het.
Ek het gereël dat die grootste uitstalling van Egiptiese rykdom en weelde was wat nog ooit gesien was.
Ek sien my pa. My pa sien my. Ek spring van my koets af en hy gly met sy ou mank been van sy wa af.
Ek hardloop na hom toe. Ek gryp hom in my arms en hou hom vas. Ons praat nie. Dis net die trane wat die storie van 22 jaar se pynlike verlange na mekaar vertel.
In daardie omhelsing het al ons waaroms verdwyn. Uit daardie omhelsing het ‘n nuwe heilige vreugde begin skyn.
My liewe vriend. Ek het goeie nuus. ‘n Ander Josef gaan binnekort in Sy hemelse koets in al Sy glorie na ons pyngeteisterde planeet toe kom.
Hy gaan jou in Sy arms neem en vir ‘n lang ruk styf vashou. In daardie omhelsing gaan al jou pyn verdwyn. In daardie omhelsing gaan daar ‘n ongelooflike nuwe vervulling en vrede en geluk en liefde gebore word.