1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Kores – Die Tipiese Verlosser Van Antieke Israel

Kores – Die Tipiese Verlosser Van Antieke Israel

Skriftuur: Psalm 126:1-3

Psalm 126:1 Toe die Here die lot van sion verander het, was dit vir ons soos ‘n droom.

Wat is jou lot, jou toestand op hierdie oomblik?

Hierdie Psalm verwys na die blydskap toe Juda in die jaar 539 vC. uit hulle Babiloniese gevangenes vrygelaat is.

Vers 2,3 Ons het gelag en gesing, Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Die Here het groot dinge aan ons gedoen; ons was bly.

Voor ons na die blydskap van Juda se bevryding kyk, kyk kons vlugtig na die trauma van antieke ballingskappe.

In die Britse museum kan mens Sanherib se verowering van Lagis, een van Juda se vestingstede sien. Dis skokkend wreed. Jy sien hoe die Assiriërs brandende fakkels in die stad slinger; hoe hulle boogskutters dodedelike pyle in die stad inskiet; hoe stormramme teen die muur stamp en stam totdat dit intuimel.

Jy sien hoe die verslane kinders van die Here aan pale opgehang word en hulle velle afgesny word.

BALLINGE

En dan sien mens die voorstelling van die ballinge wat geboeid na of Nineve of Babilon geneem word.

Kunstenaars het probeer om daardie verleë, vernederde blik op hulle gesigte uit te bring.

Wanneer mens die seën van gehoorsaamheid en die vloeke van ongehoorsaamheid in Levitus 26 lees, ontdek jy twee interessante uiterstes.

Levitikus 26:12 En Ek sal in julle midde wandel en vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees.

Daar is niks so heerlik as om God in die middelpunt van ‘n mens se lewe te hê nie.

Ongehoorsaamheid sou die volgende vloeke bring:

Vers 33 En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ‘n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ‘n wildernis en julle stede puinhope word.

As jy jou lewe in ‘n puinhoop wil verander, oortree die eerste vier gebooie van die Here.

As jy ‘n sosiale swaard agter jou wil hê, en in ‘n  wildernis van verwerping wil gaan woon, oortree die laaste ses gebooie – begeer, steel, lieg en hoereer. Dis nie maklik om uit hierdie ballingskap van skande te kom nie.

ONTMANDES

Wanneer mens na die relief van die ballinge kyk, ontdek jy dat sommige van hulle sonder baarde is.

Wie dink jy was hulle? Dis die koninklike room wat die koning van Babilon laat ontman het.

Dis wat met Daniël en sy drie vriende gebeur het. Van die vooreg ontmeen om eendag ‘n gelukkige huis te bou.

STRESVLAKKE

Die geesteswetenskaplikes het vir ons die drie hoogste stresvlakke uitgewerk: die eerste een is dood, die tweede is egskeiding en die derde een is verhuising.

Toe Nebukadnesar Jerusalem in die jaar 586 vC vir die laaste keer beleer het, het moeders so honger geword dat hulle hulle eie kinders geslag en geëet het.

Kan jy jou voorstel hoe so ‘n ma moes voel toe sy uiteindelik in Babilon aangekom het.

Ken jy die pyn van selfverwyt?

MOEDERNE BALLINGSKAP

Terwyl ek navorsing by die Assiriese en Babiloniese galerye van die Britse Museum doen, gaan my gedagtes na die ballingskapspyne van ons dag.

EKONOMIES

Die man het in die veiligheid van sy R10,000,000 pakket geleef. En toe kom daar ‘n briljante sakeman wat vir hom van ‘n skema vertel waarin hy in ‘n kwessie van maande sy tien miljoen na twintige miljoen kan verdubbel.

Wat dink julle het toe met sy tien miljoen gebeur? Hy het dit verbeur.

Ekonomiese ballingskap is iets vreesliks.

VERHOUDINGS

Eers het jy in die veiligheid van ‘n mooi verhouding geleef. Jy het nooit gedroom dat ‘n vyand jou veilige huis sou beleer nie. Partykeer neem die beleëring deur ‘n derde party ‘n baie lank ruk.

Ander kere breek hulle die huweliksmuur in ‘n baie kort tydjie af.

Bevind jy jouself in die ballingskap van eensaamheid, selfverwyt en bitterheid?

Soos Esegiël van ouds onder verslae ballinge gewerk het, so werk ek ook onder die hartseer ballinge van ons dag.

Ek wil net vir jou sê, daar lê sulke diep seer, sulke onbeskryflike selfverwyt en verwardheid dat net die wederkoms van Jesus dit sal kan genees.

Ek kry hulle so jammer wanneer hulle vir my vertel hoe hulle terug verlang na die gelukkige dae in die Jerusalam van gister en eergister.

VANAF JERUSALEM DIE KERK NA DIE BABILON VAN AFVALLIGHEID

Vroeër jare was hierdie man veilig en gelukkig agter die dik mure van Jerusalem, die kerk van God.

En toe behandel die predikant en ander lidmate hom sleg.

