Matthéüs 24 (Deel 2)

Jesus het nie net sagte, vertroostende woorde gespreek nie. Op ‘n keer het Hy baie ernstige met die Joodse leiers gepraat. Dit was nadat Hy baie reguit met die geestelike leiers van Sy dag gepraat het.

Matteus 23:38 Kyk,julle huis word vir julle woes gelaat!

Die tempel van Jesus se dag was een van die sewe wonders van die antieke wêreld. Dit was die trots van die Joodse nasie. Terwyl hulle saam met Jesus die tempel verlaat, het hulle Sy aandag om die ongelooflike skoonheid van die gebou gevestig.

Kom ons lees wat Hy vir hulle gesê het:

Matteus 24:1-8 EN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. 2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie. 3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle Pas op dat niemand julle mislei nie.5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. 6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.8 Maar al hierdie dinge is ’n begin van die smarte.

Terwyl ek na die model van die tempel van Jesus se dag kyk, dink ek aan die Sy volgende profesie:

Matteus 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

Die dissipels luister aandagtig. Min het Jakobus geweet dat hy die eerste sal wees om Jesus se profesie te bewaarheid.

Handelinge 12:1,2 EN omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.2 En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.

Terwyl ek Petrus se huis in Kapernaum besoek, dink ek aan hom.
Min het hy daardie dag op die Olyfberg geweet dat hy eendag in Rome gekruisig sou word.

In Efese staan ek by die graf van Johannes die geliefde apostel. Min het hy geweet dat hy op sy ou dag vervolg sou word. Eers het hulle hom in Rome in ‘n pot kokende olie gegooi om hom om die lewe te bring. Toe hy nie dood is nie, het hulle hom na die eiland van Patmos verban.

Terwyl ek hier besoek het, het ek aan hierdie godsmanne gedink. Deur hulle vervolging, het baie ander besluit dat hulle ook vir die saak van die Here wil sterf. Baie ander van Jesus se volgelinge is ook wreed vermoor. Dink maar aan Stefanus.

Ek het op die spore van Paulus gaan loop en aan sy lewenslange
vervolging gedink. Sou die vervolging na die verwoesting van Jerusalem voortduur?

In verse 21,22 verwys Jesus daarna

Kom ons lees verder:

Matteus 24:10-12 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.

Nadat die Joodse nasie hulle Messias verwerp en gekruisig het, het hulle van kwaad na erger gegaan. Sal hierdie verslegtende morele toestande ook voor die wederkoms voorkom?

2 Timoteus 3:13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word

Moenie verbeterde toestande verwag nie. Hoe moet ons in hierdie vreeslike tye leef?

Matteus 24:13  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Wanneer gaan Jesus kom? Het hy vir ons ‘n datum gegee?

Vers 14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

Wanneer elke mens die geleentheid gekry het om die waarheid van hierdie tyd te gehoor het, gaan Jesus kom.

Voor die vernietiging van Jerusalem het Jesus gewaarsku:

Vers 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

Volgens Josefus het baie valse Messiasse die profesie oor komende verwoesting van Jerusalem as onsin afgemaak. ‘n Soort van ‘n prosperity gospel. Gaan die verskyning van valse Messiasse net voor Jesus se koms herhaal word?

Matteus 24:23-26 As iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of: ‘Kyk, daar is Hy!’ moet julle dit nie glo nie. Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkores te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. En as die mense vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die woestyn,’ moet julle nie daarheen gaan nie; of as hulle sê: ‘Hy is in die slaapkamer!’ moet julle dit nie glo nie.

Net die mens wat die Bybel studeer en teen die laaste groot misleiding gevrywaar.

JESUS SE PROFETIESE REDE KOPPEL DANIëL EN OPENBARING

Waarom is Matteus 24 een van die belangrikste profesieë in die hele Bybel? Jesus koppel die profesieë van Daniël en Openbaring op ‘n meesterlike wyse aanmekaar. Kom ons lees daaroor:

DIE GRUWEL WAT VERWOES

Matteus 25:15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees, oplet.

