1. Home
  2. Boeke Van Die Bybel
  3. Matthéüs 24
  4. Matthéüs 24 Deel 1 – Tekens Van Jesus Se Naderende Wederkoms

Matthéüs 24 Deel 1 – Tekens Van Jesus Se Naderende Wederkoms

Waar moet ‘n mens begin wanneer jy die boek Openbaring wil studeer?

Voordat ons na die laaste boek van die Bybel kyk, moet ons eers hoor wat al die profete en Jesus vir ons sê.

Die simboliek in die boek Openbaring vind mens oral in die Ou Testament.

Dis belangrik om ‘n kennis van die hele Bybel te hê voordat jy Openbaring begin studeer.

In hierdie baie belangrike studie gaan ons sien hoe Jesus op ‘n meesterlike wyse die boeke Daniël en Openbaring met mekaar koppel

Daar is geleerdes wat Jesus se Olyfbergrede as ‘n midrasj, ‘n Kommentaar van die boek Daniël beskou.

Jesus gebruik uitdrukkings soos die volgende wat Hy uit die boek Daniël neem:

Koninkryk van God
Seun van die mens
Wolke van die hemel
Die einde
Tyd van benoudheid

Daniël se voorspelling van die verwoesting van Jerusalem vind ons in die middel van Jesus se profetiese rede. Daniël 9:26,27 en Mateus 24:15-20

Die struktuur van Jesus se rede toon ‘n ooreenkoms met die van die hebreeuse profete. Die naam hiervoor is “profetiese perspektief”. ‘n Ander beskrywing daarvan is “tipologiese perspektief.”

Matteus 24 bestaan uit twee dele: Daar word na die onmiddellike oordeel, Jerusalem se verwoesting verwys. Maar dan word daar ook na die eindtydoordeel, die verwoesting van die aarde verwys.

Die verwoesting van Babilon dien as voorbeeld. Jesaja 13:6-8 verwys na die verwoesting van historiese Babilon. Luister na die taal:

Verse 6-8 Huil, want die dag van die Here is naby; dit bring verwoesting, dit kom van die Almagtige af. 7 Almal se hande sal slap hang, almal se harte sal verstyf van angs.

8 Hulle sal skrikbevange raak, krampe en pyne sal hulle oorval; soos ’n rou wat ’n kind in die wêreld bring, sal hulle inmekaarkrimp. Hulle sal mekaar beangs aankyk, wit van die skrik

Dis die tipe. Die voorbeeld van die eindtyd antitiepe verwoesting van Babilon, die bose:

Jesaja 13:9-13 Die dag van die Here het nou gekom, dit is ’n wrede dag, ’n dag van gramskap en gloeiende toorn, ’n dag waarop die land verwoes en sy sondaars uitgeroei word. 10 Die sterre en die sterrebeelde sal nie meer lig gee nie, die son sal al donker wees wanneer hy opkom, die maan sal ophou lig gee. (antiepe)11 Ek sal die land straf oor sy boosheid, die goddeloses vir hulle sonde. Ek sal ’n einde maak aan die hoogmoed van die vermeteles, Ek sal dié wat hoogmoedig en verwaand is, verneder.12 Ek sal mense skaarser maak as suiwer goud, skaarser as die goud uit Ofir. 13 Ek sal die hemel skud, die aarde sal uit sy plek uit geruk word, Ek, die Here die Almagtige, doen dit in my gramskap die dag wanneer my toorn ontvlam. (antitipe)

Bo op die Olyfberg volg Jesus dieselfde tipologiese perspektief as die Ou Testamentiese profete. Wanneer mens hierdie plekke besoek, dan word die profesie vir jou meer werklik.

Die verwoesting wat jy hier sien, vertel van die groter verwoesing wat die planeet en sy bose mense binnekort gaan tref.

Kom ons lees die eerste paar verse in Matteus 24:1-13

Toe Jesus van die tempel af weggaan, het sy dissipels nader gekom en sy aandag op die tempelgeboue gevestig. 2 Maar Hy antwoord hulle: “Julle sien al hierdie dinge? Dit verseker Ek julle: Hier sal nie een klip op die ander bly nie; alles sal afgebreek word.” Nadat Jesus op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom toe en vra: “Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal die teken van u koms en van die einde van hierdie wêreld wees?” 4 Jesus antwoord hulle: “Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Baie sal onder my Naam kom en sê: ‘Ek is die Christus,’ en hulle sal baie mense mislei. 6 Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. 7 Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees.8 Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd. 9 “Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely.
10 In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.11 “Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. 12 Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. 13 Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.

