Mordegai

My naam is Mordegai, dit kom van die Babiloniese hoofgod met die naam Marduka. Ek is ‘n monoteïs, iemand wat die onsienlike God van hemel en aarde aanbid.

Die Perse in ons stad aanbid vir Ahura Mazda.

Ek woon in die Persiese hoofstad met die naam van Susan. My huis is langs die Ulairivier. Een van die belangrikste grafte in ons stad, is die van die van die profeet Daniël.

Ek en al die Jode vier vandag die fees van Purim. Dis om die dag van ons groot verlossing van one vyander te vier. Ons sou almal uitgewis gewees het, maar die Here het ons verlos.

Vandag loof en prys ons Sy heilige Naam.

Toe koning Kores destyds die Jode toestemming gegee het om na Jerusalem terug te keer het ons agtergebly.

Ek is tans een van koning Ahasveros se paleisamptenare.

Na die dood van my oom Abigail en sy vrou, het ek hulle dogter Ester aangeneem en haar grootgemaak.

Na die egskeiding van koning Ahasveros en sy vrou Vasti, is Ester gekies om haar plek te neem.

Ek kan nie vir jou vertel hoe trots ek op daardie meisiekind was nie. Sy was nie net uiterlik mooi nie, sy was innerlik net so pragtig.

G’n wonder die koning het haar as sy vrou vereer nie.

KOMPLOT

Op ‘n keer het ek op ‘n komplot afgekom waar twee paleiswagte die koning wou vermoor.

Ek het die inligting na Ester deurgegee en sy het dit toe weer aan koning Ahasveros gegee.

Hulle is albei terregestel.

HAMAN

Die eerste minister kon my nie vat nie wan ek het geweier om voor Haman neer te buig.

Miskien was dit ook omdat koning Saul my voorvader die Amelakiete uitgewis het.

Omdat Haman ‘n afstammeling van die Amelakiete was het hy nie juis ooghare vir ons Jode gehad nie.

Snaaks dat jy jou emosies op ‘n gebeurtenis bou wat baie jare van te vore plaasgevind het.

HAMAN SE VOLKSMOORDPLAN

Haman het toestemming by die koning gekry om nie net vir my nie, maar al die Jode in die hele wêreld uit te roei.

Ek het vir Ester laat weet dat sy met die koning oor die saak gaan praat.

Ester het vir my geluister, oor die saak gebid en gevas en toe ‘n dinee met koning Ahaveros en Hamman die eerste minister gereël.

Haman was baie ingenome met die eer wat hy ontvang het om saam met die koning en koningin Ester te kon eet.

Na die ete toe hy op pad huis toe is, het my raakgeloop. Ek kon duidelik aan sy lyftaal sien dat hy my verag het omdat ek weereens nie voor hom wou buig nie.

Ek het uit betroubare bronne verneem dat hy daardie selfde dag‘n galg opgerig het om my die volgende dag op te hang.

Toe gebeur iets baie interessants. Omdat die koning nie kon slaap nie, het hy gevra dat die Persiese anale vir hom voorgelees moes word.

Hy hoor toe van die sameswering om hom te vermoor en hoedat Mordegai dit ontbloot het. Die gevolg was dat die koning se lewe gespaar is.

Die anale het dit ook aan die lig gebring dat ek nooit vir hierdie edel daad vereer is nie.

Die volgende dag toe Haman daar aankom het die koning hom gevra wat met die man gedoen moed word wat die koning wil vereer?

Haman het gedink hy is die man en het voorgestel dat die persoon met koninklike klere op die koning se perd deur die strate vereer moes word.

Die koning het die voorstel aanvaar en Haman opdrag gegee om my op die manier te vereer.

Tydens die tweede dinee die volgende dag, het Ester haar identiteit bekendgemaak en oor Haman se plan gepraat wat al die Jode wou uitwis.

Ek Mordegai is toe in sy plek aangestel en hy is opgehang.

Die koning het toe ‘n ander dekreet uitgevaardig wat die Jode toestemming gegee het om hulle self te verdedig.

Hierdie was die twede doodsdekreet wat teen die Sabbathouers uitgevaardig was.

Die eerste een was in Babilon. Nebukadnesar ‘n dekreet uitgevaardig dat almal die goue beeld moet aanbid wat hy in die dal van Dura opgerig.

Drie Sabbathouers het gehoorsaamheid aan God se gebooie hoër geag as die koning se wet.

Hulle is in ‘n vuuroond gegooi maar die God wat hulle aanbid het, het persoonlik neergedaal en saam met hulle in die vlamme verskyn.

Soos wat die Here Sy gehoorsame kinders van die dood gespaar het, glo ek Hy sal dit weer doen.

Wat gaan jy maak wanneer hierdie dekreet herhaal word?

Daniël en sy vriende het gebid en gevas. Ek en Ester het ook gevas en gebid.

Daar is net een veilige maatreël wat vir mense gaan help om ‘n volgende universele dekreet te oorleef – ‘n diep verhouding met die Here.

Mag dit wees dat ek en jy eendag saam ‘n ander groot Purim fees gaan vier. Waar ons vir ewig veilig in die hemel die Here gaan loof dat Hy ons vir ewig van al ons vyande verlos het.

Was this article helpful?

Related Articles