1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Maansiek Kind – Opvolg Van Die Berg Van Verheerliking

Maansiek Kind – Opvolg Van Die Berg Van Verheerliking

Na die verheerliking van Jesus op die berg, het ek Jakobus, saam met my broer Johannes, Petrus en Jesus, teen die berg afgestap.
Die verskyning van Moses en Elia in hulle glansende hemelse voorkoms sal ek nooit vergeet nie. Die woorde wat God die Vader gespreek het, bly in my kop maal. “Dit is my geliefde Seun, luister na hom.”
Op pad na die ander 9 dissipels wat vir ons onder aan die voet van die berggewag het, het Jesus ons gevra om asb nie die verheerliking met hulle 9 te bespreek nie. Eers na Sy opstanding sal hulle kan waardeer wat gebeur het.
Na aanleiding van die verskyning van Elia, het ons vir Jesus ‘n vraag gevra:
“Waarom sê die Fariseërs dat Elia eers moet verskyn voordat die Messais sy verskyning gaan maak.”?
Jesus het toe vir ons verduidelik dat Johannes dieselfde boodskap as die van Elia sou verkondig en dat hy die tweede Elia was.
Toe ons aan die voet van die berg kom, was daar baie mense. Hulle het na Jesus aangehardloop gekom. Ons hoor toe wat gebeur het.
Terwyl ons 9 ander maats vir ons gewag het, het ‘n pa sy kind wat ‘n bose gees gehad het, daar aangekom. Hy het die dissipels gevra om asb vir die kind se genesing gebid.
Toe hulle die bose gees in die Naam van Jesus probeer uitdryf, het die slagoffer nog erger onder die bose gees deurgeloop.
G’n wonder nie. Hulle het gekla oor die drie gunstelinge van Jesus wat saam met Hom berg toe is. En hoe meer hulle gekla het, het groter houvas het die duiwel oor hulle gekry.
My arme kollegas het so sleg gevoel veral omdat hulle oneer oor hulle self en oor hulle Meester gebring het.
BESKULDIGING
Nou moet jy weet die skrifgeleerdes het hulle nog verder verkleineer en gesê hulle is bedriërs. Hulle kan net die ou klein duiweltjies uitdryf, maar nie hierdie groot menere nie
En toe vat die mense nogal die kant van die Fariseërs. My arm maats. Jy moes hulle gesigte gesien het!
Die prentjie het baie skielik verander toe hulle Jesus en ons drie sien aankom. Ons gesigte van nog steeds van die blootstelling aan die goddelike glans geblink. Die mense het ons met groot ontsag aangestaar.
Die skrifgeleleerdes het in vrees geritereer terwyl die mense Jesus verwelkom het.
Jesus het die geleerdes streng aangekyk en hulle gevra waarom lol hulle met Sy dissipels.
Die uittardende manne het ewe skielik stom geword. Die getesterde pa het sy pad na Jesus gebaan en aan Sy voete neergeval en sy teleurstelling en pyn uitgestort.
“Meester ek my duiwelbesete seun na U gebring. Die dissipels kon die bose gees nie uitdryf nie.”
Jesus lees die ongeloof in die harte van die mense en met groot hartseer roep Hy uit:
“O julle ongelowige geslag. Hoe lank moet ek nog by julle wees? Bring die kind hier vir my.”
Toe Jesus na hom kyk, slinger die bose gees hom op die grond. Hy begin te ruk, skuim om uit sy mond en sy angs-gille skeur die oggend lug.
Die Prins van lewe en die prins van duisternis ontmoet mekaar op slagveld. Satan doen alles in sy vermoë om die slagoffer in sy mag te hou.
Vir ‘n oomblik laat Jesus die duiwel toe om sy sataniese mag te openbaar sodat die toeskouers kan sien hoe Hy die slagoffer gaan verlos.
Die mense kyk met opgehoue asem en die pa is verbouereerd.
Jesus wil by die pa weet hoe lank sy kind al geteister word. Die pa vertel vir Jesus die hartseer storie van baie jare.
“As U asseblief iets kan doe, sal ons baie dankbaar wees.”
Hy twyfel nog steeds “As U kan?”
Jesus sê vir hom: “As jy glo is alles moontlik.”
Die pa bars in trane uit: “Ag Here ek glo. Help my met my ongeloof.”
Jesus draai na die lydende seun toe en sê: “Jou stom en dowe gees. Ek gebied jou gaan uit en kom nooit weer terug nie.”
Dis asof die demoon die kind uitgemaak wil skeur terwyl hy hom verlaat. Terwyl hy beweegloos op die grond lê, sê die mensehy is dood.
Jesus buk af, neem die seun se hand gee hom vir sy pa – volkome genees.
Kan jy sien hoe die pa en sy seun voor Jesus se voete leerval en net aanmekaar sê: “Dankie dankie dankie.”
Die mense staan verstom oor die magtige openbaring van God se mag, terwyl skrifgeleerdes verslae, kop onderstebo, stert tussen die bene, stuurs daar padgee.
My dierbare vriend baie van ons voel net so onwaardig soos die pa van die siek seun.
Kom ons val met ons onwaardigheid voor die medelydende Verlosser neer en roep: “Ag Here ek glo. Help my met my ongeloof.”
Jesus sal niemand wegwys wat vir hulp na Hom toe kom nie.
ONGELOOF
Die nege dissipels wou by Jesus weet waarom hulle nie die wonderwerk kon verrig nie.
Jesus het vir hulle gesê dat dit net deur gebed gedoen kan word.
Wat sou gebeur as hulle geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie gehad het?
Hulle sou berge van probleme kon versit.
My liewe vriend. Daar is miskien berge van probleme in jou lewe. Ek nooi jou om Jesus te vertrou om die berge te laat verdwyn.
Hy wil dit graag vir jou doen. Vertrou Hom met die bietjie geloof wat jy het.

Was this article helpful?

Related Articles