Mag die Here met ons wees terwyl ons bidden hierdie geïnspireerde woorde bestudeer

Kom ons draai die horlosie so 2000 jaar terug en dan besoek ons die beroemde stad van Jerusalem. Stap saam met my op die tempelberg. Baie konings het hier regeer. Groot geskiedenis het hier afgespeel. Baie profete het hier gewoon. Baie het hier gesterf.

Dis ‘n belewenis om na die kuns van die Koepel van die rots te kyk. Watter belang het Islam by hierdie gebou?

Wanneer mens binne stap, sien jy ‘n reuse rots. Die Islam geloof leer dat Mohammed vanaf hierdie rots hemel toe is.

Kom ons stap binne en bekyk die reuse rots. In Abram se dag was dit die berg Moria genoem. Dis op hierdie einste rots dat hy Isak geôffer het.

Toe Salomo die tempel gebou het, het hierdie rots as die brandofferaltaar gedien. Hoeveel lammers is deur die eeue hier geôffer?

Waar die gebou met die goue koepel tans staan, het daar vroeër die luisterrykste tempel ter wêreld gestaan.

Kom ons luister na ‘n gesprek wat tussen Jesus en Sy dissipels op hierdie einste plek plaasgevind het:

Matteus 24:1 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en Sy dissipels het nadergekom om Hom die geboue van die tempel te wys.

‘n Argeoloog het ‘n skaalmodel van die destydse tempel gemaak.
Dit gee jou ‘n idee van sy vroeëre glorie.

Die argitektuur van die hierdie luisterryke tempel het die dissipels in ekstase gehad. Hulle het by Jesus aangedring het dat Hy tog mooi daarna moes kyk.

Matteus 24:2 vertel vir ons hoe Jesus toe gereageer het:

“En Jesus sê vir hulle:  Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.”

Die dissipels was so geskok en afgehaal dat hulle vir die oomblik nie ‘n enkele woord kon uiter nie. Vanaf die huidige tempelberg kry mens ‘n duidelike beeld van die Olyfberg.

Hulle het die tempel saam met Jesus verlaat, deur die Kidron spruit gestap en teen die hange van die Olyfberg gaan sit.

Met die tempel reg voor hulle, het hulle hulle moed bymekaar geskraap en vir Jesus verder begin uitvra:

Vers 3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

Wat was die eerste iets wat die dissipels wou weet?

Wanneer sou die verwoesting van Jerusalem plaasvind? En in die tweede plek wou hulle weet wanneer die wêreld tot ‘n einde sou kom?

Vers 3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê:  Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

Sien jy tipologie in hierdie woorde van Jesus? Wat stel die verwoesting van Jerusalem voor?

Die destydse verwoesting van Jerusalem dien as voorbeeld as tipe van die uiteindelike verwoesting van ons planeet.

Argeoloë het die ruïnes van die huis van die Katrosfamilie naby die tempel van Jerusalem opgegrawe. Dis ‘n 70 nC verwoesting en illustreer wat aan die einde van tyd gaan gebeur.

Wat sou met hierdie priester-familie gebeur het as hulle na die profesie van Jesus en Daniël geluister het? Ons sou nie vandag na hulle verwoeste huis gekyk het nie. Kom luister wat Jesus verder geprofeteer het:

Matteus 24:4,5 Pas op dat niemand julle mislei nie. Baie sal onder my Naam kom en sê: ‘Ek is die Christus,’ en hulle sal baie mense mislei.

Kan die geskiedenis hierdie profesie bevestig?

Flavius Josefus was ‘n Joodse geskiedskrywer. Hy sê vir ons daar was baie valse Messiasse wat in die jare voor 70 nC. geprofeteer het. Hulle het net veiligheid en voorspoed oor die stad geprofeteer.

Wat het hierdie valse profete voorspel? Hulle het geprofeteer dat die stad nooit in die hande van die Romeine sou val nie.  Wat was die rede wat hulle aangevoer het?