Wie dink u kan hierdie “gruwel” wees wat verwoes? En wat word met die heiligdom bedoel? Kan dit miskien na Rome verwys wat Jerusalem destyds kom verwoes het?  Baie beslis.

Lukas 21:20 verduidelik  “Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle weet dat sy verwoesting naby is.”

Van watter leërs praat dit hier? Romeinse? Heiligdom? Kan argeologie hierdie Romeinse verwoesting van Jerusalem bevestig? Kom ons gaan soek bewyse daarvoor in die Forum in Rome.

Hier sien mens in die Titusboog hoe Joodse bannelinge deur die Romeine na Rome geneem word. Wat sien jy op hierdie reliëf?

Terwyl ek na kandelaar en ander besoek het, het ek aan die fantastiese akkurate wyse gedink waarop die Bybel homself verduidelik.

Die geskiedenis sê vir ons baie duidelik dat daar net een nasie was wat Jerusalem na Jesus se Hemelvaart omsingel en verwoes het, en dit was Rome.

Eers het heidense Rome letterlike Jerusalem se tempel van sy simboliek beroof. Daarna pouslike Rome die hemelse heiligdom van sy priesterlike simboliek beroof.

Jesus het nie alleen die mense van Sy dag aangemoedig om die profesieë van Daniël te bestudeer nie, Hy moedig jou en my ook aan om dit te doen. Stel die gruwel wat verwoes net heidense Rome voor? Nee. Die gruwel wat verwoes stel nie net heidense Rome voor nie.

Hy het ‘n wyer betekenis. Die klein horinkie van Daniël 8 stel beide heidense en godsdienstige Rome voor.

Kom ons lees dit:

Daniël 8:13 verwys na die werk van die klein horinkie as die “ontsettende goddeloosheid” wat die “heiligdom” sal vertrap.   Dit was nie net heidense Rome wat dit gedoen het nie, maar ook pouslike Rome.

Mens sien in Rome ‘n relief vanu hoe ‘n Katolieke Jesuïet ‘n ketter vertrap. ‘n Vervulling van Bybelse profesie.

Daniël 9:27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; (hierdie gedeelte praat van Jesus en nou gaan ons aangaande Rome lees) en op die vleuel van gruwels sal ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Jesus praat terwyl Sy dissipels na die tempel en die stad kyk: “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, (wie is dit?) waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom – laat hy wat lees, oplet.” Matteus 24:15

Terwyl ek na Jabal Madba bo-op Petra kyk waar maagde aan die songod geoffer is, noem ek twee tekse wat die term “gruwel” verduidelik.

2 Konings 23:13 en Jesaja 44:19. Hierdie twee tekse verwys na valse godsdiens, afgodediens, as ‘n gruwel.

En dis presies wat Rome beoefen het. Terwyl ek die koliseum in Rome besoek het, het ek die Here vir Sy akkurate voorspellings gedank:

Lukas 21:20-22 En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingel sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. (Wat is ‘n ander naam vir Jerusalem? Heiligdom. En wat is ‘n ander naam vir “leërs”?  Die gruwel wat verwoes.) Dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. (Hoekom nie?) Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.”

Na watter profesie verwys Jesus hier? Na die profesie van Daniël

CESTUS GALLUS

Het Jesus se getroue dissipels in Jerusalem en elders het Sy raad aangeneem en die profesieë bestudeer? Elke Sabbat wanneer hulle byeengekom het, het hulle gepraat oor die waarskuwings wat Jesus oor die komende Romeinse beleëring van die stad gemaak het.

En toe op ‘n dag, Oktobermaand, 66 n.C. het dit gebeur. Die Romeinse generaal, Cestius Gallus het die stad beleër. Later het hy die muur verwoes en die Joodse hoofstad binnegeval. Wat nou gemaak?

Josefus die Joodse geskiedskrywer sê vir ons dat die vegters, die Joodse selote, hulle self agter die stewige mure van die tempelkompleks gaan ingrawe het. ‘n Verbete stryd het tussen die Romeine en die Jode gewoed.

