Mefiboset

My naam is Mefiboset en dit verwys na skande. Ek is in albei my bene verlam. Ek is woon tans in ‘n paleis in Jerusalem en word soos ‘n koning behandel. Voorheen was ek ‘n voortvlugtende wat vir my lewe gevrees het.

Kom ek vertel vir jou my verhaal.

OUPA SAUL

My oupa was koning Saul en hy het in Gebea gewoon. Sy oudste seun se naam was Jonatan en ek is oorlede Jonatan se seun.

OORLOG

Ek was vyf jaar oud toe pappa Jonatan my groet het.

“My seun. Pappa en oupa Saul gaan op die berg Gilboa teen die Filistyne veg. Jy moet vir pappa bid. As ek terugkom gaan ons baie lekker speel en dan gaan ek jou alles van die oorlog vertel.”

DOOD

My pa het nooit weer terugkom huistoe nie. Hy en oupa se ander twee seuns het op die slagveld gesterf.

Omdat oupa Saul nie ‘n baie gewilde koning was nie, het die verpleegster wat my opgepas het met my gevlug.

BENE GEBREEK

Dit was donker en toe val sy met my en al twee my ou beentjies het so seer gekry dat ek nooit weer kon loop nie.

Dit was ‘n baie swaar tyd in my lewe. Ek het nie net my pa verloor nie, ek het my bene verloor. Ek kon nêrens op my eie beweeg nie, en mense moes my neem waar ek hulle gevra het om my heen te neem.

PSIGIESE KNAK

As ‘n klein seuntjie het ek ‘n knak gekry. Daar was nie meer familie wat na my kon kyk nie.

Ons het by ‘n dorpie met die naam Lodabar aangekom. Dit was in die noorde van Gilead. ‘n Man met die naam van Magir het my in sy huis geneem.

DAWID

Na my pa Jonatan en oupa Saul se dood het Dawid my pa se boesemvriend koning geword.

Hy het by mense uitgevind dat ek, die seun van Jonatan nog leef.

Op ‘n dag het daar ‘n koninklike beampte by ons huis aangekom wat na my verneem het. Eers het ek gedink Dawid gaan die laaste oorlewende van oupa Saul kom doodmaak.

Maar nee. Ek word na die paleis geneem. En weet julle wat doen Dawid? Hy gee vir my al die grond wat my oupa Saul besit het. En hy stel vir Siba aan om die plaas vir my te bestuur.

Ek het voor Dawid se voete neergeval en uitgeroep: “Wat is u dienaar, dat u na ‘n hond soos ek omgesien het?”

Dawid het vir my gesê dat hy aan my guns bewys terwille van my pa, sy boesemvriend.

GEESTELIKE LESSE

Ek het ‘n paar geestelike lesse uit my ondervinding met koning Dawid geleer.

Hy het nie navraag oor my fisiese toestand gedoen toe hy my na die paleis genooi het nie.

God se liefde doen dieselfde. Hy vra nie of ons geestelike fiks genoeg is om na Sy paleis van genade te kom nie. Hy sê net ons moet kom.

Toe hulle my by die paleis aanbring en Dawid sien my toestand het hy my nie weggewys nie.

Hy het my terwille van sy vriendskap met my pa in die paleis laat woon.

TERUGGEE VAN GROND

Toe Adam en Eva gesondig het, het hulle hulle tuiste verloor. Net soos ek my tuiste my erfporsie verloor het.

Soos wat Dawid my regmatige grond teruggegee het, so gaan God binnekort dieselfde doen.

Met die groot jubeljaar wat om die draai is, gaan Hy nie net ons Edentuiste teruggee nie.

Hy gaan ook die sondelose karakter wat ons verloor het, weer vir ons teruggee.

My mede invalid. Ons gaan binnekort nie meer geestelike krippel wees nie. Ons gaan vir ewig fiks, vir ewig gesond en vir ewig gelukkig wees.

As die God van genade jou na Sy paleis toe nooi, gryp die geleentheid aan. As daar ietsie in jou hart verkeerd is, vra die Here om jou te vergewe en jou te help om die oorwinning daaroor te behaal.

Was this article helpful?

Related Articles