Hulle het geglo dat die Here die Jode sou begenadig op grond van die feit dat hulle die uitverkore volk was. Dis baie interessant. Sal daar weer so ‘n teologie verkondig word?

Is die Jode vandag nog die Here se uitverkore volk? Miskien moet ons vir Jesus vra hoe ‘n mens ‘n ware Israeliet word. Hy het sy antwoord een aand aan ‘n lid van Sanhedrin gegee. Wat was sy naam?

Nikodemus het geglo dat omdat hy ‘n Jood was, hy outomaties gered is. Hoor wat sê Jesus vir hom:

Johannes 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Dink jy die Here het hierdie voorwaarde verander?

Nee. Die enigste manier waarop enige mens ‘n kind van die hemelse koninkryk kan word, is nog steeds deur wedergeboorte.

Geestelike Israel is wedergebore mense wat die deugde van die Here verkondig.

Daar is mense wat glo dat die Jerusalemtempel weer opgebou en volkome in die hande van die Jode sal val. Is dit korrek?

Nee. Die tipe is verby. Ons wag nou vir die groter verwoesting van die hele wêreld?

Kom ons hoor wat die profeet Daniël aangaande Jerusalem voorspel het:

Daniël 9:26 En na twee-en-sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; (verwysing na Jesus se kruisdood) en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en heiligdom verwoes, (die Jode was indirek verantwoordelik vir die verwoesting van die stad) maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoesting.

Vers 26 Tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoesting.

Is daar ‘n stad in die wêreld waar daar soveel konflik heers as juis Jerusalem.

En die oorlog tussen Jood en Arabier kry net nie einde nie. Wat ‘n merkwaardige vervulling van Bybelprofesie.

Sal daar weer aan die einde van tyd valse profete opstaan wat sê dat ‘n mens gered is op grond van etnisiteit? Sal hulle opstaan en verkondig dat ons veilig is? Ja.

Die 12 dissipels luister aandagtig. Jesus vertel vir hulle wat alles gaan gebeur voordat Jerusalem verwoes word:

Matteus 24:6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde (van die Joodse nasie nie) nie.

Het daar oorloë in die Romeinse ryk afgespeel? Die rabbis het geglo dat die tekens op die koms van die Messias gewys het.  Hulle het ook geglo dat die tekens op hulle verlossing van die Romeinse juk gewys het.

Hoe tragies. Jesus het na die tekens as die voorlopers van die vernietiging van die Joodse nasies gewys.

Die oorloë en gerugte van oorloë wat die einde van die Joodse nasie aangekondig het, was tipies. Die internasionale konflikte is die antitipe wat op die naderende verwoesting van ons planet dui.

Matteus 24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke

As hongersnood, pessiektes en aardbewings die val van Jerusalem voorafgegaan het, wat kan ons tans verwag? Jesus se koms is baie nader as wat ons ooit kan besef.

Hoedanig sal Jesus se koms wees? Stil of met goddelike glans en klank?

Matteus 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Waarom het Jesus meer tyd aan voorbereidings vir Sy wederkoms as aan die tekens daarvan spandeer?

Die Jesus wat op pad is om ons te kom verlos, staan by die deur van elke sondaar. Hy klop en klop by ons hartsdeur. Ons mag nie onvoorbereid wees wanneer Hy ons binnekort kom haal nie.

Hoe groot was die prys wagt Hy vir ons verlossing betaal het?

“The rabbis would declare the signs of vs. 6–8 to be ‘the token of the advent of the Messiah’ and ‘of their release [as a nation] from bondage,’ but Jesus pointed to these as ‘signs of their destruction [as a nation]” DA 628, 629;

“And as the wars and rumors of wars of apostolic times foreshadowed the end of the Jewish nation, so the international turmoil and strife of our day presage the end of the world” PK 536

Ons het aan die einde van ‘n lang pad van pyn en dood gekom. Jesus gaan ‘n einde aan hierdie planeet se ellende kom maak. As daar iets in jou hart is wat nie daar moet wees nie, breek daarmee. Die Here sal jou die krag gee om te oorwin.

Was this article helpful?

Related Articles