Pleks dat die oom die onregverdigte behandeling as louter vreugde beskou het, soos die Bybel leer, het hy besluit hy om verbitterd te raak.

Een van die vreeslikste ballingskappe waarin mense kan beland, is die ballingskap van verbittering. Is jy vanoggend in hierdie vreemde land?

Verlang jy terug na die goeie ou dae toe jy gelukkig in Jerusalem was – toe dit nog vir jou lekker was om kerk toe te gegaan het?

GESONDHEID

Dan is daar die mense wat vroeër in die Jerusalem van gesondheid gewoon het. Hulle kon rondbeweeg en doen net wat hulle wou.

En toe kom die Babiloniese bende van siekte en voer hulle na die Babiloniese ver land van siekte en ellende.

OUDERDOM

Die vrou was vroeër mooi. En toe kom die Babiloniese vyand van ouderdom en beleër haar mooi plooivrye mure. Sy het ‘n facelift gehad maar dit het niks gehelp nie. Sy verknies haar tans in die ballingskap van skreeu lelike ouderdom.

En die oom het sy hare “gedye” gekleur en gehoop hy sou in die Jerusalem van jonkheid bly. Dit het niks gehelp nie. Hy sit in die Babiloniese ballingskap van ouderdom.

Toe Satan, die koning van Babel vir Adam in ballingskap  geneem het, het hy ons almal saamgeneem. Ons sit met ‘n paar dik kettings in hierdie ver land.

Sal daar ‘n dag aanbreek wanneer ons sondige DA oorgeskryf gaan word? Gaan die Verlosser eendag kom om vir ons nuwe genes te skep wat nuwe verhewe aspirasies by ons gaan aktiveer?

BELOFTES AAN DIE ANTIEKE BALLINGE

Terwyl Daniël en die ander ballinge in die wrede greep van Babiloniese gevangeskap vasgevang was, het daar ‘n boodskap van hoop vanaf die profeet Jeremia na hulle gekom:

Jeremia 29:10 Want so sê die HERE: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.

11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee. 12 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.14 En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.

Wat was die voorwaardes van bevryding?

As julle na My vra met julle hele hart.

BELOFTES

Daniël en die ander ballinge aan die belofte van Jesaja vasgehou dat ‘n vors met die naam van Kores na 70 jaar ‘n einde aan hulle ellende sou kom maak.

Jesaja 45:1 So sê die Here aan sy gesalfde, aan Kores, vir wie Hy as heerser aangestel het, aan wie Hy nasies onderwerp en voor wie Hy konings hulle wapens laat neerlê, voor wie Hy deure oopmaak en poorte nie gesluit laat bly nie.

Jesaja het in die jaar 750 vC. aangaande die koms van Kores geprofeteer. Die geskiedenis sê vir ons dat die profesie vervul is toe hy in die jaar 558 vC. die koning van die Perse geword het. Kom ek vertel u sy verhaal:

GEBOORTE IN EKBATANA

Nebukadnesar het met Amuhea van Ekbatana getrou. Sy was die dogter van die koning van die Meders, Cyaxares.  Haar broer se naam was Astyages.

Na die dood van Cyaxares, het Nebukadneser se swaer, Astyages koning van die Meders geword. Herodotus die geskiedskrywer sê vir ons hy was nie ‘n goeie koning nie.

Astyages droom dat sy dogter Mandane met vloedwaters sy stad en koninkryk oorspoel. Die wyse manne sê dit voorspel die oorname van sy ryk.
Toe Mandane aan Kores geboorte skenk, stuur hy Harpagus sy minister van finansie om die kind waarvan Jesaja geprofeteer het, dood te maak.

Hy kon dit nie oor sy hart kry nie en gee toe die kindjie vir Mitradates die skaapwagter om dood te maak. Toe Mitradates  by sy vrou Spako met die kind aankom, vertel sy dat hulle eie ou kindjie daardie dag dood is.

Die Griekse geskiedskrywer Herodotus skryf dat Mitradates en Spako toe besluit het om hulle Baba as Kores te begrawe en Kores in die plek van hulle gestorwe baba groot te maak.

KORES IS DOOD

Hoe sou jy as balling gevoel het as jy destyds moes hoor dat Kores wat jou uit ballingskap moet kom verlos, skielik dood is?

Wat van jou en my? Is daar kere wat dit vir ons voel asof die Here dood is? Kere wanneer ons voel dat God se beloftes gekanseleer is?

Daar was ballinge wat alle moed opgegee het dat hulle ooit uit ballingskap verlos sou word.

Maar dan was daar ballinge soos Daniël wat tenspyte van die slegte nuus van Kores se dood, nogtans aan die beloftes van die Here vasgehou het.

Jeremia 29:10,11 So sê die Here: Oor presies sewentig jaar sal Ek Babel straf en julle onder my sorg neem en dan sal Ek my belofte nakom om julle hier na Jerusalem toe te bring. Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!

Terwyl ek by Pasargadea besoek het waar Kores later jare geregeer het, het ek aan die wonderbaarlike wyse gedink waarop die Here Sy beloftes gestand doen.

