KONING ARTASASTA
Die Persiese annale gee vir ons die volgende interessante gegewens rondom die Persiese koning Artasasta.
(1) Hy regeer vanaf 465 tot 432 vC.
(2)Hy is die derde oudste seun van Ahasveros.
(3) In die jaar 457 vC. Vaardig hy ‘n dekreet uit om Jerusalem te herbou.
DIE WêRELD WAARIN ARTASASTA GEWOON HET
In 480, vyftien jaar voordat hy koning geword het, het sy pa Babilon met die grond gelyk gemaak.
Die merkwaardige profesie van Jesaja 13:19-22 lees as volg:
Babel, die sieraad onder die koninkryke, die pronkstuk en trots van die Galdeërs, sal deur God verwoes word soos Sodom en Gomorra. 20 Die stad sal nooit meer bewoon word nie, niemand sal ooit weer daarin bly nie. Geen Arabier sal sy tent daar opslaan nie, geen wagter sal sy kudde daar laat rus nie. 21 Net woestyndiere sal daar gaan lê; die huise sal vol uile wees; volstruise sal daar bly en veldgode sal daar ronddans; 22 hiënas sal in die paleise huil, jakkalse in die huise waar feesgevier is. Die stad se ondergang is hier, sy dae is getel.
Daar is ‘n sterk moontlikheid dat Artasasta van hierdie Jesaja-profesie bewus was. Dit kon sy konsep van die Hebreërs se God positief beïnvloed het.
TYDGENOTE VAN ESTER EN MORDEGAI
Die Bybel praat van koningin Vasti en van koningin Ester.
Dis moontlik dat Artasasta ‘n eie seun van Ester was. Die Persiese annale sê hy was die derde seun van koning Ahasveros.
Indien dit egter nie die geval was nie, het hy nogtans saam met Ester in dieselfde paleis gewoon.
As jong seun en opgegroeide man het hy ook kennis gemaak met Mordegai. Hy moes die saga rondom die uitroei van die Joodse nasie deur Hamman geken het.
Koning Artasasta en Mordegai het eeue gelede saam in Susan en in Ekbatana gewoon – die somer en die winterpaleise.
EZRA EN NEHEMIA
Die Persiese koning Artasasta was ook met die Bybelse karakters, Esra en Nehemia bekend. Kon hierdie mense hom miskien beïnvloed het om Jerusalem te laat herstel?
ARGEOLOGIE – PLEKKE WAAR HY GEWOON HET
Die argeoloë dui ten minste drie plekke aan waar Artasasta gewoon het:
PERSOPOLIS
Wanneer die lente begin, het die Persiese konings vir ‘n week lank na Persepolis toe gegaan. Hier het hulle geskenke van al hulle onderdane ontvang.
Die reliëf op die mure gee vir ons ‘n idee van die waardigheid van die prosessie van die nasies.
EKBATANA
In die somer wanneer dit baie warm was, het die Persiese konings in hulle somerspaleise in Ekbatana gaan woon.
Hy was goed bekend met die geskiedenis van hierdie voormalige hoofstad van die Meders. Dis hier waar sy voorvader Kores die Grote gebore is.
Op ‘n keer toe Ester en Mordegai saam met sy pa, Ahasveros hier was, het hulle gesterf.
Soos wat die moderne toeris die grafte van hierdie besondere mense kan besoek, so het Artasta ook miskien hulle grafte besoek.
SUSAN
In die winter wanneer dit baie koud word, het die Persiese koning met sy personeel na Susan verhuis. Die aangename klimaat langs die Ulairivier, het die winter draaglik gemaak.
Die profeet Daniël was ook hier. Dis hier by Susan dat hy ‘n visioen van die Persiese en Griekse militêre konflik gehad het.
Soos wat die moderne toeris Daniël se graf vandag kan besoek, so moes koning Artasta ook by hierdie graf besoek afgelê.
Was hy met die profeet se voorspellings oor wêreldgebeure vertoud?
NAQSHI-I RUSTAM
Alles wat die Bybel aangaande Artasasta geskryf het, is waar.
Groot gedagtes maal deur jou kop wanneer jy sy reuse graf by Naqshi-I-Rustam besoek.
Daar was werklik so ‘n koning wat ‘n aandeel in die herstel en ophou van die tempel in Jerusalem gehad het.