1. Home
  2. Bybelkarakters
  3. Moses Se Geboorte

Moses Se Geboorte

My naam is Moses. Kom ek vertel my verhaal.
Ek is in ‘n slawe pondokkie gebore. My ouers het drie kinders gehad. Miriam was die oudste, dan my broer Aäron en dan ek.
Asgevolg van die geweldige aanwas van die Israeliete het ons ‘n bedryging vir die Egiptenare geword.
Drie faraos het die Hieksos van Josef se tyd, verdryf, Kamoses, Amoses, Amenhotep 1.
Toe die land van hierdie gevaar bevry is, het die volgende farao besluit dat alle babseuntjies in die Nyl verdrink moet word.
Ek is in daardie selfde jaar gebore. Ek is so bly my ouers Amram en Jogebed het my nie in die Nyl gegooi om te verdrink nie.
Hulle het hulle my in ‘n tuisgemaakte waterdigte mandjie gesit, my in die Nyl tussen die biesies gaan sit. My ouer suster Miriam moes my gaan oppas.
Toe ek groter word het my suster Miriam my vertel hoe die farao se dogter met haar diensmeisies een oggend by die Nyl opgedaag het.
Ek is toe ontdek. Die prinses, haar naam is Hatsjepsut het dadelik geweet wat aan die gang was. My sussie het nadergekom en aangebied dat ‘n Israelitiese vrou die kind kan borsvoed.
Hatsjepsut het deur die hele storie gesien. Ek is toe na my ma toe. Tot op die ouderdom van 12 het sy my van die God van ons vadere Abram, Isak en Jakob vertel.
Sy was die wonderlikste ou moedertjie en sy het my geleer om die Here lief te hê en sy gebooie te onderhou.
PALEISLEWE
Op ‘n dag het die prinses my kom haal en ek is na die paleis geneem. Mense dit was ‘n kultuurskok. Van ‘n pondokkie na die paleis met sy reuse pilare. Van die mure is met die mooiste prente versier. Alles was so deftig en mooi.
Maar hierdie mense het nie die god aanbid wat my ma aanbid het nie. Hulle het omtrent alles aanbid. Van ‘n miskruier tot ‘n padda; van ‘n koei tot ‘n slang. Dis maar net ‘n paar van die baie.
My peetma het my by die beroemde Egiptiese Universiteit met die naam van Kap, ingeskryf.
Ek het van die begin af my bes gedoen en die een graad na die ander behaal.
Maar skielik was ek aan ‘n ander kultuur en ‘n ander godsdiens blootgestel. Ek moes kies; of my ma se godsdiens of die Egiptiese godsdiens.
Gelukkig het my ma die eerste kans gehad om my ‘n liefde vir die God van ons voorvaders te gee. My ma se gebede het my staande gehou en af en toe het ek by die eenvoudige pondokkie gaan besoek.
BUITELANDE BESOEKE
Toe ek groter was het my peetma my saam met haar op haar buitelandse ekspedisies geneem. Dit was vir my ‘n baie groot en belangrike blootstelling.
Dit was nie lank nie, of ek was die owerste van die Egiptiese weermag. My peetma was so trots op my.
En toe kry ek die aanbod om die farao Tutmoses I se opvolger te word. As ek die eer so aanneem het dit beteken dat ek ook hulle godsdiens sou moes aanneem. Daarvoor het ek nie kans gesien nie.
Die engele het aan my en die leiers geopenbaar dat ek die een gaan wees wat die slawevolk uit Egipte sou lei.
Toe ek veertig word dink ek ek het al die vermoë om met die hulp van die weermag en my eie krag met die verlossingswerk te begin.
Ek het aan my volk verskyn en gesien hoe ‘n Egiptenaar een van my mense verdruk. Dit het my nie lank gevat om die eerste Egiptenaar te illumineer nie.
Die volgende dag het ek weer besoek en gesien hoe dieselfde Israelitiese slaaf wat ek van tirannie verlos het, met ‘n landsgenoot sukkel.
Toe ek hom aanspreek was hy baie astrant. Hy sê toe vir my dat ek nie moet dink dat hy my slagoffer gaan word soos hy met die Egiptenaar gemaak het nie.
Ag dit was nie lank nie of almal het die storie gehoor.
Volgende keer wil ek jou meer vertel van wat toe met my gebeur het.
Dit was my eerste groot fout. Ek moes toelaat dat die Here die verlossingswerk doen en nie ek nie.

Was this article helpful?

Related Articles