Toe klein Kores, wat onder ‘n skuilnaam grootgeword het, tien jaar oud was, het sy maatjies hom koning gemaak en hulle het koning-koning gespeel. Toe een van hulle nie na hom wou luister nie, het hy die outjie gestraf.

Die het by sy pa gaan kla en die pa het weer by koning Astyges gaan kla omdat die skaapwagter se kind sy kind gestraf het. Klein Koressie is laat roep om te verduidelik. Hy het sê toe koning vir die koning dat dit goeie bestuurtegniek is om ‘n opstandige onderdaan te straf.

Terwyl Astyages so na hierdie mannetjie kyk, besef hy dis sy kleinseun wat doodgemaak moes word. Die hele storie van hoe ‘n ander kindjie in sy plek begrawe is, het toe op die lappe gekom. Kores is na Anshan verban waar hy later koning oor die Perse geword het.

KORES LEEF

Die getroue, berouvolle Joodse ballinge hoor die goeie nuus dat Kores toe nooit dood is nie maar dat hy lewe. Die beloftes oor Kores se verlossingswerk het hulle weer met nuwe moed besiel:

Jesaja 44:28 Ek sê vir Kores: Ek het jou as herder aangestel, jy moet my wil uitvoer, jy moet van Jerusalem sê: “Hy moet weer opgebou word.”

DONKER NAG

Maar tenspyte van die goeie nuus dat Kores leef, het dit al hoe donkerder vir die ballinge in Jerusalem geword. Belsasar was wreed.

Die nag van 12 Oktober 539 vC. het aangebreek. Skielik word van die sterk ballinge wakkergemaak.

“Die koning van Babilon beveel julle om die goue voorwerpe van julle verwoesde tempel na die banketsaal te kom uitdra.”

Daniël 5:2 Toe hy onder die invloed van die wyn was, het hy die goue en die silwerbekers wat deur sy voorganger Nebukadnesar weggevoer is, laat haal sodat hy en sy hoofamptenare, sy vrouens en sy byvrouens daaruit kon drink.

GENADE DEUR SLUIT

Toe die koning van Babilon dit wat heilig en afgesonderd was deur ‘n bevel, deur wetgewing ontheilig het, het die perke van God se genade oorskrei en sy stad het geval.
Dit was middernag toe God Sy volk destyds verlos het. Hulle middernagtelike benoudheid het in die heerlikste dag van vreugde en verlossing verander.

BABILON HET GEVAL

Die oomblik toe die antieke koning van Babilon dit gedoen het, het Kores gekom en Babilon het geval. Die hemelse dekreet het uitgegaan wat gesê het: Mene, mene tekel ufarsin.

“Jy is geweeg en te lig bevind. Jou koninkryk word aan Kores gegee.”

Dit gaan donkerder en donkerder vir ons word. Dit gaan so donker word dat mense wat volhou om die Sabbat van die vierde gebod te vier, ‘n doodstaf opgelê gaan word.

Maar wanneer dit gebeur gaan dieselfde hand weer skryf: Mene, mene, tekel ufarsin. “Babiloniese koning. Jy is geweeg en te lig bevind.”

GOEIE NUUS

Ek wil net vir my mede ballinge in die ver land van pyn en ellende iets moois vertel. Die belofte van Jesus se spoedige wederkoms is waar. Jesus, ons hemelse Kores leef.  Hy is op pad om ons binne kort te kom bevry.

KORES HET VIR DIE REIS NA JERUSALEM BETAAL

Wat het dit die bannelinge destyds gekos om die reis vanaf Babilon na Jerusalem te onderneem? Absoluut niks nie. Hulle kon vir hulle die pragtigste kamele en donkies vir die reis gaan uitsoek.

Die per diem wat hulle vir die reis ontvang het, was ‘n astronomiese bedrag.

Lank voor Kores op die toneel verskyn het, het die Bybel voorspel hoe hy die ballinge by Jerusalem sou uitkry.

Jesaja 45:13 Hy sal my stad weer opbou en my ballinge terugstuur sonder dat hy betaling of ‘n geskenk daarvoor ontvang, sê die Here die Almagtige.

DIE GOEIE NUUS

Ek het baie goeie nuus! Ons hemelse Kores is op die punt om ons uit die ballingskap van ons ellende te kom verlos.

Vinniger as die spoed van lig gaan ons vir Jesus in die lug ontmoet. En wat gaan dit kos? Dieselfde prys wat die aardse Kores gevra het – absoluut gratis.

Die kruis het ons hemeltoe gaan gratis gemaak

Ek wil net vanoggend vir die Here sê dat ek baie graag uit die ballingskap van my sondige natuur met al sy hangups verlos wil raak.

Hy jy ook ‘n behoefte aan bevryding uit jou ballingskap van pyn en frustrasie, misverstande, skuldgevoelens en belydenisse vir jou foute?

Binnekort gaan ons soos die bevryde ballinge van ouds sê:

Psalm 126:1 Toe die Here die lot van sion verander het, was dit vir ons soos ‘n droom.

e-pos Navrae na questions@amazingdiscoveries.co.za

Was this article helpful?

Related Articles