JESUS SE BEWUSWORDING BY DIE PAASFEES
AANKOMS BY NASARET
Dit was so lekker om weer by Nasaret aan te kom. Ek kan nie glo hoe groot my kinders tydens my afwesigheid gegroei het nie.
Maar omdat my lewe so nou verweef aan Jesus was, wil ek jou net so ietsie meer van die Sy kinderdae vertel.
DIE VOORREG
Dit sou ‘n voorreg vir konings gewees het as Jesus in hulle paleise sou grootword. Maar God die Vader het by die belangrikes verbygestap en Sy Seun in my sorg toevertrou.
Jesus was seker die slimste, die getrouste, die hoflikste kind wat nog ooit geleef het. Het het net gedurigdeur gekyk waar Hy my in die timmermanswinkel kon help. In ons ou eenvoudige blyplekkie wou Hy gedurig weet waarmee Hy Maria kon help.
Dit was ‘n ongelooflike belewenis om te sien hoe as ‘n sondelose rein en heilige seun opgroei.
Ons het Hom nie die skool van die priesters gestuur nie want hulle het tradisie eerder as die Bybel geleer. Die Bybel was die handboek waaruit Hy geleer het.
Die biblioteek waar Hy studier het, was die natuur. Hy het die kosbare lesse wat Hy daaruit geleer het, met ons gedeel. As kind het Hy net geleef om ander te dien. So onselfsugtig.
AANVAL VAN DIE SATAN
Daar is nog iets waaraan hierdie ou timmerman gedink het. Ons ou dorpie het ‘n stigma gedra van die goddelooste plek in Israel. Dit was nie vir Jesus maklik om metal die lelike dinge gekonfroteer te geword het nie. Die duiwel kon nie vat dat ‘n seun is wat tenspyte van al sy aanslae op Jesus, Hy so sondeloos kon leef nie.
Gelukkig het die armoede waarin ons geleef het, Jesus teen verveeldheid beskerm. Hy moes gereeld by die put vir ons gaan water haal het. Dan moes Hy my in die werkswinkel het en sy ma het oorgenoeg werk vir Hom in die huis gehad.
Ek wens ek kon vir jou wys watter deeglike houtwerk Hy gedoen het. Wat ‘n voorreg was dit nie om Hom te opgroei het nie. En Hy was ook baie gebalanseerd sodat Sy gesondheid baie goed was.
Dit was so mooi gewees om Hom te hoor sing. Hy het gedurige deur Sy Vader in die hemel met pragtige sang geloof.
Dikwels wanneer Maria onder die druk van werk en armoede moes oorleef, het ek vir haar gesê: “Hoor hoe mooi sing Jesus. Hy is altyd opgeruimd en dra die atmosfeer van die hemel saam met Hom.”
Wanneer Hy so gesing het, het Hy my dagtes van die aardse swaarkry en probleme na die hemelse tuiste geneem.
Wanneer Jesus van oumense gehoor het wat swaarkry, was Hy daar. Mense wat gebroke harte gehad het, het Hy gaan troos. Mense wat nog armer as Hy was, het Hy gaan bemoedig.
Ek het eenkeer gesien hoe Hy ‘n mossie wat verwond was opgetel het en probeer help het. Net waar Hy tussen die behoeftes van mens en dier beweeg het, het Hy vreugde agtergelaat.
SINAGOGE
Wat vir my net so interessant was, was die Sabbatte wanneer ons sinagoge toe gegaan het. Jesus kon nie wag dat die Sabbat moes aanbreek nie. Hulle het Hom dikwels gevra om gedeeltes uit die Bybel te lees.
Die mense was aangegryp wanneer Sy hemelse stem met soveel gevoel gelees het. Bekende gedeeltes het sommer nuwe betekenis gekry wanneer Jesus die Sabbat gelees het.
LESSE VIR OUERS
Nog iets wat my van Jesus getref het, was die feit dat Hy nooit aandag gesoek het. Hy het vertoon vermy. Al was Hy die slimste kind in die dorp het Hy nooit daarmee gespog nie.
Moenie sleg voel as jy ‘n arm ouer is wat nie veel vir jou kinders kan gee nie. Alhoewel Jesus die armste kind in Nasaret was, was Hy ‘n dankbare kind.
Wat jy vir jou kind kan gee, is pligte wat hy kan uitvoer. Neem jou kind in die natuur en leer Hom die lesse wat die Skepper vir daar gesit het.
Alhoewel jy arm in aardse goed mag wees, kan jy ryk wees in jou liefde vir jou kind. Gee jou kind die beste en duurste geskenk, jou tyd.
JESUS SE EERSTE PAASFEES
Volgende keer gaan ek julle van ons besoek aan Jerusalem en die faasfees vertel. Jesus het 12 geword en dit was die oorgang van kind na jeug. Dis wanneer hy ook ‘n seun van die wet en ‘n seun van God genoem is.
Dit het ons drie ‘n hele paar dae geneem om vanaf Nasaret tot by Jerusalem te stap. Dit was lente en die aarde was met pragtige blomme besaai. Die voëljies het met nuwe oorgawe gesing.
Orals langs die pad was daar plekke waar die Here groot dinge vir Israel gedoen het. Dit was dan hierdie plekke waar ons gaan stilstaan het om vir Jesus te vertel wat by die verskillende plekke gebeur het.
Dit was ook tydens hierdie geleentheid dat ons lofliedere tot God gesing het.
Kan jy die pragtige rein stem van Jesus hoor terwyl Hy saam met die ander pelgrims na die heilige stad toe stap?
Ons gaan van die grootste wonder in die lewe van Jesus verneem terwyl hierdie spesifieke pasgafees bygewoon het.