In die Koteltonnel sien ‘n mens met watter geweldige groot klippe die tempelmuur gebou is.

Ek kan my voorstel hoe die vasgekeerde Christene in die stad ernstig tot die Here bid: “Hemelse Vader, U het ons vooraf gewaarsku dat wanneer ons sien hoe Jerusalem deur die Romeinse leërs omsingel word, ons moet vlug. Ons wil U bevele van harte gehoorsaam. Wys net vir ons wanneer om te vlug.”

Josefus vertel ons van ‘n onverklaarbare iets wat gebeur het. Net voordat Cestius Gallus die Joodse selote in die tempel tot oorgawe wou dwing, het hy skielik teruggetrek na Antiogië toe.

Waar die Romeinse leërs deur die passe beweeg het, het die Jode hulle voorgelê en aangeval. Met pyle, spiese en klippe het hulle byna 6000 Romeinse soldate om die lewe gebring.

Raai wat het die Christene gedoen? Die Romeinse soldate was almal weg. Die Joodse soldate was almal weg, besig om die vyand te agtervolg. Dit was die teken vir die Christene om te vlug.

Met die oog op hulle vlug uit Jerusalem, was daar twee dinge waarvoor hulle moes bid. Ons moet baie versigtig na hierdie opdragte kyk want hulle het ook vir ons wat in hierdie laaste dae leef, ‘n boodskap.

Kom ons lees dit in Matteus 24:20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die Sabbat mag plaasvind nie.

Die geskiedenis sê vir ons dat hulle op ‘n Woensdag in Novembermaand gevlug het toe dit nog warm was. Voor die verwoesting van Jerusalem was die sabbat ‘n toets van gehoorsaamheid. Kan ons aanneem dat die Sabbat weer ‘n toets van gehoorsaamheid net voor die verwoesting van ons planeet gaan wees?

Uiteindelik het die vlugtende Christene by Pella se omgewing anderkant die Jordaanrivier aangekom en hulle self hier gevestig.

Standhoudende fonteine by Pella laat mens dink aan die standhoudende en onveranderlike karakter van God se wet.

Die ruïnes wat jy hier sien, vertel ‘n groot verhaal. Die vroeë Christene het elke week op die Sabbat die rus van verlossing wat net in Jesus is, hier gevier. Tydens die vier eeue wat die Christene hier gewoon het, het hulle nie stilgesit nie.

Die evangelie is diep in Sirië ingedra.

Plekke soos Dura Eropos is ge-evangeliseer. Alles is tans in ruïnes, maar die geskiedenis pronk in al sy sierlikheid. Die Sabbat is in hierdie gedeelte van die wêreld in die eerste eeue gevier.

Terwyl ek Pella op ‘n keer tydens sonsondergang besoek het, het ek aan die getrouheid van Jesus se volgelinge gedink. Die   Christene in Rome en Alexandrië het mettertyd opgehou om op die Sabbat te aanbid maar nie Christene by Pella nie.

Vanaf Vrydagaand sononder tot Saterdagaand sononder het hulle Sabbat gevier.

Die geskiedenis leer ons dat hulle Jesus se opdrag met betrekking tot Sabbatviering vir vier eeue eerbiedig het. In die jaar 400 n.C. het die kolonie ontvolk.

By Pella het ek die Here gedank vir die getrouheid van hierdie vroeë Christene. Ek het die Hom gebid dat Hy my ook so getrou aan Hom sal hou.

Volgende keer gaan ons na verwoesting van Jerusalem kyk.

Nadat die Romeine deur die Joodse selote verkleineer is, het hulle met alle woede na Jerusalem teruggekeer.

Josefus vertel vir ons van die vreeslikste wreedhede wat tydens die beleëring van die stad plaasgevind het.

Mag die Here ons help om betyds te vlug wanneer Rome, pouslike Rome binne kort die kerk van die Here gaan omsingel. Mag Hy ons help om aan Hom getrou te bly, solank as wat ons lewe

Was this article helpful?

Related Articles