My naam is Josef. Ek het vroeër in ‘n dorpie met die naam van Arimitea gewoon. Die Hebreeuse naam vir Arimitea, is Rama. Ek het later na Jerusalem verhuis waar ek vir my ‘n baie duur stuk grond gekoop. Nadat ek ‘n groot waterput en druiwepars gemaak het, het ek aan huis en ‘n graf begin werk.
Ek moet jou net eers verduidelik hoe ek my graf gemaak het. Dit was uit ‘n stuk soliede rots gekap. Wanneer mens in die graf instap was daar staanplek aan die eenkant en plek vir die lyk of lyke aan die anderkant.
Wanneer die lyk heeltemal ontbind het en dit net die geraamte was wat oorgebly het, het ons die beendere verwyder en dit eenkant in die graf gebêre. Ons het ook die beendere met tye in ‘n benekissie geplaas.
Die leë plek in die graf was dan gereed vir die volgende familielied wat begrawe sou word.
Ek is ook ‘n lid van die Sanhedrin. Behalwe vir my aardse skatte waarmee die Here my geseën het, het e kook die Ou Testament. Ek het baie tyd met die beskrywing van die komende Messias vertel gelees.
Baie van die tekse het van Sy ontsettende glorie en magsvertoon gepraat, maar dan was daar ook tekse wat van Sy nederige voorkoms gepraat het. My kollegas op die raad van die Sanhedrin het daardie tekse heeltemal vermy.
Op ‘n dag het ‘n nederige man van Galilea Sy opwagting in Jerusalem gemaak. Van die mense het geglo dat Hy die Messias was waarvan Johannes die Doper gepreek het.
Ek wou vir myself gaan seker maak. Toe ek Sy uiterlike sien was ek dadelike bevooroordeeld. Maar toe herinner ek myself aan Jesaja se voorspelling dat Hy sonder voorkoms sal verskyn.
Een van die tekse in Jesaja 53:9 het my te binne geskied waar dit sê dat Hy soos ‘n sondaar sou sterf maar in ‘n ryk man se graf begrawe sou word.
Op daardie stadium het ek nog nie besef dat Hy in my nuwe graf begrawe sou word nie.
OPWEKKING VAN LASARUS
Die opwekking van Lasarus nadat hy vier dae in die graf was, het my finaal oortuig dat Jesus die langverwagte Messias was. Die Sanhedrin het agtergekom dat ek en Nikodemus vir Jesus geskerm het. Hulle het toe ‘n geheime raadsitting gehou waarin hulle besluit het dat nie net Jesus nie, maar ook Lasarus doodgemaak moes word.
Ek was geskok toe ek die notules ‘n rukkie later gelees het. My simpatie met die Sanhedrin het begin kwyn en my simpatie met Jesus het net groter en groter geword.
REGSTELSEL
Nog nooit in die geskiedenis het ek en Nikodemus gesien hoe die geestelike leiers hulle eie regstelsel verkrag het om Jesus as ‘n krimineel te bestempel.
Ons het Jesus vanaf die paleis van die Hoëpriester Kajafas, na die hofsaal van Pilatus gevolg.
Hoe leliker ons geestelike leiers teenoor Jesus opgetree het, hoe meer het Hy bewys dat Hy waarlik die Seun van God was.
Daar het ‘n heilige glans van kalmte en liefde uit Hom gestaal wat uitgeroep het dat Hy alles was wat Hy voorgegee het wat Hy was.
Die Jesus gekruisig is, het Nikodemus my kollega gesê dat Jesus dit drie jaar gelede voorspel het.
Daar is nie nou tyd om deur die gebeure van die ses ure aan die kruis te gaan nie. Maar elkeen van Jesus se optrede was vir my ‘nvervulling van dit wat ek aangaande die lyding van die Messias gelees het.
Ek weet nie of jy al by die dood van ‘n geliefde gestaan het nie. Skielik is daar nie asem nie en die doodskleur tree onmiddellik in.
Die arm dissipels was heeltemaal onbeholpe en hulle het nie geweet wat om te doen mbt die begrafnis van Jesus nie. En toe skiet Jesaja 53:9 my te binne: Hy sal in ‘n rykman se graf begrawe word.
Terwyl Nikodemus begrafnisdoeke en speserye gaan koop het, het ek gou na Pilatus oorgehardloop en toestemming gevra of ek die liggaam van Jesus kan kry.
Ek het net nie kans gesien dat Jesus se kosbare liggaam iewers tussen ander misdadigers begrawe moes word nie. Ek was nie meer versigtig met my oortuiging dat Jesus die Messias was nie.
Ek en Nikomedus wou vir Jesus ‘n eerbare begrafnis gee soos wat Jerusalem voor dit of na dit gesien het nie.
Terwyl ons versigtig en met groot respek Sy verminkte liggaam van die kruis afhaal, het ons trane vrylik gevloei. Ek en Nikodemus en Josef van Sirene het Sy bene reguit gemaak en arms op Sy bors gevou. Maar hoor jy, toe huil on seers.
Did was nogal ‘n aardige gevoel toe ons Jesus in die graf neerlê waarin ek begrawe sou word. Vir my was dit die grootste eer van my hele lewe om die Jesaja se profesie te kon vervul.
Nadat ons die groot steen voor Sy graf gerol het, is ons huistoe. Die vroue wat Hom gevolg het, het ‘n oomblikkie langer by die graf gewaak terwyl hulle bitterlik geween het.
Ek het weer ‘n keer gehuil. Hierdie keer omdat ek nie vroeër die moed gehad het om Jesus openlik te erken nie.
My liewe vriend. Moenie skaam wees om Jesus openlik te bely nie. Hy is al ons lof en eer en liefde waardig.