1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Monoloog
  4. Lot, Sy Vrou En Sy Twee Dogters

Lot, Sy Vrou En Sy Twee Dogters

My naam is Lot. Ek en my twee dogters en hulle twee seuntjies, Amon en Moab woon almal saam in ‘n grot.
Ek het net so endtjie van die grot af weggestap en staan langs ‘n soutpilaar wat die vorm van ‘n mens aangeneem het.
Ek wil julle later meer van hierdie soutmonument vertel.
Voor my dogters my roep om met die stout kinders te help, wil ek my hartseer verhaal kortliks met julle deel. My gebed is dat julle uit my foute lesse sal leer wat daartoe sal lei dat julle nie in dieselfde ellende beland as waarin ek beland het nie.

Ek en familie het oorspronklik in Ur van die Chaldeërs gewoon. Voordat ons almal daarvandaan weggetrek het, is my pa oorlede.
Nadat ons ‘n ruk in Haran gewoon het, het my oom Abram gesê dat die Here hom geroep het om na Kanaän te trek waar die Here hom ‘n groot nasie sal maak.
Hy het vir ons gevra wie van ons wou saamtrek. Omdat my pa dood is, het ek veilig by oom Abram gevoel en aangebied om saam met hom te trek.
Dit was vir hom nie maklik om van sy familie af weg te trek nie, maar gehoorsaamheid aan die Here was vir hom ‘n baie groot prioriteit.
Ons was ‘n rukkie in Kanaän maar die droogte het ons na Egipte laat trek.
Ongelukkig het oom Abram gelieg en in groot moeilikheid beland. Ons is toe daar weg nadat die farao vir hom met slawe en slavinne en ‘n klomp diere daar weggestuur het.
NA BETEL
Ons het saam teruggetrek en by Betel gaan offer. Dit was dieselfde plek waar ons vroeër geöffer het. My oom het weer Sy toewyding aan God hernu.
Asgevolg van die groot aanwas van ons vee kon die skaapwagters nie altyd die twee troppe uit mekaar hou nie. Die gevolg was dat daar ‘n gedurige stryery was.
Ons het toe besluit dat ons uitmekaar moet gaan. Oom Abram, soos gewoonlik, het my gevra om eerste te kies waar ek wou gaan bly.
My vrou het ook by my aangedring dat ons moet breek. Ek wil nie van haar slegpraat nie, maar sy was nie baie godsdienstig nie. Dit het daartoe gelei dat oom Abram so godsdiens haar ongemaklik laat voel het.
Die fout was ons gemaak het met betrekking tot ons nuwe tuiste, het ons eers baie jare agtergekom.
Sodom was die finansiële reuse en my vrou wou naby winkels wees en in haar eie huis gaan bly.
Sy het reguit vir my gesê sy is moeg om soos oom Abram haar hele lewe lank in tente te bly.
Sy het nie dadelik haar sin gekry nie. Ons het eers so ‘n endjie van Sodom gaan woon. Maar dit was nie lank nie, of sy oorreed my om vir haar ‘n huis in die stad te bou.
Ek kon agterkom dat sy al hoe meer wêrelds geraak het. Sy het ook ons kinders wat daar gebore is, toegelaat om met maatjies te speel wat baie stout was.
KEDOR-LAOMER VAN ELAM
Ek sal nooit die dag vergeet toe Kedor-Laomer van Elam en sy bondgenote om Sodom toegeslaan het. Hulle het ons huis van al ons kosbare bestitting gestroop. My vrou was in ‘n toestand.
Dit was iets vreesliks om ‘n krysgevange te wees. Jy weet jy is op pad na ‘n onheilspellende toekoms, maar jy weet nie waar dit gaan wees.
Ek het dit gewaag om vir my vrou te sê dat ons ‘n verkeerde besluit geneem het.
DIE STAD VAN DAN EN ABRAM
Die eerste aand het ons in die omgewing van die stad van Dan in die veld gelslaap. My vrou het haarself aan die slaap gehuil. Nie omdat ons ‘n verkeerde besluit geneem het om in Sodom te gaan bly nie, maar omdat sy haar geriewe verloor het.
Daardie nag het ‘n wonderwerk gebeur. My diebare oom Abram het met sy twee Amoritiese bondgenote het ons daardie nag kom verlos.
Ons is die volgende dag na die Kidronvallei geneem. Daar het ons die koningpriester Melgisedek ontmoet. Abram het ‘n tiende aan hom betaal.
Later het die koning van Sodom ook daar aangekom. Hy het vir oom Abram gesê dat hy al die buit wat hy van Kedor Laomer geneem het, vir homself kan hou. Al wat hy gevra het, was om vir hom die gevangenisse terug te gee.
Hier het oom Abram vir ons ‘n groot les geleer. Hy het ‘n tiende van die buit aan die Here gewy en vir ons koning gesê hy wil niks vir homself neem nie.
Nie eers ‘n skoenriem nie. Met ander woorde wanneer dit by verlossing kom, is daar nie ‘n prys nie. Dis gratis. So ook met die Here se verlossing.
TERUG NA SODOM
Ons het nie die les geleer om uit Sodom te trek nie. Ons huis het nog gestaan en ek het myself weer opgewerk totdat ons weer ‘n rykmanslewe gevier het.
REGTER
Asgevolg van my verbintenis met oom Abram wat ons kom verlos het, is ek as regter in Sodom aangestel. Maar ek was onbewus van die feit dat hierdie stad so ontsettend diep in sonde geval het.
Een middag toe ek in die poort van die stad gesit het, dit was ons hofsaal, het twee vreemdelinge daar aangekom.
“Menere”, sê ek vir hulle, “Mag ek die eer ontvang om julle by my te laat tuisgaan.” Hulle het eers beswaar gemaak, en gesê hulle sal sommer op die plein gaan slaap.
Uiteindelik het ek hulle oorreed om by ons tuis te gaan. Hulle het vir my ‘n bietjie anders as gewone reisigers gelyk.
SODOMEER
Voor ons gaan slaap het, het die manne van die stad daar aangekom. Jonges en oues. Hulle dring toe by my aan om die twee besoekers uit te lewer sodat hulle die manne kan Sodomeer.
Ek was in ‘n groot verleentheid. As regter moes ek aan hulle verduidelik dat hulle my gaste was en dat ek vir hulle veiligheid verantwoordelik was.
Toe drieg hulle dat hulle my nog meer gaan sodomeer as ek nie die manne uitbring nie.
In my desperaatheid sê ek toe ek sal my twee dogters aan hulle gee, maar dit was ook nie goed genoeg.
Op hierdie stadium het my twee gaste en my in die huis ingeruk en die bose gepeupel met ‘n soort van ‘n blindheid geslaan. Nie net fisies nie maar ook kognitief. Hulle kon net nie die deur kry om die huis binne te kom nie.
Toe twee gaste begin praat, besef ek dis boodskappers van die hemel. Hulle het vir gesê die Here gaan Sodom met vuur verwoes en ek moes dadelik vir ons kinders en skoonkinders gaan sê dat hulle uit die stad moes vlug.
Hulle het my laat voel dat ek mal en dan ek moet dink hulle gaan nie my bangmaak stories luister nie.
VLUG
Die volgende oggend het die twee engele vir ons gesê om dadelik te vlug. Ek was so verward. Wat van my kinders. Wat van ons bates wat ons oor jare opgebou het het.
My vrou was nog meer verward.
En toe gryp een van die engele vir my en my vrou en die ander een gryp ons twee dogters en daar trek ons met ‘n spoed uit die stad.
Die engele het gesê ons mag nie in die Jordaanstreek vertoef nie. Ons moet aanhou vlug na die omliggende berge en ons mag die terugkyk nie.
Toe ek so na die steil berge hier voor my kyk, besef ek dat ons dit nie gaan maak nie. Ek vra toe vir die engele of ons nie maar by Soar so ‘n endjie teen die steilte op, kan oorbly nie.
Hulle was so genadig en het ons toegelaat. Na ‘n rukkie het hulle ons verlaat om Sodom te gaan verwoes.
SOUTPILAAR
En toe tref ‘n baie groot ramp ons. My vrou het vir my gesê sy sien nie kans vir hierdie storie nie. Ons is mal om hier na die toestand van armoede te vlug. Sy was baie lelik.
En toe stop sy net daar en dan en draai om om na haar huis, haar stad en na haar kinders te kyk.
In ‘n oogwink het sy in ‘n soutpilaar verander en ons het verder na Soar gevlug.
Ons het vir ‘n kort rukkie daar gewoon wat dit sou ook met vuur en swael verwoes word soos Sodom. Ons is toe verder om teen die berge waar ons die grot gekry het waarin ons tans woon.
Die soutpilaar waar ek staan, is die van my vrou. Die engele het gesê ons mag nie omkyk nie, nie fisies nie en ook nie geestelik nie. Ons moes in ons totaliteit met die sondige Sodom breek.
My hart is so seer. Ek huil hier waar ek langs haar versteende lyk staan.
Sy het verkies om nie na die stem van die Here te luister om met Sodom se sondes te breek nie. Haar lyf was hier waar ek nou staan, maar haar hart was in Sodom met sy boosheid.
Ek wil net vir die dames sê dis veiliger om gehoorsaam te wees as om die sondes van Sodom lief te hê.
Maar net ‘n woordjie van waarskuwing vir die mans. Ek moes nooit in die sondige Sodom ingetrek het nie. As ek my tente ver weg van die goddelose stad opgeslaan het, het ek vandag nog my vrou en al ons kinders by my gehad.
In die dae van Noag het die boosheid van die mensedom so ‘n hë piek rereik dat die vloed die goddeloses uitgewis het.
In my het die Here weereens ‘n einde aan die vreeslike sondige Sodom gemaak.
Ek wil net aan jou noem dat die Here dit weer ‘n keer gaan doen, en dat jou lewe met Hom reg moet wees.
Maar dan wil ek net slotte goeie nuus. Die God wat my my sondes vergewe het, toe ek dit bely het, wil dit ook vir jou doen.
As die Heilige Gees jou aan ‘n vergeerde iets in jou lewe herinner, wees bly. Dit beteken die Here gee nog baie vir jou om en dat Hy jou wil red.
Gaan noem daardie sonde op sy naam en sê vir die Here jy is jammer daaroor en dat Hy jou moet vergewe. Hy wil dit graag doen, en jy sal ‘n baie gelukkige mens wees.

Was this article helpful?

Related Articles